{"id":18703,"date":"2013-10-18T15:56:07","date_gmt":"2013-10-18T13:56:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18703"},"modified":"2013-10-19T10:11:52","modified_gmt":"2013-10-19T08:11:52","slug":"vf-plus-sal-bewyse-oor-seb-verarming-aan-regering-voorle","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18703","title":{"rendered":"VF Plus sal bewyse oor SEB-verarming aan regering voorl\u00ea"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18652\" aria-describedby=\"caption-attachment-18652\" style=\"width: 178px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/aalberts1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-18652\" alt=\"Anton Alberts\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/aalberts1.jpg\" width=\"178\" height=\"138\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18652\" class=\"wp-caption-text\">Anton Alberts<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-regering se verstommende uitsprake dat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nie \u2018n enkele wit mens in Suid-Afrika verarm het nie, kan nie langer geduld word nie en die Vryheidsfront Plus het met \u2018n aksie begin om bewyse hieroor in te samel en aan die regering voor te l\u00ea, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts s\u00ea die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, se erkenning dat geen navorsing gedoen is oor die onvoorsiene gevolge van SEB soos die moontlike verarming van wittes en bruinmense nie, is \u2018skokkend\u2019 gesien in die lig van sy ontkenning dat dit mense nadelig geraak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit spreek vanself dat die minister nie gronde het om die uitlatings te maak as geen navorsing daaroor gedoen is nie. Dis duimsuiery en maak \u2018n bespotting van die totale wit- en bruingemeenskap van Suid-Afrika wat swaar deur SEB en regstellende aksie getref is.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"\/\/www.youtube.com\/embed\/l-atdL-SI30\" height=\"315\" width=\"560\" allowfullscreen=\"\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is egter nie net Davies wat dit ontken nie. Ook pres. Jacob Zuma het enkele maande gelede in die parlement presies dieselfde stelling gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIntussen sien ons daagliks \u2018n verarming van wit en bruin wat al op \u2018n nasionale krisis afstuur. Tog sluit die ANC steeds sy o\u00eb daarvoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus se inligting is dat daar al meer as 460 nedersettings vir hulpbehoewende wittes in die land is waar mense in die grootste ellende leef. Net in die Pretoria-omgewing is sowat 90 daarvan,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts het die VF Plus \u2018n webwerf geloods met die naam <a href=\"http:\/\/www.diskriminasie.org.za\" target=\"_blank\">www.diskriminasie.org.za<\/a> (<a href=\"http:\/\/www.discrimination.org.za\" target=\"_blank\">www.discrimination.org.za<\/a>) waar wit en bruin hul wedervarings oor die effek van SEB en regstellende aksie kan deel en &#8216;n petisie teen transformasie kan teken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns gaan ook na mense in die nedersettings om hul verhale op te teken. Di\u00e9 inligting gaan aan die president en die minister voorgel\u00ea word, asook aan die parlement\u00eare portefeuljekomitees oor handel en nywerheid, en arbeid. Ons gaan hulle dwing om nou aandag te gee aan die probleem sodat almal geleenthede in die ekonomie kan kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis ook al wyse waarop die ekonomie sal kan groei. Uitsluiting van minderhede op rasse-grondslag sal daartoe lei dat die ekonomie uiteindelik inplof aangesien die mees geskoolde persone tans steeds uit die groepe kom weens die ANC-regering se swak onderwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus wil hiermee die mite ontbloot dat SEB alle swart mense bemagtig en niemand anders benadeel nie.<\/p>\n<p>\u201cDie teendeel is waar. En dit is dat net \u2018n handjievol reeds welvarende swartes op hierdie wyse toegang kry tot die staatskas en die ekonomie en dat dit selfs tot nadeel van die bre\u00eb swart bevolking strek omdat die ekonomie in geheel daardeur geknou word,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC-regering se verstommende uitsprake dat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nie \u2018n enkele wit mens in Suid-Afrika verarm het nie, kan nie langer geduld word nie en die Vryheidsfront Plus het met \u2018n aksie begin om bewyse hieroor in te samel en aan die regering voor te l\u00ea, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18703\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF Plus sal bewyse oor SEB-verarming aan regering voorl\u00ea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18652,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[13640,11793,5663,13641,4640],"class_list":["post-18703","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-anc-regering","tag-minister-van-handel-en-nywerheid","tag-rob-davies","tag-swart-ekonomiese-bemagtiging-seb","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18703","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18703"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18703\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18652"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18703"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18703"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18703"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}