{"id":18723,"date":"2013-10-20T07:01:54","date_gmt":"2013-10-20T05:01:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18723"},"modified":"2013-10-20T07:01:54","modified_gmt":"2013-10-20T05:01:54","slug":"konfederasie-die-alternatief-vir-liberalisme-en-sosialisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18723","title":{"rendered":"Konfederasie: die alternatief vir liberalisme en sosialisme"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18497\" aria-describedby=\"caption-attachment-18497\" style=\"width: 153px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-18497\" alt=\"Dr Christo Landman\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo.jpg\" width=\"153\" height=\"193\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18497\" class=\"wp-caption-text\">Christo Landman<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\" align=\"center\">deur Christo Landman<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" align=\"center\">Die Suid-Afrikaanse politiek word tans gekenmerk deur &#8216;n keuse tussen die sosiaal-demokratiese inmengingstaat en liberaal-demokratiese meerderheidstirannie. &#8216;n (Kon)federale raamwerk bied vir ons uitkoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Sosiaal-demokratiese mag\/inmengingstaat ken aan die staat soveel oorkoepelende magte toe dat die regering-van-die-dag\u00a0 op elke terrein, ook op die terrein van burgerlike instellings, inmeng en voorskryf wat mag en wat nie mag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberaal-demokratiese meerderheidstirannie is die koppetel-benadering waarvolgens individuele regte die bevoegdhede van die staat bepaal, die magte van die staat aan bande l\u00ea en burgerlike vryhede tot persoonsvryhede beperk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n diep-plurale samelewing soos die RSA, behoort die demokrasie die volgende verreken:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Individuale burgerlike vryhede<\/li>\n<li>Die vryheid van burgerlike instellinge (soos kerke, opvoedkundige instellinge, ens.)<\/li>\n<li>Die interne vryheid en aspirasies van gemeenskappe volgens \u2018n bepaalde lewens- en w\u00eareldbeskouing, kulturele etos en religieuse rigting<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oogmerk van hierdie artikel is om so \u2018n alternatiewe bedeling binne die konteks van die grondwet en aan die hand van streeksontwikkelinge te beredeneer. Die towerwoord\u00a0 vir hierdie alternatiewe model is die reg op selfbeskikking.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Grondwetlike selfbeskikkingsvorme<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Grondwet van die RSA maak voorsiening vir die volgende selfbeskikkingsvorme\/modelle:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Die reg van (nie-regerings-) burgerlike instellinge op interne selfbeskikkingsreg.\u00a0 Artikel 31(1)(b) van die Handves \u00a0bepaal dat persone wat aan \u2018n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort die reg het om saam met ander mense kultuur-, godsdiens- en taalverenigings te vorm, in stand te hou en om daarby te mag aansluit.<\/li>\n<li>Die reg van taal-, godsdiens-, kultuur- en ander rade om te funksioneer ter bevordering en beskerming daarvan en ter versterking van die demokrasie (a. 185).<\/li>\n<li>Die reg van \u2018n raad om deur die Kommissie vir Gemeenskapsregte\u00a0 as sodanig erken te word (a.185).<\/li>\n<li>\u2018n Vorm of vorme van territoriale selfbeskikking vir gemeenskapsrade volgens eiesoortige taal-, godsdiens- en kultuur- en ander-eienskappe en -behoeftes (a.185).<\/li>\n<li>\u2018n Oorhoofse wet op selfbeskikking (a.235) wat bg. vorme\/modelle sistematiseer, asook erkenning gee aan die VN se deklarasie van die regte van inheemse groepe (by name die Koi en San) as eerste mense van die subkontinent.<\/li>\n<\/ul>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Kommissie vir Gemeenskapsregte<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die genoemde selfbeskikkingsvorme kan net effektief funksioneer as die werksaamhede van alle rade behoorlik en effektief deur die Kommissie vir Gemeenskapsregte by die regering bevorder en juridies beskerm word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onafhanklikheid van die 185-kommissie kan net verseker word as die lede\/kommissarisse\u00a0 daarvan deur \u2018n onafhanklike regskommissie benoem en met magte beklee word. Vir die afgelope tien jaar is die Kommissie as nasie-bou-instrument gebruik en die funksie daarvan tot beskerming en bevordering van gemeenskapsregte onderspeel.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Wat van stamowerhede?<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Stamowerhede staan in die post-1994-bedeling as swart gemeenskapsowerhede bekend. Die regte van stamowerhede is gegrond op die interne gewoontereg van sodanige gemeenskappe. Daar word in artikel 211 en 212 van die Grondwet hiervoor voorsiening gemaak. Die tersaaklike wet wat hier geld is die konsepwet op Tradisionele Leierskap. Ook hierdie vorme van selfbeskikking vra om erkenning.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Die gelykheidsklousule<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gelykheidsklousule van die Grondwet stel die eis aan die organe van die staat en aan die regering en wetgewende, asook regsprekende instellinge dat burgerlike instellinge en rade volgens die Romeins-Hollandse regsposisie nie in \u2018n nadelige posisie vis-\u00e0-vis die inheemse instellinge geplaas sal word nie.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Funksies van die plurale staat<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die belangrikste funksies van die plurale staat, wat beide individuele en gemeenskapsregte erken, is:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Desentralisasie van magte bo\/sentraal na onder\/regionaal, sodat die gemeenskap se inspraak op die plaaslike owerheidsvlak gemaksimaliseer kan word.<\/li>\n<li>Desentralisasie van taal-, godsdiens- en kultuur-gemeenskappe na regio\/gebiede\/deelstate waar sodanige gemeenskappe se kollektiewe regte ten beste administratief hanteer kan word.<\/li>\n<li>\u00a0\u2018n Handves van Kultuur- en Gemeenskapsregte (a.30)<\/li>\n<li>\u2018n Handves van Godsdiensregte (a.15)<\/li>\n<li>\u2018n Handves van Amptelike Taalregte (a.6 en 31).<\/li>\n<\/ul>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Onstuitbare (kon)federale staat in aantog<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit staan vas dat die subkontinentale ekonomiese samewerking van en tussen Suider-Afrikaanse state onstuitbaar grondwetlike politieke vorme sal aanneem, en wel binne \u2018n stelsel wat as \u2018n konfederale gemenebes van state bekend sal staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie verband kan aanvaar word dat etniese nasiestate soos Swaziland, Botswana en Lesotho net so \u2018n konfederasie sal binnegaan\u00a0 as hulle interne etniese soewereiniteit gewaarborg is en hulle assosiasie ook deur sesessie verbreek kan word.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Burgerlike reg en politieke alliansievorm as noodsaak<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is tans \u2018n uitsigloosheid onder kiesers oor die alternatief vir sosialisme en liberalisme. \u2018n Politieke alliansie van gelykdenkendes insake bostaande kan die politieke toneel radikaal wysig.\u00a0 Met ander woorde: die derde alternatief, wat eintlik die eerste keuse moet en behoort te wees, moet as saak van uiterste belang geskep en gevorm word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom dat \u2018n politieke leiersberaad van die allergrootste belang vir Suid-Afrika en vir die subkontinent is. Wie gaan dit vir ons doen?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Christo Landman Die Suid-Afrikaanse politiek word tans gekenmerk deur &#8216;n keuse tussen die sosiaal-demokratiese inmengingstaat en liberaal-demokratiese meerderheidstirannie. &#8216;n (Kon)federale raamwerk bied vir ons uitkoms. \u2018n Sosiaal-demokratiese mag\/inmengingstaat ken aan die staat soveel oorkoepelende magte toe dat die regering-van-die-dag\u00a0 op elke terrein, ook op die terrein van burgerlike instellings, inmeng en voorskryf wat mag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6030,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82,10],"tags":[13664,13665,13663,10645,5167,6777,12167,13666,13660,13661,13662],"class_list":["post-18723","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","tag-artikel-185","tag-gelykheidsklousule","tag-grondwet-van-suid-afrika","tag-kommissie","tag-konfederasie","tag-liberalisme","tag-meerderheidstirannie","tag-plurale-staat","tag-sosiaal-demkrasie","tag-staatsinmenging","tag-stamowerhede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18723","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18723"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18723\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6030"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18723"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18723"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18723"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}