{"id":18440,"date":"2013-10-10T18:09:54","date_gmt":"2013-10-10T16:09:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18440"},"modified":"2013-10-10T18:10:13","modified_gmt":"2013-10-10T16:10:13","slug":"die-belang-van-n-volk-se-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18440","title":{"rendered":"Die belang van &#8216;n volk se geskiedenis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-18441\" alt=\"paulkrugerpraag\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-158x300.jpg\" width=\"158\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-158x300.jpg 158w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-78x148.jpg 78w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-16x31.jpg 16w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-20x38.jpg 20w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag-113x215.jpg 113w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/paulkrugerpraag.jpg 252w\" sizes=\"auto, (max-width: 158px) 100vw, 158px\" \/><\/a>Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit \u2018n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, s\u00ea dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder s\u00ea die feit dat Kruger se geboorte nie meer deur \u2018n amptelike vakansiedag in die herinnering geroep word nie, asook gewysigde skoolleerplanne wat nie die geskiedenis van die Afrikaner belig nie, ontneem jong mense die kennis van hul agtergrond en kultuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ANC het die geskiedenisboeke herskryf en daarom rus daar \u2018n groot plig en verantwoordelikheid op alle Afrikaners om die kennis oor sy agtergrond, geskiedenis en kultuur van generasie to generasie oor te dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2018n Volk se geskiedenis is die rots en fondament waarop sy toekoms gebou word,\u201d s\u00ea dr. Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor Paul Kruger s\u00ea dr. Mulder hy het \u2019n prominente rol gespeel om die ou Transvaalse Republiek van \u2019n agterlike arm en onderontwikkelde staatjie te ontwikkel tot \u2019n moderne staat van sy tyd. \u2019n Staat erken deur die w\u00eareld met ambassadeurs van al die groot moondhede van daardie tyd in Pretoria.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het verskillende groeperinge Afrikaners, wat elk \u2019n eie republiek wou stig, met geduld bymekaar gebring om dit moontlik te maak. Dit het verder behels om \u2019n staatsdiens, regstelsel en ekonomie te vestig sonder dat hy ooit enige opleiding hierin gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met net \u2019n basiese skoolonderrig, wat hy tuis ontvang het, het Kruger nie \u2019n duim teruggestaan vir die meerderwaardige Britse staatsmanne met hulle Oxford- en Cambridge grade met wie hy meer as een keer moes onderhandel nie. Talle staaltjies word vertel oor hoe hy moeilike probleme met eenvoudige \u201cboere-wysheid\u201d opgelos het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kruger het ongeag al die negatiewe propaganda oor die verlede, goeie verhoudinge met meeste swart stamme gehandhaaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So is die Kruger familie-Bybel deur die familie tydens die Anglo-Boere-oorlog aan die Magato-stam van Rustenburg oorhandig vir veilige bewaring om dit uit die hande van die Britte te hou. Dit s\u00ea veel van verhoudinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na sy afsterwe het die Franse aan hom hulde gebring met die boodskap: \u201cDie leier van \u2019n klein volk, wat staan vir \u2019n groot idee.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit \u2018n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, s\u00ea dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus. Dr. Mulder s\u00ea die feit dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18441,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[13439,5716,13440,13442,13441,4907],"class_list":["post-18440","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-13439","tag-afrikanervolk","tag-agtergrond-en-kultuur","tag-boere-wysheid","tag-ou-transvaalse-republiek","tag-paul-kruger"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18440\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18441"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}