{"id":19096,"date":"2013-10-30T09:25:50","date_gmt":"2013-10-30T07:25:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=19096"},"modified":"2013-10-30T09:26:05","modified_gmt":"2013-10-30T07:26:05","slug":"goeie-nuus-vir-die-patriotiese-president","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=19096","title":{"rendered":"Goeie nuus vir die patriotiese president"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_19097\" aria-describedby=\"caption-attachment-19097\" style=\"width: 252px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/kabila.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-19097\" alt=\"kabila\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/kabila.jpg\" width=\"252\" height=\"200\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-19097\" class=\"wp-caption-text\">President Kabila<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide Angola en die Kongo was en is van kardinale belang vir Suid-Afrika as &#8216;n soewereine superstaat in\u00a0&#8216;n multi-pol\u00eare w\u00eareld van superstate soos die VSA,\u00a0EU en China.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die eerste Afrikanerstaat het Namibi\u00eb aan Suid-Afrika behoort, en kon die Suid-Afrikaanse Weermag\u00a0goedkoop en vinnig\u00a0deur Namibie tot in Angola ry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1975 was die plan om die magsvakuum met minimum fanfare te vul om tot in Luanda te ry met &#8216;n blou Honda-motortjie heel vooraan, die MPLA se oorname\u00a0te stuit,\u00a0en Unita aan bewind te plaas. Dit sou die olieryke Angola soos Namibi\u00eb de facto &#8216;n aanliggende\u00a0provinsie en\u00a0afhanklike tuisland van Pretoria gemaak het. (Die VSA\/CIA het hulle vyand\u00a0Fidel Castro toegelaat om Pretoria se\u00a0supermag ter wille van Beijing se steun aan die VSA teen die Sowjet-Unie te stuit.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vriendskaplike Rhodesi\u00eb sou by &#8216;n vergrote Suid-Afrika-Namibi\u00eb-Angola baat gevind het, deurdat dele van Zambi\u00eb en post-Portugese Mosambiek terselfdertyd in\u00a0Rhodesi\u00eb se\u00a0invloedsfeer en ekonomiese skoot sou geval het, en Rhodesi\u00eb sodoende sterk en standhoudend sou gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur\u00a0in 1975\u00a0vanaf Suid-Wes tot in Luanda te ry, sou Pretoria teen die jaar 2000\u00a0&#8216;n magtige konfederale Suider-Afrikaanse superstaat gewees het, gelykstaande aan die EU en die VSA, met die potensiaal om die Westerse w\u00eareldleier van die 21ste eeu te word.\u00a0Dit is &#8216;n wetenskaplike geopolitieke feit, en nie onderhewig aan\u00a0debat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cecil John Rhodes en Alfred Milner\u00a0se werk sou ongeveer &#8216;n eeu na\u00a0hulle Westerse\u00a0visie verwesenlik geword het, ironies genoeg\u00a0onder Afrikanerleierskap en potensiele w\u00eareldinvloed.\u00a0Afrikanerleiers in Pretoria was egter\u00a0vrekbang\u00a0vir plaaslike wit kiesers bestaande uit verskillende etniese groepe, tale en kulture, en het aanvanklik hopeloos te stadig en versigtig die geweldige magsvakuum in Angola en Mosambiek probeer vul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot dele van dieselfde magsvakuum is egter vandag nog steeds daar. Kwazulu-Natal regimente veg\u00a0nou in die DRK, en hulle maak goeie vordering danksy puik Afrikanerwapentuig, insluitend die Rooivalkhelikopter. President Zuma se weermag moet egter na die DRK,\u00a0Uganda en Rwanda vlieg, wat die logistieke lugbrug\u00a0geweldig duur en moeilik maak. Ook die Afrikaner-Rooivalkhelikopters is na die DRK gevlieg in Russiese vragvliegtuie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n Afrikanerlogistiekelandbrug,\u00a0militere mag en baie basisse\u00a0in Suid-Afrika-Suidwes-Angola, sou groot dele van vandag se DRK, insluitend die hidro-elektriese Inga-damme, onder Pretoria-Nkandla se sorg, beskerming en beheer gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Zuma (en die Suid-Afrikaanse Staat)\u00a0moet in die DRK veg om Inga III (2 500MW na SA)\u00a0en Groot Inga (tussen 10 000 en 20 000MW na SA)\u00a0moontlik te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zoeloe-regime se promosie van Inga III en Groot Inga is intelligent, net soos die Afrikanerregime se strategiese ondersteuning van Cahora Bassa was, maar Inga is nog belangriker as Cahora Bassa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egipte was aanvanklik die ankerklient vir Groot Inga, wat uiteindelik 40 000MW moet lewer om die Groot Inga hidro-damwal koste-effektief te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egipte se ekonomie is nou egter vernietig. Inga III en Groot Inga se ankerklient is nou gewis Suid- en Suider-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom het President Zuma weereens persoonlik ooreekomste met die DRK oor Inga gedryf en\u00a0geteken. En President Zuma voeg die daad by die woord, en probeer die DRK stabiliseer met die mees moderne Afrikanerwapentuig en weermagdoktrines. Soos destyds in Angola, sal Suid-Afrika se militere stryd in die DRK\u00a0en omstreke (insluitend Angola) eskaleer, en ook al hoe meer werk vir Afrikanerkundigheid skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kans dat die Zoeloe-regime van Pretoria-Nkandla gaan slaag om Suid-Afrika as soewereine superstaat te laat oorleef is, is min of meer so groot of klein\u00a0soos die van die Afrikaner-regime in 1975.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Belangriker is die feit dat die Zoeloe-regime probeer, al is dit deur ook broederskap met Joseph Kabila in Kinshasa te bewys, wat\u00a0aandui dat\u00a0tradisionele Zoeloes\u00a0polities-intelligent in die 21ste eeu van globale imperium is. Meer as meeste van vandag se nie-tradisionele Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is positiewe patriotiese nuus, nie net vir President Zuma nie, maar ook vir tradisionele Afrikanernasionaliste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hef aan le voor, met oorlog en ekonomiese swaarkry. Afrika vir die imperialis! Of niks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">M. Jacobs<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Beide Angola en die Kongo was en is van kardinale belang vir Suid-Afrika as &#8216;n soewereine superstaat in\u00a0&#8216;n multi-pol\u00eare w\u00eareld van superstate soos die VSA,\u00a0EU en China. Tydens die eerste Afrikanerstaat het Namibi\u00eb aan Suid-Afrika behoort, en kon die Suid-Afrikaanse Weermag\u00a0goedkoop en vinnig\u00a0deur Namibie tot in Angola ry. In 1975 was die plan om die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=19096\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Goeie nuus vir die patriotiese president&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":19097,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-19096","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19096","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=19096"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/19096\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/19097"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=19096"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=19096"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=19096"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}