{"id":18113,"date":"2013-10-01T16:31:08","date_gmt":"2013-10-01T14:31:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18113"},"modified":"2013-10-01T16:31:08","modified_gmt":"2013-10-01T14:31:08","slug":"hoekom-is-ons-hier-in-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18113","title":{"rendered":"Hoekom is ons hier in Afrika?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/afrika.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18114\" alt=\"afrika\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/10\/afrika.jpg\" width=\"259\" height=\"194\" \/><\/a>Het u al gewonder hoekom daar hoegenaamd \u2018n blanke Volk hier in Suid-Afrika gevorm het? Hoekom hulle \u2018n eie identiteit opgebou het? Hoekom daar \u2018n eie taal Afrikaans ontstaan het? Hoekom daar vir hulle \u2018n eie land gegee was?<\/p>\n<p>En dan, hoekom is daardie Volk vandag moedeloos, voel verraai en wil nie meer op staan vir sy regte nie?<\/p>\n<p>Dit is \u2018n vraag wat baie van ons wil beantwoord h\u00ea.<\/p>\n<p>Hierdie is my eie mening.<\/p>\n<p>In 1652 \u00a0het daar blankes hier aangekom, party het gebly en ander het weer aanbeweeg soos Jan van Riebeeck en tog is daar wel \u2018n nuwe volk in wording geplant aan die suidpunt van Afrika. Hoekom het hier \u2018n volksplanting plaasgevind? Hoekom?<\/p>\n<p>Ek glo dit was \u2018n daad van God om \u2018n Volk vir hom hier af te sonder, want sy Volk Israel van ouds was versprei regoor die dan bekende w\u00eareld. Hierdie nuwe volk het gekom van verskeie Europese Volke .<\/p>\n<p>Die Volk het net Een gevrees en dit is God alleen, niemand anders nie. Hulle het kinders in die naam van God grootgemaak en dit is so oorgedra van geslag tot geslag en so is die Christen geloof lewendig gehou. Deur die hele Groot Trek heen het hulle vir God aangeroep wanneer die bose magte van Afrika hulle bedreig het en is telkemale uit die bose magte se hande gered.<\/p>\n<p>Die slag van Bloedrivier het weereens bevestig dat God die Volk hier geplaas het, dat hulle selfs \u2018n Gelofte met God aangegaan het as hy hulle sou red, dat die dag vir altyd sou gedenk word as \u2018n dag wat aan God gewy sal word. Die hele Groot Trek was \u2018n geloofsdaad \u00a0en ons sien hoe hierdie geloofsoortuiging verder in die Volk se geskiedenis soos \u2018n goue draad loop. Oral waar daar \u2018n dorp gevestig is, is van die eerste dinge wat gedoen was om \u2018plek van byeenkoms te bou vir gelowiges, naamlik \u2018n kerk.<\/p>\n<p>Die huisgesin was opgevoed aan die hand van die Bybel, naamlik die Woord van God. Ek s\u00ea nie hiermee almal het dit presies so gedoen nie, daar was ook die wat afgedwaal het.<\/p>\n<p>Ek is ook grootgemaak met die wete dat God is goed en groot, maar \u2018n Volk wat \u00a0Hy vir hom hier afgesonder het, moet ook gehoorsaam bly aan Sy wette en Sy doel waarvoor Hy hulle hier geplaas het.<\/p>\n<p>Het die Volk gehoorsaam gebly? Oordeel self.<\/p>\n<p>Die Volk is getoets met die Vryheidsoorlo\u00eb en hulle het nog sterker daaruit gekom en met \u2018n vaste geloof en vertroue het die Volk herstel en alles weer opgebou. Het dit werklik gebeur? Ja, dit het!<\/p>\n<p>Die Volk het welvarend geword en wou ook met andere volke kompeteer. Daar is welvaart opgebou ongekend in die w\u00eareld vir so \u2018n klein Volk. Daar was natuurlik ook die jaloerse volke wat nie kon vat dat \u2018n volk van God so welvarend kan wees nie. Hulle wou dit ten alle magte vernietig. Hoe?<\/p>\n<p>Deur hulle leier te vermoor en die Volk nog meer welvaart te gee en op die koop toe sport en al die genietinge wat die wereld maar kan bied.<\/p>\n<p>Wat was die resultaat ? Die Volk het alhoemeer op homself vertrou in wat hy doen, God was nie meer die sentrale figuur in ons lewens nie maar is vervang met EK.<\/p>\n<p>Rykdom en die eie ek het nou die sentrale tema geword in ons lewens, kan ek beter wees as my kollega, buurman, of familie? Ons het begin selfsugtig lewe en verby diegene te kyk wat nie so bevoorreg was nie. Ons lewe net vir onsself!<\/p>\n<p>Ons wil met alle mag net die beste wees, ons wil nie agter bly nie, ons moet ook TV h\u00ea, ons moet vir die buiteland wys ons is op die sportveld die beste, ons moet selfs op Sondae sport beoefen (ons speel liewer gholf op \u2018n Sondagoggend as om kerk toe gaan), ons winkels moet oop wees sewe dae \u2018n week, ons moet onsself geniet.<\/p>\n<p>Ons het na ons voormanne geluister, julle moet toegee dat ons \u201cnormaal\u201d kan wees in die w\u00eareld, nog meer handel, nog meer sport, dan moet ons integrasie toelaat. Eers stadig en later al hoe vinniger. Ons beskuldig FW as die groot verraaier, ja hy het die finale spyker ingeslaan maar wie het hom daar gesit en van sy voorgangers, die volk. Ons het onsself verraai deur die voormanne in die stoel te hou ten spyte van waarskuwings van ander mense. Ons het geglo dit sal nie gebeur nie, daar sal wigte en teen wigte wees, ons vertrou hulle.<\/p>\n<p>Die wat apart gehou was, moet nou ook kon deel in die welvaart en oor ons regeer. Ons manne het ges\u00ea hulle sal ons beskerm met \u2018n grondwet wat helaas nie die papier werd was waarop dit staan nie. Daar is beskuldigings van bedrog tydens die oorgawe ens. maar die Volk het dit net gelate aanvaar en niks vir jare gedoen nie.<\/p>\n<p>Die verandering het stadig geskied, die Volk het stadig verarm, werk verloor, kontrakte verloor, of jy moes jou gewete verkrag met swart ekonomiese bemagtiging. Dit het die armstes die swaarste getref en die middelklas kon nog half oorleef, maar word ook nou getref. Dit alles het tot gevolg grootskaalse verarming van ons Volk.<\/p>\n<p>Maar wakker word, nee nog nie, ons stry eerder oor beuselagtighede en hou die Volk verdeeld. Ons laat toe dat sommige mense die debatte lewendig hou en ons Volk verdeeld hou.<\/p>\n<p>Daar is groepe wat die Volk wil verenig, maar self hulle word verdag gemaak deur dat daar baklei word oor die betekenis van kleure en simbole en enige iets waarmee ons hierdie groep in diskrediet kan bring.<\/p>\n<p>Die Gelofte van 16 Desember is lank vergete en ons het ook van \u00a0God vergeet want dit gaan nog goed met ons. Ek weet daar is diegene wat vir my sal s\u00ea ons moet nou nie \u2018n preek uitpak nie, want dit pas nie by die gegewe situasie nie, maar helaas vriend as jy eendag gaan wakker skrik, is dit vir ons as Volk dalk reeds te laat!<\/p>\n<p>Nou waarom sit ons vandag op die ashoop? Juis oor dit wat ek hierbo genoem het.<\/p>\n<p>Oplossings?<\/p>\n<p>Dit gaan nie met \u2018n towerwoord gebeur nie. Nou wat moet die Volk doen ?<\/p>\n<p>Gaan op julle knie\u00eb en vra om vergifnis as \u2018n volk, want ons as \u2018n Volk het verkeerd gedoen \u00a0in die o\u00eb van God. Ja selfs jy wat nie vir dit gestem het nie. Gaan doen \u2018n selfondersoek en jy sal selfs vind jy is ook aandadig, al is dit hoe klein.<\/p>\n<p>Reik uit na mekaar, onder ons eie Volksgenote en help mekaar opstaan uit die ashoop, nie die wat l\u00ea nog skop nie. Doen sendingwerk onder ons eie mense.<\/p>\n<p>Leiers reik uit na mekaar en moet nie net jou eie agenda najaag nie, luister na mekaar en vind \u2018n gemene saak en verenig die Volk. Wees nederig, want julle dien nie julle self nie, maar God en julle Volk.<\/p>\n<p>Word weer \u2019n Volk waarop ons trots kan wees en wat net vir God alleen dien en niks en niemand anders nie.<\/p>\n<p>Glo dat God ons weer \u2019n vry Volk sal maak.<\/p>\n<p>Dus moet nie in my skrywe enige versteekte agenda sien nie.<\/p>\n<p>Ek is net lief vir God en my Volk, \u00a0wat hulle bly blind hou vir wat aangaan in die land en op ons wag, daarom die \u00a0skrywe aan my Volk en ons leiers, verenig in die naam van God en ons sal oorleef om vir ons kinders se kinders \u2019n toekoms te gee.<\/p>\n<p>Willie Cloete<\/p>\n<p>Pretoria-Noord<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het u al gewonder hoekom daar hoegenaamd \u2018n blanke Volk hier in Suid-Afrika gevorm het? Hoekom hulle \u2018n eie identiteit opgebou het? Hoekom daar \u2018n eie taal Afrikaans ontstaan het? Hoekom daar vir hulle \u2018n eie land gegee was? En dan, hoekom is daardie Volk vandag moedeloos, voel verraai en wil nie meer op staan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18113\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hoekom is ons hier in Afrika?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18114,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-18113","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18113\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18114"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}