{"id":20706,"date":"2014-01-02T09:11:56","date_gmt":"2014-01-02T07:11:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20706"},"modified":"2014-01-02T10:58:06","modified_gmt":"2014-01-02T08:58:06","slug":"moslemgeweld-teister-afrika-vasteland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20706","title":{"rendered":"Moslemgeweld teister Afrika-vasteland"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_20707\" aria-describedby=\"caption-attachment-20707\" style=\"width: 238px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/whitearmy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20707\" alt=\"'Wit weermag' in Suid-Soedan\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/whitearmy-238x300.jpg\" width=\"238\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/whitearmy-238x300.jpg 238w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/whitearmy.jpg 458w\" sizes=\"auto, (max-width: 238px) 85vw, 238px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20707\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;Wit weermag&#8217; in Suid-Soedan<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moslemgeweld teister die vasteland van Afrika nadat minstens tien mense omgekom het na twee selfmoord-bomaanvalle by die Jazeera Palace-hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadishu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regeringsoldate is ook in die jongste aanvalle beseer.\u00a0Verlede week is sewe mense in &#8216;n bomaanval op &#8216;n restaurant in Mogadishu dood.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Islamitiese groep, al-Shabaab, wat glo verantwoordelik was vir die aanslag verlede jaar op &#8216;n winkelsentrum in Kenia, het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie berigte van aanvalle op regeringsbasisse in sleutelgebiede rondom die hoofstad is ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Suid-Soedan se strydende partye in Ethiopi\u00eb aangekom vir vredessamesprekings om die driewekelange burgeroorlog te probeer be\u00ebindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geweld tussen etniese faksies van die president en die voormalige vise-president het reeds duisende lewens ge\u00ebis. Daar is meer as 60 etniese groepe wat hoofsaaklik verdeel is tussen grondeienaars en nomadiese herders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderskeie onderhandelaars wat namens verskeie regerings en die rebelle optree, het in Addis Abeba aangekom vir die formele vredessamesprekings wat vandag begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gevegte het op 15 Desember verlede jaar tussen die twee grootste etniese groepe uitgebreek nadat president Salva Kiir sy voormalige adjunk, Riek Machar, daarvan beskuldig het dat hy &#8216;n staatsgreep in die mou voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kiir is Roomskatoliek, maar sy seun is glo &#8216;n Moslem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Machar het het op sy beurt die president daarvan beskuldig dat hy besig is met &#8216;n gewelddadige suiwering van sy teenstanders en die beweerde staatsgreep as &#8216;n voorwendsel gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die krisis het ge\u00ebskaleer nadat die &#8220;wit weermag&#8221;, swart jeugdiges lojaal aan Machar, wat hul gesigte met potas witsmeer, toegetree het. Na bewering het Machar reeds 25.000 jeugdiges wat na die hoofstad sal opmars, agter hom geskaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rebelle het reeds beheer oor verskeie gebiede in die olieryke noorde oorgeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hoofstad Bengui van die Sentraal Afrikaanse Republiek is drie mense dood in botsings tussen Moslems en Christene terwyl ontstoke inwoners handgranate geslinger en huise aan die brand gesteek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minstens 15 mense is beseer. Inwoners van Bangui s\u00ea lede van die Seleka rebellemagte in burgerdrag het handgranate na Christenhuise gegooi en hulle aan die brand gesteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christenjeugdiges het daarna met weerwraakaanvalle begin en nabygele\u00eb Moslemhuise aan die brand gesteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soldate van die Afrikamag wat in die land ontplooi is om Franse troepe te ondersteun, maar het gesukkel om die geweld tussen die Selekarebelle en Christenvigilantes te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Moslemrebelle het in Maart die mag oorgeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer as &#8216;n duisend mense het in Desember in gevegte tussen die twee groepe omgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tien mense is ook beseer na &#8216;n handgranaataanval op &#8216;n restaurant in Kenia. Die land se polisie s\u00ea die aanval het in die gewilde kusdorp Diani, suid van Mombassa voorgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand het verantwoordelikheid vir aanval aanvaar nie, maar verskeie terreuraanvalle kom in die land voor sedert Kenia sy weermag in Somali\u00eb ontplooi het om die ekstremistiese groep al-Shabaab te verslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweld het skerp toegeneem regoor die vasteland nadat die VSA hulle Afrika-mag, AFRICOM ontplooi het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moslemgeweld teister die vasteland van Afrika nadat minstens tien mense omgekom het na twee selfmoord-bomaanvalle by die Jazeera Palace-hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadishu. Regeringsoldate is ook in die jongste aanvalle beseer.\u00a0Verlede week is sewe mense in &#8216;n bomaanval op &#8216;n restaurant in Mogadishu dood. Die Islamitiese groep, al-Shabaab, wat glo verantwoordelik was vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20706\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moslemgeweld teister Afrika-vasteland&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":20707,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[14634,14920,14921,10255,14803],"class_list":["post-20706","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-africom","tag-moslemgeweld","tag-sentraal-afrika-republiek","tag-somalie","tag-suid-soedan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20706","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20706"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20706\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20707"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20706"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20706"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20706"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}