{"id":19999,"date":"2013-11-28T18:03:53","date_gmt":"2013-11-28T16:03:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19999"},"modified":"2013-11-28T18:25:05","modified_gmt":"2013-11-28T16:25:05","slug":"gaan-die-vf-die-da-se-krisis-vermors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19999","title":{"rendered":"Gaan die VF+ die DA se krisis vermors?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial; font-size: small;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15429\" alt=\"delport_manfred_600\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><em>deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, hoe het ek my verlekker aan die DA se onlangse bontstanery oor rassistiese regstellende aksie!\u00a0\u00a0Laasgenoemde is eintlik \u2018n toutologie; daar is geen ander soort \u201cregstellende\u201d aksie as rassistiese regstellende aksie nie, en RA kan net sowel \u2018n afkorting wees vir rassistiese aksie. Dit is niks anders as anti-blanke rassisme nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 herrie het begin toe James Myburgh op\u00a0<a href=\"http:\/\/www.politicsweb.co.za\/politicsweb\/view\/politicsweb\/en\/page71619?oid=433563&amp;sn=Detail&amp;pid=71616\" target=\"_blank\"><span style=\"color: #0000ff;\">Politicsweb.co.za gevra het<\/span><\/a>\u00a0of die DA pas \u2018n koe\u00ebl deur sy eie brein gejaag het, n\u00e1dat die DA willens en wetens vir verskerpte rassistiese wetgewing in die parlement\u00a0gestem het. Die DA se steun vir rassistiese reaksie is terloops nie nuut nie \u2013 rassistiese aksie en transformasie word jare lank al deur die DA gesteun, maar die DA het dit stilletjies probeer doen, en met sy stilswye vir die blankes wat soos kalkoene vir Kersfees vir die DA stem, gelieg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie keer was dit anders, want skielik het almal daaroor gepraat. Rooi Helen Zille het inderhaas \u2018n paar mense oor die kole gehaal. Met geweldige ironie is die verantwoordelikes, beide die DA se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko, en die persoon wat die DA se arbeidsportefeulje beklee het, Sej Motau, beide synde onbekwame rassistiese-aksie-<wbr \/>aanstellings, aangespreek. Motau is inderhaas herontplooi (lees: \u201cafgedank\u201d). Die blinde sambok piets darem maar seer, of hoe, DA?\u00a0\u00a0\u00a0Die DA se benadering jeens rassisme is gevolglik onlangs op \u2018n kongres bespreek, n\u00e1dat \u2018n warboel onsinnige en teenstrydige boodskappe oor rassistiese aksie\u00a0die w\u00eareld ingestuur is. Die uitslag van die konferensie was egter dat die DA inderdaad rassisme steun wat op sy eie kiesers gemik is, alhoewel die DA hierdie warm patat vergeefs probeer verdoesel het met vae snert en dubbelpratery soos die volgende: \u201cOns steun wel rassistiese aksie, maar nie kwotas nie.\u201d\u00a0<span>Ons almal weet al hoe linkses hulself moedswillig kranksinnig moet hou, en dikwels twee teenstrydige konsepte moet internaliseer, en hierdie is nog \u2018n voorbeeld. Apartheid was volgens Rooi Helen \u2018n onding, maar rassistiese aksie is sommer in die haak, want blankes is die slagoffers.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ewenwel, die uitslag van die DA se konferensie was dat rassisme springlewendig in die DA is, en dat die DA in wese die ANC se ganse beleid pens en pootjies sy eie gemaak het. Ek was selfs meer geamuseerd dat ek n\u00earens op die internet enige noemenswaardige reaksie van Naspers oor die uitkoms van die DA se kongres, en sy amptelike besluit om blankes uit te verkoop, kon lees nie. Naspers het wel oor die aanvanklike herrie kommentaar gelewer, maar oor die amptelike besluit dat anti-blanke rassisme inderdaad DA-beleid is, is Naspers doodstil. Miskien het ek dit misgelees, of miskien was daar iewers \u2018n klein beriggie op bladsy 15 van een of ander Nasperskoerant, maar Naspers het hard probeer om hierdie ganse petalje te ignoreer. Naspers wil duidelik nie sy lesers laat begryp dat \u2018n DA-regering net so rassisties soos \u2018n ANC-regering sal wees nie. \u2018n Dom en oningeligte leser is klaarblyklik \u2018n goeie Naspersleser.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee persone wat in ekstase hoort te wees oor die DA se uitverkopery van blankes, is dr Pieter Mulder en adv Anton Alberts. Rooi Helen het aan die VF+ \u2018n gulde geleentheid gebied met haar onge\u00ebrgde aanbeveling dat blankes wat nie hou van rassisme wat op ons gemik is nie, gerus vir \u2018n ander party kan loop stem. Rooi Helen het ook terloops laat val dat die DA meen dat rassistiese aksie \u201cslegs vir een geslag\u201d (maw sowat 30 jaar) nodig sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat \u2018n droom vir die VF+! Jou hoofopponent s\u00ea prontuit dat haar party nog minstens vir 30 jaar rassisme teen jou kernkiesers en hul kinders sal pleeg, en sy nooi blankes wat nie van anti-blanke rassisme hou nie, prontuit uit om vir iemand anders te gaan stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan die VF+ hierop kapitaliseer, en h\u00f3\u00e9 gaan hy hierop kapitaliseer? Tot op hede was die VF+ maar versigtig met sy uitsprake oor rassistiese aksie, maar dit het hom niks in die sak gebring nie, siende dat sy steun met elke verkiesing afneem. Die VF+ kan nou gerus die handskoene uittrek en rassistiese aksie trompop loop \u2013 hy het niks om te verloor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is verskeie maniere waarop die VF+ myns insiens uit hierdie wonderlike geleentheid munt kan slaan. Die voor-die-hand-liggende manier is om \u2018n aggressiewe veldtog tydens die 2014-verkiesing te loods, wat die DA se achillieshiel, rassistiese aksie, aggressief en moedswillig teiken. Ek kan nou al die plakkate sien: \u201cRA = Rassisme!\u201d en \u201cDie DA steun anti-blanke rassisme\u201d en \u201cNee vir Rassistiese Aksie!\u201d ensovoorts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook \u2018n geleentheid om die VF+ se krimpende steun om te swaai, met potensiaal vir groei in twee nuwe teikenmarkte: Die Engelse blankes en die jonger werkende blankes. Ek verstout my om te s\u00ea dat die VF+-kieser se demografiese profiel meestal uit ouer blanke Afrikaners bestaan. Die groot meerderheid Afrikaners en blanke Engelssprekendes word egter verenig deur \u2018n intense wrokkigheid oor rassistiese aksie, en \u2018n oorweldigende meerderheid van beide Afrikaners en Engelse beskou RA as blote anti-blanke rassisme en diskriminasie. Daar is sekerlik baie van hierdie Engelse blankes wat swaar sluk aan die DA se rassisme. Ek wonder of dit nie wys sou wees om \u2018n Engelssprekende persoon in \u2018n senior pos in die VF+ aan te stel, en om hom baie lugtyd in die media as VF+ -spreekbuis te gee nie. Ek besef daar sou diegene wees wat voel dat die VF+ se kernmark eintlik Afrikaners is wat die volkstaatgedagte steun, maar deesdae hoor mens ook niks oor die volkstaat by die VF+ self nie, en moontlik is dit tyd om bietjie meer innoverend te dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede groei-area is jong, werkende blankes. Die VF+ doen reeds goed onder die blanke jeug \u2013 sy politieke studente-organisasies vaar goed op kampusse \u2013\u00a0 maar ek dink spesifiek hier aan jonger mense, in hul twintigs en dertigs, wat nie noodwendig baie begaan is oor \u2018n volkstaat of Afrikaanse taalbelange nie, maar wat minder gelukkig is met Rooi Helen se dreigemente dat die DA minstens nog vir 30 jaar rassisme teen hulle sal pleeg. Die VF+ kan hom gerus daarop toespits om by elke moontlike geleentheid die boodskap by jong blankes tuis te bring dat \u2018n stem vir die DA neerkom op \u2018n stem t\u00e9\u00e9n jong werknemers se eie toekomstige professionele lewens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek hoop terde\u00eb dat die sinieses onder ons, wat beweer die VF+ verkeer in \u2018n gemaksone, is verkeerd, en dat die VF+ hierdie geleentheid met albei hande sal aangryp. Dit sou \u2018n sonde wees om hierdie DA-krisis te vermors.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op\u00a0Facebook. Ai, hoe het ek my verlekker aan die DA se onlangse bontstanery oor rassistiese regstellende aksie!\u00a0\u00a0Laasgenoemde is eintlik \u2018n toutologie; daar is geen ander soort \u201cregstellende\u201d aksie as rassistiese regstellende aksie nie, en RA kan net sowel \u2018n afkorting wees vir rassistiese aksie. Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15429,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[227,176,6956,7599,6688,4636,7925,14481,222,7576],"class_list":["post-19999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-anc","tag-anc-se-landsbestuur-stort-in-duie-hnp-kragonderbrekings-elekrisiteitskrisis-blankes-swartes","tag-anton-alberts","tag-da","tag-helen-zille","tag-pieter-mulder","tag-ra","tag-rassistiese-aksie","tag-regstellende-aksie","tag-vf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15429"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}