{"id":18487,"date":"2013-10-13T00:01:32","date_gmt":"2013-10-12T22:01:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18487"},"modified":"2013-10-12T22:17:52","modified_gmt":"2013-10-12T20:17:52","slug":"wit-oktober","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18487","title":{"rendered":"Wit Oktober"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18488\" aria-describedby=\"caption-attachment-18488\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/RO5.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-18488\" alt=\"By die Rooi Oktober-betoging voor die Uniegebou\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/RO5-300x300.jpg\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/RO5-300x300.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/RO5-150x150.jpg 150w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/RO5.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18488\" class=\"wp-caption-text\">By die Rooi Oktober-betoging voor die Uniegebou<\/figcaption><\/figure>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><em>deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Rooi Oktober-veldtog, \u2018n protesaksie van blankes teen die verval in Guptatopie en die diskriminasie wat ons ervaar, het heel voorspelbaar, redelik polemiek veroorsaak. Een bron van di\u00e9 polemiek was te wagte: \u2018n anglofiel uit die noordelike voorstede van Johannesburg was erg opgeklits in die linkse virtuele koerant, The Daily Maverick. Hoe durf wittes rassesolidariteit toon, en kla oor riool in riviere of slaggate in die paaie, het ene Nicky Falkof in haar stuk in <a title=\"Red October\" href=\"http:\/\/www.dailymaverick.co.za\/opinionista\/2013-10-07-red-october\/#\" target=\"_blank\">The Daily Maverick<\/a> geweeklaag. (My instinktiewe reaksie was om te s\u00ea dat Nicky eerder moet Falk Off as om sulke onnosel vrae te vra.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander bron van bykans histeriese verontwaardiging, is <a title=\"Explaining bizarreness of apartheid is no child\u2019s play\" href=\"http:\/\/www.bdlive.co.za\/opinion\/columnists\/2013\/10\/10\/explaining-bizarreness-of-apartheid-is-no-childs-play\" target=\"_blank\">Sipho Hlongwane in Business Day<\/a>. Hlongwane vind dit \u201cbisar\u201d dat blankes durf aandring op beter openbare dienste en veiligheid. Wat wel uiters vreemd is, is die volgende sinnetjies uit die gifpen van Hlongwane: \u201cTheir attitude is one of whites first, with blacks getting whatever they can after that. Whites must be protected and should not die.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel, ja. Ek sou graag na my eie mense se belange wou omsien, en ja, ek wil graag h\u00ea dat my gesin veilig moet wees. Ek gaan nie eens poog om te probeer bedink waarom \u2018n rubriekskrywer laasgenoemde bisar sou vind nie. Persoonlike veiligheid is immers heel onder aan Maslow se hi\u00ebrargie van menslike behoeftes; een van die mees basiese menslike bekommernisse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is eweneens opmerklik dat, alhoewel beide Hlongwane en Falkof gr\u00f3\u00f3t probleme met blanke rassesolidariteit het, en voorspelbaar verskriklik skree oor apartheid, hulle nog nooit een enkele woord gerep het oor organisasies soos die Black Management Forum of die Black Lawyers\u2019 Association nie. So ook rep hulle geen woord oor rassistiese, swart-op-wit geweld, of die neo-apartheid en rassissme bekend as regstellende aksie en SEB nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swart rassesolidariteit, swart-op-wit rassisme en selfs swart-op-wit rassistiese geweld is dus skynbaar heeltemal aanvaarbaar in jou beter voorstede van Johannesburg, of in die nuuskantore van Engelse publikasies, maar dieselfde voorreg word nie aan blankes gegun nie, en veral nie as hulle toevallig Afrikaners is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar goed; ek kan verstaan dat \u2018n RA-rubriekskrywer op anti-blanke rassisme moes staatmaak om sy pos te kon bekom. Ek kan ook amper verstaan waarom \u2018n identiteitslose en verwarde anglofiel haar bedreig sou voel deur Afrikaners. Dit moet erg wees om te wonder wie en wat jy nou eintlik is, siende hoe daar nie juis in Guptatopie vir blankes plek is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat vir my heelwat vreemder is, is dat daar ook blankes is wat beswaar aanteken teen die Rooi Oktober-veldtog. Een van hierdie blanke beswaarmakers is admiraal-generaal Cor Ehlers, die voorsittter, skriba, milit\u00eare bevelvoerder, tesourier en teemaker van die OASE-organisasie. Na die tipiese dwarstrekkerige fatsoen wat helaas so kenmerkend van ons ou volkie is, skryf adm-genl Ehlers die volgende oor die Rooi Oktober-veldtog:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOASE is onlangs deur sommige Afrikaners kwalik geneem toe ons bestuur aangekondig het dat ons nie aan Sunette Bridges se protesoptog, Red October, op 10 Oktober in Pretoria gaan deelneem nie. Ons redes hiervoor is spesifiek omdat die Red October-inisiatief gebaseer is op ras deurdat daar na die \u201cwit\u201d etniese minderheid verwys word. Wit dui op mense se velkleur, terwyl etnies dui op mense se kultuur en waardestelsel. Laasgenoemde het niks met mense se ras of velkleur te make nie. Daar bestaan ook nie iets soos \u2018n \u201cwit etniese minderheid\u201d nie, want die twee terme (ras en etnisiteit) is nie versoenbaar nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, tog. Dat Naspers-agtige politieke korrektheid selfs diegene wat hulself vir \u2018n Afrikanervolkstaat kan beywer, so kan maak bokspring! Hoe kan iemand wat \u2018n volkstaat wil bekom, nog so verward wees oor wie presies die volk is wat die staat moet bewoon? Uit pure moedeloosheid het ek per epos van adm-genl Ehlers probeer verneem of Allan Boesak dan ook welkom sou wees in OASE se volkstaat, siende hoe Boesak ook Afrikaans praat en \u2018n lidmaat van die Susterskerke is, maar ek kon helaas ook nie \u2018n reguit ja of nee van adm-genl Ehlers kry nie, en sy reaksie was bloot \u2018n spoeg-en-plak van skakels na \u2018n aantal VN-publikasie toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My boodskap aan almal, ook aan adm-genl Ehlers, is die volgende: Die ANC skroom glad nie om jou as \u2018n blanke te klassifiseer nie, en om daardie klassifikasie teen jou te gebruik om rassisme soos RA teenoor jou te pleeg nie. Boere se wit velle is hul uniforms en veroorsaak dat plaasaanvallers hulle teiken. Jimmy Manyi en kie beleef geen oomblik se wroeging om swart rassesolidariteit te pleeg in organisasies soos die Black Lawyers\u2019 Association nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hou dus op om om verskoning te vra vir jou wit vel. Ja, Afrikaners is blankes. Ja, ons is trots op ons kultuur, taal en ook ons Europese herkoms. Ja, blankes hoef niemand om verskoning te vra dat ons na ons volk en ook ons ras se belange wil omsien nie. Wyle Tom Clancy kon net sowel \u2018n boek oor Afrikaners geskryf het: <em>The Hunt for White October<\/em>. Basta dus met kruipery en politieke korrektheid! Gaan neem met trots deel aan die Rooi Oktober-aksies.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op\u00a0Facebook. Die Rooi Oktober-veldtog, \u2018n protesaksie van blankes teen die verval in Guptatopie en die diskriminasie wat ons ervaar, het heel voorspelbaar, redelik polemiek veroorsaak. Een bron van di\u00e9 polemiek was te wagte: \u2018n anglofiel uit die noordelike voorstede van Johannesburg was erg opgeklits in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":18488,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[5424,13486,13484,6217,643,13483,13487,4772,266,13482,222,13317,13485,10696,9175,13488,13196],"class_list":["post-18487","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-business-day","tag-cor-ehlers","tag-daily-maverick","tag-jimmy-manyi","tag-naspers","tag-nicky-falkof","tag-oase","tag-ras","tag-rassisme","tag-red-october","tag-regstellende-aksie","tag-rooi-oktober","tag-sipho-hlongwane","tag-sunette-bridges","tag-swart-ekonomiese-bemagtiging","tag-the-hunt-for-white-october","tag-tom-clancy"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18487","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18487"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18487\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18488"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18487"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18487"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18487"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}