{"id":18809,"date":"2013-10-22T16:44:24","date_gmt":"2013-10-22T14:44:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18809"},"modified":"2013-10-22T16:44:40","modified_gmt":"2013-10-22T14:44:40","slug":"indringende-vrae-aan-kaapstad-oor-tenderkonkelary-myciti-busprojek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18809","title":{"rendered":"Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/mycity.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18810\" alt=\"mycity\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/mycity.jpg\" width=\"240\" height=\"148\" \/><\/a>\u2018n Konstruksiemaatskappy wat by die multimiljoenrand gekonkel met tenders voor die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi betrokke was, het ook die tender vir die ontwikkeling van die peperduur MyCiti-busprojek van die Stad Kaapstad ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Andr\u00e9 Fourie, raadslid van die Vryheidsfront Plus vir Kaapstad, het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek in \u2018n lys indringende vrae wat op die volgende Kaapstadse raadsvergdering op 30 Oktober aan die burgemeester voorgel\u00ea sal word vir beantwoording.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens mnr. Fourie is die tender vir die ontwikkeling toegeken aan die konstruksiemaatskappy Group Five nog voordat die gekonkel rondom die W\u00eareldbeker-tenders aan die lig gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 reuse tenderbedrogspul het maatskappye gekonkel oor projekte soos die Bergrivierdam, snelwe\u00eb, sokkerstadions, \u2019n deel van die Sishen-spoorlyn en selfs universiteitskoshuise.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die grootste konstruksiemaatskappye in die land het aan die Mededingingskommissie erken hoe tenders onder mekaar \u201cuitgeruil\u201d is vir projekte dwarsoor die land, maar veral in die Wes-Kaap en Gauteng.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grootbase van konstruksiemaatskappye het bymekaargekom om spesifiek self te \u201cbesluit\u201d wie kry watter tender. Die wat teruggestaan het, sou \u2018n vergoedingsbedrag van R500 000 ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Fourie s\u00ea die VF Plus wil daarom nou van die Stad Kaapstad weet wat hy gedoen het om seker te maak daar was geen ongerymdhede en prys-sameswering by die MyCiti-projek nie en dat \u2018n eerlike en mededingende tenderproses gevolg is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie burgemeester sal die versekering moet gee dat die proses eerlik was, veral aangesien dit nou duidelik blyk dat die stad sy finansi\u00eble verantwoordelikhede gruwelik versuim het deur nie kontrakte wat deel gevorm het van die vorige sameswering, behoorlik na te gaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet nou aanvaar dat die Stad alles wat aan hom opgedis is deur die nasionale regering, Fifa en die kontrakteurs, sonder meer aanvaar het en dat daar op reuse skaal \u2018n gekonkel met tenders plaasgevind het sonder dat die Stad daarvan bewus was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNou moet die Stad moontlik regstappe neem wat die belastingbetalers nog miljoene kan kos om vermorste geld te verhaal,\u201d s\u00ea mnr. Fourie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Fourie se vrae is as volg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Kan die Burgemeester aan die raad verduidelik of die tenderproses &#8211; en of die Group Five-tender in die besonder, behoorlik ondersoek is vir soortgelyke tender-sameswering en prysvasstelling by die toekenning van die MyCiti-infrastruktuurtender? \u00a0Indien wel, wanneer kan die verslag van so \u2018n ondersoek verwag word? Indien nie, waarom nie? en<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Kan die burgemeester aan die raad en Kaapstad se belastingbetalers die versekering gee dat daar nie met hierdie tender weer soos in die geval van die stadion-tenders onregverdige, onregmatige, onbillike en onnodige gelaaide kostes ingebou is nie?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Konstruksiemaatskappy wat by die multimiljoenrand gekonkel met tenders voor die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi betrokke was, het ook die tender vir die ontwikkeling van die peperduur MyCiti-busprojek van die Stad Kaapstad ontvang. Mnr. Andr\u00e9 Fourie, raadslid van die Vryheidsfront Plus vir Kaapstad, het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek in \u2018n lys indringende vrae wat op die volgende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18809\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18810,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[13743,13742,13741,13740,13745,13739,13744,11287,13738],"class_list":["post-18809","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bergrivierdam","tag-gekonkel","tag-group-five","tag-konstruksiemaatskappy","tag-mededingingskommissie","tag-myciti-busprojek","tag-sishen-spoorlyn","tag-stad-kaapstad","tag-wereldbeker-sokkertoernooi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18809","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18809"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18809\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18810"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18809"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18809"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18809"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}