{"id":2064,"date":"2008-06-30T04:34:18","date_gmt":"2008-06-30T04:34:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2064"},"modified":"2008-06-30T04:34:18","modified_gmt":"2008-06-30T04:34:18","slug":"kurt-darren-sing-op-die-maat-van-britse-propaganda","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2064","title":{"rendered":"Kurt Darren sing op die maat van Britse propaganda"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die grusame insident verlede week waar &#39;n swanger vrou en haar ongebore baba van agt maande gedood is deur haar kop op die vloer pap te slaan, het min of meer op dieselfde tydstip plaasgevind as wat Cherie Blair, Bob Geldof en ander dronk Engelse glanspersoonlikhede saam met hul Xhosa-afgod vir die kameras geposeer het. Een van die Britse koerante, die Daily Mail, het openlik die spot gedryf met die beroemde Britte en Amerikaners soos Bill Clinton wat getoon het tot watter swak smaak hulle in staat is.<\/p>\n<p>Die Groot Madiba het soos &#39;n bejaarde pous of geriatriese Kremlinfiguur uit die vervloe&euml; dae van die Sowjetunie &#39;n bewerige, marionetagtige hand na die skares gewuif. Sy toenemend belaglike kleredrag soos die swart hemp met &#39;n Kaddafi-agtige Afrikakaart op die bors geborduur, het die sirkusaard van die gebeure verder beklemtoon. Mandela se Kaddafi-hemp en Annie Lennox se wit bene in rooi skoene by &#39;n geel rok wedywer om die eerste prys in die Engelse gwharkompetisie.<\/p>\n<p>Die enigste afwesige persoonlikheid op die gastelys was Robert Mugabe, wat onlangs vir ons &#39;n gepaste demonstrasie van Afrikademokrasie gelewer het. Om een of ander onverklaarbare rede het Mugabe egter in Londen se onguns verval nadat hy jare lank deur die Engelse op die hande gedra en met hulpgeld gepamperlang is.<\/p>\n<\/div>\n<div align=\"justify\">\n<p> In di&eacute; konteks is dit vreemd dat &#39;n Afrikaanse sanger soos Kurt Darrren hoegenaamd uitgenooi is om aan die sogenaamde 46664-konsert in Hydepark deel te neem. Maar so &#39;n uitnodiging geskied sekerlik as &#39;n vorm van bedekte vernedering wat aan die adres van die Afrikaner gerig is.<\/p>\n<p> Vandaar dan ook die druk op Darren om re&euml;ls te sing wat sy ondersteuners tuis as kwetsend en anti-blank sou ervaar en wat die Britse propagandaspel tot sy uiterste gevoer het.<\/p>\n<p> Die vraag is of Afrikaanse kunstenaars hoegenaamd behoort deel te neem aan sulke Britse propagandaoefeninge wat bedoel is om die ANC se wankelende bewind met elektrisiteitstekorte en die verval in wet en orde te onderskraag?<\/p>\n<p> Immers erken Groot Brittanje en die horde Britse popsangers en openbare persoonlikhede wat almal die linkervleuel van die Arbeidersparty ondersteun, nie die bestaan van die Afrikanervolk nie en daarmee saam kwalik die bestaan van Afrikaans wat reeds twee eeue lank deur Engeland ondermyn word. Uitsprake van die British Council in Namibi&euml; het enkele jare gelede Afrikaans as &#39;n &quot;struikelblok by die aanleer van Engels&quot; getipeer en die owerheid van daardie land aangespoor om meer doelgerig op te tree om die taal deur wetgewing te knak en uit te wis.<\/p>\n<p> Gelukkig hoef die British Council nie sulke oproepe aan die ANC te rig nie, want die party van die ge&euml;erde Mandela is sedert sy bewindsoorname in 1994 fanaties hiermee besig.<\/p>\n<p> Kurt Darren het bedro&euml; daarvan afgekom en is deur die Britse propagandameesters misbruik om die illusie van normale kultuuruitwisseling met Suid-Afrika te skep.<\/p>\n<p> In die vervolg behoort Afrikaanse kunstenaars sodanige uitnodigings van die hand te wys. Mandela mag die Britte se skoothondjie wees; ons en ons sangers is dit nie.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/poverkhnostnye-nasosy\/konsolnye-nasosy\">\u043a\u043e\u043d\u0441\u043e\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ru.golos.ua\/suspilstvo\/shokin_uvolil_prokurora_harkova_1161\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die orgie van Britse selfvoldaanheid verlede week toe Nelson Mandela soos &#39;n tweede Here Jesus in Londen rondgeparadeer is, toon duidelik in watter mate Brittanje heeltemal in sy skik is met die huidige bestel in Suid-Afrika. Nie net word Afrikaners en ander blankes stelselmatig deur regstellende aksie uit die land verdryf nie, maar ons word ook in ons huise aangeval, beroof en vermoor.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,1947,21092],"class_list":["post-2064","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-kurt-darren-speel-in-die-hande-van-britse-propaganda","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2064","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2064"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2064\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2064"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2064"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2064"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}