{"id":18980,"date":"2013-10-28T07:17:29","date_gmt":"2013-10-28T05:17:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18980"},"modified":"2013-10-28T07:17:29","modified_gmt":"2013-10-28T05:17:29","slug":"wat-het-jaco-mulder-op-daspoort-gese","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18980","title":{"rendered":"Wat het Jaco Mulder op Daspoort ges\u00ea?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18981\" aria-describedby=\"caption-attachment-18981\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/jaco-mulder_pieter-mulder.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-18981\" alt=\"Jaco Mulder (links), afgeneem saam met die nasionale leier, dr. Pieter Mulder\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/jaco-mulder_pieter-mulder-300x266.jpg\" width=\"300\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/jaco-mulder_pieter-mulder-300x266.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/jaco-mulder_pieter-mulder.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18981\" class=\"wp-caption-text\">Jaco Mulder (links), afgeneem saam met die nasionale leier, dr. Pieter Mulder<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gun dit nie vir Steve Hofmeyr om in die politiek te wees nie.\u201d S\u00f3 het mnr. Jaco Mulder, Gautengse leier van die Vryheidsfront Plus op Saterdag 26 Oktober 2013 in die AGS-kerk op Daspoort, Pretoria ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In kommentaar wat gister op PRAAG se kommentaarafdeling geplaas is, skryf Mulder:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek stel dit sonder vrees vir teenspraak reguit aan Dan Roodt dat hy &#8216;n leuen verkondig op Praag, ek het dit nie gese nie. Ek het wel gese dat die volk dikwels van sterk leiersfigure soos Steve Hofmeyr en Louis Luyt verwag om die partypolitiek te betree om &#8216;n verskil te maak en dat mense soos Steve Hofmeyr en Louis Luyt eintlik &#8216;n ander nering het omdat deelname aan die Suid Afrikaanse partypolitiekestelsel ook behels dat jy jou dae in vervelige debatte moet deurbring wat nie noodwendig handel oor dit waaroor jy oorspronklik betrokke geraak het nie. Louis Luyt het na die ontnugtering wel na 1999 die parlement verlaat. Hierdie leiers kan ander mediums meer effektief gebruik soos byvoorbeeld Praag, Afriforum en ander.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens Jaco Mulder se toespraak het ons notas bygehou; vandaar bogaande verbatim-aanhaling uit sy rede. Net voor die gedeelte waar Mulder na Steve Hofmeyr en Louis Luyt se deelname aan politiek verwys het, het hy ges\u00ea: \u201cSommige mense betree die politiek terwille van hul ego\u2019s.\u201d Binne die konteks van sy daaropvolgende kommentaar oor Hofmeyr en Luyt, moet dit dus as verdere sydelingse kommentaar op nie-beroepspolitici soos sangers of sakemanne gelees word. Hy het ook beklemtoon dat mnr. Louis Luyt \u201cnet drie maande in die parlement gehou het\u201d, waarna sy setel aan iemand anders oorhandig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sodat lesers self \u2018n oordeel oor Jaco Mulder se toespraak kan vel, gee ons die res van die toespraak so volledig as moontlik hier weer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAfrikaners is plesierig\u2026 en dan maak hulle s\u00f3. Soms stem hulle ook vir die DA. Hulle verkeer gesellig, hou van sport, die natuur, jag en kunstefeeste. Ons ontwikkel tegnologie: die eerste hartoorplanting is deur Chris Barnard, \u2018n Afrikaner, gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns maak geskiedenis, soos die republiek wat in 1961 tot stand gekom het. Sedertdien was daar egter \u2018n totale magsoorgawe. Ons situasie is een van Afrikaner-onmag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns werk hard, maar brand uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOp bladsy drie van Beeld verskyn daar \u2018n berig oor \u2018n Amerikaner wat oor Pretoria se standbeelde praat. Standbeelde van Paul Kruger moet afgebreek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2018Net so s\u00ea prof. Makgoba (van die universiteit van Kwazulu-Natal): \u201cAfrikaans is \u2018n kanker.\u201d Ook Jonathan Jansen is anti-Afrikaans. Die Vryheidsfront doen nie net dinge wat \u2018n politieke party doen nie, hy moet ook \u2018n stryd stry rondom taal en kultuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het nou na Deon Oppperman se reeks Donkerland (op KykNET) gekyk. Ek wil s\u00ea: Deon, jy is soos Malema. Dis \u2018n skewe beeld van die Afrikaner wat jy oordra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cParty van ons mense emigreer en doen afstand van hul identiteit. Party van ons verengels en stuur ons kinders na Engelse skole.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie DA is besig om te afrikaniseer. Hul party het ons stemme nie meer nodig nie. Ek noem die DA \u2018n \u2018liberaal-Afrikanistiese party\u2019.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Afrikaner het in 1994 sy politieke vryheid verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil ons leiers kritiseer: hulle moet om \u2018n ronde tafel sit en vergader, hul verskille uit die weg ruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is noodsaaklik dat daar in elke stadsraad \u2018n Vryheidsfrontlid moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns is Euro-Afrikane. Ons woon in Afrika, maar het \u2018n Westerse kultuur. Ons staan vir minderheidsregte, taal en kultuur. Die Vryheidsfront Plus is die laaste bastion van Westerse Christelike waardes in Suid-Afrika. Indien ons nie herkies word nie, sal ons uit die openbare lewe verdwyn. Daarmee saam sal die finansies verlore gaan (wat ons stryd aan die gang hou).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is mense wat by die politiek betrokke raak vir hulle ego\u2019s.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMense kom na my toe en s\u00ea: Steve (Hofmeyr) moet parlement toe gaan. (Maar) ek gun hom nie om in die politiek te wees nie. Ek hou van Steve, maar neem nou maar die voobeeld van Louis Luyt. Min mense weet dat hy \u2018n stigterslid van die DA was. Toe hy sien waarheen die DA op pad is, het hy en die Federale Alliansie na die Vryheidsfront Plus toe oorgeloop. Om in die politiek te wees, beteken dat jy jou dae in vervelige debatte moet deurbring wat nie noodwendig handel oor d\u00edt waaroor jy oorspronklik betrokke geraak het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLouis Luyt het net drie maande in die parlement gehou, toe sien hy nie meer daarvoor kans nie. Dit is toe aan iemand anders oorgegee wat sy termyn voltooi het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns beskik oor \u2018n vyfpunt-aksieplan wat ons verkiesingsplan uitmaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMense besef nie watter rol ons agter die skerms speel om Afrikanerbelange te beskerm nie. Sonder ons sou Kleinfontein lankal in die moeilikheid gewees het. Op 30 Oktober gaan die portefeuljekomitee (van die provinsie Gauteng) weer Kleinfontein besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMense is onbetrokke. Hulle wil liewer ander dinge doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Vryheidsfront moet deel word van die hoofstroomdebat in die land.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk gun dit nie vir Steve Hofmeyr om in die politiek te wees nie.\u201d S\u00f3 het mnr. Jaco Mulder, Gautengse leier van die Vryheidsfront Plus op Saterdag 26 Oktober 2013 in die AGS-kerk op Daspoort, Pretoria ges\u00ea. In kommentaar wat gister op PRAAG se kommentaarafdeling geplaas is, skryf Mulder: Ek stel dit sonder vrees vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18980\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat het Jaco Mulder op Daspoort ges\u00ea?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":18981,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[13858,7600,13859,9377,4640],"class_list":["post-18980","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-daspoort","tag-jaco-mulder","tag-louis-luyt","tag-steve-hofmeyr","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18980","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18980"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18980\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18981"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18980"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18980"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18980"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}