{"id":18345,"date":"2013-10-08T18:16:38","date_gmt":"2013-10-08T16:16:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18345"},"modified":"2013-10-08T18:16:38","modified_gmt":"2013-10-08T16:16:38","slug":"militere-oefening-eindig-in-chaos-sterftes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18345","title":{"rendered":"Milit\u00eare oefening eindig in chaos, sterftes"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18347\" aria-describedby=\"caption-attachment-18347\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/pelikaanpunt.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-18347\" alt=\"Pelikaanpunt\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/pelikaanpunt-300x187.jpg\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/pelikaanpunt-300x187.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/pelikaanpunt.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18347\" class=\"wp-caption-text\">Pelikaanpunt<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat veronderstel was om die hoogtepunt van \u2019n milit\u00eare oefening tussen agt lande in Suider-Afrika te wees, het Sondagoggend in \u2019n tragedie op die kus suid van Pelikaanpunt in Namibi\u00eb ge\u00ebindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minstens twee soldate van die spesiale magte van Suid-Afrika en Malawi het gesterf, verskeie word vermis en talle is beseer in \u2019n fratsongeluk in &#8216;n stormagtige see aan die Namibiese kus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert vroeg Sondagoggend is die jongste verwikkelinge in die strategiese milit\u00eare oefening van die weermagte van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in die grootste geheimhouding gedompel nadat twee vlootvaartuie van die Suid-Afrikaanse spesiale magte net suid van Paaltjies vergaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 600 soldate van die weermagte van Namibi\u00eb, Suid-Afrika, Angola, Malawi, Zambi\u00eb, Botswana, Zimbabwe en Lesotho is tans op Walvisbaai saamgetrek vir die eerste milit\u00eare oefening van sy soort in die substreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die maneuvers en opleiding het van 9 tot 29 September plaasgevind en vanoggend sou die laaste fase van die projek ten einde loop. Dit het \u2019n taktiese aanval in woestynoorlogvoering behels waarby alle weermagelemente betrokke sou wees vanaf die vloot, die le\u00ebr en die lugmag tot die geneeskundige dienste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies wat gisteroggend gebeur het, bly steeds \u2019n geheim van die manne en vroue in uniform, maar dit was beslis die laagtepunt van \u2019n beplande elite-aanval op \u2019n denkbeeldige \u201cvyand\u201d suid van Walvisbaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Republikein was self op die toneel sowat agt kilometer suid van Paaltjies en die feite is dat die twee Barracuda landingsvaartuie van die Suid-Afrikaanse vloot op onverklaarbare wyse omgeslaan het nog voordat die branders en die kuslyn bereik kon word. Hierdie vaartuie wat spesiaal ontwerp is op die basis van \u2019n rubberboot om spesiale magte vanaf duikbote en groter vlootvaartuie vir aanvalle op land te ontplooi, word as \u201consinkbaar\u201d beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens eerstehandse inligting was die weermagspesialiste veronderstel om \u2019n eerstelig-aanval op die teikenbasis uit te voer en is verskeie Barracudas as landingsvaartuie ingespan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee van die bote met hul bemanning en die aanvalsmag het egter op see verdwyn. Eers nadat die twee groepe nie by die teiken opgedaag het nie, is onraad vermoed en \u2019n reusagtige soek- en reddingsveldtog op land en see van stapel gestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers n\u00e1 11:00 is die wrakke van die twee vaartuie opgespoor omdat vermoed is dat die ongeluk tussen Paaltjies en Pelikaanpunt plaasgevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee vaartuie was egter tien kilometer van die teiken af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In een weergawe word vertel dat die milit\u00eare kontingent van een van Namibi\u00eb se buurlande per ongeluk een van die bote met vlootgrofgeskut raakgeskiet het en dat die ander boot hulle te hulp gesnel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander weergawe is dat die bote op see verdwaal het en nie rekening gehou het met die deinings en golwe van tot drie meter nie. Nadat die eerste boot omgeslaan het, het die ander \u2019n reddingspoging probeer uitvoer, maar het self in die moeilikheid beland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">NamPort en die waarnemende kaptein van Walvisbaai se hawe kon gister geen lig op die werklike omstandighede en voorval werp nie en die direktoraat van maritieme sake op Walvisbaai het alle navrae na die vloot verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vloothoofkwartier op Walvisbaai het op sy beurt alle navrae na die weermaghoofkwartier in Windhoek verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was uiteindelik die polisie in Windhoek wat die voorval bevestig het met \u2019n kort aankondiging dat twee soldate by Walvisbaai gesterf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen amptelike verklaring is egter dusver uitgereik oor die presiese aard van die voorval, die vermistes of die beseerdes nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen 15:00 gister is een van die vaartuie wel uit die water gehaal, maar die tweede boot het nog omgedop agter die branders gel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om 16:00 het \u2019n helikopter van een van die weermagte die toneel besoek en byna onmiddellik na die Rooikop milit\u00eare basis teruggekeer. &#8211; Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat veronderstel was om die hoogtepunt van \u2019n milit\u00eare oefening tussen agt lande in Suider-Afrika te wees, het Sondagoggend in \u2019n tragedie op die kus suid van Pelikaanpunt in Namibi\u00eb ge\u00ebindig. Minstens twee soldate van die spesiale magte van Suid-Afrika en Malawi het gesterf, verskeie word vermis en talle is beseer in \u2019n fratsongeluk in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18345\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Milit\u00eare oefening eindig in chaos, sterftes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18347,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[13363,5048,5507,5508,6502,13362,6831,13364,6627,2242,11027,7244,2251],"class_list":["post-18345","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-agt-lande-in-suider-afrika","tag-angola","tag-botswana","tag-lesotho","tag-malawi","tag-militere-oefening","tag-namibie","tag-pelikaanpunt","tag-saog","tag-suid-afrika","tag-suider-afrikaanse-ontwikkelingsgemeenskap","tag-zambie","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18345","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18345"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18345\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18347"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18345"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18345"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18345"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}