{"id":20622,"date":"2013-12-27T15:58:06","date_gmt":"2013-12-27T13:58:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20622"},"modified":"2013-12-27T16:24:14","modified_gmt":"2013-12-27T14:24:14","slug":"antjie-krog-die-femelende-filistyn-in-frankryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20622","title":{"rendered":"Antjie Krog, die femelende filistyn in Frankryk"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/skoppensboer.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-10057\" alt=\"skoppensboer\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/skoppensboer-300x240.jpg\" width=\"300\" height=\"240\" \/><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur <a title=\"Rubrieke van Skoppensboer\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=144\">Skoppensboer<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">[followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word allerwe\u00eb erken dat kommunisme nie bevorderlik vir letterkunde is nie, veral in voormalige kommunistiese lande soos die eertydse Oos-Duitsland en Sowjetunie. Skoppensboer wonder nog oor die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar dis vir hom glashelder dat die Afrikaanse kultuur tans feitlik geheel en al in \u2018n kommunistiese dwangbuis vasgeknel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor in die koor van die gedrogtelike vorme wat Afrikaanse uitdrukking op soveel gebiede inneem, sing diegene wat dr. Dan Roodt onlangs die \u201c<a title=\"Flip Buys en Beeld span nou saam om \u2018rassis\u2019-teerkwas te swaai\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20532\">snode snotkoppe<\/a>\u201d by die Naarpers-koerante genoem het. Maar agter hulle kweel daar ook \u2018n mindere koor van konformistiese Kruiperkaners, die sogenaamde \u201cAfrikaanse skrywers\u201d. Hoewel, aangesien soveel van hulle deesdae Afrikaans afgesweer het of geradbraak kwytraak, kan \u2018n mens kwalik meer van \u201cAfrikaanse\u201d skrywers praat. Hulle is eerder \u201cEngfrikaans\u201d of kreools.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Antjie Krog is \u2018n boorling van die Vrystaat, die distrik Kroonstad om presies te wees, dog wie se neiging tot skouspelagtige verraad en aangebore domheid haar verhoed om \u2018n Afrikaanse skrywer te wees. Gelukkig is ons van haar ontslae.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe nou waar een van die Naarpers-organe die skielike behoefte opdoen om in hul ongeletterde boekbylaes een of ander berig oor die eksotiese te plaas, in di\u00e9 geval \u2018n relaas deur die aardige Antjie self. Enkele dae gelede berig die\u00a0<em>Drog-Beeld<\/em>\u00a0dus oor die \u201cLouter bekorende plesier van \u2019n po\u00ebtiese skrywer\u201d wat mev. Samuel blykbaar op staatsbesoek &#8211; of \u2018n besoek wat deur Franse staatsamptenare gere\u00ebl is &#8211; aan Frankryk oorgekom het. Samuel is haar getroude van, wat meer Engels klink, dus verwonder \u2018n mens jou dat sy nie di\u00e9 van gebruik nie? Of is Krog korter om te skryf en moeiliker om verkeerd te spel? Want Skoppensboer se indruk van Krog is dat dit \u2018n \u201cloutere\u201d wonderwerk dat sy haar eie naam kan spel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die\u00a0<em>Drog-Beeld<\/em>-artikel is daar ook eienaardige taalgebruik, maar meer daaroor later. Dit maak seker sin dat een of ander sosialistiese staatsamptenaar wat laas nog vir Francois Hollande, die mees ongewilde Franse president in die geskiedenis, gestem het, vir Antjie Krog Frankryk toe moes stuur. Nie om die Franse van letterkunde te vertel nie, want daarvan weet sy niks nie, maar om een of ander vorm van voorspelbare rassepolitiek te gaan bedryf. Soos sy dit stel:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land is duidelik bekommerd oor die toenemende rassisme (onlangs is hul minister van justisie, Christiane Taubira, \u2019n swart vrou, in die openbaar as \u2019n slim aap deur jong mense gehoon) en dus word Suid-Afrika se apartheid en transformasie dringend deel van baie streke se leerplanne.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lesers van praag weet heelwat van die <a title=\"Is France racist? Monkeys, bananas and a black minister\" href=\"http:\/\/praag.org\/?p=11923\" target=\"_blank\">polemiek<\/a> rondom <a title=\"Obama word as held beskou in Europa\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=3265\">Christiane Taubira<\/a>, dus sal Skoppensboer nie verder oor di\u00e9 onderwerp uitwei nie. Behalwe miskien om te s\u00ea dat analfabetiese Antjie, synde een van Naarpers se werfbobbejane, seker in die gesig gevat voel oor verwysings na ape, bobbejane en ander primate. Die mens synde insgelyks \u2018n primaat, verstaan Skoppensboer moeilik die gevoeligheid rondom sulke metafore. Maar sedert Kameraad Nelson se hemelvaart is almal seker kreasioniste en glo dat die mens na die beeld van \u201cMadiba\u201d geskape is en die ape na die beeld van die Afrikaner, soos gefotografeer deur Roger Ballen en David Goldblatt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers dig Peter Blum mos in sy bekende \u201cNuus uit die binneland\u201d:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as die bergwind so rukkerig waai<br \/>\nen tussen ons rondkrap soos &#8216;n stok<br \/>\nin &#8216;n miershoop &#8211; in die palms blaai<br \/>\nnes &#8216;n barbaar in &#8216;n keurige boek &#8211;<br \/>\ndan is ons rillend buite alle mure<br \/>\nwat ons opstapel in redelike ure<br \/>\nmet doel en plan &#8211;<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beeld wat Skoppensboer veral hier tref, is di\u00e9 van die \u201cbarbaar wat in \u2018n keurige boek blaai\u201d &#8211; wat anomiese Antjie se toeristiese omgang met die Franse letterkunde goed opsom. Want daar struikel die Naarpers-werfbobbejaan wat laas nog kerse vir Biskop Tutu aangesteek het in <em>Country of my skuld<\/em> oor die Franse skrywer Julien Gracq. Of liewer, die sosialistiese staatsamptenare ken vir haar \u201cby Saint-Florent-de-Vieil&#8230; die pasgerestoureerde huis van die Franse skrywer Julien Gracq letterlik op die wal van \u2019n verbysterend vinnig vloeiende Loire\u201d toe om vyf dae lank met haar filistynse teenwoordigheid te onteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Le comble de l\u2019ironie<\/em>, soos die Franse s\u00ea &#8211; as Skoppensboer nou sy ho\u00ebrskool-Frans onthou &#8211; oftewel die toppunt van ironie, is dat Julien Gracq \u2018n ho\u00eb premie op verfyndheid geplaas het. In di\u00e9 opsig was hy \u2018n geesgenoot van sowel Nietzsche as Van Wyk Louw se \u201caristokratiese ideaal\u201d. Trouens, in die aanvanklike tonele van die boek wat hom beroemd gemaak het, <em>Le rivage des Syrtes<\/em>, is daar sprake van jong aristokrate wat hul lewens aan \u201cverhewe verveling\u201d wy. Vir di\u00e9 boek het Gracq die belangrikste Franse boekprys, die Goncourt-prys, ontvang. En dit geweier, omdat hy allerlei beginselbesware daarteen had.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier by ons weier niemand natuurlik \u2018n prys nie. Trouens, die Naarpers-werfbobbejane ken pryse aan mekaar toe! In die filistynse tydvak waarin ons leef, is dit genoeg om \u2018n vetsugtige vriendin in die Afrikaanse departement van die Universiteit van Stalinbos te h\u00ea om as \u2018n liter\u00eare genie \u201cbekroon\u201d te word. Nie dat Skoppensboer di\u00e9 sake noukeurig volg nie, maar hy meen Antjie Krog, die kommunistiese koek uit Kaapstad, het al meer as een prys vir haar kreoolse digkuns of onbeholpe witskuldbelydenisse ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As dit alles nie so tragies was nie, sou dit nogal snaaks gewees het. Laas het Krog nog soos \u2018n viswyf op die Kaapse vlakte in haar Engfrikaans aanklagte teen die rassistiese Afrikanerman &#8211; binne haar versteurde toestand is alle Afrikanermans per definisie rassisties &#8211; gekrys. Nou staan sy skielik in \u2018n verfynde Franse skrywer se ouerhuis vol tradisie en herinneringe en bevuil die milieu met haar polities korrekte, platvloerse gedagtes. Terloops, dis \u201cSaint-Florent-le-Vieil\u201d, nie \u201cde-Vieil\u201d nie. Dus het die baar toeris Krog-Samuel of Madikizela-Mandela &#8211; of watse nieu-Suid-Afrikaanse naam sy ook al soos \u2018n gekoopte ID van binnelandse sake dra &#8211; in haar anti-rassistiese roes\u2026 \u201csur-Loire\u201d, nie mooi agtergekom hoe heet die skilderagtige dorpie waarin sy haar bevind nie. In sy roman oor die ondergang van die Westerse beskawing, wat in Afrikaans deur Naomi Morgan as <em>Omsingel die laer van die heiliges<\/em> vertaal is, praat Jean Raspail iewers van \u201cvreemde, skurwe hakke wat oor ons lakens van fyn linne kom skuur\u201d en ek stel my voor hoe die Naarpers-werfbobbejaan Saint-Florent-le-Vieil met haar dors na Engels, vaaljapie en <em>toasted cheese<\/em> moes binnegeval het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verbeel jou hoe sy soggens in die Franse bakkery met sy welriekende croissants, brioche en chaussons aux pommes na d\u00edt alles moes gestaar het, op soek na haar vetterige, Engelse spek-en-eier soos net die Zimbabwiese personeel van die Wimpy dit kan gaarmaak. Of hoe sy woedend op die plattelandse Franse, wat helaas nie haar geliefkoosde Rooitaal magtig sou wees nie, moes geskree het, in daardie aksent van iewers tussen Kroonstad en Mitchellsplein: \u201cBut where\u2019s my friggin\u2019 toasted cheese?!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos sy in haar toeristiese vinjet in die <em>Drog-Beeld<\/em> kla: \u201cAl vertaling wat ek in Parys te koop kon kry, was <em>Ch\u00e2teau d\u2019Argol<\/em>.\u201d En dan haal sy uit \u2018n ander boek van Gracq op\u2019t Ingels aan, ter illustrasie van wat sy sy \u201cpo\u00ebtiese styl\u201d noem. Trouens, in \u2018n enkele sin gebruik sy die woord \u201cpo\u00ebties\u201d sommer twee keer, net om seker te maak haar klippies-en-Coke-lesers van die <em>Drog-Beeld<\/em> het die \u201cgroot woord\u201d raakgesien:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSy po\u00ebtiese styl is sentraal, maar hy slaag daarin om sowel die karakters as die omgewing so aan te bied dat mens voel asof jy slegs deur die po\u00ebtiese werklik toegang tot hul essensie kan kry.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis diep, hoor. Baie diep. Skoppensboer is seker \u2018n paar van die Franse skoolkinders vir wie sy sedelesse oor rassisme en transformasie gaan leer het, sou haar met logika en ontleding kon reghelp, om van \u2018n paar matriekleerlinge hier in die Transvaal nie te praat nie. Maar die punt omtrent \u2018n anglofiele epigoon soos Krog-Samuel is dat alles maar net nabootsing, na-apery is. Sy wat met haar mimiek en pretensie en pseudo-intellektualisme besig is, is nie eens &#8211; soos Madame la ministre Taubira &#8211; \u2018n \u201cslim aap\u201d nie. Sy is \u2018n dom aap. \u2018n Bobbejaan. \u2018n Naarpers-werfbobbejaan wat in enige ander land onder enige ander bewind nie eens \u2018n behoorlike ho\u00ebrskoolonderwyser &#8211; soos Julien Gracq jare lank was &#8211; sou kon uitmaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naarpers maak \u2018n mens gewoonlik naar; dis so min of meer die <em>raison d\u2019\u00eatre<\/em> van hul publikasies en die mense wat daarin skryf. In die betrokke braaksel oor Julien Gracq is daar dan so \u2018n hoogtepunt of laagtepunt, afhangend van hoe \u2018n mens daarna kyk &#8211; naarpunt is dalk die gepaste woord &#8211; waar sy die woord \u201cbootse\u201d gebruik. Skoppensboer het eers gewonder of dit gaan oor \u2018n boot of bote op die rivier, die \u201cverbysterend vinnig vloeiende Loire\u201d &#8211; dalk digterlike vryheid, bote, bootse &#8211; maar toe kom hy agter dis kreools vir \u201cstewels\u201d. Soos in die Engelse woord <em>boots<\/em>, die meervoud van <em>boot<\/em>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van haar onbeholpe \u201cFranse brief\u201d wat toe Engels-kreools blyk te wees, praat sy oor Houellebecq en s\u00ea iets neerhalends oor \u201c\u2019n soort ossewa-letterkunde\u201d. Weereens moet \u2018n mens bekend wees met Engels-Suid-Afrikaanse stereotipes om iets daarvan te begryp. Enigiets wat met die Voortrekkers of die Boererepublieke te make het, is mos agterlik. Soos die \u201claager\u201d of die ossewa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Overgezet synde: Ek aspireer na Engels, dus is ek \u2018n slim na-aper. En ek haal Franse boeke en titels in Engels aan. Waarvoor ek \u2018n bekroning of ten minste \u2018n kloppie op die skouer verdien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Skoppensboer enige raad aan Krog-Samuel en die marxistiese soustantes doer in die Kaap waar die wind so waai verskuldig is, sou dit wees: Vergeet liewer van die Franse, van Julien Gracq en Saint-Florent-le-Vieil. Ook van vorige geslagte Afrikanerskrywers wat vrylik vreemde tale gelees en daaruit vertaal het. Vervolg liewer \u2018n paar andersdenkendes of lewer histeriese pleidooie vir sensuur, soos u gewoonte is. Verheerlik Bertolt Brecht, Pablo Neruda of ander kommunistiese skrywers. Of die <em>compagnons de route<\/em> (reisgeselle) van die Kommunistiese Party waarteen Gracq te velde getrek het. Polities korrekte skrywers wat so min of meer deur die staat of die universiteite onderhou word, is die \u201cweg en die waarheid\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderhou die chateau van illusies wat Naarpers aan ons bied en messel uself daarin toe sodat die nuus uit die binneland, di\u00e9 van babaverkragtings en plaasmoorde, u veral nie bereik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">[followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Skoppensboer [followbutton username=&#8217;skoppensbo3r&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Dit word allerwe\u00eb erken dat kommunisme nie bevorderlik vir letterkunde is nie, veral in voormalige kommunistiese lande soos die eertydse Oos-Duitsland en Sowjetunie. Skoppensboer wonder nog oor die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar dis vir hom glashelder dat die Afrikaanse kultuur tans feitlik geheel en al in \u2018n kommunistiese dwangbuis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10057,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,144],"tags":[7457,3377,14862,14865,1093,14861,13286,14823,643,7385,14864,14863],"class_list":["post-20622","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-c154-skoppensboer","tag-antjie-krog","tag-beeld","tag-christiane-taubira","tag-david-goldblatt","tag-frankryk","tag-julien-gracq","tag-kruiperkaner","tag-naarpers","tag-naspers","tag-politieke-korrektheid","tag-roger-ballen","tag-saint-florent-le-vieil"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20622","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20622"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20622\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10057"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20622"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20622"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20622"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}