{"id":1883,"date":"2008-06-07T07:07:52","date_gmt":"2008-06-07T07:07:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1883"},"modified":"2008-06-07T07:07:52","modified_gmt":"2008-06-07T07:07:52","slug":"hoe-ontwikkelingshulp-kenia-laat-stagneer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1883","title":{"rendered":"Hoe ontwikkelingshulp Kenia laat stagneer"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/afrikahongervictoriameer2.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Skuit op Victoriameer<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die vraag kan egter gevra word of Kenia werklik so swaar kry. Indien dit wel die geval is, bly daar nie veel hoop oor vir Afrika om in sy eie voedselbehoeftes te voorsien nie. Kenia het naamlik die Viktoriameer, wat op sy beurt Oeganda en Tanzani&euml; aan hulle Keniaanse bure verbind en wat die grootste meer op die vasteland is. Soos in Malawi kan mens wonder hoe dit dan moontlik is dat mense wat langs so &#39;n groot meer woon aan hongersnood kan ly?<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Wat in die weste van Kenia in oorvloed geproduseer word, behoort in die noorde van die land verkoop word te word. Dit sal boere aanmoedig om meer te produseer. As hulle meer verdien, sal belastings styg. Die staat sal dan in staat wees om hierdie ekstra inkomste op die land se gebrekkige infrastruktuur te spandeer. Dit is in elk geval die ideaal.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die werklikheid sien anders daar uit. Amos Kimunya, die Keniaanse minister van finansies, het onlangs aangekondig dat hy niks meer op infrastruktuur kan spandeer nie, anders sal hy nie die kabinet se salarisse kan bekostig nie. Die Keniaanse kabinet bestaan tans uit 95 lede, wat sowel ministers as adjunkte insluit. Elkeen verdien meer as VS$20 000 per maand.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die toestand van die strate in die land is verskriklik. Die voedselhulp wat die Weste stuur, neem weke om hulle bestemmings te bereik. Intussen skryf die noodlenigingswerkers dramatiese verslae oor die haglike toestande en vra die Weste om selfs meer geld te skenk. Westerse burgers se beeld van Afrika word deur hierdie verslae en persberigte, wat daarop gebaseer is, gevorm. Sonder hulp van buite gaan die hele Afrika verhonger, is mense buite die vasteland geneig om te dink. Wanneer die hulp egter wel op die vasteland opdaag, ly die klein handelaars die meeste daaronder, want die pryse van broodnodige lewensmiddele daal. Ook die landbouers se produkte is skielik nie veel meer werd nie. Die maklikste is maar om te sorg dat jy ook van die buitelandse voedsel ontvang en dus is daar geen aansporing om te werk nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/afrikahongerstoei2.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Eers grondhervorming, dan gestoei om kos<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Westerse noodlenigingswerkers is geneig om die dro&euml; gebiede in Kenia op te soek. Normaalweg is daar min mense in woestynagtige streke woonagtig, maar dis juis hier, in die noordelike deel van Kenia, waar die werkers putte vir drinkwater grawe. Gou versamel hordes mense om hierdie waterbronne en hulle bring hulle veetroppe saam. Die vee (veral die bokke) vreet binne &#39;n ommesientjie die yl grassies op. Waar daar vroe&euml;r min mense verbygekom het, ontstaan stowwerige dorpies oornag. Meer en meer noodlenigingswerkers word dan benodig om die nuwe intrekkers van kos te voorsien. Die gebied word vinnig oorbevolk en niemand kan meer sonder voedselhulp klaarkom nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/afrikahongerhelper2.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Die blye helper&#8230;<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Oscar Wilde het eenmaal opgemerk dat filantropie die toevlug van ryk mense is wat daarop uit is om hul medemens vies te maak. Wanneer &#39;n mens na die situasie in Kenia kyk, kan jy nie help om saam te stem nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die Afrikane het natuurlik skuld aan bogenoemde probleem, aangesien hulle dit nie regkry om hulp te weier nie. Dit is wensdenkery om te hoop dat &#39;n land soos die petrolryke Soedan sy BBP ooit gaan opstoot na dieselfde syfer as byvoorbeeld Mexico (50 maal ho&euml;r). Geen Afrikastaatshoof wat sy sout werd is, gaan dit sommer regkry om nee te s&ecirc; vir buitelandse donasies wat hom in staat gaan stel om reusesokkerstadions op te rig, deftige motors aan te koop en na die buiteland te reis om VN-konferensies saam met ander staatshoofde by te woon nie. Gewoonlik word sulke konferensies gere&euml;l om die hongersnoodprobleem in Afrika aan te spreek.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Bitter min grond op die vasteland behoort aan individue, maar is eerder stamme of die staat s&rsquo;n, wat nog minder aansporing bied vir Afrikane om te boer, voedsel te produseer en welvarend te word.&nbsp; In Namibi&euml; (waar Duitse belastinggeld gebruik word om grondhervorming te finansier) en ook in Suid-Afrika bestaan daar wel &#39;n kommersi&euml;le boerderysektor, maar vir hoe lank nog?<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/afrikahongerkind2.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Westerlinge se beeld van Afrika<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Dit is &#39;n mite dat Afrika tot hongersnood verdoem is. Die grootste deel van die vasteland is yl bevolk en die meeste lande beskik oor &#39;n klimaat wat bevorderlik is vir landbou. In die digbevolkte Europa werk &#39;n skamele 3% van die bevolking in die landbousektor en tog&nbsp; produseer hierdie boere groot oorskotte.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Hongersnood in Afrika is die skuld van gewetenlose heersers, wat hulle burgers uitbuit of sinlose oorlo&euml; voer. Die Weste behoort meer druk op en geloof in Afrika se vermo&euml; om self reg te kom te plaas, en nie maar net die dosis medisyne elke keer te verhoog nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/fin-sauna-bild\/\">\u0444\u0438\u043d\u0441\u043a\u043e\u0439 \u0441\u0430\u0443\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1155993.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Volgens die Duitse nuustrydskrif Der Spiegel veroorsaak ontwikkelingshulp dat Afrika sterf. As &#39;n mens kyk na die logika wat deur die <span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/afrikhongerusaid2.jpg\" width=\"400\" height=\"267\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Di? mieliemeel is gratis<\/div>\n<\/div>\n<p> <\/span>W&ecirc;reldvoedsel- en landbouorganisasie van die Verenigde Nasies (VN) gevolg word, is Kenia met sy 32 miljoen inwoners een groot hongersnoodgebied. In hierdie land word naamlik elke jaar meer voedselhulp uitgedeel as in suid-Soedan, waar &#39;n burgeroorlog woed <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1798,162,21089],"class_list":["post-1883","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-hoe-ontwikkelingshulp-kenia-laat-stagneer","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1883","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1883"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1883\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1883"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1883"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1883"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}