{"id":20898,"date":"2014-01-09T11:22:35","date_gmt":"2014-01-09T09:22:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20898"},"modified":"2014-01-14T12:32:40","modified_gmt":"2014-01-14T10:32:40","slug":"bodem-3-die-recce","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20898","title":{"rendered":"Bodem 3: Die recce"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20860\" alt=\"vlamtoring\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20868\"> Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019 <\/a>en <a title=\"Bodem deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a><\/p>\n<div id=\"stcpDiv\" style=\"position: absolute; top: -1999px; left: -1988px;\">Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019<\/div>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk moes nie gevra het nie, en eintlik het hy dit besef, maar toe vra hy buitendien: \u201cHarpoen? Hoekom sal ek jou Harpoen noem?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis my nom de guerre Oom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNom-se-watse-wat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cN\u00f4m-de-ghw\u00ear, Oom. Dis \u2019n oorlogsnaam.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet wat \u2019n nom de guerre is, Joubert.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis goed Oom, want ek het nou een. En die naam is Harpoen. Nie Joubert Els nie. Net Harpoen. Joubert Els bestaan nie meer nie. Joubert Els behoort aan \u2019n tyd wat verby is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het almal nom de guerres,\u201d vul Jack aan. \u201cEk is Domkrag.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cFirestone,\u201d s\u00ea JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDomkrag is maar net die Afrikaans vir <em>jack<\/em>,\u201d s\u00ea Jack. \u201cDeel van die misleidingsplan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStiletto,\u201d s\u00ea Jeanelle. \u201cStiee-LET-houuu.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld vergaan en hulle ruim tyd in om hom te terg? Daan-Dirk voel hoe sy dringendheidsgevoel en frustrasie soos seestrome teen mekaar vas druis en in hom opstoot. Hy hou sy groot, nat kop agteroor vir \u2019n \u00a0oomblik en hy suig asem diep in sy longe in. Sy kop kantel terug en hy probeer weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert. Harpoen. Kan jy help?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cS\u00ea maar, Oom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit behoort nie so moeilik te wees om iets vir iemand midde-in \u2019n krisissituasie \u2013 wel n\u00f3g \u00a0nie \u2019n krisis nie, maar &#8216;n potensi\u00eble \u2013 te verduidelik nie, maar Daan-Dirk Viljoen vind gou uit dat dit kan wees. Dis nie dat Joubert Els klipsteenonnosel is nie, dit weet Daan-Dirk. Daar is niks fout met die masjinerie tussen die jongman se ore nie, dis net dat hy blykbaar \u2019n patologiese onvermo\u00eb het om enige iets ernstig op te neem, en selfs d\u00e1\u00e1rvoor kan jy hom nie kwalik neem nie: hy is JP Els se seun en JP Els is&#8230; wel, JP Els is JP Els.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert, asseblief Joubert, ry en kyk wat daar voor gebeur en rapporteer terug sodat ons \u2019n ingeligte besluit kan neem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSorry, Oom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe bedoel jy? Bedoel jy jy k\u00e1n nie? Want luister, Joubert, dit is donker en dit is nat, maar as jy stadig ry&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie dat ek nie kan nie, Oom&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; dis dat ek nie mag nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy mag nie? Jou pa het ges\u00ea jy mag!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert Els, toe hy nog bestaan het, het \u2019n pa gehad. Harpoen het nie \u2019n pa nie. Harpoen het net een nag in \u2019n bliksemse swaar donderstorm verskyn, van waar weet niemand en waarheen hy op pad heen donner, weet ook niemand.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe bedoel jy dan jy mag nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is nie \u2019n recce nie, Oom,\u201d s\u00ea Joubert en trek die kappie van sy poncho terug. \u201cEk is \u2019n tiffie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Op sy kop het hy \u2019n ou swart weermagbaret met \u2019n blink embleem van \u2019n steierende perd teen \u2019n \u00a0weerligstraal in die agtergrond. Daan-Dirk onthou dat JP en Jack in die Tegniese Dienskorps van die SAW was.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo..?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis die recces, Oom. Hulle hou nie daarvan as tiffies recce-werk doen nie. En \u2019n mens koer nie die recces se moer nie, Oom, nie as jy \u2019n tiffie is nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk gaan heel redelik voort om sy humeur te verloor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJou moer! Jou absolute moer! Ek het nie tyd nie, net geheel en al en glad nie tyd vir jou stories nie! Ek weet nie of jy dit besef nie, maar ons is in \u2019n situasie, \u2019n gevaarlike, \u2019n lewensgevaarlike situasie, \u2019n dodelike situasie! Daar is \u2019n tyd en \u2019n plek vir alles en hierdie is nie die tyd nie, hierdie is nie die plek nie, hierdie is nie die situasie vir jou blerrie donnerse storietjies nie! So s\u00ea of jy gaan ry en gaan kyk en of jy nie gaan ry en kyk nie want as jy nie gaan ry en kyk nie moet ek \u2019n ander plan maak!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy uitbarsting laat hom vinnig praat, in \u2019n staccato-ritme en hy hou maat deur die pypkar op elke klem te wieg met albei sy groot hande op die rolstaaf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy kan hom \u2019n recce maak,\u201d s\u00ea Jack bedaard terwyl hy op die voorste sitplek ronddobber saam met die wiegende voertuig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe!de!moer!maak!ek!hom!\u2019n!recce?!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy is die hoofgeneraal van die konvooi en \u2019n konvooi se hoofgeneraal kan vir iemand \u2019n \u00a0slagveldbevordering gee. Al wat jy moet doen, is om te s\u00ea hy is \u2019n recce, dan \u00eds hy \u2019n recce. Jy kan die papierwerk m\u00f4re doen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk staan \u2019n \u00a0halftree terug, skop venynig teen die agterwiel van die pypkar, maak \u2019n \u00a0pirouette, skop die wiel weer, gooi sy hande in die lug, brul soos \u2019n \u00a0Brahmaan-bul wat koei geruik het, skop die agterwiel weer&#8230; maar wat kan hy doen?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Diep-diep asem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHarpoen,\u201d s\u00ea hy terwyl hy soos \u2019n \u00a0geprikte strandbal blaas, \u201cjy&#8230; is \u2019n \u00a0recce!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoer! Dankie Oom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert draai op die sitplek na Jeanelle, trek haar teen hom vas en soen haar met swier en passie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPVR vir my Masterchef,\u201d s\u00ea hy. \u201cEk moet nou eers ry. Recce-dinge. Want ek is mos nou, jy weet, \u2019n \u00a0recce.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jeanelle giggel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die motorfiets is \u2019n tagtigsmodel-Yamaha XT 500, dofswart geverf en met knoppiesbande. Die voorwiel is in \u2019n stellasie geheg sodat dit agter die pypkar gesleep kan word. Jack, papgere\u00ebnde sigaret wat op die onderlip wip, sonder om aanges\u00ea te word, help vir Joubert om die voorwiel uit die stellasie los te maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert staan vir \u2019n \u00a0oomblik langs die fiets en swaai dan sy been bo-oor. Hy draai die skopslinger met sy voet in posisie, aarsel \u2019n oomblik en skop dit af. Die eensilinder-, tweeslagenjin klap en kletter aan die gang. Joubert gee die versneller \u2019n stewige draai of twee en die motorfiets brul uitbundig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP gaan staan by hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jy jou stuk?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert maak seker die motorfiets is in neutraalrat en trek sy poncho weg. Daar is \u2019n lang rewolwer in \u2019n \u00a0toeknipskede aan sy sy. Daan-Dirk weet dit is \u2019n Ruger Blackhawk .357-enkelaksierewolwer. Onprakties, na sy mening. Ses skote maksimum en stadig om te herlaai. Maar JP het die grootboet van di\u00e9 model, \u2019n \u00a0Super Blackhawk in .44 Magnum. Niks sal vir Joubert van sy Ruger laat afsien nie. En dit is baie akkuraat met brutale slaankrag en daar is nie omstandighede op die planeet wat dit sal weerhou om te vuur nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk vroetel in sy baadjie se sak en hou \u2019n SinoCraft KX-4001-handradio na Joubert toe uit. Elke voertuig het minstens een s\u00f3 \u2019n stel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVat,\u201d s\u00ea hy. \u201cEk sal luister op die Cruiser se radio. In hierdie weer en met hierdie terrein reken ek dit het so 10 klieks reikafstand. Ek gaan, net om seker te maak, vir Brian op die hoogtetjie sit. As hy jou kan hoor en ons nie, sal hy die boodskappe herlei.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaarvoor moet ek kyk?\u201d vra Joubert, die planeet se nuutste recce.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk of jy sien wat gebeur het, wat aan die gang is, of ons kan ry. As daar mense in uniform is, probeer tel hoeveel, hoeveel voertuie, wat hulle doen&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoet ek \u2019n \u00a0gevangene bring!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cH\u00e8?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis wat recces doen, Oom. Hulle sluip in, gryp \u2019n arme donnerse perd wat in sy tent sit en vir sy ma \u2019n briefie skryf, sleep hom terug en moer hom tot hy s\u00ea wat hulle wil weet.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs jy nooit ernstig nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAltyd ernstig, Oom,\u201d s\u00ea Joubert, klik die motorfiets in rat, draai die versneller en ry langs die streep motors die re\u00ebnnag in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Lees vervolgens <a title=\"Bodem 4: Konvooi\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20936\">Bodem 4: Konvooi<\/a><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019 en alle vorige episodes Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019 Daan-Dirk moes nie gevra het nie, en eintlik het hy dit besef, maar toe vra hy buitendien: \u201cHarpoen? Hoekom sal ek jou Harpoen noem?\u201d \u201cDis my nom de guerre Oom.\u201d \u201cNom-se-watse-wat?\u201d \u201cN\u00f4m-de-ghw\u00ear, Oom. Dis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20898\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 3: Die recce&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20860,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15039,15019,171,15041,12726,15040,15038,15042,15044,15043,15018],"class_list":["post-20898","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-bodem","tag-gratis","tag-gustav-venter","tag-harpoen","tag-motorfiets","tag-nom-de-guerre","tag-recce","tag-storie","tag-tiffie","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20898"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20898\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}