{"id":20859,"date":"2014-01-07T12:20:26","date_gmt":"2014-01-07T10:20:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20859"},"modified":"2014-01-14T12:37:18","modified_gmt":"2014-01-14T10:37:18","slug":"bodem-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20859","title":{"rendered":"Bodem 1: &#8216;n Vuurtoring vol skel oranje vlamme"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20860\" alt=\"vlamtoring\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a>&#8216;n <a title=\"Bodem deur Gustav Venter: inhoudsopgawe\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">vervolgverhaal<\/a> deur Gustav Venter<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later die aand, met die gloed van &#8216;n deel van die Oos-Rand wat in vlamme agter hulle staan, is die snelweg voor hulle vol stilstaande motors en die briekligte is soos die rye skubbe van \u2019n gloeiende slang wat kilometers voor hulle kronkel en uiteindelik buite sig oor &#8216;n hoogtetjie verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat nou?&#8221; vra Edna M\u00f6ller en druk met haar vingerpunte teen die voorste paneelwerk aan die passasierskant van die ou Land Cruiser-stasiewa. &#8220;Hoekom beweeg die karre nie?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek sal nie kan s\u00ea nie,&#8221; s\u00ea haar man Daan-Dirk en sy woorde kom tussen tande wat bo teen mekaar druk, deur. Dis hoe hy op sy tande kners as daar iets is wat hy dringend begeer om te s\u00ea, maar wat hy weet niks sal doen om die situasie te verbeter nie. Wat hy wil s\u00ea is: &#8220;Hoe de moer wil jy h\u00ea moet ek weet? Dink jy ek het x-straal- en teleskopiese visie sodat ek vir kilometers ver om draaie kan kyk?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat hy doen, is om vinnig na haar te kyk sonder om sy kop te draai. Edna se profiel is afgeteken deur die glans van die rooi remligte van die groot BMW voor haar. Sy is &#8216;n mooi vrou op &#8216;n streng en planmatige manier soos &#8216;n produk wat goed beplan en presies uitgevoer is, met ontwerpersblonde hare wat netjies in puntige veertjies staan en &#8216;n reguit neus en spits ken. Sy het een van daardie gesigte wat beter in haar vroe\u00eb veertigerjare lyk as wat dit twintig jaar jonger was. Die laaste ruk was Daan-Dirk al hoe meer bewus van hoe vreemde en bekende mans haar uitmeet en goedkeur. Dit het hom laat goed voel, maar Daan-Dirk begin nou wonder of sy die meganismes het om die eise van die korttermyn voor hulle te oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Moet &#8216;n ongeluk wees,&#8221; s\u00ea Brian met die outoriteit van &#8216;n vyftienjarige vanaf die agtersitplek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Moet &#8216;n moerse een wees as albei bane gesluit is,&#8221; s\u00ea Manu, sy jonger boetie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat my pla, is&#8230;&#8221; s\u00ea Daan-Dirk asof hy nie sy seun se kru taal gehoor het nie, &#8220;die oorkant van die pad is leeg.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Noudat jy dit s\u00ea,&#8221; prewel Edna, &#8220;dis vreemd. Hoekom sou dit wees?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Padblokkade van een of ander aard.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Polisie? Verkeries?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle sal die karre nie keer om verder te ry nie. Hulle sal hulle net stop, ondervra, miskien &#8216;n paar deursoek en dan laat gaan. Nee, hier is iets anders aan die gang.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy skakel die motor af en eers as dit nie rammel nie is dit vir hom duidelik hoe raserig die primitiewe enjin van die Series 80 Land Cruiser is. Hy knyp &#8216;n sekonde af om homself te verwens dat hy hulle nie weggevoer het met sy nuwe VX Cruiser nie; di\u00e9 het &#8216;n gesofistikeerde dieselkragbron wat soos &#8216;n Switserse klitser in gesmelte roomkaas loop. Maar Harry Duval het ges\u00ea oorlewing kan besmoontlik van die regte voertuig afhang en in die omstandighede is &#8216;n betroubare dieselenjin van ou tegnologiese oorsprong nodig. Vandaar die HJ80 met sy 4,2-liter- dieseldonkie-enjin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek gaan kyk,&#8221; s\u00ea hy. Hy maak die bestuurdersdeur oop en &#8216;n fris windjie jaag die ligte re\u00ebn soos koue spoegdruppels in die stasiewa in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vat jou baadjie,&#8221; s\u00ea Edna vinnig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit irriteer hom, maar hy besef sy het dit nodig om besorg te wees. Sy moet haar ondersteuning aan hom bevestig want, gedug of tengerig, is hy die enigste skans wat vir haar en die kinders oorbly.<br \/>\nDaan-Dirk wriemel sy arms in die moue van die donkergroen re\u00ebnbaadjie in. Met &#8216;n matige uitdrukking van verleentheid reik hy onder die bestuurdersitplek in en bring die kantige dofswart Glock te voorskyn. Tye en gewoontes het verander, dit weet hulle albei, maar dit voel nog vreemd, miskien &#8216;n tikkie absurd, om &#8216;n pistool te dra. Hy trek sy skouers effe op en druk die pistool se loopkant onder sy broekband aan die linkerkant in en trek die baadjie daaroor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy gaan seker nie tot voor loop nie?&#8221; vra sy vrou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Net tot hier bo op die koppie en kyk wat ek kan sien.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy maak die deur toe en kom voor om die Cruiser gestap, breed en dik in die skouer en swaar van kop met grys hare wat teruggekam is en &#8216;n gesig van iemand wat gemoedelik is solank hy sy sin kry. Die aandre\u00ebn verf hom met korrelrige druppels, maar hy is o\u00ebnskynlik onbewus daarvan. Hy kyk heen en weer, nie op \u2019n rustige manier nie, maar skerp links, dan skerp regs, skerp vorentoe. Dit irriteer haar, maar sy het die afgelope maande so gewoond geraak daaraan om deur hom ge\u00efrriteer te word dat sy nie die emosie vertroetel nie. Buitendien is sy ook, onrusbarend, nuuskierig om te weet wat die oponthoud voor hulle veroorsaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gaan ook kyk,\u201d s\u00ea Brian skielik en maak die links-agterste passasiersdeur oop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBrian!\u201d s\u00ea Edna. \u201cNee! Bly in die kar&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan niks sien as ek in die kar is nie,\u201d s\u00ea Brian soos wat \u2019n tienerseun meermale doen, asof hy iets geheel en al logies aan iemand wat nie kan dink nie moet verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gaan ook,\u201d s\u00ea Marnu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNee!\u201d s\u00ea Edna, vies oor haar verlies van beheer oor Brian.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWag vir my!\u201d dring Marnu aan, maar Edna, vasberade om nie alle gesag in te boet nie, wriemel om in haar sitplek en trek die deur agter Brian toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle kan nie almal buite gaan rondkarring nie!\u201d s\u00ea sy. \u201cS\u00ea nou jou pa wil skielik ry. Hy het nie nog tyd om ons te tel nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar Brian&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar Brian niks! Maak toe die deur.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marnu sug die sug van \u2019n tiener verontreg en sak terug in sy sitplek wat \u2019n stywe pomp in die ribbes uitlok, komende van Tienie, sy negejarige sussie wat in die hoek tussen motor en sitplek ingekrul is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIs jy orraait, skatjie?\u201d vra Edna vir haar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNee. Ek is nie orraait nie. Ek sal nooit weer orraait wees nie.\u201d Welke verklaring afgemete en sonder infleksie voorgedra word. \u201cEk haat hom. Ek sal hom altyd haat.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAltyd is \u2019n baie lang tyd,\u201d s\u00ea Edna, maar sy wonder tog of haar dogter vir Daan-Dirk sal vergewe omdat hy vir Kriesel, die hond wat sy van geboorte af gehad het, geskiet het voor hulle by die huis weggery het. Op grond van die beskikbare getuienis, twyfel sy. Daan-Dirk. Daan-Dirk het baie om te verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn jy is hier, hoekom?\u201d vra Daan-Dirk vir sy oudste seun toe Brian by hom op die skouer van die pad aansluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kom saam met Pa.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil ook sien.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brian, in \u2019n moulose rooi T-hemp en baie lang kortbroek soos wat die jongmense dit dra, peuter met \u2019n kopliggie wat \u2019n rangskikking van LED-gloeilampies bevat, skakel dit aan en trek die bre\u00eb rek om sy kop sodat die lig soos \u2019n verhelderde vinger vanaf sy voorkop in die donker insteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSit dit af,\u201d gelas Daan-Dirk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom? Jy wil weet hoekom? Kom ek vertel jou hoekom. Omdat ek ges\u00ea het jy moet, dis hoekom.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed, maar&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns wil nie onnodig aandag trek nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie asof ons nie aandag trek nie. Pa is nie onsigbaar nie, Pa weet&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns wil nie meer aandag trek as wat nodig is nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSal die rooiliggie werk?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brian peuter weer met die liggie en skakel die rooi gloeilampies aan wat baie minder opsigtelike lig maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed. Dit sal seker.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk loop deur die afvoervoor waarin water enkeldiepte vloei en in die kuithoogte taai gras in en kom by \u2019n doringdraadheining tot stilstand. Brian skuur by hom verby en buig en rek sy lyf soepel tot aan die anderkant van die draad. Daan-Dirk het min tyd om te besluit of hy tussen die drade deur of b\u00f3-oor sal gaan. Hy gryp die boonste draad met albei palms en pers dit onder toe, slinger een been oor en huppel onelegant oor die heining. Hy strompel agter Brian aan wat met lang tre\u00eb op oefenskoene met dik, gegote sole die grond onder hom met die minste sigbare moeite agteruithark.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit vat langer as wat Daan-Dirk verwag het om teen die hoogte uit te kom. Die helling lyk so egalig maar dit is vol klippe, vlak skeure en nat, langvingerige gras wat \u2019n gemaklike loopgang belemmer. Sy bors brand en sy swak regterknie pyn, maar uiteindelik is hulle op die hoogtetjie en die groot man en sy skraal tienerseun staan en tuur met langs die N3-snelweg rigting Harrismith af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voertuieslang kronkel om wye draaie en oor rondekophoogtetjies tot ver voor hulle, en nog verder, buite sig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk draai om en kyk in die ander rigting. Agter sy motor is die klein konvooi wat saam met hulle gekom het. Elf voertuie alles tesame, op sy inisiatief en elke insittende met die klaarblyklike vertroue dat Daan-Dirk M\u00f6ller weet wat hy doen. Agter hierdie voertuie het motors reeds opgedam en nog vier rye ligte \u2013 di\u00e9 keer die helderwit van motorkoplampe \u2013 strek reeds buite sig op die snelweg terug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cPa!\u201d s\u00ea Brian. \u201cPa!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor Daan-Dirk kan omdraai bereik die knal hom, \u2019n basgeklop van ver af, en as hy omdraai, ver voor hulle, heelwat kilometers van hulle af, van iewers op die pad, stoot \u2019n vuurtoring vol skel oranje vlamme, hoog in die lug in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLiewe Jesus!\u201d s\u00ea Daan-Dirk. \u201cLiewe Here, help!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit re\u00ebn nou harder, \u2019n warm somersre\u00ebn wat op hulle koppe versamel en hulle hare plat teen hulle kopvelle laat klou en stroompies loop met die kontoere van hulle gesigte langs af en val in plasse waar hulle staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees vervolgens <a title=\"Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20868\">Bodem 2: &#8216;Noem my Harpoen&#8217;<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Later die aand, met die gloed van &#8216;n deel van die Oos-Rand wat in vlamme agter hulle staan, is die snelweg voor hulle vol stilstaande motors en die briekligte is soos die rye skubbe van \u2019n gloeiende slang wat kilometers voor hulle kronkel en uiteindelik buite sig oor &#8216;n hoogtetjie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20859\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 1: &#8216;n Vuurtoring vol skel oranje vlamme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20860,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15019,171,15017,15020,8323,13611,15018],"class_list":["post-20859","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-gratis","tag-gustav-venter","tag-land-cruiser","tag-n3-snelweg","tag-oos-rand","tag-verkeer","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20859\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}