{"id":18143,"date":"2013-10-02T16:57:14","date_gmt":"2013-10-02T14:57:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18143"},"modified":"2013-10-02T16:57:14","modified_gmt":"2013-10-02T14:57:14","slug":"djonnitin-jansen-se-rassistiese-nyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18143","title":{"rendered":"Djonnitin Jansen se rassistiese nyd"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial; font-size: small;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15429\" alt=\"delport_manfred_600\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><em>deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Djonnitin Jansen, rektor van Kovsies, voel klaarblyklik weer afgeskeep en \/ of verveeld, en het derhalwe besluit om sy gunstelingteiken, Afrikaners, <a title=\"Jonathan Jansen: Wit Afrikaanse skole ernstige gevaar vir rasseverhoudinge\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=18122\">by te kom<\/a>. Kan ook wees dat Djonnitin groter politieke ambisies as \u2018n blote rektorskap het, en watter geriefliker teiken is daar vir \u2018n kruiper as \u2018n Afrikaner, as jy politieke punte wil aanteken? Ek gebruik terloops doelbewus nie die term \u201cblanke Afrikaner\u201d nie, aangesien dit \u2018n toutologie sou wees \u2013 Afrikaners is per definisie wit, en dus is \u2018n Afrikanerskool, vir die doeleindes hiervan, \u2018n skool met \u2018n meerderheid Afrikaners, wat ook per definisie blankes is.\u00a0Volgens Djonnitin hou Afrikanerskole kwansuis \u2018n ernstige bedreiging vir rasseharmonie in ons Guptatopie in. Nee, regtig. Nou goed, ek besef dit: Logika, redelikheid en die feite is vir \u2018n politieke aanstelling soos Djonnitin uitgediende, Eurosentriese konsepte. Kruiperige politieke gedienstigheid voor sy ANC-meesters is kennelik vir Djonnitin veel belangriker oorwegings as die blote feite en die waarheid, maar vergun my om korte mette te maak met Djonnitin se nonsens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens vind ek dit absurd dat \u2018n taal soos Engels Djonnitin se voorkeur as onderrigmedium sou wees. Engels, wat slegs vierde op die lys van die mees algemene huistale in Suid-Afrika is, vergelyk maar sleg met Zoeloe, Xhosa en Afrikaans (ja, Djonnitin, Afrikaans!) as die drie mees algemene huistale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mens moet maar ook skynbaar nie te diep krap oor Djonnitin se akademiese agtergrond nie, maar dit word allerwe\u00eb erken deur al wat \u2018n nie-regstellende-aksie-akademikus is, dat moedertaalonderrig \u2018n kritieke suksesfaktor vir akademiese sukses is. Die topskole in Gauteng sluit gereeld Afrikanerskole soos die Ho\u00ebrskool Waterkloof en Affies in. Hoe Djonnitin, wat op sy CV probeer beweer hy is \u2018n kenner in die opvoedkunde, daardie spesifieke navorsing misgelees het tydens sy studies, sal net hy en sy voormalige dosente weet. Was hulle ook kwota-dosente wat om ander redes as akademiese uitnemendheid aangestel is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Djonnitin dan logies en konsekwent wou wees, en as hy iets van die opvoedkunde begryp het, iets wat mens weer eens nie redelikerwys van \u2018n politieke aanstelling kan verwag nie, sou hy moes aandring op streeksgebonde moedertaalonderrig: Zoeloe en Xhosa aan die Ooskus, Afrikaans, Sotho en Tswana in die binneland, en Afrikaans in die Weskaap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts gaan sy argument dat Engels kwansuis \u2018n w\u00eareldtaal is, ook nie op nie. Daar is baie meer sprekers van Mandaryns as wat daar Engelse huistaalsprekers is, en as Djonnitin die vaagste benul gehad het van die ekonomiese realiteite van die 21ste eeu, en dan regtig kinders \u2018n ekonomiese voorsprong wou gee, sou hy logieserwys op onderwys in Mandaryns moes aandring, want die 21ste eeu gaan ongetwyfeld aan die Ooste behoort in ekonomiese- en magsterme. Voorts is Engels geen waarborg van ekonomiese sukses nie \u2013 Duits word deur slegs sowat 100 miljoen mense gepraat (vergelyk dit met die miljard plus Chinese), maar nietemin is Duitsland steeds \u2018n ekonomiese supermoondheid. Sou Djonnitin ook aan Kansellier Merkel aanbeveel dat sy Duits in haar land se skole moes afskaf, sodat die Duitsers meer mededingend moes raak?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Veel ernstiger vraag, wat Djonnitin in sy tirade nie duidelik maak nie, is waarom spesifiek Afrikaanse skole rasseharmonie kwansuis sou bedreig. Waarom dan nie ook die relatief blanke Engelse skole soos Bishops of King Edward, of Rivonia Primary waaroor daar &#8216;n hofsaak was, uitsonder nie? Waarom nie pikswart Vendaskole in Thohoyandou nie? Is dit agv Afrikanerskole se sukses? Want, nes Bishops en King Edward, het die groot meerderheid Afrikanerskole ook anderskleurige leerlinge. Mens sou dit besonder moeilik vind om \u2018n 100% blanke voormalige Model-C-skool op te spoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons erken nou maar wat Djonnitin so beserk maak van onsamehangende woede en afguns: Afrikanerskole is Suid-Afrika se oorpresteerders en uitblinkers, veral waar dit by staatskole kom. Alhoewel daar in elke skool soms probleme voorkom, is blanke, Afrikaanse skole met reg bekend vir hul goeie dissipline en akademiese uitnemendheid, veral vergeleke met die wanorde en anargie wat dikwels in die res van die Guptatopiese skole heers. Dit geld selfs vir meestal blanke, Engelse skole. Die onlangse voorval waartydens \u2018n blanke kind beserk geraak het, en \u2018n onderwyseres met \u2018n besemstok aangerand het, het juis in \u2018n Engelstalige skool plaasgevind, met swart klasmaats wat die belhamel aangemoedig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is sulke voorvalle &#8211; kinders wat onderwysers te lyf gaan met besemstokke &#8211; vir Djonnitin egter meer aanvaarbaar as dat Afrikanerskole wat goeie dissipline en resultate lewer? Dit lyk tog so, en dit is inderdaad al gevolgtrekking wat mens uit sy onsamehangende tirade kan maak. Hieruit volg dat Djonnitin een of ander wroeging koester teen goeie prestasies en dissipline, maar slegs wanneer Afrikaners dit bereik. Daarom beweer hy dat Afrikanerskole se goeie voorbeeld op een of ander manier sou bydra tot rassespanning. So nie, sou hy ook te velde moes trek teen suksesvolle, Engelse privaatskole soos Michaelhouse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En hiervoor is slegs een verklaring: Jaloesie. Rassistiese jaloesie. Anti-Afrikaner-, rassistiese jaloesie. Daar is dus wel rassehaat in SA, maar dit word aangeblaas deur haters soos Djonnitin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die kulturele marxis wat Djonnitin is, is sy sogenaamde oplossing egter nie om te poog om ook Zoeloe-, Xhosa- en Sothoskole na dieselfde vlak as Afrikanerskole op te hef nie. Nee; sy oplossing is eerder \u2018n tipiese kulturele marxis s\u2019n: gedwonge gelykheid. Die afbreek van d\u00edt wat goed funksioneer, en die verlaging van standaarde na di\u00e9 van die laagste gemene deler.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is moeilik om opheffingswerk te doen, daarom verkies Djonnitin eerder \u2018n uitweg wat sy geliefde Engelse \u201ca race to the bottom\u201d sou noem. In weerwil van die oorweldigende getuienis dat moedertaalonderrig wesentlik belangrik vir akademiese prestasie is \u2013 kyk bloot hoe goed vaar Afrikaanse Model-C-skole elke jaar met hul matriekuitslae \u2013 kies Djonnitin eerder die maklike uitweg: Hy wil nie ander ophef nie, hy wil Afrikaners eerder na die ander se vlak afrem. Hy wil so maak deur Afrikanerkinders se skoolloopbane te bemoeilik, om my en jou kinders hul reg te onts\u00ea om in ons eie taal onderrig te ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rassistiese afguns, ou Djonnitin, is egter nie \u2018n mooi ding om te aanskou nie. Ek het boonop nog slegter nuus vir jou, Djonnitin: Selfs al slaag jy daarin, soos \u2018n wafferse Milner, om Afrikaans etnies uit ons kinders se skole te reinig, gaan Afrikanerkinders nog steeds die res uitstof. Wie gaan jy dan vir rassespanning blameer, Djonnitin?<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op\u00a0Facebook. Djonnitin Jansen, rektor van Kovsies, voel klaarblyklik weer afgeskeep en \/ of verveeld, en het derhalwe besluit om sy gunstelingteiken, Afrikaners, by te kom. Kan ook wees dat Djonnitin groter politieke ambisies as \u2018n blote rektorskap het, en watter geriefliker teiken is daar vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15429,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[13172,167,13174,6016,13173,4892,13175,4772,5565],"class_list":["post-18143","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-afguns","tag-afrikaans","tag-alfred-milner","tag-engels","tag-jaloesie","tag-jonathan-jansen","tag-kulturele-marxisme","tag-ras","tag-taal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18143","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18143"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18143\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15429"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18143"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18143"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18143"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}