{"id":19923,"date":"2013-11-26T13:33:56","date_gmt":"2013-11-26T11:33:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19923"},"modified":"2013-11-26T13:34:57","modified_gmt":"2013-11-26T11:34:57","slug":"twee-valke-vas-oor-beweerde-bande-met-krejcir","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19923","title":{"rendered":"Twee Valke vas oor beweerde bande met Krejcir"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/valke.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-19572\" alt=\"valke\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/valke.jpg\" width=\"282\" height=\"179\" \/><\/a>Twee lede van die Valke is vanoggend in hegtenis geneem weens beweerde bande met die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die woordvoerder vir die Valke, Paul Ramaloko s\u00ea hulle word verbind met dieselfde saak van ontvoering waarin Krejcir na bewering betrokke is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisiewoordvoerder, Solomon Makgale het nog nie die inhegtenisneming van &#8216;n tweede verdagte bevestig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Makgale het vroe\u00ebr ges\u00ea dat &#8216;n 41-jarige adjudant-offisier in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorval ter sprake het in Junie vanjaar plaasgevind. Krejcir en &#8216;n vennoot, Desai Lupondo is Vrydag in verband met die saak in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die Valke berigte ontken dat die bevelvoerder van die georganiseerde misdaad-eenheid in Germiston, Kolonel Francois Steyn bedank het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steyn het na wat berig word &#8216;n lening van R408.000 aanvaar van &#8216;n maatskappy wat bande met Krejcir het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het blykbaar eers vyf maande later uitgevind dat die maatskappy in Krejcir se vrou, Katerina se naam geregistreer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld berig dat Steyn wou bedank, maar dat die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega dit nie wou aanvaar nie, hangende die uitslag van &#8216;n interne ondersoek teen hom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramaloko s\u00ea egter hy is bloot met verlof en dat hy nooit aangebied het om sy pos te verlaat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ondersoekbeampte wat nie gemoeid is met die saak nie, s\u00ea die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir sal dalk probeer om te ontsnap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krejcir het sy hofsaak gewen om onder polisiebewaking in &#8216;n hospitaal opgeneem te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krejcir het nie verwag om in hegtenis geneem te word nie omdat hy skynbaar planne beraam het om die naweek uit Suid-Afrika pad te gee. &#8211; RSG<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee lede van die Valke is vanoggend in hegtenis geneem weens beweerde bande met die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir. Die woordvoerder vir die Valke, Paul Ramaloko s\u00ea hulle word verbind met dieselfde saak van ontvoering waarin Krejcir na bewering betrokke is. Die polisiewoordvoerder, Solomon Makgale het nog nie die inhegtenisneming van &#8216;n tweede verdagte bevestig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19923\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee Valke vas oor beweerde bande met Krejcir&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19572,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14192,11606],"class_list":["post-19923","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-radovan-krejcir","tag-valke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19923","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19923"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19923\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19572"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19923"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19923"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19923"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}