{"id":18923,"date":"2013-10-25T09:01:37","date_gmt":"2013-10-25T07:01:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18923"},"modified":"2013-10-25T09:01:55","modified_gmt":"2013-10-25T07:01:55","slug":"taal-kan-brue-bou-in-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18923","title":{"rendered":"Taal kan br\u00fbe bou in SA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/taal.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18925\" alt=\"taal\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/taal.jpg\" width=\"225\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/taal.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/taal-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 85vw, 225px\" \/><\/a>Taal is van onskatbare belang om mense in Suid-Afrika te help om \u2018n wedersydse begrip en respek vir mekaar te ontwikkel en om nasiebou te bevorder, s\u00ea dr. Corn\u00e9 Mulder, die Vryheidsfront Plus se hoofsweep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder het vandag met die tweede lesingsdebat van die Wetsontwerp op die Raad vir Suid-Afrikaanse Taalpraktisyns ges\u00ea die VF Plus sal daarom enige stap steun om veeltaligheid in die land te bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea dit sal die ideale situasie wees as jong mense mekaar se taal kan praat aangesien dit mense letterlik en figuurlik sal help om mekaar beter te verstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHierdie mag dalk na \u2018n baie gewone wet lyk, maar dit is nie. Hierdie wet is deel van \u2018n sekere proses van taal in Suid-Afrika wat baie belangrik is,\u201d het dr. Mulder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n ligter noot het dr. Mulder aan mede-parlementslede ges\u00ea hy is nie bekommerd oor die oorlewing van Afrikaans nie. \u201cAfrikaans het die aanslag van die Britse Ryk oorleef. Die ANC sal nie \u2018n probleem wees nie\u2026\u2019<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie meerderheid Afrikaanssprekendes in die land is nie wit nie. Miljoene mense praat Afrikaans. Dis \u2018n doodgewone, amptelike Suid-Afrikaanse taal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSuid-Afrika is \u2018n uiteenlopende gemeenskap, waarvan taal \u2018n deel uitmaak. Maar taal kan \u2018n fokuspunt wees op die gebied van sosiale kohesie en nasiebou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWanneer ons \u00a0met hierdie bouproses begin, soos met hierdie wet, sal ons besef dat ons die wet nie in isolasie kan sien nie. Taal is \u2018n belangrike proses in nasiebou. Wanneer ons almal gemaklik ons eie taal met mekaar kan praat, dan sal ons ware vooruitgang maak na sosiale kohesie en nasiebou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is waarna ons moet streef en waarheen ons moet mik. En indien ons daarmee erns het, is \u2018n wet soos hierdie belangrik om amptelike taalpraktisyns deel te maak van die samebindende weg na veeltaligheid wat allerbelangrik vir die land is,\u201d het dr. Mulder ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Taal is van onskatbare belang om mense in Suid-Afrika te help om \u2018n wedersydse begrip en respek vir mekaar te ontwikkel en om nasiebou te bevorder, s\u00ea dr. Corn\u00e9 Mulder, die Vryheidsfront Plus se hoofsweep. Dr. Mulder het vandag met die tweede lesingsdebat van die Wetsontwerp op die Raad vir Suid-Afrikaanse Taalpraktisyns ges\u00ea die VF &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18923\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taal kan br\u00fbe bou in SA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18925,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,13813,13812,13811,13810],"class_list":["post-18923","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-britse-ryk","tag-veeltaligheid","tag-wedersydse-begrip","tag-wetsontwerp-op-die-raad-vir-suid-afrikaanse-taalpraktisyns"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18923","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18923"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18923\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18923"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18923"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18923"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}