{"id":18892,"date":"2013-10-24T14:28:28","date_gmt":"2013-10-24T12:28:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18892"},"modified":"2013-10-24T14:28:44","modified_gmt":"2013-10-24T12:28:44","slug":"plaasaanvalle-neem-toe-se-iss-en-tlu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18892","title":{"rendered":"Plaasaanvalle neem toe s\u00ea ISS en TLU"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/vfplus.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18893\" alt=\"vfplus\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/vfplus.jpg\" width=\"262\" height=\"192\" \/><\/a>Die verwarring rondom plaasaanvalle en \u2013moorde word deur die staat self veroorsaak aangesien daar sedert 2007 nie statistiek hieroor gehou word nie, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verwarring lei tot kritiek dat mense wat daaroor praat, vrees en rasseverdeeldheid aanblaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHierdie kritiek moet voor die staat se deur gel\u00ea word en nie voor die deur van mense wat met reg bekommerd is oor die aanvalle en almal wat daardeur geraak word nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Syfers van die SA Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) en Transvaalse Landbou-Unie (TLU) wat vandag gepubliseer is, dui daarop dat plaasaanvalle toegeneem het en dat daar meer voorvalle landwyd was as in 2012.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word ook gereeld berig oor die buitengewone wreedheid en sadisme wat met die aanvalle gepaard gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die ISS word 120 uit elke 100 000 boere vermoor, teenoor die sowat 31 uit 100 000 gewone landsburgers en 54 uit 100 000 polisielede. In die laaste tien jaar is meer as 800 mense op plase vermoor, luidens mediaberigte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien iemand van die syfers verskil, moet daar druk op die regering geplaas word om die ware omvang daarvan bekend te maak, aangesien die regering die hulpbronne en middele het om di\u00e9 navorsing van stapel te stuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus is lank reeds besig om by die regering daarop aan te dring om landelike misdaad tot prioriteitsmisdaad te laat verklaar. Tot dit nie gebeur nie, sal onsekerheid en raaiwerk daaroor voortduur en moet die regering die blaam daarvoor dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNiemand kan betwis dat ons landbou-gemeenskap swaar deur misdaad geraak word nie. Die VF Plus sal nie daaroor swyg nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die party het verskeie organisasies hul eie statistiek wat hulle oor plaasaanvalle byhou, maar dit word hoofsaaklik verkry van mediaberigte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea dit is \u2018n onakkurate manier om statistiek te versamel aangesien die media nie oor elke misdaad in Suid-Afrika berig nie en hulle inligting vanaf die polisie nie altyd aantoon dat die voorval op \u2018n plaas plaasgevind het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge het al by monde van dr. Frans Cronj\u00e9 ges\u00ea dat daar tot sewe plaasaanvalle plaasvind vir elkeen waaroor berig word en dat wit boere tot dertien keer meer blootgestel is aan aanvalle as stads- of kleinhoewebewoners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns by die VF Plus is bekommerd oor alle misdaad, maar veral oor landelike misdaad en onverantwoordelike uitsprake oor grondhervorming wat daarmee gepaard gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns kan nie genoeg klem daarop l\u00ea dat druk vanuit alle oorde op die regering geplaas moet word om die situasie as hoogste prioriteit te beskou en dienooreenkomstig op te tree nie,\u201d lui die verklaring.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verwarring rondom plaasaanvalle en \u2013moorde word deur die staat self veroorsaak aangesien daar sedert 2007 nie statistiek hieroor gehou word nie, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor polisie ges\u00ea. Hierdie verwarring lei tot kritiek dat mense wat daaroor praat, vrees en rasseverdeeldheid aanblaas. \u201cHierdie kritiek moet voor die staat se deur gel\u00ea word &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18892\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasaanvalle neem toe s\u00ea ISS en TLU&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18893,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[6335,6336,13800,13798,9771,13799],"class_list":["post-18892","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-plaasaanvalle","tag-plaasmoorde","tag-sa-instituut-vir-rasseverhoudinge","tag-sa-instituut-vir-sekerheidstudies-iss","tag-statistiek","tag-transvaalse-landbou-unie-tlu"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18892","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18892"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18892\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18893"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18892"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18892"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18892"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}