{"id":20868,"date":"2014-01-08T10:00:34","date_gmt":"2014-01-08T08:00:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20868"},"modified":"2014-01-09T04:29:52","modified_gmt":"2014-01-09T02:29:52","slug":"bodem-2-noem-my-harpoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20868","title":{"rendered":"Bodem 2: &#8216;Noem my Harpoen&#8217;"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20860\" alt=\"vlamtoring\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>\u00b4n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20859\"> Bodem 1: &#8216;n Vuurtoring vol skel oranje vlamme<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die toring van vuur word dof en in die lig daarvan, vir \u2019n oomblik, kan die rollende bolle swart, olierige rook gesien word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk maak sy hand vol met die nat mou van sy seun se T-hemp.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stoot vir Brian in die rigting van die motors teen die helling af. Hulle trippel en gly teen die skuinste af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat was dit?\u201d vra Brian, en selfs hy hyg nou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet nie!\u201d s\u00ea Daan-Dirk uitasem. \u201cGeen idee nie. Maar dis niks goeds nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat gaan ons doen? Teruggaan?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee! Nee. Kan nie teruggaan nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo wat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo ons moet uitvind wat daar voor aangaan, dan kan ons besluit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe gaan ons uitvind? Ons sal nooit tot daar voor kan ry nie&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom JP.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom JP en sy <em>bike<\/em>?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Ja.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 keer is Daan-Dirk nog slordiger, maar aansienlik vinniger oor die heining. Hy slingerdraf op die skouer van die pad langs \u2019n \u00a0paar tre\u00eb agter Brian na die agterkant van hulle konvooi. So ver as wat hulle draf gaan passasierskantvensters oop, party met die woergeluid van elektriese motors, maar meeste geluidloos oopgedraai met goeie ou vensterslingers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBly in julle motors! Bly in julle motors!\u201d gebied Daan-Dirk en Brian neem die rympie op: \u201cBly in julle motors! Bly in julle motors! My pa s\u00ea bly in julle motors!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Verskrikte uitroepe en vrae volg hulle tot by die stertvoertuig waar die atmosfeer heeltemal anders is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 ryding is die veelgeroemde Ramkat, \u2019n \u00a0pypstellasie sonder dak of deure gebou op die onderstel van \u2019n \u00a0pre-97-Hilux-4&#215;4 met \u2019n \u00a0ligte 3C-turbo Toyota-dieselenjin. Dis nie \u2019n \u00a0verkeersligrenmasjien nie, maar sonder oorhangvoor- of agterkant en lig soos wat dit is, het dit in die hande van die geskikte bestuurder verstommende veldryvermo\u00eb. JP Els is d\u00e1\u00e1rdie drywer. Hy en sy boesemvriend van laerskool af, Jack Janse van Rensburg, het dit uit verveeldheid vir veldrenne gebou en was toe so suksesvol daarmee dat hulle vir twintig jaar nasionaal hulle klas oorheers het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP Els, permanente bier in die hand, soos altyd in denimkortbroek en \u00a0leerstewels, maar uit erkentlikheid teenoor die re\u00ebn nou met \u2019n \u00a0donkerblou waterwerende poncho en bre\u00ebrandhoed, sit heel ontspanne agteroor teen die leuning van die pypkar, sy regterbeen gemoedelik gebuig en sy voet op die bokant van die lae buiteraam. Hy het \u2019n \u00a0alewige glimlag op \u2019n \u00a0gesig wat steeds aantreklik is met dik winkbroue en welige snor. JP het op sy dag gemaai onder die poppe van Germiston en kan nog steeds \u2019n \u00a0slag of twee slaan by langbeenmeisies \u00a0van die volgende geslag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As JP iewers is, is die kanse dat Jack in die omgewing is en dit is nou die geval: In die passasiersitplek om presies te wees. Op die sitbank agter hulle is Joubert, JP se lang, bruingebrande seun en sy bruinhaarmeisie Jeanelle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaantjie-Dirk,\u201d s\u00ea Jack en onder sy poncho, soortgelyk aan JP s\u2019n , stoot hy sy arm uit en hou \u2019n \u00a0bottel Sedgwick Old Brown Sherry uit, \u00a0\u201ckry vir jou \u2019n \u00a0bietjie re\u00ebnjas.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie nou nie!\u201d hyg Daan-Dirk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoerse slag nou net,\u201d s\u00ea Jack. \u201cJulle gehoor?\u201d Hy is kort, gemoedelik dik met harige arms en onder sy deurdrenkte en verbleikte rooi pet, bles met ruie grys krulhare in \u2019n \u00a0soom langs die slape en agterom die skedel. Sy ware roeping in die lewe, sedert kindsbeen, was om die voortvarende JP te briek en om agterna te help om die gemors op te ruim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk gaan staan uitasem by die pypkar en hou die dik pyp van die rolstellasie vas en praat bo-oor Jack met JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201ciets is aan die gang,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGenuine Ouboet?\u201d s\u00ea JP en Daan-Dirk weet hy word liggies geterg. \u201cNet \u2019n \u00a0moerse slag, vlamme net waar jy kyk, karre wat stilstaan orals, en jy spin my iets is aan die gang.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou s\u00ea my, hoe dink jy, wat donner wie nou rond daar voor?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis wat ek nie weet nie. Dis hoekom ek met julle kom praat het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNiks op die radio nie, Ouboet, nie dat ons \u2019n \u00a0radio het nie, net \u2019n \u00a0kassetdek, en as ons \u2019n \u00a0radio gehad het, nie dat dit iets sou opvang nie, nie vandat die stront begin het nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit help nie jy vra ons nie,\u201d dra Jack by. \u201cOns het nou net hier gekom. Sweer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit was nie ons nie, Oom,\u201d s\u00ea Joubert van die agtersitplek af, in die gees van die oomblik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee, niks op die radio nie,\u201d s\u00ea Daan-Dirk. \u201cJy\u2019s reg. Alle stasies is van die \u00a0lug af of dit is net propaganda. \u2018Maak dood die kokkerotte\u2019-goed.&#8221;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Luister,\u201d en hy kyk vir JP deur die kantgordyn van re\u00ebn. \u201cOns moet besluit wat om te doen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat Ouboet?\u201d vra Jack. \u201cOmdraai?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee! Dis nie \u2019n \u00a0opsie nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk luister Ouboet,\u201d s\u00ea JP en hou die blikkie Black Label teen sy lippe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVoor ons enige besluite kan maak, moet ons weet wat aangaan, moet ons inligting h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk hoor wat jy s\u00ea. Waar\u2019s die recces as jy een nodig het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het gewonder of jy nie jou motorfiets wil vat en kyk of jy naby genoeg kan kom aan wat daar \u00a0voor aangaan en ons laat weet nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOp die thumper?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs jy dink jy kan dit maak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie ek nie pappie,\u201d s\u00ea JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe bedoel jy nie jy nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie nou \u00a0nie. M\u00f4re miskien?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cM\u00f4re! Hoekom m\u00f4re?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou te gesuip. Nie gehamer nie, net te dronk vir \u2019n \u00a0XT in die nag.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou kan ek die motorfiets vat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJissim nee! Jy sal jouself afskryf. En toerleiers is min. Jy sal ook my XT afskryf en vandat die Chaos begin het, dink ek nie ek gaan sommer weer een kry \u00a0nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wat moet ek doen! Ons moet, ons m\u00f3\u00e9t uitvind wat daar voor is!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVra die recce op die agtersitplek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert? Is hy nie ook gesuip nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy is. Maar hy\u2019s jonk en gesuip. Dis orraait om \u2019n \u00a0XT in die donker in die re\u00ebn te ry as jy jonk en gesuip is. Jy moet net nie moertoe en gesuip wees nie en ek is gesuip en moertoe. Moertoe soos jy.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSal Joubert dit doen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVra hom,\u201d stel JP voor. \u201cHy is hier naby.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk kners sy humeur vas, laat los die pypkar se rolstaaf en stap om na die anderkant van die voertuig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert, vroeg in sy twintigs en \u2019n \u00a0jonger, skraler en effe langer weergawe van sy pa in \u2019n \u00a0re\u00ebnparka en deurdrenkte jeans kyk op na hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert,\u201d s\u00ea Daan-Dirk, \u201csal jy gaan.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNoem my Harpoen,\u201d s\u00ea die jongman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees vervolgens<a title=\"Bodem 3: Die recce\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20898\"> Bodem 3: Die recce<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00b4n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 1: &#8216;n Vuurtoring vol skel oranje vlamme Die toring van vuur word dof en in die lig daarvan, vir \u2019n oomblik, kan die rollende bolle swart, olierige rook gesien word. Daan-Dirk maak sy hand vol met die nat mou van sy seun se T-hemp. \u201cKom!\u201d Hy stoot &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20868\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 2: &#8216;Noem my Harpoen&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20860,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15024,15019,171,15020,8323,15025,15022,15023,13611,15018,15021],"class_list":["post-20868","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-fiksie","tag-gratis","tag-gustav-venter","tag-n3-snelweg","tag-oos-rand","tag-toyota-hilux","tag-veldrenne","tag-verhale","tag-verkeer","tag-vervolgverhaal","tag-vuurtoring"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20868","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20868"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20868\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20868"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20868"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20868"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}