{"id":20732,"date":"2014-01-02T15:18:31","date_gmt":"2014-01-02T13:18:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20732"},"modified":"2014-01-02T15:18:31","modified_gmt":"2014-01-02T13:18:31","slug":"lina-spies-oor-flip-buys-se-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20732","title":{"rendered":"Lina Spies oor Flip Buys se Afrikaner"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_20733\" aria-describedby=\"caption-attachment-20733\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/linaspies.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-20733\" alt=\"Lina Spies\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/linaspies.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/linaspies.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/linaspies-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20733\" class=\"wp-caption-text\">Lina Spies<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het al kommentaar gelewer (Praag 8 Des) op Flip Buys se onlangse opmerkings oor die Afrikaner (Maroelamedia 4 Des). Die Burger en Beeld het heelwat later dit wys geag om Buys se teks te herpubliseer. Lina Spies het pas in &#8216;n brief daarop gereageer (Die Burger, 2 deser, p 13). Spies is &#8216;n gevierde Afrikaanse digteres, &#8216;n oud-Afrikaans-dosent aan die Universiteit Stellenbosch en iemand wat as US-raadslid saam met onder andere Hermann Giliomee (tevergeefs) vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Botman-US geveg het. Uitgaande van die veronderstelling dat Spies se kommentaar Praag-lesers kan interesseer, haal ek haar brief in sy geheel aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Oor die bedanking deur mense van hul Afrikanerskap het Leopold Scholtz &#8216;n keer geskryf dat dit nie sommer net so by wyse van spreke gedoen kan word nie en bygevoeg: &#8216;Ek is &#8216;n Afrikaner, omdat ek een gebore is.&#8217; Ook ek is as Afrikaner gebore en opgevoed. Van huis uit het ek respek vir ander geleer en dit mettertyd leer verstaan as nie-eksklusiewe medemenslikheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;By die lees van Flip Buys se artikel &#8216;Afrikaner-saak word s\u00f3 erg benadeel&#8217; (19.12) het ek egter volkome vervreem gevoel van wat Afrikaners is soos hy hulle voorstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Van die titel tot die slot gebruik Buys die retoriek van &#8216;n verbygegane era. Di\u00e9 retoriek skree in teen die voelbare en gedemonstreerde verbondenheid van Suid-Afrikaners van alle groepe met Madiba se dood en begrafnis. Wat is die &#8216;Afrikaner-saak&#8217; en die &#8216;pro-Afrikaner-standpunt&#8217; in die 21ste-eeuse Suid-Afrika waaroor Buys dit het? My ouers en hul tydgenote het &#8216;n Afrikanersaak gehad om voor te stry: die ekonomiese en kulturele emansipasie van die Afrikaner en die ontwikkeling van Afrikaans tot &#8216;n taal, bruikbaar op alle vlakke van menswees. Maar wat is die &#8216;goeie saak&#8217; waarvoor nou gestry moet word en waarvoor &#8216;ons niks opeis wat ons ander nie gun nie&#8217;?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Aan sy slot bereik Buys &#8216;n hoogtepunt van retoriese vaagheid: &#8216;Ons droom is om &#8216;n toekoms te skep waarin die Afrikaner ook blywend, vry, veilig en voorspoedig kan wees.&#8217; Hoe skep ons so &#8216;n plek? Ons kan nie terug na die verlede en van Suid-Afrika weer &#8216;n verre, ge\u00efsoleerde, onbekende land aan die voet van Afrika maak nie. Dit het onteenseglik geblyk met Madiba se begrafnis toe Suid-Afrikaners &#8211; op &#8216;n klein minderheid na &#8211; hulle trots deel gevoel het van die w\u00eareld, sigbaar in ons midde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wie is die mense, behalwe Dan Roodt, teen wie se wit meerderwaardigheid Buys skryf, wat met hul &#8216;dom optrede&#8217; &#8216;nog meer verbete vyande vir Afrikaners maak&#8217;? En as hy beweer dat &#8216;ons reeds een van die mees gehate groepe in die land is&#8217;, wil ek vra hoeveel onse daar in sy pond is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nee, meneer Buys, jongmense en jeugdige senior burgers voel hulle nie onder skot van die &#8216;kanonkoe\u00ebls van vooroordele&#8217; nie. Hulle leef vry en gelukkig in ons multikulturele samelewing en die globale werklikheid, en hulle sal hulle beslis distansieer van die omgekeerde rassisme wat aan die grond van u artikel l\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leon Lemmer<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het al kommentaar gelewer (Praag 8 Des) op Flip Buys se onlangse opmerkings oor die Afrikaner (Maroelamedia 4 Des). Die Burger en Beeld het heelwat later dit wys geag om Buys se teks te herpubliseer. Lina Spies het pas in &#8216;n brief daarop gereageer (Die Burger, 2 deser, p 13). Spies is &#8216;n gevierde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20732\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Lina Spies oor Flip Buys se Afrikaner&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":20733,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[167,6709,14933,4861],"class_list":["post-20732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaans","tag-flip-buys","tag-lina-spies","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20732\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20733"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}