{"id":1848,"date":"2008-06-03T09:57:47","date_gmt":"2008-06-03T09:57:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1848"},"modified":"2008-06-03T09:57:47","modified_gmt":"2008-06-03T09:57:47","slug":"robert-mcbride-die-ware-nuwe-suid-afrikaanse-man","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1848","title":{"rendered":"Robert McBride, die ware Nuwe Suid-Afrikaanse Man"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Almal weet natuurlik dat daar nooit so &#39;n man was nie. Die menslike  geaardheid is juis ni&eacute; altru&iuml;sties nie. Selfs binne die dwangbuis van die  Sowjetkommunisme, was dit steeds elke man vir homself. Korrupsie, baantjies  vir boeties en magsmisbruik was aan die orde van die dag. <\/p>\n<p>Die ANC-bewind het egter daarin geslaag om Homo Azanicus, die volmaakte Nuwe  Suid-Afrikaanse Man, te baar. Sy naam is Robert McBride. <\/p>\n<p>McBride is gebore naby Durban, die kind van skoolonderwysers. Gegewe sy  latere deelname aan &#39;n Marxistiese rewolusie, is dit nie sonder ironie dat  sy ouers deel was van die bourgeoisie nie. As die vorige bedeling voorts wel  so &#39;n bose bestel was, wonder mens hoe sy ouers dan desnieteenstaande die  sogenaamde onderdrukking daarin geslaag het om hulself as onderwysers te  bekwaam. McBride kon kwalik daarop aanspraak maak dat hy arm grootgeword  het soos byvoorbeeld die gemiddelde inwoner van, s&ecirc; maar,&nbsp; Zambi&euml;. <\/p>\n<p>&#39;n MK-aanval op &#39;n olieraffinadery naby McBride se woning het nietemin &#39;n  groot indruk op hom gemaak, want hy het hom in die tagtigerjare by die ANC  aangesluit. Die aanval wat McBride se naam as&#39;t ware gemaak het, was &#39;n  lafhartige bomplantery by die Magoos-kroeg in Durban, waarin drie mense  dood en 69 beseer is. McBride, immer die dapper krygsman, het vreemd genoeg  nie &#39;n milit&ecirc;re teiken gekies nie. Daar was onder andere &#39;n  verkennersoldaatbasis in Durban wat wel &#39;n legitieme milit&ecirc;re teiken  kon wees, maar McBride het verkies om sy aanval op ongewapende burgerlikes  te rig. Daar was ongetwyfeld &#39;n oortuigende strategiese rede hoekom McBride  nie die verkennersbasis wou aanval nie&#8230; <\/p>\n<p>Nie net het hierdie &quot;dapper&quot; kryger verkies om sagte teikens af te maai nie,  maar sy bom is ook in die verkeerde kroeg geplant. Die oksimoroniese  MK-&quot;intelligensie&quot; het gans en al &#39;n ander kroeg ge&iuml;dentifiseer wat deur  ongewapende lugmaglede buite diensure besoek is, maar McBride het die  &quot;milit&ecirc;re&quot; operasie lelik opgefoeter. Hier het hy alreeds die kenmerke van  jou tipiese Homo Azanicus begin toon: &#39;n volslae onvermo&euml; om te beplan asook  algemene onbevoegdheid. Laasgenoemde is uiteraard &#39;n trotse tradisie binne  die ANC, wat vandag nog deur Alec Erwin en die getransformeerde topbestuur  van Eksdom voortgesit word. <\/p>\n<p>Nes die onbevoegde, getransformeerde bestuur van Eksdom vandag met  astronomiese bonusse beloon word vir hulle vernietiging van &#39;n  voorheen werkende organisasie, is McBride in 2006 beloon met &#39;n  merietemedalje deur die getransformeerde SANW. So ook is die lafhartige  beplanner van die Kerkstraatbom beloon met &#39;n senior pos in die Reserwebank. <\/p>\n<p>Soos mens kon verwag van die sikofantiese WVK, is McBride ter dood  veroordeel, maar deur die WVK kwytgeskeld van sy misdade, en is hy verkies  tot die Gautengse uitvoerende komitee van die ANC. In iets wat reguit uit &#39;n  skets deur Casper de Vries kom, is McBride aangestel by Buitelandse Sake,  nogal in &#39;n intelligensiepos! In 1998 word hy in hegtenis geneem deur die  Mosambiekse polisie. Hy was glo besig om wapensmokkelary te ondersoek, maar  het weer eens &#39;n totale gemors daarvan gemaak. Weer eens het hy met sy  voorbeeld gelei, en is die trotse tradisie van verdagte wapentransaksies  voortgesit deur onder andere Schabir Shaik, Jacob Zuma en selfs, luidens  gerugte, president Mbeki. Vir sy aandeel in korrupsie is mnr Zuma, ook &#39;n  Nuwe Suid-Afrikaanse Man, beloon met die presidentskap van die ANC. <\/p>\n<p>McBride se kriminele neigings en onbekwaamheid kon uiteraard nie onbeloon  bly in die Nuwe Suid-Afrika nie, en hy is later aangestel as die hoof  van die Ekurhuleniese Metropolisie. Sodoende het hy nog &#39;n presedent geskep,  want die ewe korrupte Jackie Selebi is ook later as die hoof van die  getransformeerde SAPD aangestel. Dit neem uiteraard een krimineel om &#39;n  ander te kan raaksien en dus is &#39;n pos in die polisie die aangewese ding vir  die Selebi&#39;s en McBrides onder ons. Selebi, nes McBride, het hom baie  meer tuisgevoel onder diegene met &#39;n verdagte karakter soos Glenn Agliotti,  Suid-Afrika se antwoord op John Gotti. <\/p>\n<p>Na die tipiese fatsoen van die ware Nuwe Suid-Afrikaanse Man, het McBride  geen tyd verspil om sy mag te misbruik nie. Hy het onder andere glo &#39;n  kollega gedreig dat hy hom nie net sou laat vermoor nie, maar ook sy  vrou sou laat verkrag. Nog vreemder, hy het die arme man gedreig dat hy ook sy troeteldiere sou laat  vermoor! In Desember 2006, meer as &#39;n bottel whisky sterk, het McBride sy  motor naby Centurion gerol. Sy medebeamptes is aanges&ecirc; om die insident te  probeer verswyg en het gepoog om ooggetuies te intimideer. Kort na die  ongeluk het McBride glo self geprobeer om ooggetuies te intimideer deur hulle  by &#39;n vulstasie aan te rand en te laat arresteer. <\/p>\n<p>Weer eens is hierdie soort gedrag tiperend van die Nuwe Suid-Afrikaanse Man.  Meer as die helfte van die ANC se parlementslede het hulself skuldig gemaak aan  korrupsie in die sogenaamde Travelgate-skandaal. &#39;n Getroude paartjie wat  tans in die kabinet sit, het glo R300 000 tussen hulle verduister. Die  reaksie van die ANC? &#39;n Grootskeepse toesmeerdery en selfs bevordering vir  die skuldiges. In hierdie opsig is McBride &#39;n pionier. Sy bevordering het  die weg gebaan vir die beloning en bevordering van diegene wat wandade pleeg. <\/p>\n<p>In die nuutste, boeiende aflewering van die sepie: McBride, die Azaniese  held, het onlangs sy verskyning gemaak tydens sogenaamde xenofobiese  oproerigheid. McBride was geklee in sy Metropolisie-uniform, wat herinner  aan di&eacute; van &#39;n veldmaarskalk in die voormalige Sowjetunie, ten spyte  daarvan dat hy geskors is hangende die ondersoeke teen hom. Re&euml;ls geld  duidelik nie vir hierdie pragvoorbeeld van Nuwe Suid-Afrikaanse manlikheid  nie, nes dit ook nie geld vir die lede van die ANC-bewind wat in hulle  blouligkonvooie mindere sterflinge van die pad druk nie. McBride se  verskyning by die onluste het volgens Radio 702 se joernaliste op die toneel  die situasie laat oorgaan tot geweld. Verwag ons egter enige iets anders as  volslae onbevoegdheid van &#39;n Nuwe Suid-Afrikaanse Man? <\/p>\n<p>Sou McBride wel skuldig bevind word in enige van die verskeie hofsake  hangende teen hom, is daar geen perke aan sy toekomsmoontlikhede nie.  McBride, die Kommisaris van Polisie, is nie onmoontlik nie. Wie weet &#8211;  Robert McBride, die Nuwe Suid-Afrikaanse Man, kan selfs die Minister van Wet  en Orde in die Zuma-kabinet word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/malyshi-do-goda\/odezhda\">\u043c\u0435\u0431\u0435\u043b\u044c \u0434\u043b\u044f \u043d\u043e\u0432\u043e\u0440\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u043d\u044b\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/28.08.2014\/naznachen_novyj_prokuror_harkovskoj_oblasti\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>16:30:50 Een van Lenin en die Bolsjewiste se doelwitte was om &#39;n Nuwe Kommunistiese  Man te skep; iemand wat sou vry <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/stalinplakkaat.jpg\" width=\"164\" height=\"400\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/> wees van die klassevooroordele van die  verlede. Homo Sovieticus sou &#39;n altru&iuml;s wees, met &#39;n kommunale uitkyk op die lewe. Hy sou sy arbeid sonder die verwagting van persoonlike rykdom  opoffer tot voordeel van die gemeenskap, en sou oneindige energie toon in  die stryd vir globale rewolusie. <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[120],"tags":[152,21106,1761,1760],"class_list":["post-1848","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c111-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-s33-blok","tag-die-ware-nuwe-suid-afrikaanse-man","tag-robert-mcbride"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1848","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1848"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1848\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1848"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1848"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1848"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}