{"id":18186,"date":"2013-10-03T16:02:05","date_gmt":"2013-10-03T14:02:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18186"},"modified":"2013-10-03T16:02:21","modified_gmt":"2013-10-03T14:02:21","slug":"stakings-by-bmw-vervreem-eu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18186","title":{"rendered":"Stakings by BMW vervreem EU"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/bmw.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18187\" alt=\"bmw\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/bmw.jpg\" width=\"274\" height=\"184\" \/><\/a>Die vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhouding tussen Suid-Afrika en die lidlande van die EU is reeds gespanne en Duitsland het onlangs hard en duidelik sy stem gevoeg by die EU se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts s\u00ea die Internasionale Monet\u00eare Fonds (IMF) het nou ook sy kommer uitgespreek oor die ho\u00eb aantal stakings wat die land se ekonomie laml\u00ea, en wat goed ge\u00efllustreer word deur die feit dat Suid-Afrika ondanks \u2018n swak rand ook met sy uitvoer sukkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ANC, wat siendero\u00eb toelaat dat vakbonde die land se industrie\u00eb laml\u00ea en beleggers verdryf, moet verantwoordelikheid neem vir die vernietigende effek wat stakings op die land se ekonomie het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ANC skep dan ook verdere onsekerheid oor eiendomsreg met beoogde wetgewing wat alle tipe eiendomsreg sal blootstel aan onteiening deur die staat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVerder is die ANC se strewe om Regstellende Aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nog strenger te polisieer kommerwekkend, aangesien dit van die faktore is wat ekonomiese groei strem. Die Ouditeur-Generaal het juis aangedui dat kaderontplooiing, wat moontlik gemaak word deur RA, juis die rede is vir swak dienslewering deur die staat. Wat SEB betref is dit alom bekend dat geen navorsing bestaan dat die beleid enige goeie invloed het op die ekonomie nie en of swartmense werklik opgehef word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaarom is die voortsetting van di\u00e9 beleide irrasioneel en daarom ongrondwetlik, bo en behalwe die feit dat dit inbreuk maak op die reg van minderheidsgroepe om op gelyke voet ekonomies mee te ding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Demokratiese Alliansie se ondersteuning en omarming van die beleid is ook skrikwekkend aangesien gerekende internasionale organisasies toenemend \u00a0tot die debat toetree en pleit dat SEB vervang moet word met \u2018n beleid wat aan almal in die land \u2018n gelyke kans op ekonomiese welvaart sal bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cRothschild, die konsultasiefirma wat self die eerste SEB-transaksies gefasiliteer het, is die jongste toevoeging tot lys van invloedryke organisasies wat hom openlik teen SEB uitgespreek het,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid. Die verhouding tussen Suid-Afrika en die lidlande van die EU &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18186\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stakings by BMW vervreem EU&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18187,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[13208,5227,12834,13209,13207,13210,10378],"class_list":["post-18186","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bmw-suid-afrika","tag-duitsland","tag-europese-unie-eu","tag-internasionale-monetere-fonds-imf","tag-motorvervaardigingsektor","tag-rothschild","tag-stakings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18186\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18187"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}