{"id":20634,"date":"2013-12-29T09:02:25","date_gmt":"2013-12-29T07:02:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20634"},"modified":"2013-12-29T09:02:25","modified_gmt":"2013-12-29T07:02:25","slug":"wat-is-die-liberalisme-met-n-kort-verwysing-na-steve-hofmeyr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20634","title":{"rendered":"Wat is die liberalisme? Met \u2019n kort verwysing na Steve Hofmeyr"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/danie_goosen.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20635\" alt=\"danie_goosen\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/danie_goosen-274x300.jpg\" width=\"274\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/danie_goosen-274x300.jpg 274w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/danie_goosen.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 274px) 100vw, 274px\" \/><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Danie Goosen<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word dikwels ges\u00ea dat die liberalisme een van die grootste ideologiese gevare vir Afrikaners inhou. Maar wat word hiermee bedoel?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou, alvorens misverstand alles beduiwel, wil ek dit hier reg aan die begin so duidelik as moontlik stel. Ek stem met hierdie uitspraak saam. Trouens, dit kan nog sterker verwoord word:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberalisme (en in die besonder sy hedendaagse variant, die neo-liberalisme) is die grootste ideologiese uitdaging waarvoor ons \u2013 maar ook talle ander kultuur-gemeenskappe dwarsoor die w\u00eareld \u2013 te staan gekom het. Selfs \u2019n veel groter bedreiging as dinge soos vyandige state; die korporatiewe globalisme met sy dwang tot eenvormigheid; die verkrummeling van gemeenskapstrukture en die gevolglike verlies aan politieke inspraak in eie sake; die tirannie van politieke korrektheid en die selfveragting waaraan die intellektuele elites in die Westerse w\u00eareld (maar ook onder Afrikaners) ly; die onvermo\u00eb om \u2018nee\u2019 vir vreemdelinge te s\u00ea en grense tussen gemeenskappe, kulture en tradisies te respekteer; die druk waaronder die politieke lewe en \u2019n sin vir die goeie oordeel verkeer (onder meer vanwe\u00eb die burokratisering van die alledaagse ervaring en die vertroue op die sogenaamde klas van eksperts), ensovoorts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard beteken dit nie dat die liberalisme van hierdie lys van \u2018bedreiginge\u2019 ge\u00efsoleer kan word nie. Trouens, hierdie dinge \u2013 vyandige state, globalisme, verlies aan politieke deelname, ensovoorts \u2013 kan juis as \u2019n effek van die ideologiese liberalisme beskou word. As ons hulle egter wil begryp, moet die liberalisme ten grondslag daarvan verstaan word. Laasgenoemde verteenwoordig die dikwels onuitgesproke ide\u00eble agtergrond wat genoemde dinge aanmoedig en bevorder. Trouens, die liberalisme maak hierdie dinge moontlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, en hieroor gaan die artikel, wat bedoel ons as ons van die liberalisme praat? Gebruik ons di\u00e9 woord korrek wanneer ons dit dikwels kwistig rondgooi? Nog erger, is ons nie dikwels net so liberaal soos diegene wat ons graag van liberalisme beskuldig nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is die liberalisme? In die gewone omgangstaal word die liberalisme dikwels verbind aan politieke dinge soos \u2019n konstitusionele regeringsorde en alles wat dit kenmerk: die verdeling van regeringsmagte, die oppergesag van die wet, \u2019n handves van menseregte, ensovoorts. Die meeste van hierdie dinge was egter reeds kenmerkend van die sogenaamde pre- en dikwels anti-liberale Middeleeue. As sodanig kan dit nie die wese van die liberalisme verteenwoordig nie. Daarvoor sal verder gesoek moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gaan hieronder uit van die standpunt dat die wese van die liberalisme blyk uit die spesifieke opvatting van die mens wat ten grondslag daarvan l\u00ea. Gemeet aan hierdie mensbeeld is die liberalisme \u2019n moderne verskynsel, want dit is eers in die moderne era dat die liberale opvatting van die mens na vore kon tree. Tydens die Klassieke w\u00eareld van die Grieke en die Romeine, maar ook tydens die Christelike Middeleeue (\u2019n tydperk wat glad nie so donker was as wat die liberale clich\u00e9 lui nie) was die liberale mensbeeld onbekend. Waarna verwys ons?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wese van die liberale mensbeeld blyk uit twee vooronderstellings wat ten grondslag daarvan l\u00ea. Volgens die liberale opvatting is die mens eerstens van nature \u2019n vryswewende individu en nie \u2019n gemeenskapswese nie, en tweedens is die mens vry wanneer hy oor die keusevryheid beskik om sy lewe volgens sy eie individualistiese wil in te rig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geleerd geformuleer: die liberalisme word deur sowel \u2019n atomistiese as \u2019n voluntatiewe opvatting van die mens gekenmerk. Volgens die liberalisme kan die menslike toestand met \u2019n alleenstaande eiland vergelyk word waarop die individu (\u2019n soort Robinson Crusoe) kan maak soos wat hy wil, solank hy nie \u2013 en dit is die tipiese kwalifikasie van die liberalisme \u2013 \u2018andere\u2019 benadeel nie (Die feit dat die liberalisme ander mensbeskouinge as die liberale lewenshoudinge minag, word daarmee gerieflikheidshalwe vergeet).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons die liberalisme wil verstaan, moet die implikasies van hierdie mensbeeld \u2013 \u2019n rewolusie in die geskiedenis van mensbeelde \u2013 behoorlik onder o\u00eb gekry word. Wat presies word daarmee bedoel? Indien ons nie hierdie vraag antwoord nie, loop ons die risiko om onder die slagspreuk dat ons anti-liberaal is dieselfde mensbeeld te handhaaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde gebeur juis dikwels in sogenaamde anti-liberale kringe. Soos onder neo-konserwatiewe politici en intellektuele in die Verenigde State. Alhoewel neo-konserwatiewes in di\u00e9 land dikwels \u2019n stryd teen die liberalisme voer, is ook hulle tot \u2019n individualistiese opvatting van die mens verbind. Ironies genoeg gee hulle daarmee juis kontinu\u00efteit aan die liberalisme. Geen wonder dat die stryd tussen die twee groot politieke partye in die VS \u2019n mens dikwels met die gevoel laat dat hulle geen werklike alternatiewe vir mekaar bied nie. Vanwe\u00eb hulle gedeelde mensbeskouing lyk die Demokratiese Party (die sogenaamde liberale party) en die Republikeinse Party (waar die meeste neo-konserwatiewes hulself bevind) dikwels na spie\u00eblbeelde van mekaar, kante van een en dieselfde dieperliggende ideologiese munt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten minste die volgende kort opmerkings moet oor die liberale opvatting van die mens gemaak word. Hopelik sal iets van die wese van die liberalisme duideliker daaruit blyk.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">1. Historiese oorspronge van die liberalisme<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die historiese oorspronge van die moderne individualisme kan na 17de eeue figure soos Thomas Hobbes en John Locke teruggevoer word. Die liberale rewolusie wat Hobbes en Locke ingelei het, rus op die gedagte dat die mens van nature as \u2019n vryswewende individu verstaan moet word. Alvorens ek as mens dus as \u2019n lid van enige familie, dorp, stad, etnos of kultuur beskou kan word, is ek \u2019n individu. Hiervolgens behoort my veelheid van gemeenskapsbinding nie tot die wese van my as mens nie. Inteendeel, hierdie bindinge word deur die liberalisme is sekond\u00ear tot my eie self beskou, \u2019n soort toevallige addendum tot wie ek eintlik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, as my verbintenis tot bepaalde gemeenskappe \u2013 my familie, my etnos, my kerk, ensovoorts \u2013 hoegenaamd iets oor myself as mens te vertel het, is dit dinge wat bloot ekstrinsiek tot my menswees behoort. Hulle is nie intrinsiek deel daarvan nie. Trouens, as ek my menswees wil verstaan, moet ek hierdie dinge van my afgooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As sodanig verskil die liberale mensbeeld van die Klassieke Griekse, Romeine en uiteindelik Christelik-Middeleeuse opvatting van die mens. Volgens laasgenoemde is ons as mense van nature gemeenskapswesens. Vanuit hierdie perspektief beskou is my verskillende gemeenskapsbindinge daarom ook nie \u2019n toevallige \u2013 ekstrinsieke \u2013 toevoegsel tot my menswees nie. Inteendeel, hulle behoort intrinsiek tot wie en wat ek is. Die feit dat ek tot hierdie of daardie familie, dorp, stad of etnos behoort, vertel iets wesenlik omtrent myself as mens. My menswees bestaan nie in abstraksie daarvan (en dus in \u2019n soort gemeenskapsvrye sone) nie. Inteendeel, my menswees bestaan slegs in en deur hierdie gemeenskapsbindinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien hierdie bindinge dus misken word, word my menswees as sodanig daardeur misken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee het die outyd natuurlik nie ges\u00ea dat ek met slegs een gemeenskapsbinding \u2013 soos byvoorbeeld die feit dat ek tot \u2019n bepaalde etnos of kultuurgemeenskap behoort \u2013 saamval nie. As mens word ek altyd weer deur \u2019n veelheid van sodanige bindinge gekenmerk. Maar hoeveel gemeenskapsbindinge ook al kenmerk, ek is nooit \u2013 soos in die liberale mensbeeld \u2013 daarsonder voor te stel nie. Ek bestaan in en deur my gemeenskappe.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">2. Die liberale idee van vryheid<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberale mensbeskouing word deur \u2019n spesifieke opvatting van vryheid gekenmerk. Daarvolgens is ek vry wanneer ek oor die keusevryheid beskik om te handel soos ekself goeddink, en nie soos wat enige gemeenskap, tradisie of kultuur aan my voorskryf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde opvatting is vandag die mees gesaghebbende opvatting van vryheid. Nog meer, di\u00e9 vryheidsopvatting word vandag \u2013 by grasie van die verlies aan alternatiewe \u2013 dikwels tot die ekstreme toe deurgevoer. Laasgenoemde blyk onder meer uit die feit dat selfs onvolwassenes vandag as vry geag word slegs wanneer hulleself (en nie bowe-individuele kragte soos die ouerlike gesag, die tradisionele skool, universiteit of kultuur nie) besluit hoe hulle opgevoed moet word, watter kurrikulum hulle op skool of universiteit moet volg, of watter dinge as reg\/verkeerd, mooi\/lelik of waar\/vals beskou moet word. Onvolwassenes moet self oor hierdie dinge besluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten grondslag van hierdie vryheidsopvatting staan die idee dat die individu outonoom (en dus onafhanklik van enige ander gesag) oor homself kan besluit. In die proses word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsopvatting \u2019n pure fiksie is. Waarom? Omdat die liberale individu, in weerwil van sy pretensie om self te besluit, inderwaarheid deur \u2019n magdom liberale kragte voorgeskryf word wat om te doen en wat nie: dit is kragte soos die liberale staat, die liberale ekonomie, die liberale regswese, die liberale akademie, die liberale media, ensovoorts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, daar word nagelaat om aan te toon dat die liberale vryheidsidee deur \u2019n verlammende kontradiksie gekenmerk word. Terwyl die outonome individu dink dat hy oor alles besluit, word hy deur \u2019n netwerk van liberale kragte \u2013 tot in die fynste detail rondom dinge soos lewenstyle, beroepskeuses, etiese voorkeure, hoogste waardes, godsdienstige oortuigings, ensovoorts \u2013 ingelig, bestuur, voorgelig, voorgeskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor die liberale vryheidsopvatting staan die tradisionele vryheidsopvatting vanuit die ou w\u00eareld. Daarvolgens is ek vry wanneer ek saam met my gemeenskapsgenote deelneem aan die verwesenliking van wat as die gemeenskaplike goed beskou word. Laasgenoemde vryheidsidee vooronderstel nie, soos in die liberalisme, dat daar \u2019n spanning is tussen my vryheid en wat die tradisie as \u2018goed\u2019 aan my as individu voorhou nie. Inteendeel, volgens die tradisionele opvatting is ek as individu eers vry wanneer ek juis in ooreenstemming lewe met wat deur die tradisie (familie, skool, universiteit, kerk, ensovoorts) as goed beskou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Tipiese voorbeeld hiervan kan in die ou republikeinse tradisie (waaronder ook onder Afrikaners in veral die vroe\u00eb Boererepublieke) opgespoor word. Republikeine is nie vry omdat hulle in die eerste plek self besluit oor hoe hulle hul lewe as individue wil inrig nie, maar omdat hulle op \u2019n gesamentlike grondslag (en op die \u2018verho\u00eb\u2019 van die eie gemeenskap, soos die eie parlement, die eie gemeenskapsraad, die eie stadsraad, die eie skool en universiteit, ensovoorts) deelneem aan die verwesenliking van wat hulle as die gemeenskaplike goed beskou. Laasgenoemde sluit onder meer dinge in soos \u2019n eie taal, kultuur en tradisie, asook die \u2018waardes\u2019 wat deur laasgenoemde dinge oorgedra word (dit is dinge soos dapperheid, geregtigheid, waarheid en skoonheid).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Liberale woordvoerders, ook in Suid-Afrika, wat aanvoer dat die beroep op individuele regte ook vir \u2019n volk soos die Afrikaners voldoende is, verstaan glad nie bogenoemde republikeinse vryheidsidee nie. Trouens, die mensbeeld waarop die republikeinse gedagte rus, naamlik dat ons gemeenskapswesens is wat op \u2019n gesamentlike grondslag aan die openbare sake deelneem, val volledig buite hulle verwysingsraamwerk. \u2019n Blote beroep op regte \u2013 en die gevolglike juridifisering van die politieke lewe \u2013 is vir hulle voldoende.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard beteken dit nie dat die tradisie die belangrikheid van \u2018keusevryheid\u2019 ontken het nie. Maar die keusevryheid van die individu is altyd weer ondergeskik geag aan wat deur die tradisie as goed, waar en skoon beskou is. Trouens, \u2019n mens kan praat van \u2019n goeie wisselwerking tussen individu en gemeenskap in die outyd: Sonder die gemeenskap was die individu nie moontlik nie, maar die gemeenskap is op sy beurt ook hernieu deur die skeppingskrag en ondernemingsgees van die individu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die liberale vryheidsopvatting vandag dominant is, is die tradisionele vryheidsopvatting orals aanwesig waar protes teen die hegemonie van die bestaande orde aangeteken word; waar nuwe vorme van gemeenskaplike deelname, inspraak en saamwees opgesoek word; waar die strewe na die gemeenskaplike goed wakker gehou word. Sowel onder sogenaamde \u2018linkse\u2019 as \u2018regse\u2019 populistiese groeperinge kan dit raakgesien word.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">3. Liberalisme en die moderne territoriale staat<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die artikel nou reeds te lank is, sluit ons met \u2019n laaste eienskap van die liberale mensbeeld. Dit hou met die politieke en ekonomiese orde verband wat deur di\u00e9 mensbeeld vooronderstel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen ander politieke orde pas so by die liberale mensbeeld as die moderne territoriale staat nie. Trouens, die staat wat Hobbes en Locke, grondl\u00eaers van die moderne liberalisme, in die vooruitsig gestel het, was juis die moderne territoriale staat. Ons kan s\u00ea dat laasgenoemde \u2018ontwerp\u2019 is om aan die behoeftes van die moderne individu te voldoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom? Ten diepste is die moderne liberale staat in wese niks anders as \u2019n kontrak tussen vryswewende individue nie. Laasgenoemde kontrak het ten doel om die ruimte vir die individu te skep waarbinne hy, nou onder die beskerming van die almagtige staat, \u2018vrygestel\u2019 word om sy lewe volgens sy eie individualistiese voorkeure in te rig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat dikwels gedink word, is dit daarom ook nie die individu wat die grootste historiese vyand van die territoriale staat is nie, maar eerder die gemeenskappe. Robert Nisbet het in sy onvergelyklike The Quest for Community die rede daarvoor gegee. Volgens Nisbet het die veelheid van gemeenskappe met hulle tussenliggende instellings (kerke, skole, dorpsrade, gilde, universiteite, ensovoorts) nog altyd in die pad van genoemde kontrak gestaan. Daarom moes hulle ook verwyder word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe het die liberale state te werk gegaan? Die antwoord daarop hou verband met die feit dat die state hulle onderskeie grondgebiede aan \u2019n soort kille en lewelose vorm van standaardisering onderwerp het. Ons kan ook s\u00ea dat die moderne state hulle onderskeie grondgebiede geometries ingedeel en so aan \u2019n abstrakte ruitpatroon onderwerp het. Waarom? Alhoewel dit \u2019n verwikkelde antwoord verg, hou dit verband met die feit dat die state met behulp van standaardisering daarvoor gesorg het dat die ruimte vir die individu vrygestel word waarbinne hy vrylik kon rondbeweeg. Kortom, in die geskiedenis van die moderne staat het standaardisering en individualisering hand aan hand geloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die proses van standaardisering om vanselfsprekende redes ook groot voordele gebring het, het gemeenskappe met hulle tradisies, tale en instellings in die pad daarvan gestaan. Daarom het die moderne liberale territoriale state ook uit hulle pad gegaan om die plekke en instellings van gemeenskappe te verwyder. Enigeen wat die geskiedenis van die territoriale state ken, sal weet dat dit presies is wat vanaf die 16de en 17de eeue in die moderne Europa gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk in hierdie verband na die wyse waarop die moderne liberale Engeland en Frankryk (vanaf die eerste dekades van die 16de eeu) ter wille van die standaardisering oorlog teen \u2019n groot hoeveelheid tale, kulture en tradisies binne hulle onderskeie grondgebiede aangeknoop het. In die proses het beide state onder meer van die meerderheidstale, naamlik Engels en Frans, gebruikgemaak om een standaard op alles af te dwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika voltrek dieselfde logika homself vandag. (Interessant dat apartheid-Suid-Afrika, anders as die territoriale state, juis die veelheid van tale erken het). In naam van \u2019n liberale verdraagsaamheid jeens die veelheid van tale (\u2018elf amptelike tale\u2019) word Engels op \u2019n bruut onverdraagsame wyse as instrument gebruik om \u2019n abstrakte eenvormigheid op alles af te dwing. Die staat se teoretiese pretensie om elf amptelike tale te h\u00ea, word deur die praktyk van radikale eentaligheid ontbloot vir wat dit is, naamlik \u2019n liberale pretensie van openheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gepraat van die kontradiksies van die liberalisme! Terwyl dit voorgee om ruimtes van vryheid te wees, voer dit \u2019n verstikkende onverdraagsaamheid jeens die gemeenskappe by die agterdeur in. Alhoewel verskeie state intussen aan die hand van federale beginsels inderdaad ruimtes vir \u2019n veelheid van gemeenskappe geskep het (dink maar aan Switserland, Spanje, Belgi\u00eb en Kanada), gee die Suid-Afrikaanse staat min blyke daarvan dat hy dit begryp. Inteendeel, die proses van standaardisering (een taal, een ideologie, een gesentraliseerde gesagstruktuur, ensovoorts) gaan onverpoosd voort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen ander ekonomiese orde pas egter ook so goed by die liberale mensbeeld as die hedendaagse globale ekonomiese orde nie. Soos met die territoriale state poog die globale ekonomiese orde om die geheel \u2013 nou die ganse internasionale orde \u2013 aan \u2019n eenvormige standaard te onderwerp. Waarom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos met die territoriale staat gaan dit vir die globale ekonomiese orde oor die ambisie om \u2019n soort abstrakte ruimte te skep waarbinne die individu en hulle goedere vrylik oor die grense van gemeenskappe, kulture en tradisies kan beweeg. Indien hier nog enige vorm van erkenning jeens laasgenoemde kragte opgesluit l\u00ea, gaan dit slegs oor die mate waarin dit binne die ekonomiese logika van die orde betrek en daaraan dienstig gestel kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat dikwels ges\u00ea word, verteenwoordig die staatlike liberalisme vanuit hierdie perspektief beoordeel nie \u2019n alternatief op die globale orde nie. As daar van \u2019n verskil sprake is, is dit slegs kwantitatief van aard: ruimtelik gesproke is dit veel groter as die territoriale state. Ten diepste deel hulle egter dieselfde wil tot standaardisering en vyandskap teen die veelheid van gemeenskappe.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">4. Steve Hofmeyr as kontra-liberale krag<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogenoemde opmerkings bring ons by Steve Hofmeyr. Nou, die private persoon is nie hier ter sake nie. In weerwil van die hedendaagse obsessie met die private lewe van sterre is laasgenoemde eintlik die mins interessante aspek van enige mens, Steve ingesluit. Trouens, net \u2019n w\u00eareld wat deur verveling bedwelmd is, kan die private lewe van sterre boeiend vind.<\/p>\n<figure id=\"attachment_20636\" aria-describedby=\"caption-attachment-20636\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/steve_hofmeyr.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20636 \" alt=\"Steve Hofmeyr\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/steve_hofmeyr-300x200.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/steve_hofmeyr-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/steve_hofmeyr.jpg 472w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20636\" class=\"wp-caption-text\">Steve Hofmeyr<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, ek wil eerder teen die agtergrond van bogenoemde opmerkings oor die liberalisme na die openbare Steve Hofmeyr verwys. Wat verteenwoordig Steve? My vermoede is dat die openbare aandag op die private die aandag aflei van \u2019n betekenisvolle openbare feit, naamlik dat Hofmeyr \u2019n belangrike \u2013 miskien selfs die heel belangrikste \u2013 kontra-liberale krag onder Afrikaners verteenwoordig. Waarna verwys ek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die boeiendste verskynsels in die politieke lewe vandag is die populistiese bewegings vanuit sowel \u2018links\u2019 as \u2018regs\u2019. In verskeie Wes-Europese lande geniet hulle \u2013 tot groot ontsteltenis van die liberale establishement \u2013 reeds \u2019n beduidende deel van die kiesersteun. Gebore uit \u2019n diepe ontevredenheid met die liberale staat en die globale ekonomiese orde, maak talle populistiese groepe vandag juis vir groter vorme van deelname en inspraak in eie sake voorspraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In aansluiting by die uiteensetting hierbo, die nuwe populisme word gevoed deur anti-liberale oortuigings, en in die besonder deur die idee dat die reduksie van ons as mense tot blote individue nie voldoende is nie. Ons is in die eerste plek gemeenskapswesens wat selfstandig oor ons eie sake wil besluit, lui sy boodskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen wonder dat die populisme so negatief deur die liberale establishment (en in die besonder deur liberale intellektuele, die \u2018voorhoede\u2019 van die status quo) ontvang word nie. Laasgenoemde weet bykans instinktief (as hulle nog \u2019n instink het), dat die populisme \u2019n wesenlike gevaar vir hulle inhou. In die besonder daag die nuwe populisme die antropologiese, politieke en ekonomiese vooronderstellings van die orde uit. Kortom, dit stel \u2019n era anderkant liberale staat en ekonomie in die vooruitsig, \u2019n era waarin gemeenskappe tot hulle reg kan kom.<\/p>\n<p>Steve Hofmeyr moet vanuit hierdie konteks verstaan word. Soos waarskynlik geen ander figuur onder Afrikaners nie versinnebeeld hy die wete dat ons as volk, kultuur-gemeenskap of groep deur die liberale orde met sy dwang tot standaardisering uitgesluit word; dat ons geen sinvolle inspraak in sake het wat vir ons van belang is nie; dat ons deur die bestaande ordes tot \u2019n posisie van radikale onmag gereduseer word;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En soos in die nuwe populistiese bewegings w\u00eareldwyd besef Hofmeyr dat indien die eie gemeenskap nie by wyse van protes van homself laat hoor nie, die staatlike orde eenvoudig sy wil tot standaardisering roekeloos sal deurvoer. Teenoor die abstrakte w\u00eareld van staat en ekonomie word daarom ook die partikuliere gemeenskap, die spesifieke plek, die besonder instelling geplaas. Deur hierdie dinge op te eis, kan die tirannieke abstraksie wat die ordes is, weggedruk en weer ruimtes vir kollektiewe vryhede oopgemaak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, ten grondslag van die populistiese Hofmeyr l\u00ea die gedagte dat gemeenskappe ruimtes sal moet oopmaak tussen die staat en die individu waar gemeenskappe \u2019n gemeenskaplike lewe kan voer; waar hulle selfstandig oor hulself kan besluit, en vanwaar hulle op \u2019n sinvolle wyse kontinu\u00efteit aan hulself sal kan gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen wonder dat Hofmeyr met soveel agterdog deur die media beje\u00ebn word (of die aandag dikwels weg van die openbare sake na sy persoonlike lewe verplaas word) nie. In die populistiese kragte wat hy beliggaam, l\u00ea \u2019n enorme uitdaging vir die bestaande kontrak opgesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hart van die argument teen die populisme staan die gedagte dat dit \u2018onverdraagsaam\u2019 is (hoor wie praat!). In der waarheid word die populisme gevoed deur die gedagte van \u2019n plurale demokrasie waarin die veelheid erken en nie aan die verstikkende dwang tot eenvormigheid onderwerp word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde is ook van Hofmeyr waar. In weerwil van die dikwels moedswillige indruk wat van hom geskep word asof hy \u2019n soort onverdraagsame politiek voorstaan, word die \u2018Hofmeyr-populisme\u2019 deur radikale demokratiese \u2013 of pluraal-demokratiese \u2013 impulse gemotiveer. In hierdie sin verteenwoordig hy \u2019n alternatief op sowel die era van apartheid as die bestaande liberale hegemonie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enigeen wat soek na alternatiewe op die liberale bedeling van vandag, moet in die populisme bemoedigende tekens van \u2019n alternatief raaksien. Dit is ook waar van Steve Hofmeyr en die populistiese kragte wat hy beliggaam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Danie Goosen Daar word dikwels ges\u00ea dat die liberalisme een van die grootste ideologiese gevare vir Afrikaners inhou. Maar wat word hiermee bedoel? Nou, alvorens misverstand alles beduiwel, wil ek dit hier reg aan die begin so duidelik as moontlik stel. Ek stem met hierdie uitspraak saam. Trouens, dit kan nog sterker verwoord word: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20636,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[7025,10],"tags":[8866,13849,6412,14875,1093,14870,14873,6367,6777,14871,14868,7385,14876,14874,13848,8716,9377,6818,14869,14872,8410,2848],"class_list":["post-20634","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-danie-goosen","category-rubrieke","tag-belgie","tag-demokratiese-party","tag-engeland","tag-federalisme","tag-frankryk","tag-globalisme","tag-john-locke","tag-kanada","tag-liberalisme","tag-middeleeue","tag-neo-liberalisme","tag-politieke-korrektheid","tag-populisme","tag-republikanisme","tag-republikeinse-party","tag-spanje","tag-steve-hofmeyr","tag-switserland","tag-territoriale-staat","tag-thomas-hobbes","tag-vryheid","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20634","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20634"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20634\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20636"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20634"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20634"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20634"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}