{"id":18258,"date":"2013-10-06T07:03:33","date_gmt":"2013-10-06T05:03:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18258"},"modified":"2014-09-24T11:00:44","modified_gmt":"2014-09-24T09:00:44","slug":"jonathan-jansen-is-n-wolf-in-skaapsklere-resensie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18258","title":{"rendered":"Jonathan Jansen is \u2019n wolf in skaapsklere, resensie"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18260\" aria-describedby=\"caption-attachment-18260\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/chris_louw.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-18260 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/chris_louw-300x223.jpg\" alt=\"Wyle Chris Louw\" width=\"300\" height=\"223\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/chris_louw-300x223.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/chris_louw.jpg 440w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18260\" class=\"wp-caption-text\">Wyle Chris Louw<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Chris Louw<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Kovsies glo dat hul nuwe rektor, Jonathan Jansen, hom gaan beywer vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan hul universiteit, gaan hulle lelik ontnugter word. Rassetransformasie is Jansen se prim\u00eare doelwit. Afrikaans is hoogstens \u2019n instrument om di\u00e9 doel te bereik en aan die einde van die proses sal Afrikaans die slagoffer wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Knowledge in the Blood vertel Jansen hoe hy as dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria Afrikaans strategies ingespan het om Afrikaners se vertroue te wen terwyl hy terselfdertyd die grondre\u00ebls doelgerig so verander het dat die taal as onderrigtaal noodwendig moes kwyn en verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jansen se vertrekpunt is dat Afrikaner-kultuur so deurtrek is van rassisme dat dit eenvoudig moet plek maak vir die vollediger inklusiwiteit en toeganklikheid van Engels. Die kernvraag is hoe om dit te doen sonder om Afrikaners te vervreem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boek bied \u2019n merkwaardige insig in Jansen se benadering tot Afrikaners en sal waarskynlik as \u2019n teleurstelling kom vir lesers van sy gereelde rubrieke in Afrikaanse koerante. Waar hy in di\u00e9 rubrieke bekend geword het vir skerp maar regverdige kritiek, spreek die boek \u2019n totale veroordeling uit oor Afrikaners as onredbare rassiste \u2013 minstens in hul verband as herkenbare etniese groepering.<br \/>\nJansen se argument kan in kort soos volg weergegee word:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1994 is Suid-Afrika bevry van die bose stelsel van apartheid, wat \u2019n misdaad teen die mensdom was. Swart nasionalisme het finaal ge\u00adse\u00ebvier en Afrikaners \u2013 die vaandeldraers van wit meerderwaardigheid en rassisme \u2013 is oortuigend verslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die openbare lewe reeds grootliks getransformeer is, word die verskansing van Afrikaner\u00adnasionalisme in wit kerke, skole en universiteite voortgesit. Hy s\u00ea Afrikaners klou desperaat vas aan di\u00e9 laaste politieke ruimte om ras, kultuur en taal te verdedig. Dis juis hier waar die \u201ckennis in die bloed\u201d onkrities oorgedra en bevestig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ter sprake is, skryf Jansen, is \u201coorgedraagde kennis\u201d \u2013 in wese rassisme \u2013 van die ouer geslag na \u2019n jonger geslag wat nie self eerstehandse ervaring van die verlede het nie, maar in wie die ou vooroordele voortleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 \u201coordrag van kennis\u201d berus op gebrekkige insigte in die verlede. \u201cDaar bly \u2019n diepe ontkenning van \u2019n kriminele apartheidsverlede onder wit Afrikanerkinders en hul lewende ouers,\u201d skryf Jansen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is moontlik omdat die Afrikanerkind die produk is van \u2019n intense stel geslote interaksies \u2013 taal, skool, kerk, boeke, tydskrifte, radio en televisie, wat dieselfde waardes voortdurend herbevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kultuurorganisasies en kunstefeeste soos die KKNK en Aardklop \u2013 en selfs die jaarlikse Oppikoppi-rockfees \u2013 staan volgens Jansen in diens van \u2019n eksklusiewe beves\u00adtiging van die geslote Afrikaner-kultuur. Hier word \u201cstryde en prestasies van die verlede\u201d as \u201cnostalgiese verheerliking [van] vervlo\u00eb helde en gebeure\u201d kragtig aan die nuwe geslag oorgedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noudat kru rassisme nie meer aanvaarbaar is nie, vind dit volgens Jansen by Afrikaners uitdrukking in verwysings na kultuur, taal en groepsidentiteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaanse media soos Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad is volgens Jansen deurtrek van stories oor die bedreiging van die Afrikaner-identiteit; die aftakeling van die Afrikaanse taal; hoe Afrikaanse skole geteiken word; die verlies aan werksgeleenthede ten gunste van swart mense; en die einde van Afrikaanse plekname.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Etniese oervrese word vir kommersi\u00eble redes uitgebuit, met \u201cskreeuende opskrifte\u201d oor wreedaardige moorde op wit mense wat oor en oor herhaal word. So word misdaad voorgestel as volksmoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is dan, volgens Jansen, hoe Afrikaners se ongewenste narratief verbreek kan word sodat lede van \u2019n eksklusiewe en ge\u00efsoleerde gemeenskap konstruktief in \u2019n nie-rassige samelewing geassimileer kan word. Anders gestel: Hoe kan die oorwonne Afrikaner-gemeenskap gelei word om sonder verset \u201ctuis te voel\u201d in die transformasie-agenda?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As akademikus val Jansen se fokus uiteraard op die rol van universiteite, en in di\u00e9 geval die Universiteit van Pretoria. Sy ervaring by Tukkies word as \u2019n gevallestudie aangebied wat vermoedelik ook op ander universiteite van toepassing gemaak behoort te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Jansen se argument was Tukkies die bakermat van \u2019n kultuur van wit meerderwaardigheid en Afrikaner-patriargie, wat in \u2019n sterk outorit\u00eare ingesteldheid gegrond is. Die insul\u00eare aard van die Afrikaner-kultuur \u2013 aangehelp deur jare van akademiese sanksies \u2013 het uiting gevind in die ondemokratiese bestuurstyl en \u2019n verstokte kurrikulum-inhoud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jansen se basiese vertrekpunt is dat die Afrikaner-kultuur in wese onhervormbaar is, maar dat dit strategies onvanpas is om dit direk te konfronteer. Hy glo elemente van di\u00e9 kultuur \u2013 die respek vir meerderes en outorit\u00eare besluitneming \u2013 moet eerder ingespan word as instrumente om die transformasie-agenda te bespoedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Implisiet aan di\u00e9 argument is die wenslikheid daarvan dat die proses onder die leiding van \u2019n (generies) swart persoon moet geskied wat \u2019n deurleefde insig in nie-rassigheid het; \u2019n wit Afrikaner-leier loop die gevaar van opportunisme wat tot onegte transformasie en selfs onbedoelde aberrasies kan lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swart leier moet deur sy optrede \u2019n onberispelike voorbeeld stel. Afrikaners se rassevooroordeel sal op di\u00e9 wyse ondergrawe word deur die respek vir gesag wat deel van hul kultuur is, en hulle sal inkoop by die agenda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners se aandrang op Afrikaans as onderrigmedium het, volgens Jansen, eintlik maar ten doel om \u2019n \u201clanguage barrier\u201d te skep; dis \u2019n dekmantel om wit bevoorregting te verskans en lede van ander rassegroepe op die kampus te vervreem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot kuns is hoe Afrikaners se goedgesindheid behou kan word terwyl \u2019n agenda deurgevoer word wat strydig is met \u2019n anachronistiese kultuur wat ondermyn moet word. Jansen se oplossing vir die dilemma is gesetel in die konsep van \u201cbeleefdheid\u201d, wat hy as \u2019n kernbeginsel by Afrikaners ervaar. Beleefdheid as strategiese opsie behels \u2019n empatiese benadering tot Afrikaners se weerstand teen verandering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Afrikaans \u2013 minstens voorlopig \u2013 as onderrigmedium behou word, en mense in hul eie taal by gesprekvoering betrek word, word die konteks doelgerig verander: Swart studente met \u2019n voorkeur vir Engels word op groot skaal tot die universiteit toegelaat en dosente word van oral in die (Engelse) w\u00eareld gesoek en aangestel op grond van bewese akademiese kundigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jansen s\u00ea in sy ervaring is die kwaliteit van universiteitsonderrig vir die meeste Afrikaner-\u00adouers ononderhandelbaar. Afrikaners is \u201cvoorwaardelike pragmatiste\u201d; solank bepaalde standaarde en waardes verseker is, bly hulle lojaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie konteks was dit nie nodig om Afrikaans as onderrig\u00admedium by Tukkies af te skaf en onwelkome konflik te skep nie. Die demografiese grondverskuiwing het \u2019n nuwe dinamika losgemaak en die re\u00ebls van die spel onherroeplik verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Engels, skryf Jansen, het markwaarde vir die nuwe mobiele en globale klas van kenniswerkers onder Afrikaners, en Afrikaner-pragmatisme sal in di\u00e9 konteks self sorg vir die finale uitfasering van Afrikaans as universiteitstaal. By Tukkies was die taalvoorkeur van die meerderheid studente uiteindelik beslissend Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGele\u00eb in een van die mees kosmopolitiese stede in Afrika, op die kruispaaie van vele internasionale kulturele strominge, sal die UP onafwendbaar in die rigting van \u2019n Engelsmedium-universiteit beweeg. Binne die volgende dekade sal daar baie min Afrikaans wees by hierdie eertydse bastion van Afrikaner-nasionalisme.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jansen s\u00ea wat hy by Tukkies veral roerend gevind het, was dat jong, wit Afrikaanse studente hom bedank het vir sy leidende rol in \u2019n postkonflik- pedagogie en die transforma- sie wat dit in hul lewe gebring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is duidelik dat Jansen Afrikaner-studente in \u2019n dialoog wil betrek wat geen \u201coop gesprek\u201d is nie. Hy het hulle by voorbaat kollektief aan growwe rassisme skuldig bevind. Wat hy bied, is \u2019n empatiese oor om hulle te lei na sy eie insigte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afloop van die gesprek is reeds bepaal: Dat Afrikaners hulle taal en kultuur sal prysgee in die volle kennis van die sondigheid wat daarin vervat is sodat hulle kan opgaan in die ideaal van \u2019n Engels-geori\u00ebnteerde nie-rassigheid soos deur swart nasionalisme versinnebeeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Knowledge in the Blood: Confronting Race and the Apartheid Past<\/em>, deur Jonathan D. Jansen. UCT Press\/Stanford University Press. 2009.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hierdie resensie het in 2009 vir die eerste keer in <\/em>Rapport<em> verskyn.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Chris Louw As Kovsies glo dat hul nuwe rektor, Jonathan Jansen, hom gaan beywer vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan hul universiteit, gaan hulle lelik ontnugter word. Rassetransformasie is Jansen se prim\u00eare doelwit. Afrikaans is hoogstens \u2019n instrument om di\u00e9 doel te bereik en aan die einde van die proses sal Afrikaans &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18258\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jonathan Jansen is \u2019n wolf in skaapsklere, resensie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,7],"tags":[2188,3377,7871,3394,4892,13277,13280,13279,4114,266,13278,5802,4110],"class_list":["post-18258","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","category-s27-vermaak","tag-afrikaners","tag-beeld","tag-chris-louw","tag-die-burger","tag-jonathan-jansen","tag-knowledge-in-the-blood","tag-kultuurorganisasies","tag-kunstefeeste","tag-rapport","tag-rassisme","tag-swart-nasionalisme","tag-universiteit-van-pretoria","tag-volksblad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18258","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18258"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18258\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18258"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18258"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18258"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}