{"id":20653,"date":"2013-12-30T09:10:22","date_gmt":"2013-12-30T07:10:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20653"},"modified":"2013-12-30T09:10:22","modified_gmt":"2013-12-30T07:10:22","slug":"michael-schumacher-ernstig-beseer-in-ski-ongeluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20653","title":{"rendered":"Michael Schumacher ernstig beseer in ski-ongeluk"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_20657\" aria-describedby=\"caption-attachment-20657\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/schumacher-ski.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20657\" alt=\"Michael Schumacher besig om te ski\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/schumacher-ski-300x187.jpg\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/schumacher-ski-300x187.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/schumacher-ski.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20657\" class=\"wp-caption-text\">Michael Schumacher besig om te ski<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Michael Schumacher, die voormalige Grand Prix-w\u00eareldkampioen en een van die suksesvolste in die geskiedenis van motorsport, verkeer tans in &#8216;n koma in die hospitaal n\u00e1 &#8216;n ski-ongeluk in die Franse Alpe wat gister plaasgevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Duitse renjaer, wat 44 jaar oud is en verlede jaar vir die tweede keer uitgetree het, het met sy kop op &#8216;n rots by die Meribel-skioord geval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met sy aankoms by die Universiteitshospitaal van Grenoble, die Franse stad op die Switserse grens, was hy in &#8216;n koma en het onmiddellike breinchirurgie benodig, luidens &#8216;n verklaring van die hospitaal. Geen besonderhede oor sy beserings en prognose is egter vrygestel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">But doctors haven&#8217;t released details about his injuries or his prognosis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die direkteur van die oord,\u00a0Christophe Gernignon-Lecomte, s\u00ea die voorval het plaasgevind terwyl Schumacher teen Sondagoggend\u00a0<em>hors piste<\/em>, oftewel buite die gemerkte skihange, geski het. Die presiese plek waar hy geval het was tussen die Georges Baduis Piste en die La Biche Piste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar het Schumacher wel &#8216;n skihelm gedra toe hy sy kop gestam het. Die reddingspan was binne minute by hom, waarna hy per helikopter na &#8216;n nabygele\u00eb hospitaal geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Volgens die oorddirekteur wag hulle vir die polisieverslag. &#8220;Daar is &#8216;n ondersoek geopen. Ons beklemtoon dat daar geen sneeustorting was nie en dat hy hors piste geski het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Schumacher se mediawoordvoerder, Sabine Kehm, het &#8216;n verklaring op die amptelike F1-webwerf geplaas, waarin sy bevestig dat die ongeluk tydens &#8216;n &#8220;privaatskitog&#8221; plaasgevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy is hospitaal toe geneem en ontvang professionele mediese hulp,&#8221; s\u00ea sy. &#8220;Ons vra vir begrip en dat ons nie konstant inligting oor sy gesondheid kan verskaf nie. Hy het &#8216;n helm gedra en was nie alleen nie. Wat die val betref, was niemand anders betrokke nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nooddiens in Meribel het bevestig dat Schumacher &#8216;n valhelm gedra het. Hy is van die Moutiers-hospitaal na die Grenoble-hospitaal oorgeplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander woordvoerder meen dat die besering nie &#8220;lewensgevaarlik&#8221; is nie en dat Schumacher op die ongelukstoneel by sy bewussyn was. Die voormalige Franse F1-bestuurder, Olivier Panis, het die hospitaal in Grenoble besoek, maar kon nie vir Schumacher te siene kry nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek sal m\u00f4re terugkom. Ja, ek is bekommerd,&#8221; het Panis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Schumacher het in 1996 leer ski toe hy vir Ferrari begin jaag het. Die Italiaanse renspan het jaarliks &#8216;n mediageleentheid in die Alpe gehou. Schumacher het vinnig leer ski en van toe af telkens &#8216;n vriendskaplike skiren gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens een joernalis kon die &#8220;aangebore vreesloosheid&#8221; van die Formule-renjaer hom egter verlei het om te vinnig te probeer ski.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Michael Schumacher, die voormalige Grand Prix-w\u00eareldkampioen en een van die suksesvolste in die geskiedenis van motorsport, verkeer tans in &#8216;n koma in die hospitaal n\u00e1 &#8216;n ski-ongeluk in die Franse Alpe wat gister plaasgevind het. Die Duitse renjaer, wat 44 jaar oud is en verlede jaar vir die tweede keer uitgetree het, het met sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20657,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,102],"tags":[14888,14887,14886,7676,8457,14885],"class_list":["post-20653","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c93-motorsport","tag-breinchirurgie","tag-grenoble","tag-meribel","tag-michael-schumacher","tag-ongeluk","tag-ski"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20653","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20653"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20653\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20657"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20653"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20653"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20653"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}