{"id":19442,"date":"2013-11-10T13:17:01","date_gmt":"2013-11-10T11:17:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19442"},"modified":"2013-11-10T13:17:18","modified_gmt":"2013-11-10T11:17:18","slug":"tradisionele-zuma-het-zoeloes-gered","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19442","title":{"rendered":"Tradisionele Zuma het Zoeloes gered"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/zumaskins.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-19443\" alt=\"zumaskins\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/zumaskins.jpg\" width=\"275\" height=\"183\" \/><\/a>Die VSA se oud-president Jimmy Carter het werklikwaar\u00a0byna vir president Thabo Mbeki te lyf gegaan,\u00a0omdat Mbeki geweier het om anti-retrovirale\u00a0medisyne\u00a0ook vir Zoeloes\u00a0beskikbaar te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U het reg gelees: tydens Thabo Mbeki se bewind is Kwazulu-Natal se lae lewensverwagting deur president Mbeki se &#8220;irrasionele&#8221; beleid bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Statistiek Suid-Afrika se mees onlangse\u00a0post-Mbeki sensus bewys dit. Nadat\u00a0 Zuma\u00a0sy politieke\u00a0opponent\u00a0Mbeki oorwin het en self ANC-president geword het in Mbeki se plek, het lewensverwagtinge in die land die meeste in Kwazulu-Natal gestyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net het president Zuma persoonlik\u00a0sy MIV-oorwinning bekend gemaak na sy strategiese omgang met &#8216;n MIV-positiewe persoon nie, maar daarna het\u00a0hy ook\u00a0Mbeki voortydig as staatspresident vervang,\u00a0en so MIV se negatiewe impak op Kwazulu-Natal so gou as moontlik die nek in geslaan met moderne medisyne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons skryf oor Afrikanervolksmoord en hou rekord van plaasmoorde,\u00a0maar\u00a0wie in Suid-Afrika skryf oor die verskil in Kwazulu-Natal onder die Mbeki- teenoor die Zuma-bewind?\u00a0Feit is, honderduisende mense in Kwazulu-Natal se lewens is medies gesien onnodig kortgeknip, en honderduisende babas het in Kwazulu-Natal het absoluut onnodig tydens Mbeki se bewind gesterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom wou Jimmy Carter vir Thabo Mbeki te lyf gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Was die intellektuele Thabo Mbeki irrasioneel wat betref moderne ARM? President Mbeki was blykbaar nie dom en bygelowig nie. Dus was hy polities. Kwazulu-Natal as ANC-provinsie was president Mbeki se politieke vyand in ons demokrasie, waar die grootste etniese taalgroep, dit is Zoeloesprekendes, volgens die stemgetalle moet regeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mbeki se politieke instink, onmenslik en oneties, was op sy eie oorlewing ingestem. Vandag is Kwazulu-Natal die Zuma-ANC se sterkste magsbasis, vanwaar hulle vir ten minste 30 jaar oor Suider-Afrika\u00a0wil regeer. Kwazulu-Natal het nou nie net die hoogste styging in lewensverwagting nie, maar ook die meeste ANC-lede, takke en verteenwoordigers van alle provinsies in multi-etniese en meertalige Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het eers die ekstern-aangedrewe etniese burgeroorlog in Kwazulu-Natal gestop, en nou as staatspresident ook Mbeki se beleid omgekeer, en deur middel van ARM die lewensverwagting in Kwazulu-Natal verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste witmense\u00a0lag vir Jacob Zuma, en die ex-ANC-Jood Shapiro het\u00a0met sy simboliese stortkop die tradisionele Zoeloe van Nkandla as dom en onnnosel gebrandmerk. Tradisionele Afrikaners weet egter van beter, en\u00a0dat daar ekonomiese en politieke\u00a0kompetisie tussen Suid-Afrika se etniese groepe bestaan. Dit is wetenskaplik wel so dat stort direk na seks die MIV-virus kan afwas.\u00a0 Ons moet dus soos Zuma wees: te midde van spot en veragting, selfs van ons eie mense, wetenskaplik en wettig ons politiek pleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En alhoewel tradisionele Afrikaners tereg protesteer teen gruwelike\u00a0Boere-plaasmoorde en sogenaamde\u00a0etnies-staatlose Afrikaneruitwissing, weens ons\u00a0eie tuimelende geboortesyfers, is dit ter wille van ons kinders se toekomstige oorlewing ook van belang dat ons ander etniese uitwissings soos die van tradisionele Zoeloes\u00a0onder Mbeki-Brittanje se bewind raaksien, en die politieke belang daarvan ook erken, net soos met die aanslag teen\u00a0tradisionele Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogenoemde kan slegs gedoen word\u00a0deur verskille in\u00a0swart\u00a0en wit velkleure\u00a0te ignoreer, en politiese aksies eerder op kulturele tradisies te fokus van tradisionele Zoeloes en tradisionele Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide Paul Kruger en Jacob Zuma was tradisionele Afrikane wat as politieke leiers\u00a0teen die etniese uitwissing van hulle onderskeie tradisionele groepe\u00a0&#8211; hulle magsbasisse &#8211; moes opstaan.\u00a0Net so ook Andries Pretorius en Ndlela kaSompisi. Hierdie mense met\u00a0identiteit en tradisie\u00a0het die geskiedenis van Suid-Afrika gemaak. Deur bloot net &#8216;n identiteitlose wit of swart te wees, is nie goed genoeg om geskiedenis te maak, om\u00a0effektief politiek te pleeg nie, om te oorleef in die toekoms in\u00a0nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit moes ons grootste protes teen &#8220;EE&#8221; en &#8220;SEB&#8221; wees: Die &#8220;wit&#8221; statistiek-klassifikasie, want dit groepeer, verpolitiseer en dus neutraliseer\u00a0tradisionele Afrikaners saam met kosmopolitiese blankes soos Jode en Engelse, pleks van polities-effektief tesame met mede-tradisionele Afrikane soos Zoeloes van Nkandla &#8211;\u00a0&#8216;n soort veilige volkstaat ter wille van die oorlewing van identiteit en tradisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">100 Jaar na die stigting van die ANC,\u00a0sowel as\u00a0byna 20 jaar\u00a0se demokratiese bewind, is die diepte van verdeeldheid in en om die ANC so groot soos die San Andreas fout.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ook al met die verdeelde ANC en sy verdeelde alliansie in Gauteng en\u00a0Limpopo gaan\u00a0gebeur, gaan net die Zuma-ANC se etniese magsbasis in veral Kwazulu-Natal verder beklemtoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As tradisionele Zoeloes\u00a0het die mense van Nkandla &#8216;n soort Messias opgelewer &#8211; een wat hulle van Mbeki se vyandige politieke anti-ARM beleid gered het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met behulp van Afrikaner-Rooivalke en Afrikaner-weermagdoktrines het Zuma &#8216;n deurbraak vir Suid-Afrikaanse belange in die Kongo gemaak. Soos wat die Westers-internasionale en wit kosmopolitaanse weerstand teen die suksesse van die tradisionele Nkandla eskaleer, soos nou alreeds voor die verkiesing gebeur, sal die noodsaaklikheid van &#8216;n tweede strategiese tradisie-alliansie in Suid-Afrika al hoe groter word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Jacob Zuma met Dan Roodt en ander plaaslike Afrikaners gebraai het, het hy laat blyk dat Afrikaners as potensiele Afrika-stam geen bruikbare politieke steunmag vir tradisionele Zoeloes is nie, omdat hulle nie as &#8216;n identifiseerbare tradisionele groep ge-organiseer is nie, ten spyte van al hulle tradisionele gebraaiery. Rugby is ook &#8216;n suiwer Engelse pleknaam, en rugby speel alleen, hoewel\u00a0&#8216;n\u00a0politieke Boere-tradisie sedert die ABO, is nie genoeg vir effektiewe Afrikanerpolitiek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wat ons ook\u00a0benodig, is &#8216;n\u00a0dik kleurblinde tradisie-bril. Een\u00a0wat wit en Westerse\u00a0kosmopolitane op &#8216;n afstand as politieke opposisie kan identifiseer, en terselfdertyd tradisionele Zoeloes reg langs ons as strategiese tradisie-bondgenote kan raaksien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Andries Pretorius het dit so gesien. Danksy hom en sy geniale militere\u00a0tradisies\u00a0leef ons en bestaan Pretoria, ons gewese tradisionele Nkandla.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Baie sterk en geskiedmakende tradisie van Pretorius, Kruger en ander Republikeinse en moderne\u00a0Afrikaners, is uiters\u00a0gevorderde vegkunste en wetenskaplik ontwerpte weermagdoktrines.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tradisionele Nkandla-beheerde Suider-Afrika het &#8216;n\u00a0akute behoefte aan hierdie gesogte Afrikanertradisie, soos nou in die Kongo,\u00a0SAR, Mosambiek\u00a0en Suid-Afrika met sy eskalerende sekuriteitsbehoeftes\u00a0bewys.\u00a0 Kwazulu-Natal regimente veg tans in die voorste linies, maar maak staat op Afrikanertuig en kundigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tradisionele&#8221; Afrikanermedia\u00a0soos PRAAG kan &#8216;n bemarkingsrol speel om\u00a0meer militere loopbane vir jong werklose Afrikaners in die Nkandla-beheerde SANW te beding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">M Jacobs<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VSA se oud-president Jimmy Carter het werklikwaar\u00a0byna vir president Thabo Mbeki te lyf gegaan,\u00a0omdat Mbeki geweier het om anti-retrovirale\u00a0medisyne\u00a0ook vir Zoeloes\u00a0beskikbaar te stel. U het reg gelees: tydens Thabo Mbeki se bewind is Kwazulu-Natal se lae lewensverwagting deur president Mbeki se &#8220;irrasionele&#8221; beleid bepaal. Statistiek Suid-Afrika se mees onlangse\u00a0post-Mbeki sensus bewys dit. Nadat\u00a0 Zuma\u00a0sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19442\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tradisionele Zuma het Zoeloes gered&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19443,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-19442","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19442","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19442"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19442\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19443"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19442"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19442"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19442"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}