{"id":20824,"date":"2014-01-06T13:27:28","date_gmt":"2014-01-06T11:27:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20824"},"modified":"2014-01-06T13:30:27","modified_gmt":"2014-01-06T11:30:27","slug":"uit-die-volksmond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20824","title":{"rendered":"\u2018Uit die volksmond\u2019"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fighting.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-20827\" alt=\"fighting\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fighting.jpg\" width=\"274\" height=\"184\" \/><\/a>deur Willem de Jager, Sendai, Japan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sondag merk ek \u2018n interessante ontwikkeling in die briewekolom van Rapport op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy brief uit Suid-Korea, \u201cWat &#8216;n vriend het ons in FW\u201d, reken Pieter Reynecke dat Afrikaners nou \u201cskielik\u201d vry is en bedank hy \u201coom\u201d FW en Madiba vir daardie vryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy merk dat Afrikaners \u201cvan die beste motors\u201d ry en in \u201cenorme\u201d huise woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke man is geregtig op sy interpretasie van die realiteit. Maar hier is die opwindende deel: In plaas van die gebruiklike inskiklikheid van \u2018JA-stemmers\u2019 of die stilswye van \u2018NEE-stemmers\u2019 (as ek so \u2018n pre-1992 onderskeid kan tref) vind daar toe \u2018n ander ding plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense het aan die praat geraak. Daar is Afrikaners wat weet van \u2018n Suid-Afrika voor \u2018the bad old days of Apartheid\u2019 die amptelike refrein geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis die perspektiewe van sulke ingeligtes wat die gesprek verhef het uit die arena van beledigings slinger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So herinner ene \u201cCyberjerk Ingram\u201d ons daaraan dat FW en die NP redelik gou tot die vergetelheidsfeer vervaag het na afloop van die oorgawe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy onthou dat selfs \u2018n Engelse joernalis, Ken Owen, toegegee dat \u201cFW de Klerk went way beyond his mandate\u201d en stel sy oorgawe gelyk aan \u201ccriminal treason against the Afrikaner\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eweneens onthou \u201cHalala Mandelatopia\u201d dat FW destyds onder andere &#8220;Sterk en doelgerigte leierskap&#8221; en &#8220;Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid&#8221; beloof het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elkeen van FW se beloftes is natuurlik sedertdien\u00a0verbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As meer Afrikaners hierdie bewustheid het, dan sal ons van beter weet as om die toenemend onderdrukkende status quo sondermeer te aanvaar of om ons aan die &#8220;ongekende Afrikanerwelvaart&#8221; te troos waarna Reynecke in sy brief verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is buitendien vir meer en meer Afrikaners eenvoudig nie waar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook diegene wat braaf genoeg is om onder hulle eie name te debatteer soos Chris Pretorius wat wonder of sou dit die \u201cspul &#8216;leunstoel-krygers&#8217;\u2026 gepas het as FW &amp; kie liewer &#8216;n oorlog aan die gang gesit het..?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cathy Kotze reageer met \u201cdaardie oorlog word steeds gevoer. Op ons plase teen weerlose boere. In ons swart woongebiede teen weerlose kinders en vroue. In ons stede in die huise van weerlose mense.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In retrospek wil dit lyk of dit \u2018n keuse was tussen \u2018n vinnige, bloedige oorlog en die huidige oorlog in stadige aksie wat ons toe gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar Dan De Lange wat homself beskryf as \u201can Afrikaans-speaking South African\u201d wat nie as Afrikaner identifiseer wil word nie \u201cbut just a South African\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mens wonder waarom los hy nie maar die \u201cAfrikaans\u201d geheel en al nie, ek meen wat\u2019s die punt om jouself in Engels, op \u2018n Afrikaanse webblad, as \u2018n Afrikaanssprekende te beskryf?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit was seker om Dave Van Huffel te akkommodeer wat reken dat \u201cmany Afrikaans-speaking individuals still suffer from the &#8220;isolation-polarization indoctrination syndrome\u201d (en die bevryding waarvoor Madiba hom beywer het sal ons vir ewig ontwyk, o wee).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook in die rubrieke-kolom was daar die afgelope Sondag aansienlik meer kommentaar as gewoonlik en ook daar was teenstrydige opinies oor Flip Buys wat skryf ons \u201cMoenie hoop op komende verkiesing\u201d nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manfred Delport laat weet vir Flip dis presies \u201cwaaroor die sogenaamde wit rassiste, waaroor [hy] so geweldig skree, VOOR 1992 se referendum gewaarsku het &#8211; dwingelandy en oorheersing. Dit was nie nodig vir doktore en professore om tesisse daaroor te skryf en 20 jaar van \u2018n jong volk se tyd te mors nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Paul Kirsten grap in dieselfde forum oor FW de Klerk se \u201cwigte en teenwigte waarvan daar ongelukkig net die booswigte oorgebly het\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net as dit na \u2018n partytjie wil begin lyk, gooi Willem de Haan \u2018n ander klip in die bos: \u201cOngelukkig het &#8220;die Afrikaner&#8221; maar &#8216;n swak rekord wanneer dit by saamstaan kom en is daar ook vandag nog steeds die politiek korrektes wat &#8220;rassiste&#8221; skree sodra van &#8216;n Afrikaner of blanke groepsorganisasie gepraat word\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is alles waar en ons het mekaar deur die dekades, eeue, heen \u2018hensoppers\u2019 en \u2018joiners\u2019 en \u2018hanskakies\u2019 en \u2018k*boeties\u2019 en elke denkbare speelgrondbelediging toegedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit maak ons nie uniek nie, dit maak ons menslik. Ghandi se bevrydes van die Britse juk het so onder mekaar baklei dat hulle uiteindelik verdeel het in \u2018n Moslem Pakistan en \u2018n Hindoe Indi\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Iere het mekaar doodgeskiet toe die IRA-bittereinders geweier het om hulle republikeinse ideaal met Britse voorwaardes af te water rondom 1919-20.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was selfs twee Boererepublieke, om hierdie historiese heterogeniteit verder te illustreer. \u2018n Verenigde Afrikanerdom is eintlik \u2018n heel Britse ontwikkeling wat met die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons kan ons historiese verweefdheid met die Britse kroon nie wegpraat nie en dis nie dat ons nie van die Engelse hou nie; ons hou nie van verdrukking nie, dis wat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons verskille is nie die problem nie. Daar is een ding wat ek meer haat as konflik en dit is die leuen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons onderlinge konflik kan ons juis help om die leuens te ontbloot. Dis nie ons \u201cbeste motors\u201d en ons \u201cenorme huise\u201d wat vir ons gaan vrede bring nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inteendeel dit word die ammunisie vir anti-Afrikaner sentimente in die voortgesette ekonomiese apartheid wat aan die orde van die dag is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis `n baie meer giftige opset as vantevore want daar kan nie vingers gewys word na onregverdige wetgewing nie en tog is daar aanduidings dat die inkomstegaping bly groei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderdrukker bly onsigbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur volgehoue dialoog sal ons by die waarheid uitkom, sal ons die aanloop tot die huidige anti-Afrikaner Suid-Afrika waarin ons onsself bevind, kan uitpluis. Ons sal op die ou end by die kruks van die saak moet draai: Wie is die Afrikaners in 2014?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons praat daaroor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Alle gebruikersname is soos die gespreksdeelnemers hulleself in die openbare Rapport forums (Sondag, 5 Januarie 2014) ge-identifiseer het.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willem de Jager, 6 Januarie 2014, Sendai, Japan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Willem de Jager, Sendai, Japan. Sondag merk ek \u2018n interessante ontwikkeling in die briewekolom van Rapport op. In sy brief uit Suid-Korea, \u201cWat &#8216;n vriend het ons in FW\u201d, reken Pieter Reynecke dat Afrikaners nou \u201cskielik\u201d vry is en bedank hy \u201coom\u201d FW en Madiba vir daardie vryheid. Hy merk dat Afrikaners \u201cvan die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20824\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018Uit die volksmond\u2019&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":20827,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[2188,6709,5631,643],"class_list":["post-20824","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaners","tag-flip-buys","tag-fw-de-klerk","tag-naspers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20824"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20824\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20827"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}