{"id":1864,"date":"2008-06-05T03:00:33","date_gmt":"2008-06-05T03:00:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1864"},"modified":"2008-06-05T03:00:33","modified_gmt":"2008-06-05T03:00:33","slug":"die-afrikaner-die-wolf-en-die-kulturele-rewolusie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1864","title":{"rendered":"Die Afrikaner, die wolf en die kulturele rewolusie"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Die Afrikaner sit vasgevang in &#329; lewenswyse wat selfvernietigend is, Niemand was so erg betrokke by die Afrikaner se politieke ondergang as die Afrikaner self nie. Die Republiek is vrywillig aan ander volke oorhandig tussen 1961 en 1994 deur ons eie arbeidspraktyke waar ons werk skep vir ander volke en ons ekonomiese afhanklikheid van ander vergroot het. Kodesa en uiteindelike magsoorgawe was slegs die politieke afsluiting van die voorafgaande proses. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Gedurende die sewentiger- en tagtigerjare het die demografiese werklikheid so verswak dat baie Afrikaners hulle nie meer met die stelsel van apartheid kon versoen nie en drie belangrike breukgroepe kon ge&iuml;dentifiseer word:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Liberaliste &ndash; het die stelsel as verdrukkend gesien, kon nie &#329; rewolusion&ecirc;re sprong maak na &#329; genormaliseerde bestaan nie en het beroep op die be&euml;indiging van die stelsel sonder die daarstel van enige alternatief.&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Konserwatiewes &#8211; het gepleit dat na die oorspronklike apartheidsteorie teruggekeer word afgesien van die feit dat die oorspronklike plan oorambisieus en slegs gedeeltelik in die praktyk toegepas kon word.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ver-regses &#8211; Hulle het geagiteer dat die Boererepublieke herstel moes word o.g.v. historiese regte deur politieke afdwinging ongeag die feit dat weinig Afrikaners se lewenswyses hom daartoe leen en dat geen gebied bestaan het waar ons &#329; etniese meerderheid was nie. &nbsp;&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar was individue en regse organisasies wat opgemerk het dat die bestaande orde op &#329; bestaanskrisis gaan uitloop en geskree het: &ldquo;Wolf!&rdquo;. Die Afrikaner was egter polities en milit&ecirc;r in beheer van die hele land en kon afsonderlike skole, universiteite en so te s&ecirc; enigiets afdwing en het dan ook. Daar is so baie &ldquo;Wolf!&rdquo; geskree, dat een man gedink het hy is &#329; wolf (wit) en &#329; paar oningeligte individue wou aansluit denkende dat dit &#329; kultuurorganisasie was. Dit is ietwat tong in die kies gestel, maar regse politiek is in die tyd gekenmerk deur ondeurdagte militante optrede maar geen rewolusion&ecirc;re verandering in die lewenswyse wat die toestand van politieke agteruitgang teweeggebring het nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Na 1994 het dieselfde lewenswyse onverpoos voortgegaan en kan ek met gemak argumenteer dat Eugene Terreblanche en Max du Preez dieselfde lewenswyse voer. Die een is bly ons sterf uit, die ander een woedend. Gedragsverskil &ndash; geen. Regses en liberaliste verskil slegs in hul ervaring van die NSA, nie in hul optrede nie. Die skrywer Arthur Kemp alhoewel kontroversieel het in &#329; treffende <a href=\"http:\/\/www.realiteit.co.za\/modules.php?op=modload&amp;name=News&amp;file=article&amp;sid=573&amp;mode=thread&amp;order=0&amp;thold=0\">onderhoud<\/a>&nbsp; die selfvernietigende gevolge van apartheid en die onhoudbaarheid van selfs die huidige bestel op onbetwisbare wyse uitgewys: <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Apartheid had to fall: the only question was when, not if. And the politicians who sold it to White South Africans as their only hope and salvation, lied: either deliberately, or out of ignorance of the reality of the relationship between demographics and power.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;The only way in which Afrikaners can be saved, is if they come to understand the relationship between demographics and power: with no risk of over repeating this critical point, namely, that those who occupy a territory, determine the nature of that territory.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Dis 14 jaar na die einde van apartheid, met dieselfde selfvernietiging maar ons het nou die bykomende aftakeling van &#329; land wat in kriminele anargie gedompel is sowel as &#329; antagonistiese regering, Ons is magteloos tot op die punt waar selfs &#329; afsonderlike koshuis onmoontlik is. Het ons gedink dat ons buurte vandag gaan lyk soos 14 jaar terug? Kan enigeen moontlik dink dat dit oor nog 14 jaar sal lyk soos nou? &nbsp;Die patroon is vasgel&ecirc;: emigrasie op &#329; egalige pas met sporadiese opvlamming tydens onsekere tye. Niemand weet eens hoeveel gaan en hoeveel bly nie, baie Afrikaners weier om sensusvorms in te vul, baie gaan met vakansie en kom net nooit terug nie. Die dier kruip nader, in die verte kan ons die gegrom al hoor maar niemand wil eerste skree &ldquo;wolf!&rdquo; skree nie.&nbsp; &nbsp;&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die eerste optrede van Afrikaners wat as kultureel rewolusion&ecirc;r beskryf kan word, is die stigting van Orania en alhoewel dit as konserwatief en as ver-regs beskou word, is hierdie optrede geensins in lyn met behoudende regse optrede nie, maar eerder links omdat dit skeppend en rewolusion&ecirc;r &#39;n gedragsverandering vereis. Selfs met die sterk etniese sy daarvan sou Wladimir Lenin ten aanskoue van &#329; gemeenskap wat saamwerk op alle vlakke ter verbetering, opheffing, groei en geluk van al sy burgers dit as perfekte vrywillige kommunisme kon beskryf. In &#329; Amerikaanse onderhoud met die Chinese president is hy gevra oor die benaming kommunistiese party gegewe die sterk vryemarkstelsel daar, was Lenin se antwoord: &ldquo;As dit werk, noem ons dit sosialisme&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\"><a href=\"http:\/\/www.orania.co.za\/\">Orania<\/a> behoort dan ook binne sekere perke, tydsgewys verder langs die sosialistiese pad af te beweeg wat toonaangewend gaan wees vir latere Afrikanernedersettings en daarmee impliseer ek direk dat gegewe die huidige demografie en gebruike geen ander bestaan moontlik is nie. Sosialisme is w&ecirc;reldwyd aangegryp deur verskillende etniese groepe tot voordeel van slegs hul groep. Elkeen het sy eiesoortige styl en vryemark vermenging daarvan geskep; Afrikanersosialisme se aard sal deur onsself bepaal word i.t.v ons eie behoeftes.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Wil ons werklik wag op &#329; krisis, &#329; katastrofiese gebeurtenis van een of ander aard wat ons van materi&euml;le bates vervreem en ons verarm en vernietig sal toelaat om saam te span en ons lewens rewolusion&ecirc;r te verander? Waarom nie saamspan tot rewolusion&ecirc;re aksie terwyl ons oor daardie bates, kennis en vermo&euml; beskik nie? Of gaan ons aanhou in die verlekkering van alles wat negatief is? Want as ons uit hierdie passiewe n&aacute;skok van magsverlies wakkerskrik gaan dit alles behalwe lekker wees!&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Carel Boshoff som dit in Afrikanerrewolusie die beste op: &ldquo;Ook met die ontvlugting in materialistiese individualisme kan die Afrikaner nie vrede kry nie omdat hy ook nie sy gemeenskapsbande heeltemal kon afl&ecirc; nie. &#329; Nuwe geslag moet opstaan, nie om voortgang te vind met &#329; ou, onherstelbare verlede nie, maar om uitdrukking te gee aan die ideale wat geslag aan geslag verbind en nog nooit heeltemal verlore gegaan het nie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  &ldquo;Vir Afrikaners wat hulle met die ou bedeling vereenselwig het, is dit bykans ondenkbaar dat hulle aansprake met sulke linkse inhoud gevul kan word en &#329; Afrikaanse minderheidsbeweging loop &#329; wesenlike gevaar om in reaksion&ecirc;re agterhoedegevegte om gevestigde belange verstrik te raak. Sonder &#329; grondige breuk, &#329; nuwe begin en mobilisering aan die hand van anderse denkbeelde oor politiek, gemeenskap, taal en kultuur, besit en verbruik, ens., as wat die afgelope dekades aangehang is, is dit moeilik te vermy. Voorwaar &#329; ho&euml; eis vir &#329; verouderende gemeenskap waarop al die kragte van nostalgie losgelaat is&rdquo;.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free no download slots with bonus no registration<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/wolf.jpg\" width=\"100\" height=\"95\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Daar was al profesie&euml; en krisisvrese onder baie volke. Maar die Afrikanervolk reageer met afgryse sowel as afwagting op syne. Daar is Oehoeroe, die nag van die lang messe, asook vrese vir die oliekrisis, die voedselkrisis en &#329; rits ander. Hoewel enigeen van di&eacute; krisissse sekerlik &#329; moontlikheid het om op groot skaal skeef te loop, verlekker sommige Afrikaners hul in die verslegtende toestand wat ons tegemoet gaan. <\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,1780,1781,21093],"class_list":["post-1864","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-die-afrikaner","tag-die-wolf-en-die-kulturele-rewolusie","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1864","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1864"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1864\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}