{"id":1938,"date":"2008-06-16T02:07:56","date_gmt":"2008-06-16T02:07:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1938"},"modified":"2015-01-02T06:54:35","modified_gmt":"2015-01-02T04:54:35","slug":"oor-die-afrikaners-se-verlede-en-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1938","title":{"rendered":"Oor die Afrikaners se verlede en toekoms"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"float: left;\" title=\"Image\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/steyn_jaap.jpg\" alt=\"Image\" width=\"101\" height=\"104\" border=\"0\" hspace=\"6\" \/>In my vorige twee rubrieke oor die <a href=\"index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=1725&amp;Itemid=403\">demografiese krisis<\/a>, asook die <a href=\"index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=1788&amp;Itemid=403\">positiewe en negatiewe<\/a>\u00a0aspekte van\u00a0ons situasie, is gewys op elemente van die hede. Ten slotte \u2019n paar opmerkings oor die verlede en toekoms.<\/div>\n<p align=\"justify\">As \u2019n mens die geskiedenis van Europa, Afrika, Asi\u00eb en Amerika lees, besef jy dat verkeerde dinge wat Afrikaners gedoen het, niks erger is as wat ander volke of nasies begaan het nie. Inteendeel. Baie van ons apartheidspraktyke was niks vreemds aan vredestydse praktyke in Amerika, Europese, Asiatiese en Afrikalande nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Uitdrukkings soos \u201clegacy of the past\u201d of \u201cdie nalatenskap van apartheid\u201d verwys egter altyd na iets slegs. Dit maak ander mense, en ook onsself blind vir die belangrike bydraes wat die Afrikaners tot Suid-Afrika gelewer het, dikwels in samewerking met ander, maar dikwels ook op ons inisiatief.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die eerste is die materi\u00eble of die stoflike bydrae \u2013 alles wat die ANC-bewind ge\u00ebrf het, naamlik \u2019n hoogs ontwikkelde infrastruktuur, \u2019n doeltreffend funksionerende staatsapparaat, munisipale dienste wat in stand gehou is ondanks alles wat in die laaste jare van die ou bedeling gedoen is om die land \u201conregeerbaar te maak\u201d. Daar was \u2019n gesofistikeerde gesondheidsdiens.<\/p>\n<p align=\"justify\">Spesifieke bydraes is onder baie ander die Gariep- en Vanderkloofdam, asook Sasol, wat vir die ANC so \u2019n belangrike simbool van apartheid was, dat hy dit wou verwoes (in 1980 is aanslae daarop gemaak) maar vandag iets is waarmee die bewind kan spog.<\/p>\n<div align=\"justify\">Naas die stede, dorpe en nywerhede is daar duisende plase wat deur kommersi\u00eble boere opgebou is en wat vandag van groot waarde is in \u2019n w\u00eareld waarin voedsel \u2019n al hoe belangriker bate word. Hierdie plase is vandag \u2019n begeerlike buit. Oral getuig geboue van ons teenwoordigheid en bydrae \u2013 van die Kaaps-Hollandse plaashuise, die Transvaal-Hollandse stasiegeboue en die Vrystaatse sandklipkerke en \u2013plaaswonings tot die moderne geboue in die stede.<\/div>\n<p align=\"justify\">Onder die nie-stoflike bydraes is die vestiging van die \u201cWesterse\u201d of \u201cChristelike beskawing\u201d (iets re\u00ebels, maar moeilik omskryfbaar), die Romeins-Hollandse reg en demokratiese instellings. Die Boererepublieke was demokrasie\u00eb \u2013 al was hulle, soos die res van die w\u00eareld in daardie tyd, nog nie ten volle demokraties in di\u00e9 opsig dat almal stemreg gehad het nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die grondwetmakers van die Unie van Suid-Afrika het op aandrang van twee Afrikaner-afgevaardigdes, pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog, besluit dat Engels en \u201cHollands\u201d (dus Afrikaans en Nederlands) die amptelike tale sou wees. Brittanje het Engels as die enigste amptelike taal beskou, en die Engelssprekende afgevaardigdes het na die nasionale konvensie gegaan met die mening dat alleen Engels die offisi\u00eble taal sou bly.<\/p>\n<p align=\"justify\">Di\u00e9 besluit is een van die belangrikste in Suid-Afrika se geskiedenis, want daarmee is amptelike veeltaligheid ingestel. Mettertyd is die taalbeleid na ander gemeenskappe uitgebrei. Alle taalgroepe het moedertaalonderwys gekry; die Verwoerd-bewind het volwaardige radiodienste vir die Afrikatale ingestel; later het televisie in di\u00e9 tale gevolg. In die tuislande is die Afrikatale gebruik, soos isiXhosa in die wetboeke van die Transkei.<\/p>\n<p>Een van die nalatenskappe van die ou bewind was taaldiversiteit in die onderwys, die radio en televisie en die landsbestuur<\/p>\n<div align=\"justify\">Van Wyk Louw het vyftig jaar gelede gewaarsku: \u201cLaat ons nie roem nie!\u201d \u2019n Mens sou vandag kon byvoeg: \u201cMaar laat ons ook nie in sak en as gaan sit nie!\u201d Ons verdien daardie beskeie trots waarvan hy praat.<\/div>\n<p>Dis al bietjie \u2019n clich\u00e9 om te s\u00ea: \u201cWie die hede beheers, beheers die verlede; wie die verlede beheers, beheers die toekoms.\u201d Ons moet daarteen veg dat ons verlede beheers word deur wat die vyande van die Afrikaner ons wysmaak \u2013 want dit sal seer seker \u2019n negatiewe invloed h\u00ea op die toekoms.<\/p>\n<p align=\"justify\">Moet die Afrikaners voortbestaan as \u2019n volk (of \u201ckultuurgemeenskap\u201d) met \u2019n eie taal en geestelike en kulturele erfgoed? (Die alternatief is om langsamerhand van ons taal en ander aspekte van ons identiteit afstand te doen en as Engelssprekendes in \u2019n Suid-Afrikaanse nasie op te gaan.) As ons bevestigend antwoord, kan ons inspirasie kry uit die feit dat daar oor die hele w\u00eareld volkere en taalgroepe is wat vir hul identiteit die stryd aanknoop.<\/p>\n<p align=\"justify\">Soos Leopold Scholtz onlangs geskryf het, kleef daar opeens nie meer &#8216;n reukie aan nasionalisme, etniese identiteit en godsdiens nie. Dis nie noodwendig regs of gevaarlik as Afrikaanse mense vir hul taal opkom of as Afrikaners hul etniese identiteit hoog ag nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">Wat nodig bly, is die voortsetting van aktivisme, veral taalaktivisme Die term taalaktivisme verwys na aktiwiteite waardeur belanghebbendes druk op maghebbers probeer uitoefen om ongewenste taalbeleide en taalpraktyke te verander. Sulke aktiwiteite sluit in ondersoeke, mediadekking, gemeenskapsmobilisering, drukgroepvorming, litigasie, en selfs geweld. Onlangs het Solidariteit ook bedinging genoem: onderhandeling, maar ook druk en protes.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Al hierdie aktiwiteite behalwe geweld het die afgelope paar jaar voorgekom. Daar was Giliomee en Schlemmer se ondersoek na die posisie van Afrikaans aan universiteite, en die mobilisering van die Stellenbosse oudstudente teen die verengelsing van daardie universiteit.<\/div>\n<p>\u2019n Paar suksesvolle hofgedinge is teen onderwysdepartemente gevoer wat Afrikaansmediumskole se taalbeleid verander het.<\/p>\n<div align=\"justify\">Ander aktiwiteite was di\u00e9 van groepe soos Aksie Potchefstroom en ander wat onnodige pleknaamveranderings teenstaan.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Aanvullend daarby kom een van die oudste instrumente van \u2019n taalbeweging of volksbeweging, eie instellings en organisasies. Die Beweging vir Christelike Volkseie onderwys het \u2019n klompie skole, maar dit het nog nie \u2019n groot beweging geword nie. Hulle toon egter wat moontlik is indien al meer Afrikaanse skole sou verdwyn.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania-beweging, het in By iets aangehaal wat die FAK-voorsitter Danie Goosen ges\u00ea het: &#8220;Het dit nie tyd geword dat die Afrikaners op &#8216;n kollektiewe grondslag ernstige oorweging gee aan die moontlikheid om binne die bestaande grondwetlike bedeling dorp- en stedelike ruimtes te skep waarbinne hulle op &#8216;n selfstandige wyse inhoud aan &#8216;n gedeelde lewe kan gee nie? Stede word vandag opnuut ervaar as ruimtes waarbinne gemeenskappe op &#8216;n demokratiese grondslag kontinu\u00efteit aan hulself kan gee. As dit elders kan gebeur, waarom nie ook onder Afrikaners nie?&#8221;<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">De Klerk noem as goeie voorbeeld van selfstandige handeling die inisiatief wat die vakbond Solidariteit geneem het met die oprigting van sy tegniese kollege, Soltech. Sonder om vir optrede deur die regering te wag het die vakbond die ondernemingsgees aan die dag gel\u00ea om &#8216;n instelling te skep wat jongmense in Afrikaans oplei en bemagtig.\u201d<\/div>\n<div align=\"justify\">Ek kan hier nie volledig ingaan op die belangwekkende voorstelle van Heinrich Matthee nie. Matthee is \u2019n veiligheidsontleder wat onlangs sy doktorsgraad aan die Universiteit van Marburg magna cum laude behaal het.<\/div>\n<p align=\"justify\">\u00a0In \u2019n H.F. Verwoerd-gedenklesing in 2006 was sy boodskap dat enige uitkoms begin by die aktiewe besluit van \u2018n pres. M.T. Steyn, die besluit wat ook verwoord word in die gedigte van Van Wyk Louw: die besluit dat ons nie gebuig kan word, soos hul geweld beoog nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Waar eers so \u2018n wil is, verskyn wel \u2018n weg. Sy voorstelle behels die vorming van voorlopers, die leiers en potensi\u00eble leiers op alle terreine. \u2018n Eie inligtingsnetwerk moet opgebou word, dalk in kombinasie met Afrikanerbeheerde bedrywe binne en buite SA. Projekte en geleenthede moet plaasvind rondom denkers, skrywers en ander kunstenaars. Hy s\u00ea: \u201cHulle skep alternatiewe waarderuimtes waarbinne mense lewe. Bevryde gebiede begin in die gees.\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">Hy meen Afrikaners en hul kamergeleerdes het nog nie naastenby genoeg oor selfverdediging gedink nie. Dalk kry die moordbendes dit vorentoe reg om Afrikaners uiteindelik te transformeer: tot selfverdedigers. Spesiale magsoldate meen dat die meerderheid deur die regte opleiding omvorm word tot redelike verdedigers. Maar daar sal waarskynlik \u2018n eerste linie mobiele veiligheidspesialiste wees, dalk rondom ontbinde kommando\u2019s en privaatveiligheidsfirma\u2019s.<\/p>\n<p align=\"justify\">Matthee s\u00ea Afrikaners moet hul vryheid van denke en politieke pluralisme koester terwyl hulle hul paraatheid bou. En hy voeg by wat Langenhoven, Sagmoedige Neelsie, ges\u00ea het: \u201cBakleiery is vanself so \u2018n slegte ding dat jy dit nie boonop sleg moet doen ook nie.\u201d<\/p>\n<p align=\"justify\">Ten slotte moet ons \u2019n ander gesindheid oor ons verlede aankweek, iets anders as die gees van sak en as oor wat verkeerd gedoen is in die verlede.<\/p>\n<p align=\"justify\">Ons moet wegkom van die ongesonde en demoraliserende opvatting van kollektiewe skuld. Ons kan nie medeverantwoordelikheid aanvaar vir wat elke Afrikaner verkeerd doen of wat groepe verkeerd gedoen het nou of in die verlede nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Daarteenoor wil ek iets stel uit \u2019n afsluitingsreferaat wat die digter, essayskrywer en dominee Izak de Villiers in 2004 in Potchefstroom voor die Akademie gelewer het. Die <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/opstelle74.htm\">referaat<\/a> verskyn volledig op Praag se webwerf.<\/p>\n<p align=\"justify\">De Villiers s\u00ea ons moet die waarheid in die geskiedenis soek, \u201cdie grootse \u00e9n die skande\u201d, maar die skande moet ons nie ten koste van die grootse beklemtoon nie. Ons moet \u2019n nuwe selfbewussyn en trots ontwikkel, \u201cin die besef dat die w\u00eareld groter is as stelsels, kultusse en abstraksies, en gedagtig aan die woorde van T.S. Eliot uit &#8216;Burnt Norton&#8217;: \u2018Time present and time past \/ Are both perhaps present in time future,\/ And time future contained in time past,\u2019 dat die verlede, veral die goeie van die verlede, eintlik nooit afgehandel word nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">\u201c[\u2026] Jy konfronteer jou eie duiwels uit die verlede en jy probeer hulle so goed as moontlik hokslaan, maar dan soek jy jou engele soos die ou bewarende Engel wat voor die Israeliete uitgetrek het. Di\u00e9 soektog begin in ons totale verlede, nie slegs die onlangse verlede van &#8216;n lapsus nie en nie slegs die afdwalings nie. Jy vertrap nie jou eie helde en mites nie, jy bou hulle.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free slot machines no download<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In my vorige twee rubrieke oor die demografiese krisis, asook die positiewe en negatiewe\u00a0aspekte van\u00a0ons situasie, is gewys op elemente van die hede. Ten slotte \u2019n paar opmerkings oor die verlede en toekoms. As \u2019n mens die geskiedenis van Europa, Afrika, Asi\u00eb en Amerika lees, besef jy dat verkeerde dinge wat Afrikaners gedoen het, niks [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[118],"tags":[440,1841,21092],"class_list":["post-1938","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c109-jaap-steyn","tag-jaap-steyn","tag-oor-die-afrikaners-se-verlede-en-toekoms","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1938","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1938"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1938\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1938"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1938"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1938"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}