{"id":20578,"date":"2013-12-24T07:36:45","date_gmt":"2013-12-24T05:36:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20578"},"modified":"2013-12-24T07:39:49","modified_gmt":"2013-12-24T05:39:49","slug":"stalinistiese-afgodbeelde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20578","title":{"rendered":"Stalinistiese afgodbeelde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial; font-size: small;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15429\" alt=\"delport_manfred_600\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><em>deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mensdom is nou maar eenmaal lief vir sy standbeelde. Die volk Israel het vir Moses ernstig beswaard gehad toe hulle \u2018n standbeeld van \u2018n goue kalf gemaak het, toe Moses vir veertig dae op die berg Sina\u00ef verdwyn het. Die volk en die Israeliet A\u00e4ron se standbeeld van die goue kalf het vir Moses s\u00f3 onstig dat hy die twee tablette waarop die Tien Gebooie geskryf was, stukkend gegooi het. Wonder terloops wat \u2018n Afrikaner-Moses in die jaar 2013 sou ges\u00ea het, as hy die klakkelose afgodediens aan Sint Mandela sou gadeslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lank v\u00f3\u00f3r Moses, het jou en my voorouers in Europa standbeelde gemaak van moederlike figure. Daar is byvoorbeeld \u2018n sogenaamde Venus in Willendorf, Oostenryk, gevind, wat na bewering terugdateer na 26 000 jaar vC. Di\u00e9 se liggaamsbou herinner aan \u2019n wafferse Angie Motshekga, met formidabele dye, boude en borste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Grieke en Romeine het die kuns van standbeelde na \u2018n hoogtepunt gevoer. As ek Azaniese taxibestuurders sien, wat so met die een arm by hul voertuie se vensters uithang, herinner hulle my aan die armlose Griekse standbeeld van die godin van liefde, Venus, wat in sowat 100vC geskep is, ter ere van die godin van liefde, wat in die Louvre staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die Renaissance het Michelangelo sy Dawid-meesterstuk geskep. Later het die Franse vir die Amerikaners die Statue of Liberty geskenk, en in 1903 is die meerminstandbeeld in Kopenhagen opgerig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke standbeelde is eweneens nie \u2018n nuwe verskynsel nie. Die Romeine en Egiptenare was bekend vir hul standbeelde van hul adel en keisers. Gaius Julius Caesar se gevreet is aan ons almal bekend, as gevolg van verskeie borsbeelde en standbeelde tot sy eer, wat deur die Romeine aan ons nagelaat is. N\u00e1 Abraham Lincoln se dood is \u2018n standbeeld van \u2018n sittende Lincoln in Washington opgerig, wat strak oor die Washingtonse National Mall uitstaar. Ook in Suid-Afrika het ons ons politieke standbeelde gehad. Van Riebeeck en sy vrou pryk in Kaapstad. JG Strijdom se standbeeld het oor Strijdomplein in Pretoria gekyk. Verwoerd se standbeeld moes na Orania verskuif word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meesters van groteske, politieke standbeelde was egter die kommuniste. Veral standbeelde van Stalin was berug vir hulle obsene verering van die anti-held, Stalin. \u2018n Kenmerk van Stalin se standbeelde was hul enorme grootte. Hoe groter, hoe beter, was die riglyn vir kommunistiese beeldhouers; \u2018n tipe hiperrealisme. Jan van Riebeeck se amper-lewensgrootte standbeeld en JG Strijdom se standbeeld is beskeie, gemeet aan die oordadige afmetings van tipiese kommunistiese standbeelde.<\/p>\n<figure id=\"attachment_20585\" aria-describedby=\"caption-attachment-20585\" style=\"width: 298px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/stalin_statue.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20585 \" alt=\"stalin_statue\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/stalin_statue-298x300.jpg\" width=\"298\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/stalin_statue-298x300.jpg 298w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/stalin_statue-150x150.jpg 150w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/stalin_statue.jpg 730w\" sizes=\"auto, (max-width: 298px) 100vw, 298px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20585\" class=\"wp-caption-text\">Die eertydse standbeeld van Stalin in Praag, tans Tsjeggi\u00eb<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mees berugte voorbeeld hiervan was \u2018n massiewe granietstandbeeld van Stalin in Praag, wat tussen 1955 en 1962 in Tsjeggo-Slowakye gestaan het. D\u00ed\u00e9 groteske beeld was 15m hoog (sowat 5 verdiepings) en was sowat 22m lank. Op sy dag was dit die grootste standbeeld in Europa. Dit het die beeldhouer, ene Otokar Svec, sowat 5 jaar geneem om te voltooi. Dit het Stalin uitgebeeld, vooraan \u2018n ry van figure, wat op spottende wyse die \u201ctou vir vleis\u201d deur die inwoners van Praag genoem is, in \u2018n siniese verwysing na die kenmerkende toue vir kos in kommunistiese regimes. Mettertyd het Stalin egter selfs vir kommunistiese bewinde \u2018n verleentheid geword, en d\u00ed\u00e9 standbeeld is in 1962 dmv 800kg springstof vernietig. Otokar Svec het die dag voor die onthulling van die standbeeld, selfmoord gepleeg. Kennelik het sy gewete hom gepla.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika, synde een van die laaste vestings van die kommunisme, naas Kuba en Noord-Korea, het egter nog nie die lesse van die geskiedenis ter harte geneem nie. \u2018n Enorme, 6m ho\u00eb, stalinistiese standbeeld van Mandela is in 2004 in Sandton Square opgerig. Tot vandag toe neem toeriste foto\u2019s voor di\u00e9 stalinistiese standbeeld in Sandton Square, salig onbewus van die feit dat die ikoon Mandela ook \u2018n toegewyde kommunis was \u2013 hy het byvoorbeeld \u2018n traktaatjie, <a title=\"How to be a good communist\" href=\"http:\/\/nelsonmandela.tk\/?p=5\" target=\"_blank\">How to be a Good Communist<\/a>, geskryf, en die SAKP het onlangs op <a title=\"Mandela one of the world\u2019s communist greats \u2013 SACP confirms his membership\" href=\"http:\/\/praag.org\/?p=12264\" target=\"_blank\">aanspraak daarop gemaak<\/a> dat Mandela vanaf 1962 \u2018n lid van die SAKP was. Ek het geen rede om van die SAKP te verskil nie \u2013 die KGB-kolonel en SAKP-lid, Joe Slovo, het sekerlik geweet waarvan hy praat. Daarom hoef ons nie verbaas te wees dat daar ook in Suid-Afrika \u2018n stalinistiese verering van Mandela sou plaasvind nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste voorbeeld van die heersende neo-stalinisme in Suid-Afrika, is die onlangse onthulling van \u2018n selfs groter stalinistiese standbeeld van Mandela as die obsene gedrog in Sandon Square \u2013 di\u00e9 een is 9m hoog \u2013 by die Uniegebou. President Zuma het die opgrigting hiervan afgekondig nadat Mandela oorlede is. Met geweldige ironie is hierdie standbeeld, nes di\u00e9 van Stalin in Praag, ook nie deur Mandela se volksgenote geskep nie. Otova Svec was nie \u2018n Georgi\u00ebr soos Stalin nie, en die skeppers van die stalinistiese beeld van Mandela was ook nie Xhosas soos Mandela nie. Nee; hulle was Afrikaners: Andr\u00e9 Prinsloo en Ruhan Janse van Rensburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">G\u2019n mens weet wat di\u00e9 twee besiel het om aan \u2018n stalinistiese standbeeld aan \u2018n dooie kommunis te werk nie, buiten miskien geld. Ek hoop maar vir hul eie onthalwe dat hulle tot besinning kom, voordat hulle gewetens hulle ook, nes Otoka Svec, opkeil, en hulle miskien insgelyks selfmoord pleeg wanneer hulle besef wat hulle gedoen het. Stalin was ook \u2018n held in 1955, maar skaars sewe jaar later is sy standbeeld met trinitrotolueen opgeblaas, toe hy \u2018n verleentheid geword het. Sewe jaar is \u2018n lang tyd in die politiek; ek droom van die blye dag wanneer die afstootlike standbeelde van Mandela, nes Stalin en Saddam s\u2019n, vernietig word.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op\u00a0Facebook. Die mensdom is nou maar eenmaal lief vir sy standbeelde. Die volk Israel het vir Moses ernstig beswaard gehad toe hulle \u2018n standbeeld van \u2018n goue kalf gemaak het, toe Moses vir veertig dae op die berg Sina\u00ef verdwyn het. Die volk en die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20585,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[14840,7060,14831,8359,5174,14843,6055,9423,14835,2149,14837,10654,14833,14838,165,14836,14841,14842,8009,14839,14844,14834,14832],"class_list":["post-20578","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-andre-prinsloo","tag-angie-motshekga","tag-goue-kalf","tag-how-to-be-a-good-communist","tag-israel","tag-jg-strijdom","tag-joe-slovo","tag-josef-stalin","tag-louvre","tag-mandela","tag-michelangelo","tag-moses","tag-oostenryk","tag-otokar-svec","tag-praag","tag-renaissance","tag-ruhan-janse-van-rensburg","tag-saddam","tag-sakp","tag-sandton-square","tag-strijdomplein","tag-venus","tag-willendorf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20578","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20578"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20578\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20585"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20578"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20578"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20578"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}