{"id":195,"date":"2007-03-13T20:11:52","date_gmt":"2007-03-13T20:11:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=195"},"modified":"2007-03-13T20:11:52","modified_gmt":"2007-03-13T20:11:52","slug":"mugabe-bedreig-van-binne-sy-party","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=195","title":{"rendered":"Mugabe bedreig van binne sy party"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Mugabe word in die gesig gestaar deur &rsquo;n veel groter opposisie as ooit binne die geledere van Zanu-PF,&rdquo; meen Takavafira Zhou, ontleder en professor in geskiedenis aan die Universiteit van Masvingo in die suide van Zimbabwe.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die president het di&eacute; naweek sy voorneme om hom van nuuts af aan verkiesbaar te stel vir &rsquo;n mandaat van ses jaar gedurende aanstaande jaar se presidentsverkiesing aangekondig. Sy stelling is gemaak terwyl die party die gedagte bestudeer om sy huidige mandaat met twee jaar te verleng ten einde die presidentsverkiesing met die parlement&ecirc;re verkiesing in 2010 te laat saamval.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die idee het die steun van Mugabe se volgelinge tydens die jaarvergadering van Zanu-PF in Desember ontvang, maar is nog nie deur die sentrale komitee van die party en die parlement goedgekeur nie. Volgens mnr. Zhou word die besluit om hom aanstaande jaar verkiesbaar te stel gemotiveer deur die verwerping deur sekere lede van die idee om die presidentsverkiesing uit te stel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Daar is &rsquo;n gevoel binne die geledere van Zanu-PF dat hy in 2008 behoort af te tree soos hy ges&ecirc; het. Daar is ten minste drie faksies wat rondom die opvolging stry, maar die probleem is dat niemand tot dusver die gesag afdwing wat Mugabe wel binne Zanu-PF afdwing nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Elphus Mukonoweshuro, professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Zimbabwe in Harare meen ook dat die party verdeel is sedert Mugabe drie jaar gelede gesuggereer het dat hy aan die einde van sy huidige mandaat sou aftree.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe Joyce Mujuru as vise-presidente in Desember 2004 benoem is, het die staatshoof die indruk gewek dat hy haar as sy opvolgster aanwys, veral toe hy verklaar het dat sy tot &rsquo;n ho&euml;r pos bestem is. &ldquo;Mugabe het homself in &rsquo;n drukgang na aftrede geplaas,&rdquo; volgens Mukonoweshuro. &ldquo;Nou poog hy om om te draai. Sy party is verdeel en self lyk hy sonder &rsquo;n plan om &rsquo;n soliede ondersteuningsbasis te bou.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die faksies het die basis wat Mugabe goedgesind is, verswak. Hy is gereduseer tot &rsquo;n verswakte leier wat veg om sy eie onafhanklike faksie byeen te bring.&rdquo; Sy verhouding met mev. Mujuru blyk ook heelwat koeler te wees en sy het verlede maand tydens Mugabe se verjaardagseremonie in haar afwesigheid geskitter.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Volgens die International Crisis Group (ICG), &rsquo;n NRO wat in Brussel gebaseer is, lei die eggenoot van mev. Mujuru, Solomon, &ldquo;die veldtog om Mugabe te dwing om aan die einde van sy mandaat in 2008 af te tree&rdquo;. &ldquo;Sekere figure binne Zanu-PF meen dat die konflik met Mujuru insgelyks bestaan met betrekking tot ander belangrike leiers van die party, hoewel heelwat bang is om openlik Mugabe se voorstel teen te gaan,&rdquo; het die ICG bygevoeg.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terwyl Mugabe &rsquo;n vlaag openbaresektorstakings moes trotseer weens die slegte ekonomiese situasie met inflasie van meer as 1 700 persent, bly die veiligheidsmagte tot dusver lojaal teenoor hom. Volgens mnr. Zhou is hul ondersteuning krities: &ldquo;Indien die weermag sy kant kies, sal hy hulle teen die interne opposisie gebruik&hellip; Indien die weermag hom aan die kant van een van die faksies sou skaar, kan dit ook teen hom begin optree.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u0430\u0431\u0440\u0430\u0437\u0438\u0432 \u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u044f \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Mugabesw.JPG\" width=\"87\" height=\"113\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Hoe lank nog?<\/div>\n<\/div>\n<p>Eerder as wat hy die opposisie vrees, kom die werklike bedreiging vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe van sy eie partylede wat ontevrede is met sy voorneme om sy mandaat te verleng, volgens sekere ontleders.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Mugabe wat reeds 83 jaar oud is en Zimbabwe sedert onafhanklikheid in 1980 regeer, is deur die internasionale gemeenskap verdoem weens die brutale onderdrukking verlede Sondag van &rsquo;n opposisie-byeenkoms.<\/span><\/p>\n<p>     <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dog as Morgan Tsvangirai, die leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), die vernaamste opposisieparty, die nuus gehaal het omdat hy deur die polisie gearresteer en geslaan is, bestaan &rsquo;n groter bedreiging vir Mugabe binne die geledere van sy eie party, die Zimbabwe-Afro-Nasionale Unie-Patriotiese Front (Zanu-PF).<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[341,21089,182],"class_list":["post-195","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-mugabe-bedreig-van-binne-sy-party","tag-nuus","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/195\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}