{"id":20836,"date":"2014-01-07T07:17:25","date_gmt":"2014-01-07T05:17:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20836"},"modified":"2014-01-07T07:17:25","modified_gmt":"2014-01-07T05:17:25","slug":"voedselprysskok-wag-op-verbuikers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20836","title":{"rendered":"Voedselprysskok wag op verbuikers"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/eggs.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-20837\" alt=\"eggs\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/eggs.jpg\" width=\"259\" height=\"194\" \/><\/a>Suid-Afrika se verbruikers kan tot 50 persent meer vir mieliemeel, vleis en pluimveeprodukte betaal met mieliepryse wat in die nuwe jaar die hoogte ingeskiet het as gevolg van lae voorraad, &#8216;n swakker rand en die olieprysstyging, het ontleders ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste data toon dat die land se beskikbare witmielievoorraad 23 dae van die vraag kon dek aan die einde van November &#8211; af van 37 dae aan die einde van Junie &#8211; as gevolg van dro\u00eb weerstoestande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorraad van geel mielies, wat hoofsaaklik gebruik word as voer, het van 42 dae vyf maande vroe\u00ebr tot 30 dae gedaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ontleders het ges\u00ea dit veroorsaak &#8216;n paniek in die mieliemark, wat daartoe lei dat meulenaars teen ho\u00ebr pryse opgaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuutste Absa Agri Trend-analise van die mark vir November toon die droogte in Noord-Wes sal voortgaan om opwaartse druk op mieliepryse te sit .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thys Grobbelaar, &#8216;n ontleder by Senwes , het ges\u00ea die swakker rand en die dro\u00eb weer was die grootste bekommernis vir mielieprodusente .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid -Afrika het ook &#8216;n aansienlike tonnemaat mielies na Botswana, Zambi\u00eb en Namibi\u00eb uitgevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy beraam dat witmieliepryse met tussen 47 persent en 50 persent toegeneem het in die afgelope jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Witmieliepryse het verlede jaar van R2 050 per ton gestyg in Januarie tot sowat R3 000 per ton op die oomblik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voedselprodusente sal in die knyptang gevang word, want hulle kan nie eensydig eindprodukpryseverhoog nie weens verbruikerweerstand het Grobbelaar ges\u00ea .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Verbruikers sal seker &#8216;n alternatief vir mieliemeel vind\u00a0en kies vir goedkoper stysel soos rys of aartappels.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die prys van eiers, melk, vleis, hoenders en ander vleisprodukte kan ook verhoog as gevolg van die toename in die geelmielieprys .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grobbelaar het ges\u00ea verbruikers sal die impak van die prys onmiddellik en vir die res van die jaar voel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die verswakking van die rand het ook &#8216;n groot rol in die voedsel prysstygings gespeel. Dit bly &#8216;n bron van kommer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kevin Lovell, SA Pluimveevereniging se uitvoerende hoof, het ges\u00ea die mielieprys sal nie net &#8216;n uitwerking op die prys van voer h\u00ea nie, maar dit sal ook &#8216;n groot impak op die pluimveebedryf se internasionale mededingendheid h\u00ea, omdat die pryse van mielies elders in die w\u00eareld val, waar gewasse floreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea geelmielies verteenwoordig ongeveer 65 persent van die produksiekoste van &#8216;n lewendige vo\u00ebl en ongeveer 50 persent van die finale produksiekoste.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se verbruikers kan tot 50 persent meer vir mieliemeel, vleis en pluimveeprodukte betaal met mieliepryse wat in die nuwe jaar die hoogte ingeskiet het as gevolg van lae voorraad, &#8216;n swakker rand en die olieprysstyging, het ontleders ges\u00ea. Die jongste data toon dat die land se beskikbare witmielievoorraad 23 dae van die vraag kon &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20836\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Voedselprysskok wag op verbuikers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":20837,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[14999,15002,15000,14997,15001,14998,14996],"class_list":["post-20836","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-brandstofprys","tag-mieliemark","tag-mieliemeel","tag-pluimvee","tag-voedselinflasie","tag-voedselpryse","tag-witmielies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20836"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20836\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20837"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}