{"id":2054,"date":"2008-06-28T02:22:54","date_gmt":"2008-06-28T02:22:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2054"},"modified":"2008-06-28T02:22:54","modified_gmt":"2008-06-28T02:22:54","slug":"die-onvoltooide-skildery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2054","title":{"rendered":"Die onvoltooide skildery"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Voor hom was &#329; prima-graad stuk Afrikanervleis, en baie daarvan &ndash; 6 voet 10 duim in Amerikaanse mates en 250 vetlose pond. En wat maak al hierdie Boersheid in sy, Gaylen Hansen se, kunsfakulteit by Washington-staatuniversiteit in die jaar 1968?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Wel, gee aandag meneer die straatgebreide vakadviseur: Jong Van Reenen (vir wie die Suid-Afrikaanse pers die erebeskrywing, &ldquo;Jong Reus&rdquo; ontwerp het) is hier om kuns &ndash; <em>&ldquo;fine arts&rdquo; no less<\/em> &ndash; te studeer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Ek sien, en dit op &#329; sportbeurs. Gewigstoot, hoe dan anders? So kuns is die verskoning sodat jy &#329; ysterghoen met skildklierprobleme kan vat om daarmee duike in &#329; grasperk te gooi?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Dit bly vandag nog &#329; goeie vraag. So wat is dit, John? Is jy &#329; diskusgooier wat kan skilder of &#329; kunstenaar wat kon diskus gooi? (Legendariese afrigter Dick Tomlinson het een kyk na John se lengte, balans, spoed en krag gegee en die jongman heruitgereik as &#329; diskusgooier eerder as gewigstoter.)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die groot grys Van Reenen lyk effe verbaas dat ons nou, meer as dertig jaar later, so iets kan vra. &ldquo;Kunstenaar wat kon diskus gooi,&rdquo; s&ecirc; hy ferm. &ldquo;Ek kon en wou teken nog voordat ek van &#329; moontlikheid van &#329; sportloopbaan geweet het. My ma is &#329; bekwame kunstenaar en ek het dit by haar opgetel. En hier is ek nou. Atletiek het gekom en gegaan en ek teken nog steeds.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Aa! So die gewigstotery en die diskusgooiery was die vrypas na &#329; kunsloopbaan en nie andersom nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Tog, in die opstandige, uitspattige, en o so gesofistikeerde, V.S.A. van Lyndon Johnson is ons Afrikaner so opvallend soos Mark Twain se Yankee in die hof van Koning Arthur. Hy kom nie eers van ons eie poging tot &#329; kunsstad &ndash; s&ecirc; Kaapstad of Johannesburg &ndash; nie. Hierdie jongeling is van die platteland &ndash; Vrystaaaaat! &ndash; van Bethlehem &#8211; vandaar Gaylen Hansen se kwinkslag.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Seker nie vir die eerste keer nie, en beslis nie die laaste keer nie, was John van Reenen heeltemal uit sinchronisasie met sy herkoms en die w&ecirc;reldgemeenskap. Hy&rsquo;s nie avant of derri&egrave;re garde nie. Net uit pas.<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Terwyl sy jeugvriende Tukkies of Maties toe is, of R1 in die hand grens toe om die swart gevaar, die rooi gevaar en diverse ander vloeke te verdryf, is hierdie Hercules in Yankland. Die geween, die koor van verontwaardiging in die vaderland: <\/span><\/p>\n<p>Hy lyk soos die soort kafferskoppende, terriesloegende, kommie-afmaaiende soort Boerseun wat ons in die S.A.W. kon gebruik. Daardie lyf! Hy sou &#329; peloton op sy eie gewees het!<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>En hoekom is hy hier? Om te swot. Nie iets nuttigs vir Vorsteriaanse nasiebou soos ingenieurswese of medisyne nie. Kuns, my ente! En nie kuns soos ons kuns verstaan nie. Niks edels soos stewige, geronde beelde in die tradisie van Anton van Wouw of Coert Steynberg &ndash; iets wat jy kan <em>vasvat<\/em> &ndash; nie. Geen wroegende klipbeelde van die onbekende boer of bronsgietsels van rooibokkies van hom af nie. Nee, die man wil skilder, wil teken en dit met daardie hande, daardie greep wat &#329; vierpondhamer se greep toemaak&nbsp; sodat net die kop uitsteek. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>En, terwyl ons besig is, so help my, waaroor gaan hierdie atletiekding? Ek bedoel, daardie lengte, daai krag en gewig en daai spoed en balans. Atletiek? Dis vir vinnige maergatte met te min lyf en vetgatte met te veel lyf. Rugby is die ding vir &#329; man &ndash; &#329; m&aacute;n. Vra vir Doc Craven. Hy het vir John gesmeek om vir hom te kom rugbyspeel. Agtsteman. Hulle sou vir Morn&eacute; du Plessis ander plek gemaak het. Of miskien, in &#329; lucidem intervallum, sou ons keurders die w&ecirc;reld twintig jaar vooruit gewees het en vir John met die nommer 11-trui beslaan het. Daardie lyf,&nbsp; man! Daardie vaartversnelling. Langer, sterker, vinniger as wat Jonah Lomu ooit was. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Maar John was nie sommer net&nbsp; &#329; oorloper nie. Die kunsw&ecirc;reld sou ook nie in hom &#329; hensopper vind nie. Hy kon homself nooit so ver kry om op hulle musiek te dans nie. Dit was in die laaste gloed van abstrakte ekspressionisme; die vyftien minute van oetsjie-koetsjiepopkuns se roem. Tekentalent en &ndash;tegniek was kuns-eugenies verfoei. Vir John van Reenen (ongepoetste <em>peasant<\/em>!) was tekenvermo&euml; nog altyd die sine qua non van enige beeldende kuns. So, terwyl die kunspraktisyns gewedywer het om doeke morsiger te bespat as Jackson Pollock en meer onsamehangende blertse as De Kooning te maak, was John vol ywer om beter, beter en steeds beter te teken. En die vaderlandskoor het &#329; ewe ontstelde eggo in die kunskampongs van die V.S.A.:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Wat! Wil jy impliseer dat vaardigheid inherent aan kuns is? Heiligskennis! Sleep die man buite die stadspoort en slaan hom met verfesels dood, versmoor hom in skilderdoeke vol blomprentjies, sny sy polse met &#329; stomp paletmes.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>En terwyl ons besig is, so help ons, waaroor gaan hierdie humording? Enige iemand wat enige iemand is weet dat daar nie plek vir humor in kuns is nie. (Brandstapel toe met Warhol en Lichtenstein, die ketters!) Humor? By so &#329; groot man? Humor is vir klein kakkerlakkerige mannetjies; insekte wat uit die vloerkrake klim en hulle antennas vir die w&ecirc;reld waggel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>A, maar sien, humor is John se ding. Dit is sy kode, die filter voor die projektor van sy visie. Dit is juis hierdie uitkykpunt wat sy juk is. Hy sien die mens vir wat hy is; sien die kleinlikheid en opgeblasenheid; die selfsug en die vrees; die afguns, die verstoktheid en lamlendigheid. Maar wanneer hy hierdie ongenaakbare spie&euml;l ophou, is dit in &#329; raam van humor teen &#329; muur vol tergende graffiti.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Daarom was sy kuns nog nooit bloot verteenwoordigend nie. Hy het nog nooit die kamera probeer herontwerp nie. Hy het &#329; flair vir karikaturing (sy proefskrif is oor die politieke spotprent.) Dit gee hom die vryheid om die menslike toestand te interpreteer en die atmosfeer van sy werk is &#329; frenetiese een vol kleinburgerlike drama&rsquo;s, versugtinge, illusies en mistastinge.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>John het graad gevang as &#329; etskunstenaar. (&ldquo;I&rsquo;m a platemaker&rdquo; verklaar hy as mense hom uitvra na sy opleiding.) Dit was nie &#329; fatsoenlike medium nie, maar een waarmee hy die dualistiese grens van menswees en nugterheid kon versit. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Dit was tydens die hooggety van psigedelia. Terwyl self-opgeblase kunstenaars hulle innerlikes probeer myn het vir inspirasie, het John na die mallemeule om hom gekyk. Sy studentewerk wys die sosiale rewolusies van die tyd. Dit skrop die vernis weg van die naywer van die seksrevolusie, die somberheid van die <em>acid<\/em>-verheldering, die aggressie van die &ldquo;make love, not war&rdquo;-Woodstock-heelal-en-Nirvana geslag. Praat van asinchronisasie! Uit pas uit, ja!, maar dis darem te bruegheliaans, John, te veel geherinterpreteerde Jeroen Bosch, <em>if you know what I mean, hey, far-out, like, dude&hellip;<\/em><\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Maar as kuns werklik die volharding van die geheue is, kan John van Reenen se bona fides nie betwyfel word nie. Waar was jy toe Neil Diamond sy seminale &quot;Hot August Night&rdquo; opgeneem het? Wel, John was d&aacute;&aacute;r, jy weet, in Los Angeles se Greek Theatre, besig om te saam te boogy op &ldquo;Sweet Caroline&rdquo;. Watter ander Suid-Afrikaanse kunstenaar was saam met sir John Gielgud in &#329; TV-advertensie, in &#329; fliek met Muriel Hemingway en Scott Glenn en in &#329; woonstelblok met die Beach Boys?&nbsp; Genade, die man verskyn op die &ldquo;Het jy geweet?&rdquo;-rugkant van &#329; Chappies-papiertjie en is die kwinkslag in &#329; Andy Capp-strokie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hmm, ja. Sport was meer as sy toegangskaartjie tot &#329; kunsfakulteit in die <em>States<\/em>. Dit het hom ook &#329; vrypas gegee na daardie heeldag-, heelnag-, volkleur-, multi-medium expo van <em>sex, drugs &amp; rock &#329; roll<\/em>. Amerika op volle vaart, Elysium vir &#329; jong kunstenaar met &#329; oog, &#329; potlood, &#329; kwas.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>En as hy die slag sy verf- en inkbesmeerde voorskoot uitgetrek het om die diskus op te neem, het hy darem di&eacute; tweepondpiering met mag en mening gewerp. Deur die 70&rsquo;s was hy die prim&ecirc;re skyfwerper in die w&ecirc;reld. As Suid-Afrika nie met die banvloek getref was nie, sou ons eie &ldquo;Jong Reus&rdquo; by Al Oerter oorgeneem het as die beste skyfwerper in die geskiedenis. Die &rsquo;72 Olimpiese goue medalje sou syne gewees het. Hy kon dit sommer by die I.O.K. se toonbank gaan afhaal het want ware kompetisie was daar nie. Ditto 1976. Hy moes net opdaag. Hy het &#329; goeie kans op goud in &rsquo;80 gehad en &#329; buitekans vir een in Los Angeles.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Sy afrigter, Dick Tomlinson s&ecirc; as John langer in Amerika gebly het en sy sport met behoorlike erns benader het, sou hy &ldquo;die item doodgemaak het&quot;. Hy het gereeld meer as sewentig meter in oefeninge gegooi in &#39;n tyd wat die w&ecirc;reldrekord skaars bo vyf-en-sestig meter was. By El Camino College in Los Angeles is daar nou nog littekens in die betonrandstene waar John se diskus amper tagtig meter van hom af geland het. As hy sy potensiaal verwesenlik het, was tagtig meter &#39;n vanselfsprekende. Selfs nou, dertig jaar later in &#39;n bedryfsera van gevorderde toerusting, oefenmetodes en (fluister-fluister) ontwerpersopkikkers, is tagtig meter vir sy navolgelinge &#39;n onmoontlike droom.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hy het die w&ecirc;reldrekord vir homself gevat in 1975. Twee weke later het John Powell dit met &#329; nersdermskeurende poging verbeter. Terselfdetyd het die I.A.A. besluit dat Suid-Afrikaners se rekords nie meer w&ecirc;reldbestes mag wees nie. En daarmee het hulle finito geskryf oor die Van Reenen-atletiekloopbaan. (Tog het daardie selfde 68,48 meter vir vyf-en-twintig jaar diens gedoen as &#329; S.A. rekord. Toe professionele-era-atleet, Frantz Kruger dit uiteindelik in 2000 breek, kon John dit aflag. &ldquo;Was hoog tyd. Dit het <em>embarrassing <\/em>geword.&rdquo;)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Soos in kuns, so ook in sport. John was nooit algeheel in pas met die res nie. In die vroe&euml; sewentigerjare was hy die eerste ho&euml;profielsportman om sy nommer 15 dwars te sit en te s&ecirc;, &ldquo;Watse flippin&rsquo; nonsens is dit? Hoekom mag swart atlete nie saam met ons deelneem nie?&quot; <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die Natte se pers het geskuim om die mond. &ldquo;Rebel!&rdquo; het hulle gekrys. Later, asof om di&eacute; titel te verdien, was John instrumenteel in die organisasie van rebelletoere van Amerikaanse atlete in die tagtigerjare. Terwyl hy besig was, het hy sommer nog die Suid-Afrikaanse atlete gelei in &#329; mini-staking vir ordentlike vergoeding.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&#329; Ander rewolusie het die Jong Reus in hierdie tyd omgedop. Hy het sy Christelike wortels herontdek en John die kunstenaar\/atleet het die Christen\/kunstenaar\/atleet geword. Diskus, kuns en kerk. Vir &#329; paar jaar het hy hom deur Campus Crusade as &#329; <em>celebrity-<\/em>spreker en steunwerwer laat ontplooi en het hy beroemd geword vir sy &ldquo;Leer van sukses&rdquo;-praatjie voor jongmense. Hy was verbasend goed hiermee; die meester van die ysbreker. &ldquo;Toe ek &#329; seuntjie op die plaas was,&rdquo; vertel hierdie blok van &#329; man, &ldquo;het ek baie keer so na die bure se perde gekyk en by myself gedink: &lsquo;Eendag wil ek &#329; jokkie word.&rsquo;&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In sy kerklewe was dit, amper onvermydelik, stroomop. Hy was &#329; <em>happy-clappy<\/em> Hatfielder toe die charismatiese beweging nog op die rimpels van die Christendom was, en nou dat hulle hoofstroom is, is John &ndash; alewig onfatsoenlik! &ndash; lidmaat van &#329; klein, ultra-konserwatiewe kerkie in Hermanus. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Vroutjie Dirkje begelei die gemeente op die klavier en John ageer as &#329; soort informele deurwag op die heel agterste stoel. Al die omies en tannies (op 55 is John goed geposisioneer vir die pos van jeugleier) groet hom en wag vir hulle brokkie geskertsery.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Ou Tannie: Jy moet laat sy jou leer klavier speel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>John: Wat! Ek het h&aacute;&aacute;r geleer! (Almal lag.)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In 1990, ouderdom 42, word John van Reenen oplaas &#329; voltydse kunstenaar. Di&eacute; wat John se artistieke toewyding betwyfel, het geen insae in die daaropvolgende dekade van sy lewe nie. Die onverwagse verbrokkeling van sy toentertydse huwelik het hom loshotnot gelaat. Hy het begin swerf na waar hy ook al gedink het daar is l&eacute;we: Inspirasie en geleentheid. Eensaamheid, vervullingsdrang en skeppingslus is &#329; magtige kombinasie, miskien die rykste bemesting aan die kunstenaar bekend en John se werk het uitgeloop en geblom. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Veral sy etse het &#329; reisjoernaal geword, nie net van sy veranderende ligging nie, maar ook van sy innerlike odusseia. Hy het vlakvarke met sluwe o&euml; in die Oos-Transvaal gemaak, krewe langs die Weskus, ganse op Gansbaai&hellip; En in dit alles sien ek en jy die mens as protagonis van die absurde komedie &ndash; komieklik en heldhaftig, lafhartig en kordaat, geslepe en onskuldig. Die kooppubliek het begin kennis neem. John die Sportheld het begin kwyn in die skaduwee van &#329; werklik oorspronklike en bedrewe Kunstenaar, een wat vir sy visie betaal het met sy alleenwees en desperaatheid. Die uitputtendste tre&euml; van enige swerwers, vra maar vir John van Reenen, is daardie laaste paar strompelhale.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&ldquo;Ek was baie jammer vir myself,&rdquo; lag John. &ldquo;Ek het begin rondvra op plase vir &#329; hut of iets waar ek oud kon word, so al op my eie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Maar toe die tuiskoms. Op &#329; ouderdom wat mans gewoonlik ernstige praatjies met hulle dogters se vryers het en begin rondkyk vir &#329; plekkie by die see vir volgende dekade se narkoleptiese aftrede, bel die ou grote sy vriende. &ldquo;Ek is verlief!&rdquo; hyg hy, so opgewonde soos enige skoolseun. Sy is Dirkje, dogter van Sanlam-kolossus Marinus Daling. Van donker na lig, van eindeloosheid tot geborgenheid, in een heerlike ontmoeting.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>John en vroutjie Dirkje bly op Onrus in een van daardie vietse, regop huisies. Hulle verf en ets in groot tevredenheid saam. Die van Reenen het &#329; galery; noem dit l&rsquo;Atelier d&rsquo;Art in &#329; tyd en omgewing van stoere Nederduitse name. Dis &#329; ateljee van moderne kuns in &#329; era waarin die stof van Pollock en De Kooning van die kunsvoete afgeskud word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>En John van Reenen, wat sy duim gebyt het vir die smeer- en spatverwers, maak nou groot abstrakte werke met magtige kolke van kleur. Uit pas uit, soos altyd, is die man nou &#329; skepper van abstrakte kuns. Maar hy doen dit sonder grootdoenerigheid, sonder die bitter filosofie of holoogverwaandheid van &#329; kunstenaar op &#329; sending. Geen swetsende Jackson Pollock di&eacute; nie. Net &#329; groot en rustige man wat iets doen omdat hy daarvan hou, sonder agenda, sonder vertoon &#8211; <em>critics be damned<\/em>.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&ldquo;Dit is &#329; uitdaging. Ek probeer nie iets s&ecirc; nie. Die kleure en die vorms is vir my mooi. Dit is al.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hy is by die huis, maar tuiskoms is nie dieselfde as hensop nie. Die ferm idees woel gedurig onder die oppervlak.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>: &ldquo;Picasso is <em>overrated<\/em>.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>: &ldquo;Dit het alles met Marcel Duchamps begin, hierdie begeerte om alles wat orde bring te vernietig. Wat hy eintlik moes gedoen het, is om selfmoord te pleeg.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>: &ldquo;My idee van kuns is Vincent se selfportret.&nbsp; Dit s&ecirc; iets.&rdquo; (John verf self &#329; bekwame Van Gogh-&ldquo;selfportret&rdquo;.)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die &ldquo;Jong Reus&rdquo; het ver gegaan, baie gesien, baie gedoen maar hy is nie klaar nie. Die kunstenaar se siel sal op aarde nie rus nie. Dit ondersoek. Dit vat &#329; naald en trek bloed deur die broslagie van die gemeenskap se grimering. Hy kan nie anders nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hoekom?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Moet dit nie probeer verstaan nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Ja, maar hoekom?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&ldquo;Want,&rdquo; s&ecirc; John, &ldquo;the painting is never finished&hellip;&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"center\"><span>***<\/span><\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><em><span>Einde 2004 het die Van Reenen-kerk-, kombuis- en kunsidille tot &#39;n einde gekom toe vroutjie Dirkje, redelik abrup as ek moet s&ecirc;, uitgetrek het.<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><em><span>Die Ou Grote het later teruggekeer na sy ateljee op Onrus waar hy nou nog leef en werk.<\/span><\/em><\/p>\n<div align=\"justify\"><em><span>Vir &#39;n onvergeetlike ervaring, &#39;n kunsreis deur die loopbaan van een van Suid-Afrika se werklik oorspronklike kunstenaars, kontak vir John op 084 404 8503. <\/span><\/em><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">free casino games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/jvr_onrus2.jpg\" width=\"500\" height=\"334\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Rus op Onrus ? John van Reenen in sy kuns-en-kombuisfase, Augustus 2002<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die jong John van Reenen was skaars in Amerika toe word hy gevra of hy op water kan loop.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoBodyTextIndent\" align=\"justify\">Gaylen Hansen &ndash; deesdae&nbsp; &#329; opgehemelde kunstenaar van die figuratiewe ekspressionistiese skool &ndash; was die vader van di&eacute; pittigheid. Hy het self lekker daarvoor gelag, maar hierdie Yank was in geen posisie om die heerlike ironie&euml; van John van Reenen behoorlik te waardeer nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[1938,21105,21095],"class_list":["post-2054","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-die-onvoltooide-skildery","tag-s32-feuilleton","tag-s9-opstelle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2054","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2054"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2054\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2054"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2054"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2054"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}