{"id":19306,"date":"2013-11-05T18:25:00","date_gmt":"2013-11-05T16:25:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19306"},"modified":"2013-11-05T19:08:31","modified_gmt":"2013-11-05T17:08:31","slug":"anc-gaan-deurdruk-met-kredietamnestie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19306","title":{"rendered":"ANC wil deurdruk met kredietamnestie"},"content":{"rendered":"<div id=\"article-body\">\n<div id=\"body\" style=\"text-align: justify;\">\n<figure id=\"attachment_19307\" aria-describedby=\"caption-attachment-19307\" style=\"width: 259px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/robdavies3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-19307\" alt=\"Rob Davies\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/robdavies3.jpg\" width=\"259\" height=\"194\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-19307\" class=\"wp-caption-text\">Rob Davies<\/figcaption><\/figure>\n<p><span>Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Dinsdag ges\u00ea uitleners moet strenger bekostigbaarheidstoetse doen as antwoord op besware teen die verwydering van negatiewe kredietinligting.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister s\u00ea hy verstaan die vrees dat die kredietinligtingsamnestie die risiko en koste van krediet kan verhoog, maar s\u00ea die regering is vasbeslote om daarmee deur te druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal meebring dat 1,6 miljoen verbruikers op die \u201cswartlys\u201d weer \u2019n \u201cskoon\u201d kredietgeskiedenis kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns kan nie op die draad sit nie. Daar is \u2019n sterk begeerte hierna,\u201d het Davies in Kaapstad aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenstanders in die bedryf meen die amnestie sal daartoe lei dat mense wat reeds nie hul skuld kan betaal nie, n\u00f3g skuld aangaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink ons het \u2019n antwoord daarop en ons moet ons antwoord \u2019n bietjie verfyn,\u201d s\u00ea Davies. \u201cOns moet spesifieke riglyne en raamwerke ontwikkel, maar ons ignoreer niemand nie.\u201d Dis \u2019n verwysing na bekostigbaarheidskriteria wat na verwagting deur die Nasionale Kredietreguleerder opgestel gaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kabinet het die wetgewing oor die kredietinligtingsamnestie in September goedgekeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verbruikers op \u2019n swartlys wat w\u00e9l hul skuld afbetaal het, sal \u2019n skoon kredietstatus kry aangesien hul status hulle verhinder om lenings, behuising en selfs werk te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davies s\u00ea meer as twee-derdes van die voorleggings wat in die maand lange konsultasietydperk ingedien is, was positief.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bankvereniging van Suid-Afrika en die kredietgraderingsagentskap Moody\u2019s s\u00ea egter die feit dat banke minder inligting oor verbruikers se betalingsgeskiedenis tot hul beskikking gaan h\u00ea, skep \u2019n ho\u00ebr risiko.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davies s\u00ea die departement vergader volgende week met die kredietburovereniging oor bekostigbaarheidskriteria.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die aantal loonbeslagorders van mynwerkers by Marikana \u2013 waar sommige werkers tot 80% van hul salaris nie eens sien nie \u2013 wys op die mate van onverantwoordelike praktyke in die bedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWat met \u2019n loonbeslagorder gebeur, is dat jy (die uitleners) geen risiko neem nie. Jy hoef nie \u2019n (kredietwaardigheids-)bepaling te doen nie, want hulle werk vir iemand en jou geld is veilig.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davies s\u00ea voortaan sal werkgewers ook nie werkaansoekers se kredietverslae mag aanvra nie, tensy hulle met geld gaan werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander stappe wat verbruikers kan help, is dat regsaksie gestaak moet word as hulle skuldbemiddeling aanvra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In antwoord op \u2019n vraag het Davies ges\u00ea hy verwerp \u201cmet minagting\u201d enige suggestie dat die kredietinligtingsamnestie \u2019n verkiesingsfoefie is. &#8211; Sapa<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Dinsdag ges\u00ea uitleners moet strenger bekostigbaarheidstoetse doen as antwoord op besware teen die verwydering van negatiewe kredietinligting. Die minister s\u00ea hy verstaan die vrees dat die kredietinligtingsamnestie die risiko en koste van krediet kan verhoog, maar s\u00ea die regering is vasbeslote om daarmee deur te druk. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19306\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC wil deurdruk met kredietamnestie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19307,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[14082,14083,11793,5663],"class_list":["post-19306","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-bekostigbaarheidstoetse","tag-kredietinligtingsamnestie","tag-minister-van-handel-en-nywerheid","tag-rob-davies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19306","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19306"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19306\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19307"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19306"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19306"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19306"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}