{"id":20532,"date":"2013-12-23T11:53:47","date_gmt":"2013-12-23T09:53:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20532"},"modified":"2013-12-23T11:53:47","modified_gmt":"2013-12-23T09:53:47","slug":"flip-buys-en-beeld-span-nou-saam-om-rassis-teerkwas-te-swaai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20532","title":{"rendered":"Flip Buys en Beeld span nou saam om &#8216;rassis&#8217;-teerkwas te swaai"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15563\" alt=\"roodt_dan_wiki\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\" width=\"266\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 266px) 85vw, 266px\" \/><\/a><\/p>\n<p>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die absurdste ideologiese verskynsels is Afrikanerliberalisme. Terwyl die klassieke liberalisme van die negentiende eeu darem die bestaan van meer as een waarheid, meningsverskil en spraakvryheid erken het, is die Afrikanerliberalis meer soos &#8216;n fundamentalis. Vir hom is daar maar \u00e9\u00e9n waarheid, een dogma en wee diegene wat nie daaraan glo nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naspers, of Naarpers soos hulle in die volksmond bekendstaan &#8211; hoewel sommige mense praat ook van Naspes, daar is dus &#8216;n keuse &#8211; het natuurlik lank reeds die Damaskusbekering tot pseudoliberale fundamentalisme ondergaan. Hulle dink nie, hulle gl\u00f3.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans lyk dit asof <em>Beeld<\/em> &#8216;n hele propagandaveldtog teen my en Steve Hofmeyr voer. Steve ry te vinnig, terwyl ek weer sulke koolkoppe soos Piet Croucamp op hul logiese denkfoute wys. In Suid-Afrika kan jy maar babas verkrag, oumense op plase tot die dood toe martel, en dis alles bykomstighede van &#8220;demokrasie&#8221; wat ons maar gelate moet aanvaar, te oordeel aan Naarpers se volslae gebrek aan kritiek op di\u00e9 gruweldade. (Is daar al ooit &#8216;n hoofartikel in <em>Beeld<\/em> of <em>Rapport<\/em> gepubliseer wat spesifiek plaasmoordenaars kritiseer?)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Afrikaner wat &#8216;n mening uitspreek, is vir Naarpers egter soos &#8216;n rooi vlag voor &#8216;n bul. D\u00edt kan nie geduld word nie. Dit druis in teen die heersende dogma van &#8220;nasiebou&#8221;\u00a0en fundamentalistiese Mandela-aanbidding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week publiseer Beeld uit&#8217;t bloute &#8216;n <a title=\"DI\u00c9 GROOT DEBATMeningsvormers praat oor nuus en aktuele sake Rasse-argumente benadeel Afrikanersaak\" href=\"http:\/\/debat.maroelamedia.co.za\/2013\/12\/04\/rasse-argumente-benadeel-afrikanersaak\/\" target=\"_blank\">stokou stuk<\/a> wat Flip Buys op Maroelamedia geskryf het en waarop enkele skrywers hier op praag reeds kommentaar gelewer het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a title=\"Waarom kyk Flip Buys ware rassisme mis?\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20246\">Waarom kyk Flip Buys ware rassisme mis?<\/a> deur Manfred Delport<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a title=\"\u2018Watter wit saak?\u2019\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20257\">Watter wit saak?<\/a>\u00a0deur Leon Lemmer<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aanvanklik kon ek nie verstaan waaroor dit gaan nie, totdat ek uitgewerk het dat Flip Buys eintlik verwys na <a title=\"Aan Piet Croucamp: Afrikaners \u00eds \u2019n etniese groep\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=16775\">my repliek op een van Piet Croucamp se tirades<\/a>. Flip Buys sou nooit as nagraadse student kon vorder nie, want sy stuk gaan mank aan enige verwysings en daarom laat hy sy lesers heeltemal (dalk doelbewus?) in die duister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops, dis nogal interessant wat Buys oor Mandela te s\u00ea had:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het ges\u00ea Suid-Afrikaners dink terug aan Mandela se tyd as president wat gekenmerk is deur goeie rassebetrekkinge, optimisme en vertroue in die land se toekoms en goeie landsbestuur. (aangehaal in <em>Beeld<\/em> op Vrydag 6 Desember 2013)<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al tegniek wat die spul fundamentaliste by <em>Beeld<\/em> met hul gebrekkige opvoedings ken, is di\u00e9 van die tref-en-trap-belastering en etikettering. Almal wat nie voor die verskeidenheid Mandela&#8211;standbeelde in die land neerkniel om wierook en kerse aan te steek soos voor &#8216;n Ba\u00e4l van ouds nie, is &#8220;regs en rassisties&#8221;. Ek dink hulle verlang regtig sterk na die ou Oos-Duitsland waar die Stasi almal dopegehou het wat nie goeie kommuniste was nie en dalk oor die Muur na die &#8220;fascisme&#8221; aan die oorkant wou ontsnap. Dis nog &#8216;n oeroue linkse belediging wat Naarpers gereeld afstof: &#8220;fascis&#8221;. As jy op Afrikaanse skole en universiteite aandring, is jy &#8216;n &#8220;fascis&#8221;. So iets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ewenwel, ek lees baie min <em>Beeld<\/em> omdat hulle deesdae verlang dat mens op die internet daarvoor moet registreer, dus reageer ek nie gewoonlik op enige van die stereotipe rubrieke en kommentare wat in di\u00e9 Naarpers-publikasie verskyn nie. &#8216;n Mens kan jou in elk geval net aan s\u00f3veel &#8220;naar&#8221; blootstel. Die gedagte om vir <em>Beeld<\/em> te betaal, is natuurlik so absurd dat jy net sowel &#8216;n PayPal-subskripsie op die ANC se mediaverklarings kan uitneem, uit dankbaarheid dat iemand in Luthuli-huis nog k\u00e1n skryf, danksy Bantoe-onderwys! In die geval van Flip Buys se stuk, het ek egter besluit om by wyse van uitsondering w\u00e9l te reageer en het die volgende brief aan <em>Beeld<\/em> gerig. Wat toe &#8211; is ons enigsins verbaas? &#8211; nie geplaas is nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_20575\" aria-describedby=\"caption-attachment-20575\" style=\"width: 150px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=22&amp;category_id=8&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=4\" target=\"_blank\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-20575 \" alt=\"aweregs\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/aweregs.jpg\" width=\"150\" height=\"235\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20575\" class=\"wp-caption-text\">Bestel Dan Roodt se politieke essays<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voordat ek my brief aan Beeld hier publiseer, laat my toe om eers my lagbui te onderdruk. Ek dink Beeld en Naarpers in die algemeen verkeer onder die indruk dat ons steeds in die tegnologiese donker eeue verkeer waartydens die hoofstroommediagroepe, nes die Oos-Duitse televisie, mense se denke bepaal het. N\u00f3g Naarpers, n\u00f3g hul epigoon Flip Buys wat saam op sy knie\u00eb in aanbidding voor Mandela val omdat hy Naarpers vir die bemarking van sy sosialistiese vakbond en verwante staatsdiensagtige &#8220;groot organisasies&#8221; nodig het, verstaan enigiets van hoe die internet die spelre\u00ebls verander het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Beeld<\/em> en Buys dink ons is nog iewers in die vroe\u00eb tagtigerjare toe dit genoeg was om iemand met drukkersink letterlik en figuurlik &#8220;swart te smeer&#8221;, en agterna enige reg op repliek te weier. Dis mos &#8220;goeie joernalistiek&#8221;! S\u00f3 is enige kritiese denke in Afrikaans onderdruk en die groot verraad voorberei, totdat die Afrikaners soos &#8216;n klomp lemmings die see ingevaar het, sonder &#8216;n plan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie dae, is ek bevrees, is vir goed verby. Selfs die mees hartstogtelike gebede by Mandela se standbeeld gaan hulle nie terugbring nie. Ons mag ons land kwyt wees, maar ten minste het ons weer ons spraakvryheid en vermo\u00eb om helder te dink, teruggekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Flip Buys vrees nie korrupsie, moord, verkragting en die ander plae wat ons land teister nie, maar hy leef in paniese angs vir &#8220;rasse-argumente&#8221;. Die snode snotkoppe by <em>Beeld<\/em> se redaksie, daarenteen, se broeke bewe by die gedagte dat daar Afrikaners daarbuite mag wees wat van die Dogma afwyk. Hulle bars in koue sweet uit as hulle bloot vermoed dat ons almal nie opreg in alle vorme van witskuld, Mandela\u00efsme en klakkelose onderdanigheid aan die huidige, korrupte bestel gl\u00f3 nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moenie dink nie, gl\u00f3. Dis die motto van die links-liberale Kruiperkaner wat sy siel vir geld sal verkoop, en sonder te hik of te kik sal toesien hoe sy hele gesin deur &#8216;n paar &#8220;vryheidsvegters&#8221; uitgewis word. Daar is mos &#8216;n Mandela-beeld by die Uniegebou. Wat meer het &#8216;n mens nodig?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier volg die briefie wat die <em>DrogBeeld<\/em> te bang was om te plaas, nadat hulle Flip Buys se ongevraagde, ongegronde en onbilike kritiek op my oorspronklike stuk met fanfare aangebied het, \u00a0nogal met &#8216;n amateuragtige illustrasie wat voorgee dat &#8220;rassisme&#8221; soos &#8216;n sware vuis op die Afrikaner rus:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wonder of Flip Buys self verstaan wat hy met \u2018n \u201crasse-argument\u201d bedoel, want my skrywe waarna hy verwys, was juis bedoel om die rasse-argument(e) van dr. Piet Croucamp van die Johannesburgse Universiteit te weerl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Croucamp het naamlik twee dinge beweer: dat Afrikaners, of ten minste diegene wat hulself s\u00f3 beskryf, \u201cdom\u201d is. Verder het hy ges\u00ea dat \u201calle rassiste met lae intelligensie geassosieer word\u201d. Kennelik is mnr. Buys en dr. Croucamp geesgenote, want albei is lede van Mensa, die vereniging vir mense met begaafde IK\u2019s, en sien neer op die gemiddelde Afrikaner wat nie tot verhewe \u201cnie-rassige\u201d denke in staat is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarteenoor het ek aangetoon dat nogal heelwat internasionale figure wat op een of ander stadium deur ander, veral polities korrekte joernaliste, vir \u201crassiste\u201d uitgekryt is, hul intellektueel onderskei het. Twee voorbeelde van \u201crassiste\u201d wat Nobelpryse in wetenskaplike dissiplines ontvang het, is die uitvinder van die transistor, William Shockley, en die mede-ontdekker van die DNS-heliks, James D. Watson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds in die ou Suid-Afrika is kritiese denke nie gewaardeer nie en daarom het die Nasionale Party tydens sy laaste stuiptrekkinge uit \u2018n klompie patetiese jabroers bestaan wat desperaat was om te konformeer. Op die ou end het hulle epigone van Joe Slovo en die SAKP geraak en die denke van hul eertydse vyande klakkeloos hul eie gemaak.<\/p>\n<figure id=\"attachment_12880\" aria-describedby=\"caption-attachment-12880\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/fllipenfw.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-12880\" alt=\"Flip Buys en FW de Klerk\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/fllipenfw-300x176.jpg\" width=\"300\" height=\"176\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/fllipenfw-300x176.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/fllipenfw.jpg 323w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-12880\" class=\"wp-caption-text\">Flip Buys en FW de Klerk<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is seker Flip Buys en FW de Klerk is net sulke goeie vriende soos wat hulle op foto\u2019s in die glanstydskrifte lyk. Al hierdie \u201cslim\u201d leiers het ons nou in \u2018n situasie laat beland waar Afrikaners n\u00e1 die korstondige DA-bewind van enkele maande op Potchefstroom nie eens \u2018n enkele munisipaliteit waar ook al in die land bestuur nie, wat nog te s\u00ea enige inspraak hoegenaamd in die regering het. Dis seker wat Buys eufemisties as die \u201cmorele ho\u00ebgrond\u201d beskryf. Minder polities korrek noem \u2018n mens dit die ashoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons toekoms is duister, behalwe dat daar nog baie oor metafisiese \u201crassisme\u201d gesanik gaan word. Verskoon my as ek, tesame met \u2018n toenemende aantal Franse, Amerikaanse en ander denkers, dit taamlik oninteressant vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops, verteenwoordig regstellende aksie, wat op die mite van swart benadeling gegrond is, nie ook \u2018n groteske rasse-argument nie? Ras is mos \u2018n \u201csosiale konstruk\u201d, totdat die swartman en die Indi\u00ebr voorgetrek moet word. Dan onderskei die sisteem met die grootste gemak tussen rasse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos Afrikaners nie bestaan nie, totdat hulle die blaam vir die misdadigheid en nie-prestasie van ander groepe moet dra.<\/p>\n<\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Een van die absurdste ideologiese verskynsels is Afrikanerliberalisme. Terwyl die klassieke liberalisme van die negentiende eeu darem die bestaan van meer as een waarheid, meningsverskil en spraakvryheid erken het, is die Afrikanerliberalis meer soos &#8216;n fundamentalis. Vir hom is daar maar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20532\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Flip Buys en Beeld span nou saam om &#8216;rassis&#8217;-teerkwas te swaai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12880,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[768,14824,3377,6709,5076,5631,13286,10574,6777,10662,14823,643,9940,10916,266,4659,13669,9377],"class_list":["post-20532","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-baal","tag-beeld","tag-flip-buys","tag-fundamentalisme","tag-fw-de-klerk","tag-kruiperkaner","tag-leon-lemmer","tag-liberalisme","tag-manfred-delport","tag-naarpers","tag-naspers","tag-oos-duitsland","tag-piet-croucamp","tag-rassisme","tag-solidariteit","tag-stasi","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20532","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20532"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20532\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/12880"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20532"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20532"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20532"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}