{"id":19545,"date":"2013-11-13T11:22:43","date_gmt":"2013-11-13T09:22:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19545"},"modified":"2013-11-13T12:37:20","modified_gmt":"2013-11-13T10:37:20","slug":"bomplanter-mcbride-se-pa-se-wittes-is-teen-hom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19545","title":{"rendered":"Bomplanter McBride se pa s\u00ea &#8216;wittes&#8217; is teen hom"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_19546\" aria-describedby=\"caption-attachment-19546\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/magoos.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-19546\" alt=\"Magoo's Bar\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/magoos.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-19546\" class=\"wp-caption-text\">Magoo&#8217;s Bar<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bomplanter Robert McBride is die regte man vir die pos het\u00a0Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor ges\u00ea na McBride se benoeming as nuwe hoof van die polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McBride se rol in die Magoo\u2019s Bar-bomaanval in 1986 in Durban waarin drie wit vroue gesterf en 69 mense beseer is, is bekend.\u00a0McBride is in 1986 aan moord skuldig bevind weens die bomaanval wat hy as lid van umKhonto weSizwe (MK) uitgevoer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is ter dood veroordeel, maar is later begenadig.\u00a0Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) het amnestie aan McBride verleen in 2001.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens sy pa Derrick McBride\u00a0het hy &#8220;swaar gely onder vooroordeel&#8221; deur die media.\u00a0&#8220;Maar daar word deur wit mense oor hom verslag gedoen. En daar is druk op hom omdat hy drie wit vroue (in die Magoo\u2019s Bar-bom) doodgemaak het.\u201d Sy pa s\u00ea sy seun &#8220;moes al minister van polisie gewees het&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McBride het vroe\u00ebr ges\u00ea hy het nie alleen opgetree nie. Hy was onder die gesag van die ANC. Saam met Gordon Webster, het hy die eenheid vir spesiale operasies vanuit Gabarone bedryf en is opgekommandeer deur Aboobaker\u00a0Ismail. Ismail het aan Joe Slovo verslag gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, het ges\u00ea McBride het die nodige kwalifikasies met sy ervaring as oudmetropolisiehoof van Ekurhuleni.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Johan Burger, senior navorser aan die ISS, het by navraag aan Beeld ges\u00ea hy is \u201cuit die veld geslaan\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy was veral verras in die lig van McBride se onlangse verlede.\u00a0\u201cDie minister moes tog gedink het dat met al die moeilikheid in die polisie di\u00e9 benoeming betwis sal word,\u201d het Burger ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Burger het egter aan die M&amp;G ges\u00ea McBride sal waarskynlik s\u00ea al die voorvalle in sy onmiddellike verlede was blote bewerings en hy is vrygespreek van alle aanklagte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Burger het ges\u00ea McBride is gekwalifiseer vir die pos. &#8220;In terme van kwalifikasies, weet ons hy het &#8216;n graad in polisi\u00ebring. Dus, in terme van kwalifikasies, het hy aan die vereistes voldoen. Dit moet ook in gedagte gehou word dat hy die hoof van &#8216;n polisie-agentskap was.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mthethwa het bevestig dat die kabinet McBride vir die pos aanbeveel het uit die nege kandidate vir die pos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mark Shaw, direkteur van gemeenskappe, misdaad en konflik by STATT Consulting in Hongkong, was een van die gunsteling-kandidate, berig Beeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">STATT is \u2019n organisasie in Hongkong soortgelyk aan die plaaslike Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McBride is in 1992 saam met 150 politieke gevangenes vrygelaat. In 1998 is hy as\u00a0\u2019n hooggeplaaste amptenaar in die departement van buitelandse sake, in Mosambiek weens beweerde wapensmokkelary in hegtenis geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het aangevoer dat hy saam met die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) gewerk het. Alle aanklagte teen hom is later laat vaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McBride, en die beweerde handlanger van die Tsjeggiese Mafiabaas Radovan Krejcir, Cyril Beeka en nog \u2019n man is vroe\u00ebr weens aanranding aangekla by &#8216;n Kaapse ontkleeklub.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging het besluit om McBride nie te vervolg nie en Beeka en nog \u2019n beskuldigde het alleen tereggestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2011 word McBride skuldig bevind aan dronkbestuur en regsverydeling n\u00e1 \u2019n ongeluk in Desember 2006 toe sy ampsmotor naby Centurion op pad terug van \u2019n werkpartytjie naby die Hartbeespoortdam gerol het. Hy is later op app\u00e8l vrygespreek.<\/p>\n<p>Die DA s\u00ea McBride is nie geskik vir die rol nie omdat Opod &#8220;daagliks met sensitiewe inligting werk&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bomplanter Robert McBride is die regte man vir die pos het\u00a0Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor ges\u00ea na McBride se benoeming as nuwe hoof van die polisie-ondersoekdirektoraat (Opod). McBride se rol in die Magoo\u2019s Bar-bomaanval in 1986 in Durban waarin drie wit vroue gesterf en 69 mense beseer is, is bekend.\u00a0McBride is in 1986 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19545\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bomplanter McBride se pa s\u00ea &#8216;wittes&#8217; is teen hom&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19546,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[],"class_list":["post-19545","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19545","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19545"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19545\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19546"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19545"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19545"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19545"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}