{"id":20780,"date":"2014-01-06T05:10:48","date_gmt":"2014-01-06T03:10:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20780"},"modified":"2014-01-06T08:22:39","modified_gmt":"2014-01-06T06:22:39","slug":"rasvermenging-skep-geslagte-lange-probleme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20780","title":{"rendered":"&#8216;Rasvermenging skep geslagte lange probleme&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15563\" alt=\"roodt_dan_wiki\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\" width=\"266\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 266px) 100vw, 266px\" \/><\/a><\/p>\n<p>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik wou ek vandag oor iets heel anders geskryf het, oor die Dawid-en-Goliatstryd wat Afrikaners tans moet voer. Daar bestaan ten minste twee of drie Goliats wat op ons afmarsjeer: die groot swart meerderheid in Suid-Afrika, die buitelandse moondhede wat ons reeds lankal afgeskryf het en die hoofstroommedia wat ons nog altyd probeer karikaturiseer en slegmaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanleiding hiertoe was \u2018n Amerikaanse blitsverkoperboek deur die skrywer Malcolm Gladwell wat in Oktober 2013 verskyn het: <em>David and Goliath: underdogs, misfits and the art of battling giants<\/em> (Little, Brown &amp; Co.). Ek lees nie gewoonlik sulke popsielkunde nie, maar die tema van die o\u00ebnskynlik swakker of kleiner deelnemer wat die sterkere oorwin, of di\u00e9 van \u2018n Gideonsbende wat soos by Bloedrivier \u2018n getalryker mag aandurf, het my nog altyd geboei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk skryf ek \u2018n volgende keer oor Dawid en Goliat. Maar ek ontdek toe \u2018n <a title=\"Lost in the Middle\" href=\"http:\/\/www.washingtonpost.com\/wp-srv\/national\/longterm\/middleground\/gladwell.htm\" target=\"_blank\">outobiografiese artikel<\/a> deur Gladwell wat indirek nogal heelwat s\u00ea oor die Suid-Afrikaanse rasseproblematiek. Dit blyk dat Gladwell self van rasgemengde afkoms is, want sy pa was \u2018n blanke Engelsman en sy ma \u2018n Jamaikaanse kleurling of mulat wat in die vyftigerjare in Brittanje getrou het. Malcolm Gladwell het egter in Kanada grootgeword en het nooit veel oor sy eie ras gedink nie totdat \u2018n swart atleet, \u2018n verspringer hom &#8211; hy het self op skool in die middelafstande uitgeblink &#8211; voorkeer:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">There was a West Indian on my track team &#8212; a magnificent long jumper by the name of Chris Brandy &#8212; who came up to me one day, looking closely at my hair and features, and demanded: &#8220;What are you?&#8221; The question was entirely unexpected, and I remember blinking and stammering, momentarily overwhelmed by that word what. I had always thought that my singular alienation was the result of who I was. But now it occurred to me that perhaps it was the result of something entirely external &#8212; the result of nuances of color and skin and lip and curl that put me just outside the world of people like Chris Brandy and just outside the world of the people I grew up with in rural Ontario.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op foto\u2019s lyk Gladwell, benewens sy taamlike kroes hare, heelwat na \u2018n blanke, dus is die vraag van die swart atleet nogal begryplik. Wat Gladwell se artikel egter so fassinerend maak, is dat hy, wat self die produk van rasvermenging is, met \u2018n volslae eerlikheid en onbevangenheid daaroor skryf. Aan die einde kom hy tot die pessimistiese gevolgtrekking dat hy \u201cmiskien permanent die gyselaar van kwessies rondom rasseverskille is\u201d:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">By virtue of my upbringing, I can safely say I am free of racial discrimination. I cannot &#8212; without committing an act of extraordinary self-hatred &#8212; ever believe that blacks are in any way inferior. But I am also, perhaps permanently, hostage to the questions of racial difference. Racial intermarriage solves one problem in the first generation, only to create another in the next &#8212; a generation that cannot ignore difference the way their parents did. I put myself sometimes, in my father&#8217;s shoes, back in the late &#8217;50s, and wonder whether I could have done what he did &#8212; marry someone, bridge a gulf of human difference, with my eyes entirely closed.<\/p>\n<\/blockquote>\n<figure id=\"attachment_20782\" aria-describedby=\"caption-attachment-20782\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gladwell.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20782 \" alt=\"Malcolm Gladwell\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gladwell-300x187.jpg\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gladwell-300x187.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gladwell.jpg 460w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20782\" class=\"wp-caption-text\">Malcolm Gladwell<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gladwell is uiteraard \u2018n intelligente man en \u2018n mens voel aan dat daar agter hierdie woorde in die <em>Washington Post<\/em>, een van Amerika se mees liberale en invloedryke koerante, vele ure van pynlike besinning moes skuil. Hy waag dit ook om in \u2018n w\u00eareld waar \u201cras nie meer saak maak nie\u201d of as \u2018n blote \u201csosiale konstruk\u201d geag word, die permanente en onveranderlike aspekte van ras aan te roer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die huidige Suid-Afrika sou so \u2018n artikel nooit in \u2018n hoofstroomkoerant gepubliseer word nie. Enersyds weens die ekstreme politieke korrektheid wat selfs \u2018n oud-AWB-lid soos Flip Buys oorreed om op bedenklike gronde <a title=\"Flip Buys en Beeld span nou saam om \u2018rassis\u2019-teerkwas te swaai\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20532\">teen \u201crassiste\u201d uit te vaar<\/a>, andersyds weens die ongelooflike agteruitgang in rasionele denke en ontledingsvermo\u00eb wat hierdie samelewing kenmerk. Almal is \u00f3f bang om iets te s\u00ea \u00f3f nie in staat daartoe nie, of albei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou onlangs skryf die digteres en afgetrede literator Lina Spies in \u2018n <a title=\"Lina Spies oor Flip Buys se Afrikaner\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20732\">brief aan Die Burger<\/a>, juis in reaksie op Buys se stereotipe tirade teen \u201crassisme\u201d:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWie is die mense, behalwe Dan Roodt, teen wie se wit meerderwaardigheid Buys skryf, wat met hul \u2018dom optrede\u2019 \u2018nog meer verbete vyande vir Afrikaners maak\u2019? En as hy beweer dat \u2018ons reeds een van die mees gehate groepe in die land is\u2019, wil ek vra hoeveel onse daar in sy pond is.\u201cNee, meneer Buys, jongmense en jeugdige senior burgers voel hulle nie onder skot van die \u2018kanonkoe\u00ebls van vooroordele\u2019 nie. Hulle leef vry en gelukkig in ons multikulturele samelewing en die globale werklikheid, en hulle sal hulle beslis distansieer van die omgekeerde rassisme wat aan die grond van u artikel l\u00ea.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201d\u201cVry en gelukkig in ons multikulturele samelewing\u2026\u201d Kan enigiemand so \u2018n onnosele ding kwytraak? Ek is lankal oortuig dat motorwerktuigkundiges oor die algemeen skerpsinniger denkers as Afrikaanse letterkundiges is, en hier het ons nou nog \u2018n bewys daarvan. Ek het respek vir enigiemand wat \u2018n kwaal in \u2018n stuk ingewikkelde masjinerie kan diagnoseer &#8211; teenoor diegene wat siende blind en horende doof op die kampusse rondstrompel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het ek nog nooit iewers beweer dat blankes inhererent \u201cmeerderwaardig\u201d teenoor ander rasse is nie. Waar kom Lina Spies daaraan? Of is dit die soort twak wat nuwe-orde-gedienstige akademici hulself wysmaak, in die waan dat hulle daarmee kan aanhou om soos amoebas die sadistiese apokalips van hierdie Azani\u00eb te ignoreer?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die \u201cglobale werklikheid\u201d waarna sy verwys? Dit lyk nie eens asof sy bewus is van die intense konflik wat daar oral ter w\u00eareld, juis vanwe\u00eb multikulturalisme, aan\u2019t oplaai is nie. Noem maar op: die Arabiese lente-opstande, burgeroorlog in Siri\u00eb, rassekonflikte in vele Europese lande, swart-op-wit geweld in die VSA soos die sogenaamde \u201cuitslaanspeletjie\u201d, misdaad en brandstigting in Paryse voorstede, die Londense rasse-onluste van enkele jare gelede, die stryd tussen Israeli&#8217;s en Palestyne, ens. Hier by ons is daar meer onluste en ongelukkigheid as in die tyd van PW Botha toe dit met behulp van miljoene dollar, asook terreur en propaganda, vanuit die buiteland aangeblaas is. Destyds is dit aangehits, tans vind dit spontaan plaas!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar terug by Malcolm Gladwell, wat ondanks sy internasionale roem as skrywer en popsielkundige &#8211; hy het ook die term &#8220;tipping point&#8221; in &#8216;n ander boek gemunt &#8211; tog elemente van die \u201ctragiese mulat\u201d vertoon. Hy beskryf sy ma as \u201cmiddelklas-bruine\u201d, \u2018n term vir kleurlinge of \u201ccoloureds\u201d in Jamaika wat natuurlik ooreenkom met di\u00e9 wat steeds op Engels vir Suid-Afrikaanse kleurlinge gebruik word:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">The proper term for my mother is actually &#8220;middle-class brown,&#8221; which is a category of special meaning in the Caribbean. From the earliest days of colonial rule, &#8220;coloreds&#8221; occupied a special place in Jamaica. They formed a kind of proto-middle class, performing various skilled and sophisticated tasks for which there were not enough whites. This was my mother&#8217;s class &#8212; carpenters, masons, plumbers, small businessmen and civil servants.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die media en akademici ons wil oortuig dat Suid-Afrikaanse blankes uniek in hul keuse vir segregasie en afkeer van rasvermenging was, spreek die feite van die teendeel. Oral ter w\u00eareld was blankes tot redelik onlangs gekant teen gemengde verhoudings en huwelike. Boonop beskryf Gladwell in sy <em>Post<\/em>-artikel die skok wat sy ma ervaar het toe sy die kille omskrywing van swartmense in die destydse <em>Encyclopaedia Britannica<\/em> &#8211; die mees gesaghebbende ensiklopedie in die Engelse taal &#8211; lees:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">In my mother&#8217;s first year at boarding school, she looked up &#8220;Negro&#8221; in the 11th edition of the Encyclopaedia Britannica. &#8220;In . . . certain . . . characteristics . . . the Negro would appear to stand on a lower evolutionary plane than the white man,&#8221; she read. And the entry continued:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;The mental constitution of the Negro is very similar to that of a child, normally good-natured and cheerful, but subject to sudden fits of emotion and passion during which he is capable of performing acts of singular atrocity, impressionable, vain, but often exhibiting in the capacity of servant a dog-like fidelity which has stood the supreme test.&#8221;<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gladwell verwys verder na strafregtelike sake oor gemengde huwelike wat in suidelike state van die VSA gehou is in die 1950s toe sy ouers wel in Brittanje mog trou. In di\u00e9 opsig was Suid-Afrika en die Amerikaanse Suide dus min of meer in pas met mekaar. Dog selfs in die \u201cliberale\u201d Engeland wat vandag in Suid-Afrika aangebied word as \u2018n land wat ons \u201cvanwe\u00eb apartheid\u201d verwerp het, is daar nie net in ensiklopedie\u00eb oor swart minderwaardigheid geskryf nie. Vele Engelse het rasvermenging spontaan verwerp. Toe Gladwell se ouers \u2018n woonstel in \u2018n voorstad van Londen huur, jaag die hospita hulle weg toe sy agterkom dat sy ma gekleurd is:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">On the day after they moved in, however, the landlady ordered them out. &#8220;You didn&#8217;t tell me your wife was colored,&#8221; she told my father in a rage.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iets waarvan Gladwell ook nie wegskram nie, is dat die Jamaikaanse \u201cmiddelklas-bruines\u201d ewe seer op swartes neergesien het as wat blankes hulle as minderwaardig beskou het. Gladwell se Engelse grootouers was heftig gekant teen sy pa se gemengde huwelik terwyl sy ma se Jamaikaanse ouers dit as \u2018n baie goeie en \u201copwaartse\u201d stap beskou het vir hul dogter om met \u2018n wit man te trou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die les uit d\u00edt alles vir ons? Ten eerste: Soos Gladwell se outobiografiese artikel aantoon, is ras \u2018n universele kwessie. Selfs mense wat ras ontken, neem dit baie sterk in ag. Maar die relaas oor sy ouers bring \u2018n mens onder die indruk van die skynheiligheid van kleurlinge wat veel eerder met blankes assosieer en dikwels hul donkerder voorouers ontken. Terselfdertyd koester hulle \u2018n antipatie, selfs haat, vir blankes. Ook word daar in Suid-Afrika, soos Leon Lemmer dit in <a title=\"\u2018n Tata, nie \u2018n Mercedes nie\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20770\">sy mees onlangse rubriek<\/a>\u00a0stel, &#8216;n &#8220;vuil spel&#8221; deur Kaapse kleurlinge gespeel:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vuil spel word hier gespeel. Wanneer bruines met die verwyt van benadeling en die aandrang op bevoordeling kom, beweer hulle dat hulle die afstammelinge van slawe en dus uitheems is. Wanneer dit gaan om wie se land dit is, dus wie eerste hier was, eintlik altyd hier gewees het, dan beweer die bruines dat hulle inheems is en van die Khoi-San afstam.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gladwell se stuk, tesame met <a title=\"Leon Lemmer se rubrieke\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=149\">Leon Lemmer se rubrieke<\/a> waarin hy die onheilige diskriminasie teen en ondermyning van Afrikaners deur sogenaamde \u201cbruin leiers\u201d in die Wes-Kaap aan die kaak stel, het my nogal aan die dink gesit. Soos ek dit sien, het sogenaamde \u201cklein apartheid\u201d in die verlede nie eintlik die blankes teen rasvermenging en assimilasie deur die swart meerderheid beskerm nie. Net soos in die VSA, Engeland of Australi\u00eb &#8211; waar daar tot onlangs jaglisensies vir Aboriginie\u00eb uitgereik is! &#8211; was ons blankes so sterk gekant teen rasvermenging dat geen wetgewing nodig was om hulle daarvan te weerhou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel eerder het apartheid destyds die kleurlinge teen assimilasie deur swartes beskerm! Dis die paradoks wat ons moet verreken. Hier in die Transvaal het kleurlinge as \u2018n groep grotendeels verdwyn sedert apartheid afgeskaf is. \u2018n Mens kry hier en daar nog swartmense wat Afrikaans as huistaal praat en wie se ouers of grootouers kleurlinge moes gewees het, maar van die \u201cbruinmense\u201d waaroor ons in die media verneem, is daar feitlik geen spoor meer nie. Binne \u2018n enkele geslag is hulle deur die swart meerderheid geassimileer. Boonop is daar geen Afrikaanse skole meer in voormalige \u201ckleurlinglokasies\u201d oor nie, wat intussen swart geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis net op <em>Sewendelaan<\/em> waar daar nog Johannesburgse kleurlinge bestaan en die akteurs wat hul rolle speel, kom grotendeels van die Wes-Kaap af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is seker geen meer gehate Afrikanerfiguur onder kleurlinge vandag as Verwoerd nie. Nietemin, as \u2018n mens Verwoerd se toespraak voor die Uniale Kleurlingraad in die laat vyftigerjare lees, verstom \u2018n mens jou aan die man se welwillendheid en sy belofte om die Wes-Kaap as \u2018n soort hinterland vir bruines te reserveer. Maar net soos die Afrikanerleiers hul eie mense verraai het, het die bruin leiers hul eie \u201cbevolkingsgroep\u201d &#8211; die Nasionale Party se eufemisme vir \u2018n rasse- of etniese groep &#8211; verlo\u00ebn en die weg van assimilasie en versmelting met swartes gekies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Leon Lemmer insgelyks uitwys, koester die meeste bruin meningsvormers \u2018n matelose bewondering vir Mandela. Hulle beskou hom as hul grootste leier ooit, hy wat uit die Xhosa-groep afkomstig is, en wat op die duur dreig om die hele Wes-Kaap oor te neem. Selfs die links-liberale mev. Helen Zille het op \u2018n stadium verwys na Xhosas wat na die Wes-Kaap gebus word en van hulle as \u201cekonomiese vlugtelinge vanuit die Oos-Kaap\u201d gepraat. Nie net neem die Xhosas werksgeleenthede by bruines af nie, maar hulle ondertrou ook met hulle, sodat kleurlinge op die duur geassimileer gaan word, net soos in die Transvaal gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Asof dit nie genoeg is nie, het Naarpers besluit dat Afrikaners tegelykertyd, soos Malcolm Gladwell dit stel, \u201c\u2018n golf van menslike verskil (moet) oorbrug, met (hul) o\u00eb heeltemal toe.\u201d Dr. Leopold Scholtz het in <em>Die Burger<\/em> geskryf dat Afrikaners (ook vanuit die Vrystaat en Transvaal wonder \u2018n mens?) \u201cmet die bruinmense moet versmelt\u201d. Volgens ingeligte bronne huldig mnr. Koos Bekker, die uitvoerende beampte van Naarpers en tans een van die land se rykste mense, dieselfde idee: dat Afrikaners met bruines sal ondertrou en dat Afrikaans &#8211; of \u2018n geherstandaardiseerde Kaaps &#8211; die taal van \u2018n nuwe, groter bruin bevolking sal word. Naarpers-media soos <em>Die Huisgenoot<\/em> en die betaalkanaal KykNet word heeltemal geobsedeer deur rasvermenging, taalvermenging en elke ander soort vermenging wat daar bestaan. Gemengde pare, wat in Suid-Afrika veel minder as in die meeste ander lande voorkom, word gereeld op die voorblad van <em>Die Huisgenoot<\/em> vertoon. Ook in Suid-Afrikaanse advertensies en reklame word gemengde pare aangewend om produkte te adverteer, asof dit die natuurlikste ding ter w\u00eareld is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">W\u00eareldwyd wil multinasionale maatskappye \u2018n nuwe soort slaweryk vestig, met hoofsaaklik gekleurde en onderdanige bevolkings wat goedkoop massaprodukte of selfoonlugtyd verbruik. Daarom steun hulle ook rasvermenging en die assimilasie van weerbarstige blanke bevolkings wat nog Westerse standaarde wil handhaaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit mag gebeur dat die oorblywende Afrikaners en blankes in die land op die duur geassimileer gaan word. Immers is assimilasie, benewens georganiseerde massamoord, een van die erkende vorme van volksmoord. Maar dit gaan nog honderde jare duur, juis omdat veral blanke vroue nie so geredelik tot gemengde huwelike oorgaan nie. Elke buitelandse joernalis wat die land besoek, kla steen en been daaroor dat hulle so min gemengde pare op straat in ons land sien; dis nou waar een van die twee \u2018n blanke is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In alle waarskynlikheid gaan die kleurlingbevolking, waaronder die \u201cmiddelklas-bruines\u201d soos hulle in Jamaika genoem word, egter binne \u2018n dekade of twee verdwyn. Daarrmee saam sal Kaaps, die kreoolse dialek van Afrikaans en Engels wat in die Wes-Kaap gepraat word, eweneens in die niet wegraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die besluitnemers van Naarpers en die akademici van Stellenbosch hul \u2018n ander toekoms verbeel, spreek van \u2018n byna volslae gebrek aan insig in \u2018n rassedinamiek wat hom w\u00eareldwyd afspeel en waaraan Suid-Afrika beswaarlik gaan ontkom.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Eintlik wou ek vandag oor iets heel anders geskryf het, oor die Dawid-en-Goliatstryd wat Afrikaners tans moet voer. Daar bestaan ten minste twee of drie Goliats wat op ons afmarsjeer: die groot swart meerderheid in Suid-Afrika, die buitelandse moondhede wat ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,2188,4905,7029,14959,6412,4904,6709,14962,11543,14961,10543,10574,10221,14933,14958,2149,14960,7386,4772,11789,6605,4953,14963],"class_list":["post-20780","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-afrikaners","tag-brittanje","tag-bruines","tag-dawid-en-goliat","tag-engeland","tag-engelse","tag-flip-buys","tag-jamaika","tag-kaaps","tag-kleurling","tag-koos-bekker","tag-leon-lemmer","tag-leopold-scholtz","tag-lina-spies","tag-malcolm-gladwell","tag-mandela","tag-mulat","tag-multikulturalisme","tag-ras","tag-rasvermenging","tag-sewendelaan","tag-verwoerd","tag-washington-post"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20780"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20780\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}