{"id":20375,"date":"2013-12-15T09:23:25","date_gmt":"2013-12-15T07:23:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20375"},"modified":"2013-12-15T09:27:25","modified_gmt":"2013-12-15T07:27:25","slug":"geloftedag-vir-afrikaners-n-dag-van-ootmoediging-en-uitredding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20375","title":{"rendered":"Geloftedag vir Afrikaners \u2019n dag van ootmoediging en uitredding"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/marthinus_van_bart.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20376\" alt=\"marthinus_van_bart\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/marthinus_van_bart-188x300.jpg\" width=\"188\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/marthinus_van_bart-188x300.jpg 188w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/marthinus_van_bart.jpg 602w\" sizes=\"auto, (max-width: 188px) 85vw, 188px\" \/><\/a>deur Marthinus van Bart<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onthulling \u2019n eeu gelede van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op <i>Geloftedag<\/i>, eerskomende Maandag, 16 Desember, luisterryk herdenk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) neem prominent aan die verrigtinge deel. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en hoofleier van die Voortrekkers, lei die vroe\u00eb biduur om 06:30 in die Tweetoringkerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK stel twee nuwe, belangwekkende boeke, gepas vir hierdie geleentheid, bekend wat verband hou met die monument en dit waarvoor dit staan: <i>Die Nasionale Vrouemonument: Honderdjarige Herdenking <\/i>\u2013<i> Verlede <\/i>\u2013<i> Hede <\/i>\u2013<i> Toekoms<\/i> en <i>Konsentrasiekampsterftes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899-1902<\/i>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1913 het die Vrouemonumentkommissie <i>Geloftedag<\/i> (indertyd bekend as <i>Dingaansdag<\/i>) as die onthullingsdag van die Nasionale Vrouemonument met voorbedagte rade gekies. Naas die Protestantse Meerdere Vierdae (soos vasgestel deur die Dordse Sinode) Paasfees, Pinkster, Hemelvaartsdag en Kersdag, was Geloftedag\u00a0 \u00ad\u2013 as verootmoedigingsdag voor die Almagtige \u2013 die plegtigste gedenkdag op die kultureel-religieuse kalender van die Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof. J.D. (Totius) du Toit, leraar, teoloog, Bybelvertaler en Taalstryder, skryf op 23 Januarie 1948 in <i>Die Kerkblad<\/i> onder meer: \u201cDingaansdag is \u2019n gedenkdag. Dat die Voortrekkers daarby gevoeg het \u2018soos \u2019n Sabbat\u2019, is verstaanbaar. En die uitkoms het bewys dat hulle reg was om di\u00e9 voorwaarde aan die dag [16 Desember] te verbind. Soos \u2019n Sabbat wil s\u00ea: In alle stilte, in alle erns, want dit betaam ons, gedagtig aan die groot redding wat God beskik het.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_20379\" aria-describedby=\"caption-attachment-20379\" style=\"width: 238px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/VROUEMONUMENT100.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-20379\" alt=\"VROUEMONUMENT100\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/VROUEMONUMENT100-238x300.jpg\" width=\"238\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/VROUEMONUMENT100-238x300.jpg 238w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/VROUEMONUMENT100.jpg 381w\" sizes=\"auto, (max-width: 238px) 85vw, 238px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-20379\" class=\"wp-caption-text\">Een van die twee boeke wat op 16 Desember 2013 bekendgestel word<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofmotief met die Vrouemonument en die onthullingsplegtigheid, soos pres. M.T. Steyn dit voorsien het, was verootmoediging voor die Almagtige ter nagedagtenis van die duisende vroue en kinders wat hulself vir die vryheidstryd van die Afrikanervolk opgoffer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was die Voortrekkers wat die <i>Gelofte <\/i>van 1838 voor die aanvang van die Slag van Bloedrivier afgel\u00ea het, wat <i>Geloftedag<\/i> ingestel het as \u2019n dag van dank en ootmoediging \u2013 omdat God hulle van uitdelging deur die oormag Zoeloe-impi\u2019s van Dingaan gered het, \u2019n oorwinning dus ter beskerming van die volkseie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bewoording van die plegtige gelofte, voorgelees deur Sarel Cilliers, lui:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde om hom \u2019n gelofte te doen dat as Hy met Sy beskerming met ons wil wees en ons vyand in ons hand gee, ons dan di\u00e9 dag en di\u00e9 datum elke jaar as \u2019n verjaardag \u00e9n dankdag, soos \u2019n Sabbat, tot Sy eer sal vier; en dat ons ook aan ons kinders sal s\u00ea dat hulle in die toekoms di\u00e9 dag steeds moet vier tot gedagtenis ook vir ons opkomende geslagte. Aldus sal dan aan God die eer van die oorwinning gegee word.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Voortrekkers se beskouing is met die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 die mag van \u2019n heidense tiran gebreek deur die ingryping van \u2019n regverdige God. Dit was die oorwinning van die ordende beskawing, die <i>deugdelike <\/i>waarna Steyn in 1913 in sy toespraak by die Vrouemonument verwys het, oor destruktiewe wanorde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die Voortrekkers die Slag van Bloedrivier \u00ad\u2013 of enige van die ander konflikte met inheemse volke \u2013 per se beskou het as \u201c\u2019n oorwinning oor \u2019n primitiewe volk\u201d, soos so dikwels aangevoer is en steeds word, is bloot onwaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 11 Oktober 1881, n\u00e1 afloop van die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Afrikaners van die Transvaalse Boererepubliek (Zuid-Afrikaansche Republiek) in die Slag van Majuba \u2019n klinkende oorwinning oor die imperialistiese Britse besettingsle\u00ebr behaal het, het pres. Paul Kruger in die Volksraad verklaar <i>Geloftedag<\/i> moet voortaan op 16 Desember \u2019n amptelike gedenkdag wees \u201cten einde ons voor God te verootmoedig vir die groot dinge en wonders gedoen\u2026\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kruger het ook ges\u00ea: \u201cDit was die dag waarop die Here die Voortrekkers eenmaal van Dingaan gered het, en wat die vorige jaar [1880] die begin was van \u2019n nog groter uitredding [van Britse oorheersing].\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 16 Desember 1881 by Paardekraal, Krugersdorp, het Kruger as hoofspreker ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het hier gekom om fees te vier, en u weet dit dat ons en u doel niks anders is nie as om meer en meer die wil van die Here te laat verstaan en ons op Sy leiding te wys, sodat die ouers aan hulle kinders en kindskinders tot in die verste nageslag kan vertel wat God aan ons gedoen het. U weet dat ons land vir meer as vier jaar [van Britse oorheersing] van ons ontneem is om ons afwykinge miskien; maar u weet dit ook: God kasty wie hy liefhet.&#8221;<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met 1913 se onthulling van die Nasionale Vrouemonument het die Afrikaners <i>Geloftedag <\/i>steeds in hierdie lig gesien. Die Britse welsynwerker Emily Hobhouse van Cornwallis het haar misgis toe sy in haar (voorgelese) toespraak na <i>Dingaansdag <\/i>verwys het as \u201cdie dag waarop julle [Afrikaners] \u2019n oorwinning oor \u2019n primitiewe volk gedenk.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 siening berus op \u2019n wanbegrip van die bedoeling van die Gelofte, naamlik om afhanklikheid van die Allerhoogste te bely en dank te betuig dat die uitdelging van \u2019n maatskaplik-kulturele gemeenskap verhoed is, \u2019n belangrike klemverskuiwing dus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hobhouse s\u00ea voorts dat deur die swart lyding in die Anglo-Boereoorlog [waarin duisende swartes aan die kant van die Britte teen betaling teen die Boere geveg het en hul vroue en kinders met gepaardgaande brutaliteite vir die konsentrasiekampe opgeruim, hul plase afgebrand en geplunder het] is voldoende boete gedoen vir die swart geweldpleging wat teen die Voortrekkers [lees Afrikaners] gepleeg is. Daarom moet daar vergifnis wees, en\u00a0 moet daar vergewe en vergeet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos reeds aangetoon, is daar op die Afrikaner-kalender inderdaad geen nasionale dag waarop die Afrikaners enige oorwinning oor enige ander volk in die verlede gedenk het of tans gedenk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Engelse weergawe van Hobhouse se toespraak is namens haar aan die skare by die Vrouemonument voorgelees. Sy was nie teenwoordig nie omdat sy op die treinreis van Kaapstad na die onthullingsverrigtinge ongesteld geraak en by Beaufort-Wes moes afklim. Sy het wel 4 000 eksemplare van die toespraak in onderskeidelik Engels en Nederlandse Afrikaans na Bloemfontein aangestuur om by die onthulling te laat uitdeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Charlie Fichard, \u2019n agterkleinseun van president Steyn, het die Engelse weergawe namens Hobhouse voorgelees. Na afloop van die toespraak is beleefd hande geklap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die indertydse \u201ckroonprins\u201d van die Britse Empire, adv. J.C. (Jan) Smuts, het Hobhouse met die skryf van die toespraak gehelp en die kernboodskap wat dit uitgedra het was in sy kenmerkende styl van onverbloemde Britse internasionalisme. Selfs die selektiewe verwysing in die toespraak na die Griekse staatsman Perikles se beroemde begrafnisrede (sonder om hom by die naam te noem) was so reg uit Smuts se saalsak. (Deneys Reitz vertel in <i>Kommando <\/i>oor die Anglo-Boereoorlog hoe behep Smuts tydens sy epiese tog van Gatsrand na Namakwaland met geskrifte in die oorspronklike Grieks was wat hy in sy saalsak saamgery het.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En vir Hobhouse om \u2019n pleidooi te lewer dat <i>Geloftedag<\/i> verander word na Internasionale Vrouedag en dat die Nasionale Vrouemonument tot w\u00eareld-monument vir alle vroue verklaar moet word, was vir daardie plegtige Afrikaner-geleentheid, slegs tien jaar n\u00e1 die verskriklike lyding van die Anglo-Boereoorlog, onvanpas, gesien die bedoeling, naamlik om eer te betoon aan \u201conze heldinnen en lieve kinderen\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard staan die Vrouemonument by implikasie daar tot eer van alle vroue van alle tye wat vir die vryheid van hul volk binne hul perke gestry het, letterlik en figuurlik gesproke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hobhouse het \u2019n brandende ambisie gehad om \u2019n politikus te wees, maar in haar eie Britse Ryk, aan wie sy in haar toespraak haar trou herbevestig het en haar diplomaties van die Afrikaners gedistansie\u00ebr het, het vroue nie eens gewone stemreg gehad nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die denkmodel van heerskappy en se\u00ebviering oor \u201cprimitiewe volke\u201d wat sy so gerieflik op die Afrikanervolk gesuperponeer het, is egter kenmerkend van die rasbehepte Britse jingo\u00efsme, wat in sommige gevalle selfs die eugenetiek (rasverbeteringsleer) as regverdiging vir ras-chauvinisme wil bysleep. Britse meerderwaardigheid is die rookskerm vir heerssug, magsug en hebsug, waarvoor en waarmee die Britse Ryk oor driehonderd jaar bloedig regoor die hele aardbol uitgebou is. Vandaar die uitdrukking: \u201cThe sun never sets over the British Empire.\u201d Waarop F.W. Reitz droogweg opgemerk het: \u201cInderdaad, God vertrou die Engelse nie in die donker nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Britte se oorlogspropaganda teen die Boere, soos teen alle ander rebelse volke w\u00eareldwyd wat weerstand gebied het om gewelddadig aan die Union Jack onderwerp te word, is die slagoffers konsekwent as primitiewe onmense (<i>untermenschen<\/i>) uitgebeeld. In die era van Britse skynliberalisme, ingelei deur die sogenaamde verbod op slawehandel van 1807 af en in 1838 met die vrylating van slawe, toe slawehandel minder winsgewend geword het en die opiumhandel toegeneem het, was beskuldigings van rassehaat teen weerbarstige volke deel van die Britse oorlogsarsenaal. Daarmee het hulle hul slagoffers gebrandmerk, sodat Britse onderwerping en die plundering van die slagoffers se eiendom o\u00ebnskynlik regverdig kon word. Di\u00e9 refrein, wat vandag steeds in die arena\u2019s van die w\u00eareldpolitiek eggo, is dat daar geen beter regverdiging voor is om \u2019n volk te verdelg as wanneer daardie volk hom aan rassehaat skuldig maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die historikus Erik Stockenstr\u00f6m merk in 1925 in sy geskrif <i>Lotgevalle van die Voortrekkers in Natal, 1838-1843<\/i> op dat die Voortrekkers deur hul vernietiging van die mag van Dingaan \u2019n groot diens aan ook die <b><i>swart<\/i><\/b> bevolkings van die land bewys het. Dingaan en sy voorganger, Tsjaka, wat deur eersgenoemde vermoor is om die koningskap oor die Zoeloes te bekom, het tienduisende, selfs miljoene, inboorlinge in Suid-Afrika vankant gemaak en hele landstreke ontvolk. Deur die vernietiging van daardie bloedige dwingelandy het die Trekkers die algehele uitroeiing van groot getalle swart stamme voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle was nie die verdelgers van swart mense nie, soos wat Brits-empiristiese sakelui, sendelinge, skynfilantrope en heerssugtige politici die w\u00eareld wou [en steeds wil] wysmaak nie, maar inteendeel die redders, beskermers en handhawers van \u2019n vreedsame en beskaafde gemeenskap, skryf Stockenstr\u00f6m.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy skryf voorts:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDiepsinnige simpatie, selfs met die gewonde vyand op die slagveld, humane behandeling van krygsgevangenes in hul mag, die beskerming van swakkes en weerloses \u2013 ook aan die kant van die vyand \u2013 was die karakteristieke kentekens van die nasate van die Voortrekkers, die Boere en Afrikaners.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">In weerwil van alle beskuldigings van rassehaat jeens die Afrikaners, lui die refrein van die <i>Stem van Suid-Afrika<\/i>, die Afrikaners se eie volkslied, \u201cOns sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Marthinus van Bart (e-pos: kultuurkroniek[by]gmail.com) is &#8216;n skrywer en voormalige redaksielid van Die Burger waar hy jare lank die blad met Afrikanergeskiedenis, <\/em>Kultuurkroniek<em>, behartig het. Sy mees onlangse boek is &#8216;n onthulling van die oorwegende rol wat Brittanje in die Kaapse slawehandel gespeel het, <\/em><a title=\"Marthinus van Bart stel Engelse slawerny aan die kaak\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=15001\">Kaap van slawe<\/a><em>.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Marthinus van Bart Die onthulling \u2019n eeu gelede van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op Geloftedag, eerskomende Maandag, 16 Desember, luisterryk herdenk. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) neem prominent aan die verrigtinge deel. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en hoofleier van die Voortrekkers, lei die vroe\u00eb biduur om 06:30 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20375\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geloftedag vir Afrikaners \u2019n dag van ootmoediging en uitredding&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20376,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10721,10],"tags":[13813,13793,14693,2648,14692,8330,8040,4906,14689,14690,14691,10198,7176,14688],"class_list":["post-20375","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-marthinus-van-bart","category-rubrieke","tag-britse-ryk","tag-danie-langner","tag-deneys-reitz","tag-dingaan","tag-emily-hobhouse","tag-fak","tag-geloftedag","tag-jan-smuts","tag-m-t-steyn","tag-sarel-cilliers","tag-slag-van-bloedrivier","tag-totius","tag-voortrekkers","tag-vrouemonument"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20375","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20375"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20375\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20376"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20375"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20375"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20375"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}