{"id":18970,"date":"2013-10-27T09:34:28","date_gmt":"2013-10-27T07:34:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18970"},"modified":"2013-10-27T14:13:38","modified_gmt":"2013-10-27T12:13:38","slug":"die-teenmiddel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18970","title":{"rendered":"Die teenmiddel"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/rassisme_logo.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-18971 alignleft\" alt=\"rassisme_logo\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/rassisme_logo-300x156.jpg\" width=\"300\" height=\"156\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/rassisme_logo-300x156.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/rassisme_logo.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>deur JH du Toit<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toevallig kyk ek vanaand die Hollywood-aksieprent <em>World War Z<\/em>. Dis tipiese breinlose Hollywood-vermaak, wat meestal op baie aksie, spesiale effekte en \u2018n redelike spanningslyn vertrou om die kyker te boei. Dit gaan oor \u2018n w\u00eareldwye epidemie wat mense in zombies verander. Dis eintlik \u2018n simpel ou storie, maar tog het iets daarin my aan die dink gesit. Op een punt s\u00ea die een karakter wat die viroloog is, dat die patogeen se wreedse kenmerk gewoonlik ook sy swakheid is. Nou ja kom ons los <em>World War Z<\/em> daar en gesels verder oor ons eie sake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is nie \u2018n wafferse bioloog nie, maar verduur maar vir \u2018n oomblik my vergelyking al is my wetenskap dalk so bietjie skeef op \u2018n plek of drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier gaan ons: Wanneer \u2018n organisme deur \u2018n patogeen aangeval word, tree die immuunsisteem in om die organisme te beskerm. Indien die immuunsisteem onbekend met die patogeen is, sal dit aanvanklik deur die patogeen verower word en die organisme word siek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By herhaalde aanvalle sal die immuunsisteem sy opponent begin verken. Dit sal swakhede in die mondering van die patogeen vind en teenliggaampies sal gebou word. Uiteindelik sal die teenliggaampies die patogeen aanval en as die infeksie nie te ver gevorder is nie, sal dit die infeksie uitwis. Die organisme sal dan herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos \u2018n organisme word die Afrikaner deur \u2018n patogeen aangeval. Die huidige Suid-Afrikaanse bestel en al sy marxistiese voorstanders is daardie patogeen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patogene vind gewoonlik \u2018n swakheid in die gasheer en val dit juis daar aan. Die Afrikaner se apartheidsverlede is sy swakheid en dit word met welslae teen ons gebruik. Boonop het daar in die 20ste eeu \u2018n marxistiese w\u00eareldkultuur posgevat wat blanke identiteit verdag maak. Die Afrikaner is dus nie net binnelands nie, maar ook w\u00eareldwyd geneutraliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige poging van die Afrikaner om selfbeskikking te herwin, word onmiddellik beskryf as \u2018n onbereidwilligheid om onder \u2018n swart regering te dien. Dit word verstaan as blanke oorheersing en dus rassisme teenoor swartes. Die oomblik as daardie beskuldiging geslinger word, stigmatiseer dit ons en dan luister niemand meer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Patogene soos virusse verander egter dikwels hul struktuur. Wanneer die organisme deur die veranderde virus aangeval word, herken die immuunsisteem dit nie en die teenliggampies kan dit nie neutraliseer nie. Die patogeen wat die Afrikaner aanval, is egter minder intelligent as \u2018n virus. Hy verander nooit sy genetiese struktuur nie en val altyd die Afrikaner op dieselfde swakheid aan. Tog ontwikkel die Afrikaner o\u00ebnskynlik nooit teenliggaampies hierteen nie. Dis asof ons net nie leer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die infeksie is suksesvol en ons het min weerstand daarteen. Al is die aanklag van rassisme \u2018n leuen, ons verlede en die w\u00eareldkultuur word gedurig effektief teen ons ingespan. Al ons klagtes oor misdaad, RA, SEB ens., slaag nie daarin om die aanslag te neutraliseer nie. Ons maak nie \u2018n duik in die patogeen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet egter die vraag vra waarom die Afrikaner nooit immuniteit hierteen ontwikkel en dit oorwin nie? \u2018n Tweede vraag is hoe sulke immuniteit of teenliggaampies sou lyk? Oor die eerste vraag kan \u2018n hele gesprek gevoer word, maar kom ons los dit vir later en spring vir nou direk na die tweede vraag toe. Evolusie word in ho\u00eb mate deur toeval gedryf. Verskillende mutasies van \u2018n organisme ontwikkel oor lang periodes, maar dit is die mutasies wat toevallig die beste by hul omgewing aanpas wat oorleef en hulself verder verfyn. Dit staan as natuurlike seleksie bekend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikanerpolitiek het die afgelope maand so \u2018n mutasie ervaar. Of dit toeval, intelligente ontwerp of blote frustrasie is wat dit meegebring het, is eintlik minder belangrik as dat dit wel gebeur het. Die <a title=\"Pretoria in rooi getooi vir Rooi Oktober\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=18435\">Rooi Oktober-gebeurtenis<\/a>, so klein as wat dit in getalle was, was die eerste teenliggaampies wat die patogeen suksesvol aangeval het. Om hierdie rede het die patogeen bitterlik teruggeveg, amper soos \u2018n gasheer wat ge\u00efnfekteer is en het die politieke koors gestyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat was hierdie amper toevallige Afrikaner teenliggaampies wat die NSA-virus so geweldig beetgekry het? Overgezet synde, wat was die Afrikanervirus wat die NSA-organisme so koorisg gemaak het? Toevallig of nie, het Rooi Oktober die NSA in sy swakheid getref. Vir die eerste keer het die Afrikaner die NSA-virus se vorm nageboots. Eerstens het die veldtog die aanvaller se marxistiese omhulsel nage-aap deur sigself na die rooi rewolusie te vernoem. D\u00edt het die vyand gefrustreer. Maar, ons mense het verder gegaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In stede daarvan om vir blote selfbeskikking te vra, oor RA, SEB, of plaasmoorde te kla, het die Afrikaner tot die kern van die saak self gekom, naamlik rassisme. Dit is gedoen deur die ras van die aanvaller uit te wys, asook di\u00e9 van die slagoffer. Dit het ge\u00efmpliseer dat die aanvaller \u2018n rassis is. Die Afrikaner het die vorm en inhoud wat gedurig teen hom aangewend word teen die NSA aangewend. Daar het \u2018n nuwe dialoog begin waar die Afrikaner hom as die slagoffer van rassehaat posisioneer. Hiermee het ons rassisme verwerp en daarop gewys dat ons die slagoffers van gewelddadige rassisme is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die woord &#8220;rassisme&#8221; wel in die aanklag voorgekom het, is dit nog relatief onderspeel. Die feit dat dit nie meer eksplisiet was nie het my laat dink dat dit eerder toevallig as doelbewus was. Nietemin was dit \u2018n waardevolle ontdekking en het die rigting aangedui.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie klag het die marxiste woedend gehad omdat hulle hul eie medisyne ingekry het. Onthou die beswaar van rassisme veroorsaak dat flou Oros aan koshuiswerkers \u2018n groter misdaad as Willemientjie Potgieter se teregstelling is. Dus, die klag dat moorde op ons weens rassisme jeens ons gepleeg word, is vir hulle onverteerbaar. Die rassismeklag ruk die morele fondament onder hulle bestel uit, want in die NSA is rassisme \u2018n erger misdaad as moord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat die getuienis (ek sal later hieroor skryf) so oorweldigend in ons guns is dat hierdie moorde wel rassisties gedrewe is, het hulle dus bitter min immunitiet daarteen . Hulle enigste verweer was om ons in ruil van rassisme aan te kla maar dit het eintlik net ons aanval se geldigheid verder bevestig en hulle swakker as ons gelaat. Noudat ons \u2018n rasseminderheid is met geen politieke mag nie, wat boonop deur rassewetgewing geteiken word terwyl daaglikse haatmisdaad teen ons gepleeg word, raak dit baie moeilik om die klag, dat ons die rasseverdrukker is, lewendig te hou. Die rolle het nou omgekeer. Ons is die slagoffer en hulle die verdrukker; ons bepaal nou die debat en die marxiste is nou die reaksion\u00eares. Noudat ons die swakheid in hul mondering gevind het, moet ons die aanval volhou, verskerp en verfyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou bepaal ons die taal wat gebruik word. Ons gebruik hulle taal teen hulle, nie omdat dit bloot strategies effektief is nie, maar ook omdat die klag van rassisme teen hulle die waarheid is. Nou moet ons op die rassisme teen ons infokus. Ons moet dit ontleed en die gesprek tot die hoogtes voer wat die w\u00eareld verdien om te hoor. Ons moet gedurig hulle gesigte daarin druk. Dit moet met feite gestaaf word en die grusame wreedheid daarvan moet onbeskaamd en in al sy aakligheid uitgewys word. Ons moet ons bloeiende slagofferskap opeis en die moorddadige verdrukker aan die w\u00eareld ontbloot. Terselfdertyd moet ons die enigste remedie aanbied, naamlik selfbeskikking, maar nie selfbeskikking bloot om selfbeskikkingsontwil nie, maar om ons te verlos van die lyding onder rassistiese verdrukking. Dit was die Jode n\u00e1 hul volksmoord beskore en dit is ons ook. \u2018n Kruipende volksmoord is reeds in volle swang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moenie meer die geveg bloot kragtans ons &#8220;etniese regte&#8221; veg nie, want dit veroorsaak net agterdog jeens ons. Dit moet die tweede plek inneem. Eerder, ons is die slagoffers van rassisme en dit is die waarheid. Daar kan geen groter rassisme wees as om die slagoffer van rassehaat van rassisme te beskuldig nie. Dis uiters immoreel om die slagoffer se verweer van hom te ontneem. Hierdie is hulle maaksel; met hierdie einste klag neutraliseer hulle ons en dan pleeg hulle boonop die mees brutale rassisme teenoor ons. Dis hulle wapen, maar dis ook hulle swakheid. Hulle het geen verweer teen hulle eie wapen nie. Hulle wreedste punt is ook hul swakste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is die geveg aan die gang. Laat ons oorverdowend die klag van &#8220;Rassisme!&#8221; aan die ganse w\u00eareld uitbasuin.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur JH du Toit Toevallig kyk ek vanaand die Hollywood-aksieprent World War Z. Dis tipiese breinlose Hollywood-vermaak, wat meestal op baie aksie, spesiale effekte en \u2018n redelike spanningslyn vertrou om die kyker te boei. Dit gaan oor \u2018n w\u00eareldwye epidemie wat mense in zombies verander. Dis eintlik \u2018n simpel ou storie, maar tog het iets [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":18971,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[126,10],"tags":[13852,5428,13851,266,13317,4784,13854,13853],"class_list":["post-18970","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c118-jh-du-toit","category-rubrieke","tag-infeksie","tag-jode","tag-patogeen","tag-rassisme","tag-rooi-oktober","tag-selfbeskikking","tag-slagofferskap","tag-willemientjie-potgieter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18970","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18970"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18970\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18971"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18970"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18970"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18970"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}