{"id":18805,"date":"2013-10-22T10:48:06","date_gmt":"2013-10-22T08:48:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18805"},"modified":"2013-10-22T10:48:20","modified_gmt":"2013-10-22T08:48:20","slug":"ondersoek-na-vakansieklubongerymdhede-byna-voltooi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18805","title":{"rendered":"Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/vakansieklubs.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18806\" alt=\"vakansieklubs\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/vakansieklubs.jpg\" width=\"259\" height=\"194\" \/><\/a>\u2018n Ondersoek na ongeoorloofde- en onbillike praktyke in die vakansieklub-industrie \u00a0wat \u2018n spesiale ondersoekspan van die verbruikerskommissie die laaste paar maande op aandrang van die Vryheidsfront Plus gedoen het, is feitlik voltooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid, het mev. Prudence Moilwa, hoof van die ondersoekeenheid, hom vandag skriftelik in kennis gestel dat die ondersoek, waar onder meer op tyddeel gefokus is, \u2018in alle waarskynlikheid\u2019 teen aanstaande maand afgehandel sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersoek het \u2018n lang aanloop van bewerings van ongerymdhede en onetiese optrede. Adv. Alberts het dit ge\u00efnisieer en gedryf nadat die media daaroor berig het en honderde ontevrede klublede vanoor die land by die VF Plus aangeklop het om hulp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersoek wat daarop gevolg het, het 41 van die land se voorste en bekendste vakansieklubs ingesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts s\u00ea hy is verheug oor die verloop van die saak en hy hoop dat dit oplossings en gemoedsrus sal bring vir honderde mense landwyd wat daardeur geraak is &#8211; baie van hulle sukkelende pensioenarisse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus is ook verheug om te sien dat die vakansieklub-industrie self bekommerd is oor die manier waarop die industrie tot nou toe beheer en bedryf is en uit eie geledere aanbevelings wil maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHopelik bring dit verdere oplossings vir klublede. Indien nie, sal die verbruikerskommissie sekere oplossings op die industrie moet afdwing aan die hand van die Wet op Verbruikersbeskerming.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit gaan in alle waarskynlikheid lei tot drastiese wetswysigings om ongeoorloofde en onbillike gebruike in die industrie te staak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHierdie sukses is \u2018n bewys dat sake van gemeenskaplike belang, veral waar mense nie waarde vir geld kry nie, wel effektief deur die VF Plus behandel kan word,\u201d het Alberts ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Moilwa het die ondernemings wat ondersoek is, gevra om \u2018n tydperk van twee maande \u2013 September en Oktober \u2013 om te \u2018konsulteer\u2019 \u00a0in \u2018n poging om self oplossings te vind vir probleemareas wat in die ondersoek na vore gekom het en om na maniere te soek om self hul sake-model te verbeter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersoekspan sal hierdie voorstelle oorweeg voordat die ondersoek afgesluit word, lui Moilwa se antwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die kwessies wat ondersoek is sluit in:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. \u00a0 \u00a0 \u00a0Die onvermo\u00eb van lede om toegang te kry tot geriewe weens \u2018n beperkte poel daarvan;<br \/>\n2. \u00a0 \u00a0 \u00a0Misleidende advertensies en wanvoorstellings tydens aanbiedings van die produkte;<br \/>\n3. \u00a0 \u00a0 \u00a0Onbillike kontraktuele terme; en<br \/>\n4. \u00a0 \u00a0 \u00a0\u2018n Verbod op die kansellering van die kontrakte en die gevolglike \u2018ewigheids\u2019-aard daarvan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Ondersoek na ongeoorloofde- en onbillike praktyke in die vakansieklub-industrie \u00a0wat \u2018n spesiale ondersoekspan van die verbruikerskommissie die laaste paar maande op aandrang van die Vryheidsfront Plus gedoen het, is feitlik voltooi. Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid, het mev. Prudence Moilwa, hoof van die ondersoekeenheid, hom &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18805\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18806,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[13737,13732,13735,13736,13733,13734],"class_list":["post-18805","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-onbillike-kontraktuele-terme","tag-onbillike-praktyke-in-die-vakansieklub-industrie","tag-onetiese-optrede","tag-pensioenarisse","tag-prudence-moilwa","tag-tyddeel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18805\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18806"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}