{"id":1886,"date":"2008-06-08T06:46:15","date_gmt":"2008-06-08T06:46:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1886"},"modified":"2008-06-08T06:46:15","modified_gmt":"2008-06-08T06:46:15","slug":"die-afrikaner-kort-dringend-n-plan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1886","title":{"rendered":"Die Afrikaner kort dringend &#8216;n plan"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Ek het al etlike dinees in Parys, Berlyn of Londen bygewoon, maar n&ecirc;rens anders vind mens die unieke kombinasie van formaliteit en warmte wat &#329; feesmaal tussen Afrikaners kenmerk nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Onvermydelik by geleenthede soos die afgelope naweek wentel die gesprek na die politiek, misdaad, emigrasie en verwante kwessies.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die dogter van ons gasvrou en haar vriend Saterdagaand praat van emigrasie as die enigste uitweg vir die jonger geslag wat weens rassisme in die werkplek en geweldsmisdaad geen toekoms meer in die land sien nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">&#329; Algemene refrein in die gesprek is Afrikanerverdeeldheid wat ons magteloos laat voor die meedo&euml;nlose aanslag van die ANC, maar ook die Afrikademografie wat besig is om Suid-Afrika onherroepelik te verander.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Hoewel die meeste persone rondom die tafel op een of ander manier by die politiek betrokke was of is, koester niemand enige vertroue in bestaande politieke partye nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die DA word gesien as &#329; party wat die gevangene is van sy eie liberale ideologie, wat byvoorbeeld onlangs veroorsaak het dat hy een van sy eie parlementslede, Diane Kohler-Barnard se kritiese standpunt oor onwettige immigrasie gerepudieer het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Hoe kan mens verwag dat die DA die Afrikanerbelang op die hart sal dra indien die party nie eens die land se belang om sy gebiedsintegriteit te beskerm, kan insien nie?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Ons gasheer was op een of ander stadium by die Vryheidsfront betrokke, in die vroe&euml; negentigerjare. Volgens hom het di&eacute; party ook &#329; aantal strategiese foute begaan wat tot die Afrikaner se uiteindelike politieke ondergang bygedra het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Onder andere het Buthelezi vir Constand Viljoen in &#329; brief gesmeek dat daar &#329; Afrikaner-Zoeloe-alliansie in 1996 tot stand moet kom en dat die nuwe grondwet wat die huidige sentralisme sou instel, teengestaan moes word. Die Vryheidsfront het egter besluit dat hulle nie die ANC in die gesig moes vat nie want anders sal hulle geen volkstaat ontvang nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Van die beloofde volkstaat het daar natuurlik niks gekom nie en die moontlike bondgenootskap tussen die IVP en die Vryheidsfront het skipbreuk gely.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Toe die gesprek eers uitkom by die aantal mense rondom die tafel wat oor die afgelope weke en maande met pistole aangehou, beroof of besteel is, het die geselskap selfs nog meer pessimisties geraak.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Leef ons nie in die mees dekadente tyd denkbaar in hierdie land nie? Terwyl Rome of dan Pretoria en Johannesburg brand, hou ons partytjie. Die smaaklike souffl&eacute;-voorgereg, gevolg deur skaapskenkels wat ons gasvrou Saterdagaand bedien het, asook die goeie Kaapse wyn, het ironies genoeg bygedra tot my gevoel van ons eie dekadensie. Ons gaan voort om op ons beskaafde, Europese manier dinees in ons huise te hou en logies oor ons probleme te redeneer terwyl die barbare daarbuite besig is om die plek af te breek. In dieselfde straat waar ons ete plaasvind, is &#329; ou dame onlangs doodgeskiet en mense leef in vrees agter mure, elektriese drade en ander versperrings.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Blykbaar beheer die Nigeri&euml;rs reeds Sunnyside in Pretoria, voeg een van die gaste by. Tydens die geweld teen vreemdelinge verlede maand, was die Suid-Afrikaanse swartes te bang om die Nigeri&euml;rs in Sunnyside aan te vat. Immers het die Nigeriese leier, Umaru Yar&#39;Adua, di&eacute; week ges&ecirc; dat sy regering Nigeri&euml;rs op enige plek in Suid-Afrika sal beskerm, dus ook in Sunnyside.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">&#329; Jaar of wat gelede is daar &#329; syfer oor Nigeri&euml;rs gepubliseer wat my nogal aan die dink gesit het: uit die 100 000 Nigeri&euml;rs in Suid-Afrika, is slegs 3 000 wettig hier. Yar&rsquo;Adua se uitspraak oor sy landgenote moet binne di&eacute; verband gesien word. Eintlik is die Nigeriese leier besig om aan ons te s&ecirc; dat dit Nigeri&euml;rs se reg is om oor ons landsgrense te beweeg en hier te kom sake doen in die dwelm- en prostitusiebedrywe of watter ander bedryf hulle ook al interesseer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Terwyl die hoofstroommedia besig is om ons mense te sus dat hulle in &#329; &ldquo;normale demokrasie&rdquo; woon, doem &#329; ander Suid-Afrika op die horison voor ons op: een sonder grensbeheer waar 600 miljoen mense suid van die Sahara hul aandeel in die rykdom wat ons oor die afgelope 350 jaar hier geskep het, kom opeis. Dit is reeds &#329; land waar wet en orde &#329; vorm van apartheidsnostalgie verteenwoordig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Voeg daarby nog regstellende aksie en die algehele vertrapping van die Afrikaner se taal- en kulturele regte en mens kan verstaan waarom waarskynlik die meerderheid van ons jongmense vandag hul heil oorsee sien en ook daar wil gaan soek.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Sonder &#329; plan gaan die Afrikaner nooit die huidige krisis wat hom op alle fronte aan ons opdring, oorleef nie. Vrydagaand, by die ander ete, het ons in ons aandpakke met sigare vanaf &#329; uitkykpunt na die liggies van Pretoria kon staar, die stad van Paul Kruger en van waar Afrikaners eens geregeer het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Paul Kruger het in sy beroemde uitspraak oor &ldquo;Afrika vir die Afrikaner&rdquo; gedroom van &#329; magtige Afrikanerryk wat sal strek vanaf die Kaap tot aan die Zambesi. Gegewe al die terugslae wat ons volk oor die afgelope dekade of meer beleef het, kan ons nie meer sulke grootse gedagtes koester nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Nogtans kort ons &#329; ideaal om ons in ons huidige ellende te begeester, dieselfde vryheidsideaal wat ons mense al sedert die 1790&rsquo;s en selfs daarvoor in die tyd van die eerste Vryburgers in die laat 1650&rsquo;s besiel het: &#329; land van ons eie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Ons het Suid-Afrika onherroepelik verloor en aan die Xhosas, die Nigeri&euml;rs en watter ander opportuniste nog hier ons drumpel gaan kom deurtrap, afgestaan. Maar dit is nie te s&ecirc; dat die verkryging van &#329; eie grondgebied in die land van ons vaders nie &#329; realistiese doelwit vir ons kan wees nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Gegewe die groot getalle Afrikaners wat steeds in en rondom Pretoria woon, ongeveer 500 000 met &#329; ander 700 000 in die onmiddellike omgewing aan die Oos- en Wesrand, droom ek daarvan dat hierdie bestaande Afrikanergebied die groeipunt van &#329; nuwe vryheid en &#329; nuwe staat kan word. Ons kan die yl bevolkte Oos-Transvaal en die Krugerwildtuin ook vir so &#329; toekomstige staat opeis.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Sekerlik sal daar altyd Afrikaners wees wat oorheersing deur ander bo vryheid en onafhanklikheid verkies, net soos wat daar &#329; groot aantal hensoppers en hanskakies in die Tweede Vryheidsoorlog was. Maar die strewe na &#329; nuwe staat in die noorde van die land kan aan ons mense nuwe hoop gee en ons mobiliseer om ons huidige probleme te oorkom.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Tesame met ons taal, ons Europese afkoms en ons roemryke pioniersgeskiedenis, kan die nuwe onafhanklikheidstrewe &#329; swaartepunt vir ons identiteit in hierdie deurmekaar, identiteitlose en toenemend mislukte Afrikastaat met sy oop grense word.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Rondom hierdie onafhanklikheidstrewe moet &#329; konkrete plan uitgewerk word; jaar na jaar moet ons nader aan ons doelwit vorder, net soos wat die ou Nasionale Party dekades lank die gedagte van &#329; nuwe republiek lewendig gehou het, selfs toe die Afrikaner se politieke invloed by tye weens onderlinge verdeeldheid (veral in die dertiger- en veertigerjare) gekwyn het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Indien onwettige Nigeriese immigrante vir hulle eie voorstede en gebiede in ons land kan afbaken en as&rsquo;t ware kom teer op die karkas van die sterwende 1910-staat wat steeds as Suid-Afrika bekendstaan, kan die Afrikaner nie ook dieselfde doen nie?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Of het die geskiedenis ons geweeg en gewoon te lig bevind?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/millstream-wines.ru\">\u041c\u0438\u043b\u044c\u0441\u0442\u0440\u0438\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span class=\"small\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/span>Toevallig het ek di&eacute; naweek twee heerlike aandetes in Pretoria bygewoon. Soos die Engels-Suid-Afrikaanse historikus, Eric Walker, ook op &#329; keer opgemerk het, beskik die Afrikaner oor &#329; unieke vermo&euml; om te <em>kuier<\/em>, &#329; woord wat in geen ander taal bestaan nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,1801,21092],"class_list":["post-1886","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-die-afrikaner-kort-dringend-i-plan","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1886","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1886"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1886\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1886"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1886"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1886"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}