{"id":19483,"date":"2013-11-11T12:08:38","date_gmt":"2013-11-11T10:08:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19483"},"modified":"2013-11-11T12:08:38","modified_gmt":"2013-11-11T10:08:38","slug":"voorbeeldland-en-voorbeeldvolk-japan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19483","title":{"rendered":"Voorbeeldland en voorbeeldvolk Japan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/shinto.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-19484\" alt=\"shinto\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/shinto.jpg\" width=\"240\" height=\"210\" \/><\/a>Ek, my vrou en ons twee seuns van 18 jaar, was in Augustus vir drie weke op reis in Japan en dit was \u2018n onvergeetlike ervaring. Graag deel ek hierdie ervaring met julle. Voor die aanpak van die reis het ons soveel as moontlik boeke gelees oor Japan. Die meeste boeke raai \u2019n voornemende reisiger af om nie in Japan \u2018n voertuig te bestuur nie. Ons het tog \u2019n voertuig gehuur, want hiermee kom jy veral op die platteland vinnig oor die weg.<\/p>\n<p>Na \u2018n baie lang vlug in die nuwe dubbeldekker Airbus het ons op die lughawe Nara net buite Tokyo geland. Op die lughawe moes alle reisigers met \u2019n vreemde paspoort in \u2019n aparte ry staan en hier word iets gedoen wat ons nog nooit in \u2018n ander land te\u00ebgekom het nie. Van elke vreemde persoon word \u2018n foto geneem, maar ook die vingerafdrukke van die twee wysvingers word digitaal geneem deur op twee klein kussinkies te druk. Ons het ook op die lughawe kontant Yen getrek uit die OTM, omdat ons bewus was van die feit dat jy nie sommer by enige bank geld kan trek met \u2018n buitelandse bankpas nie. By Citibank was dit dan wel moontlik.<\/p>\n<p>Hierna kon ons ons bestelde voertuig in ontvangs neem; outomaties, want alle voertuie in Japan is outomaties. Hy het ook geen handrem nie, maar \u2018n tweede voetrem. Aanvanklik was ons maar super versigtig, maar gou het ons ontdek dat dit eintlik baie maklik is om in Japan te bestuur. Daar word links gery soos in Suid-Afrika en jy vind n\u00earens in Japan maar een slaggat in \u2018n pad nie. Vanaf die lughawe het ons suidwaarts beweeg in die rigting van Kyoto, die voormalige hoofstad van Japan. Onderweg het ons talle besienswaardighede besoek, onder andere by Kamakura waar ons \u2018n groot Boeddha beeld sien staan het in die opelug. Ons het die pragtigste kastele en tempels gesien wat \u2019n groot aantal besoekers trek, maar seker 99% van die besoekers is egter Japanners.<\/p>\n<p>Alle verkeersborde word in Japanse skrif sowel as in Romeinse letters aangegee. Ons navigasie-sisteem was in Romeinse letters bedienbaar. Hierop kan jy dorpsname invoer, winkelname, hotelname, telefoonnommers, ens. Om die hotelle te bereik wat ons vantevore met \u2018n kredietkaart gereserveer het, het ons telefoonnommers aan die navigasie-sisteem gevoer. Ons het die groot aantal tolpaaie wel lastig gevind en ook duur. Ons het egter eers later besef dat \u2018n mens voor die tyd \u2018n digitale kaart kan koop waarmee \u2019n mens op tolgeld kan bespaar. \u2019n Mens is egter nie verplig om tolpaaie te neem nie. Die navigasie-sisteem gee voor die aanvang van die reis verskillende opsies, soos reistyd, maar ook die koste aan die tolgeld op \u2019n bepaalde trajek. Hieruit kan \u2018n mens dan \u2019n keuse doen. Tolpaaie verkort die reistyd soms wel drasties. Daar is duisende br\u00fbe en hulle is byna altyd van staal. In Toyo hang heelwat paaie in die lug en is die konstruksie hiervan ook van staal (beton sal waarskynlik makliker breek by aardbewings). Ons het deur tientalle tonnels gery, soms tot 4km lank en n\u00earens enige rook kon ruik binne-in hierdie tonnels nie.<\/p>\n<p>Hierdie land en sy mense het ons baie verbaas. Japan is \u2019n besonder skoon land. Jy sien n\u00earens papiere, blikkies en plastiek rondwaai nie. Selfs in die miljoene stad Tokyo sien jy n\u00earens rommel rondl\u00ea nie. Maar ook sien jy n\u00earens asblikke op straat staan nie. Jy gooi dus nie jou rommel op straat nie (of soos in Suid-Afrika sommer by die karvenster uit nie). Jy hou dit by jou en tuis gooi jy dit in die asblik. Alle afval word tuis geskei (plastiek, metaal, papier en organiese afval apart).<\/p>\n<p>Die verskeidenheid aan produkte in Japanse winkels is enorm groot. Ons was in die verlede telkens verbaas oor die groot verskeidendheid aan produkte in Europese winkles, maar Japanse winkels oortref die produkaanbod by verre. Die vrugte in Japanse winkels is die grootste en mooiste wat ons ooit gesien het. Die appels en perskes is seker twee keer so groot as grootstes wat ons in Europa gesien het. In geen enkele supermark staan iemand gereed om jou aangekoopte kruideniersware vir jou in te pak nie. Jy pak dit alles maar self in.<\/p>\n<p>Japan is ongetwyfeld \u2018n land van ho\u00eb tegnologie. Jy vind daar produkte wat jy nie kan weet welke doel dit moet dien nie, maar ook vreemde produkte soos \u2018n naelknipper met \u2018n loep. Veral in elektronika-winkels staan jy verbaas oor die produkaanbod en die kwaliteit. Hier vind jy onder andere deursigtige skottelgoedwassers, mini (deursigtige) \u00a0skottelgoedwassers, outomatiese stofsuiers, outomatiese grassnyers, reuse LED lampe, wat ons nog nooit elders gesien het nie, maar ook outomatiese toilette. Oral in Japan is die toilette outomaties. Die toiletsitplek word verwarm en ook die spoelwater waarmee jy afgespoel word tydens\/na die toiletbesoek, word verwarm.<\/p>\n<p>Ook die boekwinkels in enorm groot. My een seun, wou Japanese boeke koop en het ons \u2018n aantal boekwinkels besoek. Hierdie boekwinkels is almal groter as die biblioteke in Suid-Afrika en alle boeke is in Japannees. Ek het onder andere ook \u2018n Engelstalige boek gesoek oor die Japanse Sjinto\u00efsme, maar kon dit n\u00earens vind nie. Eers met ons tuiskoms kon ek \u2018n Nederlandstalige boek oor die Sjinto\u00efsme vind via internet, wat ek dadelik bestel het.<\/p>\n<p>Wat ons besonders gevind het in daardie mooi land is die feit dat die gee van fooie\/tips ongebruiklik is. Jy gee niemand \u2019n fooi in Japan nie. Dit word as \u2018n belediging beskou. Ons het elke aand in restaurante ge\u00ebet, nooit fooie gegee nie en niemand dit sien doen nie. Ook by die hotelle dra jy jou bagasie self en is daar geen portier wat jou te hulp snel en jou koffers na jou kamer dra en dan bakhand staan vir \u2019n fooi nie.<\/p>\n<p>In Japan eet jy baie lekker. Die kos is vars en die smaak is voortreflik. Daar word in alle opsigte gestreef na perfeksie. Dit sien jy onder andere aan die produkte in \u2019n bakkery. Aan sommige gebak kan jy sien dat dit meerdere kere op verskillende manier gebak moes gewees het. Ook wil dit voorkom asof die meel daar fyner is as die wat ons ken en hulle gebak is wel meestal soet. Ook die brood is effens soeter as ons bekende brode. Ons het dikwels ook lekker nat-beskuit gekoop wat ons besonder smaaklik gevind het. Nooit geweet dat ons boerbeskuit (wel ongedroog) in Japan sou vind nie. Gedroogte vleis en gedroogte vis koop jy daar ook in elke supermark, van velerlei soorte.<\/p>\n<p>Wat ons ook opgeval het, is die smaak van die vleis. Dis beslis beter as die smaak van vleis in Europa, maar miskien tog nie so smaaklik as die van byvoorbeeld die Spur nie. Tog is die vleis bekend as Kobe beef, van Wagyu beeste, besonder smaaklik. Hierdie Wagyu beeste kry \u2019n spesifieke dieet en onder andere ook bier om te drink, word gemasseer en rustig gehou. Tussen die vleisvesels van hierdie beesvleis sit ook baie vetweefsel wat die vleis \u2018n besondere smaak gee. Mens sou dan dink dat Japanners vet mense moet wees, maar ons het baie selde \u2019n oorgewig Japanner gesien.<\/p>\n<p>Verder is die Japanners baie bewus van skoonheid en higi\u00ebne. Alles word baie goed skoongemaak en baie personeel dra handskoene. By sommige bakkerye neem jy by die ingang van die winkel \u2019n skinkbord en tang. Met jou tang plaas jy die produkte wat jy uitgekies het op die skinkbord en loop na die kassa. Hier word jou broodjies en ander gebak sorgvuldig ingepak. Die skinkbord en tang wat jy gebruik het, word ook ingehandig en gaan direk in die skottelgoedwasser. Ook dra bus-chauffeurs, taxi-chauffeurs en polisie almal wit handskoene. Soms sien \u2018n mens selfs op straat mense met handskoene loop, maar die meeste mense op straat dra geen handskoene nie. Verder sien \u2018n mens geen skoonmakers nie. Alle winkels word deur die personeel self skoongemaak. In die skole maak die kinders self die klaskamers en ook toilette skoon.<\/p>\n<p>Die Japanners is baie pligsgetroue en harde werkers. Baie min Japanners werk net 8 ure par dag, maar veel meer. Ons het onder andere \u2019n gids gehad wat ons by een van die talle kastele begelei het. Die man is nou op pensioen. Maar hy is al vir meer as 25 jaar \u2019n gids en hy doen die werk sonder enige vergoeding. Hy vertel dat hy vroe\u00ebr (voor sy pensioen) ses dae per week gewerk het. Vrydae was hy vry, maar inplaas daarvan om op sy weeklikse vrye dag tuis uit te rus, het hy as vrywilliger diens gedoen by die kasteel, waar hy steeds werksaam is.<\/p>\n<p>Die Japanse beskawingspeil is ongetwyfeld ho\u00ebr as die van ons. Die Japanners is besonder gedissiplineerd. Emosionele uitbarstings word in Japan as \u2019n groot swakheid beskou. Hulle manier van kommunikasie is baie beleefd en diplomaties. Die stemtoon, die stemhoogte, die woordkeuse en die non-verbale kommunikasie dui op agting en respek vir mekaar. In die hele samelewing kan \u2019n mens sien dat daar na perfeksie gestreef word; na ho\u00eb norme en waardes. Selfs die verpakking van eenvoudige koekies word so deeglik gedoen dat ons dit selfs vervelend gevind het (moeilik om dit oop te kry).<\/p>\n<p>Baie hotelle het swembaddens waar naak geswem word, maar mans en dames apart. In Kyoto het ons in \u2018n luukse hotel tuisgegaan met twee swembaddens (dames\/mans) en voor elke swembad hang \u2018n groot bord waarop enkele re\u00ebls pryk in groot letters. Een daarvan was besonder opmerklik: As jy \u2018n tatoe\u00ebring op jou liggaam het, hoe klein dan ook, mag jy die perseel nie betree nie.<\/p>\n<p>Merkwaardig is dat \u2019n mens baie min vreemdelinge in Japan sien. Ons het by een geleentheid \u2018n groep van ongeveer 6 moslems (dames met kopdoeke) gesien wat uit \u2019n ander Asiatiese land kom, waarskynlik gasarbeiders uit Indonesi\u00eb. Ook het ons baie min swartes gesien, seker in totaal 5. Twee daarvan was vergesel van Amerikaanse blanke vroue. By plekke met \u00a0besienswaardighede (veral in Tokyo) kom \u2018n mens wel \u2019n aantal buitelanders tee van Europese afkoms, waarvan die meeste Franse, Amerikaners en Duitsers is. Ons wil vermoed dat hulle waarskynlik meestal\/almal toeriste is op besoek aan Japan. Ten spyte van \u2019n krimpende bevolking, voer Japan \u2019n baie streng immigrasiebeleid. Ook is die Japanners baie op hulle hoede vir uitheemse invloed op hulle kultuur. Die Arabiese Koran is in Japan byvoorbeeld \u2018n verbode boek. In te\u00ebstelling tot Europa sien \u2018n mens nog baie jong Japanners met kinders, terwyl die bevolking in Europa vir \u2019n baie groter deel uit gryskoppe bestaan.<\/p>\n<p>Die natuur is pragtig. Dis berge en heuwels en alles groen en baie mooi. Die Japanners is baie bewus van die mooi natuur en hulle pas die natuur op. Die verering van die Natuur is immers een van die hoofpylers van die Sjinto\u00efsme. In alle dorpe en stede vind jy onder andere pragtige parke en tuine met watervalle en mooi terrasse en mooi visse. Ook in Tokyo vind mens \u2018n paar heel groot parke en as jy daar wandel, besef jy nie dat jy in \u2018n groot stad ronddwaal nie. Van hierdie parke binne-in die stede is ook enorm groot. Ook is in Japan nog \u2019n aantal smeulende vulkane te sien en het ons ook een hiervan besoek, waar kokende water en swael dampe uit die aarde stoot. Ten spyte van die digbevolkte gebied in die sentrale gedeelte van Japan, is die grootste gedeelte van die natuur ongeskonde. Die verbouing van rys sien mens in alle dele van Japan en is dit hulle vernaamste landbouproduk. Tog het ons ook deur \u2018n gebied gery waar druiwe en ook wyn geproduseer word.<\/p>\n<p>Ons het elke aand Japanse TV gekyk. Wat ons opgeval het, is dat jy al spoedig \u2018n sender vind waar een of ander reeks uitgesaai word wat in die verlede of verre verlede afspeel. Die indruk wat ons gekry het, is dat die Japanner baie trots is op hierdie verlede en daarom graag ook na programme kyk wat die verlede laat herleef. Nog opvallend is dat ons elke dag Japanners gesien het op straat wat in die tradisionele kimono\u2019s rondloop. Hulle was veral te sien by tempels waar heelwat jongedames kimono\u2019s dra. Dit is in teenstelling met Duitsland en Nederland waar tradisionele drag maar selde nog gedra word en dan net tydens volksfeeste. Ons Afrikaners het eintlik geen tradisionele drag nie en kry bowendien dikwels skaam as TV-programme getoon word wat die verlede uitbeeld.<\/p>\n<p>Die twee hoofgelowe in Japan is die Sjinto\u00efsme en die Boeddhisme. Die Boeddhiste huisves beelde in hulle tempels, maar die Sjinto\u00efsme ken eintlik geen beelde nie. Sjinto\u00efstiese tempels is dus byna altyd beeldloos. Alhoewel beide die gelowe imposante heiligdomme ken, vind \u2018n mens dikwels ook heel eenvoudige tempels, veral by die Sjinto\u00efsme. Die Sjinto\u00efsme is die oudste religie in Japan en is dit eintlik \u2019n vorm van animisme. Die Natuur word dus deur die Sjinto\u00efsme vereer en opgepas. Dit is dan vir ons ook opvallend dat die Japanners die verlossingsgodsdienste van die Midde-Ooste buite die deur hou; en kon sulke godsdienste nooit \u2018n stewige vastrapplek in Japan vind nie. Vandag is Islam sonder enige te\u00ebstand besig om Europa binne te sypel.<\/p>\n<p>Dit was vir ons merkwaardig om te kon sien hoe Nagasaki en Hiroshima, binne tien jaar na die val van die atoombomme volledig herbou was. Ook is dit merkwaardig om te sien, hoe die Japanners groot maatskappy (Honda, Kawasaki, Sony, Mitsubishi, Toyota, Yamaha, Nintendo, Hitachi, Sharp, Canon, Casio, Toshiba, Nikon, Sanyo, Fuji, Olympus, Panasonic, Pentax, ens.) uit die grond kon stamp terwyl daar geen grondstowwe in die bodem sit nie. Yster, koper, olie, ens word alles ingevoer en hiervan word ho\u00eb tegnologie produkte gemaak. Terwyl Japan slegs oor 123 miljoen mense beskik, is Japan vandag die derde grootste ekonomie in die w\u00eareld en word veral gespesialiseer in ho\u00eb tegnologie-produkte.<\/p>\n<p>Daar word ook redelik baie fietsgery in Japan, selfs in die groot stede. Maar dan moet \u2019n mens byvertel dat die meeste Japanners nie goed kan fietsry nie. Hulle stel die saal te laag. Hulle doen dit egter om veiligheidsredes. \u2018n Wankelende fietsryer kan maklik die voete op die grond sit om \u2019n val te voorkom en ook is dit makliker om by \u2018n verkeerslig te stop. Maar omdat die saal so laag sit, is dit moeilik om krag uit te oefen op die pedale.<\/p>\n<p>Iets wat ons in Japan nie mooi gevind het nie is die kragdrade en telefoondrade wat alles aan pale gemonteer word en in die lug hang. Krag- en telefoondrade word in Europa onder die grond begrawe. \u2018n Voordeel van die kragdrade wat in die lug hang, is dat die veiliger is en dat nuwe drade maklik aangel\u00ea kan word en oues verwyder word. Net soos die Noord-Europe\u00ebrs is die Japanners nie behep met die versiering van hulle gebou deur middel van beelde en ander tierlantyn nie. Dit is in teenstelling met Suid-Europa waar geboue ryklik versier word (ook beeldryk).<\/p>\n<p>Langs die snelwe\u00eb vind \u2018n mens dikwels rusoorde waar motoriste brandstof kan aanvul en iets lekkers kan nuttig. Dit het ons opgeval dat sommige reisigers, wanneer hulle daar stop, hulle voertuie nie eens sluit nie. Die enjins laat hulle dan ook nog draai, met die sleutels in die slot, terwyl hierdie reisigers gou iets gaan koop. Die bedoeling van die draaiende enjin is om die airco aan die gang te hou sodat die kajuit van die voertuig koel bly. Dit was in Augustus immers elke dag ongeveer 35 grade. Ons wil hiervan aflei dat daar nie sluipers is in Japan wat sit en wag om voertuie te ontvreem nie. In Japan is die misdaadsyfer besonder laag en die doodstraf bestaan steeds.<\/p>\n<p>Wat ons ook opgeval het, is die keurige kleredrag van die mense. Japanners met verslonsde klere kom jy byna nie tee nie. Baie Japanners verskyn op straat asof hulle uit modeboeke stap. Onder die jong dames is kort rokkies popul\u00ear, maar \u2018n lae hals kom jy nie tee nie. Ten spyte van die warm somerweer in Japan, dra baie dames sykouse en die mans pakke. Ook dra baie dames op straat sambrele om die son af te weer. Langs die pragtige strande van Japan het ons groot skares swemmers verwag, maar die strande is (byna) leeg. Japanners hou nie daarvan om in die son te l\u00ea nie. Die Japanse skoonheidsideaal (veral onder die dames) is om so wit as moontlik te wees.<\/p>\n<p>In die restourante is die bediening besonder vinnig. Kort nadat jy jou bestelling geplaas het en die eerste teue van jou drankie geneem het, verskyn \u2018n bord voor jou neus met die sissende gereg daarop wat jy bestel het.<\/p>\n<p>In Japan mag jy in die openbaar nie rook nie, maar ook nie openbare geboue nie. Slegs op spesifieke aangewese plekke, mag gerook word. In Tokyo word hierdie tekens wat rook verbied onder andere op die sypaadjies (straat te\u00ebls) afgebeeld.<\/p>\n<p>Parkeerplek is nie altyd volop nie. In die groot stede het baie hotelle \u2018n hysbak-sisteem vir voertuie. Jy kan nie in die parkeergarage rondry nie, maar kom net by die ingang binne. Jy moet dan uit jou voertuig klim, waarna \u2018n hysbak-sisteem jou voertuig wegneem en iewers b\u00eare. Wil jy later die voertuig terugsien, druk die portier op \u2018n knop en jou voertuig verskyn. Hy staan dan al omgedraai, sodat jy nie nog agteruit hoef te ry om uit die parkeergarage te kom nie. My sommige hotelle staan egter voor die parkeergarage \u2019n groot draaitafel wat voertuie omdraai.<\/p>\n<p>Japan is nie so \u2018n duur land as wat mens dink nie. Hotel akkommodasie is selfs goedkoper as in Europa. Petrol kos omgereken ongeveer dieselfde as in Suid-Afrika. Amerikaanse McDonalds en KFC vind \u2018n mens oral in Japan en die prys-kwaliteit is dieselfde as in Europese lande.<\/p>\n<p>As daar \u2018n land en \u2019n volk is by wie ons sommer baie kan leer, is dit Japan en sy mense. Dit is dan ook betreurenswaardig dat ons so min van hierdie voorbeeldvolk weet uit die Land van die Rysende Son. Ons Afrikaner-o\u00eb is immers kollektief gerig op Amerika as voorbeeld, terwyl Amerika \u2019n sinkende skip is. Gedurende die boikot-jare is ons deur die ganse westerse w\u00eareld veroordeel en geboikot, maar die wyse Japanners en Taiwanese het ons juis nie veroordeel en geboikot nie.<\/p>\n<p>Groetnis<\/p>\n<p>Petrus van Eeden<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek, my vrou en ons twee seuns van 18 jaar, was in Augustus vir drie weke op reis in Japan en dit was \u2018n onvergeetlike ervaring. Graag deel ek hierdie ervaring met julle. Voor die aanpak van die reis het ons soveel as moontlik boeke gelees oor Japan. Die meeste boeke raai \u2019n voornemende reisiger &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19483\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Voorbeeldland en voorbeeldvolk Japan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19484,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[14161,6549,14160,14159],"class_list":["post-19483","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-boeddha","tag-japan","tag-lughawe-nara","tag-tokyo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19483","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19483"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19483\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19484"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19483"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19483"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19483"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}