{"id":18496,"date":"2013-10-13T09:36:13","date_gmt":"2013-10-13T07:36:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18496"},"modified":"2013-10-13T09:36:43","modified_gmt":"2013-10-13T07:36:43","slug":"selfbeskikking-en-die-internasionale-reg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18496","title":{"rendered":"Selfbeskikking en die Internasionale reg"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18497\" aria-describedby=\"caption-attachment-18497\" style=\"width: 153px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-18497\" alt=\"Dr Christo Landman\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/landman_christo.jpg\" width=\"153\" height=\"193\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18497\" class=\"wp-caption-text\">Dr Christo Landman<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur Christo Landman<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onlangse &#8220;bitsige&#8221; korrespondensie van sekere rolspelers in sake die belang van selfbeskikking in die internasionale reg en betekenis daarvan vir Afrikaner selfbeskikking, noop my om die pen op te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beledigings wat my toegesnou is, het my weer onder die indruk gebring dat ons (die Afrikaners) nie ons selfbeskikking moet probeer regverdig op oppervlakkige (lees: onwetenskaplike) interpretasies van die internasionale regsposisie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die reaksie deur een of twee mense was verbasend venynig en onbroederlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My standpunt was dat die \u201cpeople\u2019s\u201d-begrip nie as kultuurgemeenskappe vertaal moet word nie, maar eerder as nasies (die polities-staatkundige begrip).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het ek met drie staatsregsgeleerdes gesprek gevoer. Die drie stem saam, maar omdat ek skriftelike terugvoer van prof. Marinus Wiechers gekry het, gee ek graag sy standpunt weer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Paul Kruger in rustige korrespondensie daarop gewys dat raadgewende uitspraak van die Internasionale Hof betreffende Kosovo wel \u2018n president geskep het, wat die selfbeskikkingsbegrip bre\u00ebr sanksie gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier was my argument dat ons onself mislei deur die \u201cpeople\u2019s\u201d-begrip as volk\/kultuurgemeenskap in die Afrikaans oor te sit en dat nasie (die staatkundige begrip) korrek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder was my argument dat selfbeskikking in die internasionale regsdokumente verwys na die reg van nasies om uit koloniale kontekste uit te tree en hulle soewereiniteit te vestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor skryf Wiechers soos volg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSelfbeskikking in die internasionale reg moet &#8212; soos Landman tereg aanwys &#8212; teen die dekolonisasie tendense en ontwikkeling beoordeel word. Hierdie aandrang op selfbeskikking van \u2018peoples\u2019 het impetus na die Eerste W\u00eareldoorlog verkry en word daar stukrag agter die dekolonisasie van voorheen afhanklike gebiede gegee.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionale selfbeskikkingsreg afgeweeg teen nasionale grondwette<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor het ek beweer dat die SA-grondwet territoriale selfbeskikking bemoeilik. Daar is tans beterweters wat argumenteer dat \u201c\u2019n volk se reg op selfbeskikking nie onderhewig is aan die RSA of enige ander staat se Grondwet nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor skryf Wiechers soos volg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie internasionale reg sanksioneer \u2018n grondwet van die hele land, algemene burgerskap en selfbeskikking van die bevolking as geheel. Hierdie sterk beginsel is \u2018n direkte uitvloeisel van die opkoms van die nasionale staat en vorm trouens die grondslag van state-erkenning in die internasionale reg.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die geval van die RSA-grondwet lees die grondleggende beginsel van die grondwet in die Aanhef dat die RSA aan al sy inwoners behoort. In artikel 2 word die RSA as een grondgebied \u00a0getipeer en op \u2018n ander plek as \u2018n land met een burgerskap vir almal. In a.235 word die reg op selfbeskiiking van \u2018n taal-, godsdiens-, en kultuurgemeenskap onderhewig gemaak aan die reg van die RSA-bevolking in die geheel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kosovo as presedent?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n netjiese brief het Paul Kruger tot die gesprek toegetre\u00eb met die argument dat die raadgewende uitspraak betreffende Kosovo van die Internasionale Hof alles verander het en \u2018n presedent vir sesessie skep. Alhoewel \u2018n raadgewende uitspraak van die Internasionale Hof nie \u2018n beslissende uitspraak [legal case adjudicate] is nie, is die VN daardeur nogtans van advies bedien oor die grondwetlikheid van die Kosovo-sesessie. \u00a0Die Internasionale Hof word in hoofstuk VI van die statute met gesag bekle\u00eb om regsadvies aan die VN of sy organisasies te gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor skryf Wiechers dat dit onseker is of die Kosovo-advies \u2018n presedent skep. Die <em>US State Department<\/em> het op 19 Februarie 2008 verklaar dat \u201cevery territorial conflict unique\u201d is en dat die Kosovo-advies nie deur ander separatistiese groepe gevolg kan word nie. Die VN se sekretaris-generaal Ban Ki-Moon het verklaar dat die Kosovo-geval \u201chighly distinctive\u201d is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die anderkant van die munt het separatistiese bewegings, soos die Parti Quebecois van Kanada, onder meer voorbeelde, onmiddelik Kosovo aangegryp as sou dit sesessie kondoneer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nou wat Kosovo uniek maak: \u00a0Kosovo was vroe\u00ebr \u2018n deelstaat van Jugoslawi\u00eb met sy eie wetgewer, administrasie, regsinstellinge en selfs met \u2018n vetoreg in die Federale Parlement van Jugoslawi\u00eb. Die Serbi\u00ebr, Milosevic, het gepoog om met die interne soewereiniteit van deelstate soos Kosovo, Kroasi\u00eb, Sloveni\u00eb, Bosnia en Herzegovina weg te doen. \u00a0Dit het \u2018n oorlog ontketen en vandag is hierdie eens Jugoslawiese deelstate vry en onafhanklik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In kort: om die Kosovo-uitspraak nolens volens op die selfbeskikkingsreg van Afrikaners van toepassing te maak, is juridies gewaagd. Alvorens die Afrikaners nie \u2018n deelstaat beset met \u2018n eie administrasie en wetgewer nie, kan ons nie op die Kosovo-uitspraak steun nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil dit daarom duidelik stel dat ek ten gunste van \u2018n Volkstaat en selfbeskikking is, maar waarsku dat regsargumente wat op valse gronde gebaseer is, tot mislukkig gedoem is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Christo Landman Die onlangse &#8220;bitsige&#8221; korrespondensie van sekere rolspelers in sake die belang van selfbeskikking in die internasionale reg en betekenis daarvan vir Afrikaner selfbeskikking, noop my om die pen op te neem. Die beledigings wat my toegesnou is, het my weer onder die indruk gebring dat ons (die Afrikaners) nie ons selfbeskikking moet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18497,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82,10],"tags":[13500,13480,8319,13503,13498,13499,13501,13502,4784],"class_list":["post-18496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","tag-peoples-begrip","tag-internasionale-hof","tag-internasionale-reg","tag-kosovo","tag-kultuurgemeenskappe","tag-nasies","tag-prof-marinus-wiechers","tag-raadgewende-uitspraak","tag-selfbeskikking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18496\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18497"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}