{"id":18044,"date":"2013-09-30T07:59:07","date_gmt":"2013-09-30T05:59:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18044"},"modified":"2013-09-30T07:59:07","modified_gmt":"2013-09-30T05:59:07","slug":"anc-doen-beroep-op-staatsveiligheid-om-keniaanse-aanval-te-ontleed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18044","title":{"rendered":"ANC doen beroep op staatsveiligheid om Keniaanse aanval te ontleed"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18045\" aria-describedby=\"caption-attachment-18045\" style=\"width: 298px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/somalia2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-18045\" alt=\"Di\u00e9 jongspan weet blykbaar hoe om 'n winkelsentrum te laat implodeer\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/somalia2.jpg\" width=\"298\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/somalia2.jpg 298w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/somalia2-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 298px) 85vw, 298px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-18045\" class=\"wp-caption-text\">Di\u00e9 jongspan weet blykbaar hoe om &#8216;n winkelsentrum te laat implodeer<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het &#8216;n beroep op die departement van staatsveiligheid gedoen om die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi te ontleed om Suid Afrika beter te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe s\u00ea die aanval het beklemtoon dat strenger immigrasiewette nodig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDi\u00e9 aanval beklemtoon die behoefte aan strenger immigrasiewette en -prosesse, om die veiligheidsmaatre\u00ebls van Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente te verbeter, asook die monitering van mense se beweging in die algemeen,\u201d lui die verklaring uitgereik deur Mantashe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interpol het reeds \u2019n internasionale lasbrief vir Lewthwaite se inhegtenisneming uitgereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi het deur \u2019n dreineringstonnel onder die winkelsentrum gevlug, nadat hulle glo winkels in die kompleks gehuur het en wapens deur goederehysbakke na betrokke noduspunte geskuif het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontsnaptonnel is eers 72 uur n\u00e1 die aanval ontdek. Dit is onwaarskynlik dat die aanvallers nie ondersteuning van &#8216;n georganiseerde staat gehad het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Somali\u00eb, die vermeende tuiste van die aanvallers, is &#8216;n sogenaamde <a href=\"http:\/\/www.businessinsider.com\/somalia-is-the-most-failed-state-on-earth-2013-7?op=1\">gefaalde staat<\/a>. Minder as 40% van die bevolking oor die ouderdom van 15 kan lees en skryf. Wat vroue betref is die persentasie ongeveer 25%. Die gemiddelde kind is nie langer as drie jaar op skool nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vrae oor die enorme skade aan die winkelsentrum het ontstaan nadat drie vloere van die kompleks ineengestort het. Kenners meen dit kon nie deur die aanvallers veroorsaak gewees het nie, aangesien die ineenstorting spesialiskennis sou vereis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skade het egter versekeringseise moontlik gemaak wat nie andersinds sou uitbetaal nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het ges\u00ea Lewthwaite het in Februarie 2011 Suid-Afrika met di\u00e9 vervalste paspoort verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe het ook ges\u00ea identiteitsdokumente se onvervalsbaarheid moet opgeknap word en menseverkeer moet beter gemonitor word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groep al-Shabaab, wat bande het met al-Kaida, het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval in Nairobi op 21 September. Sewe-en-sestig mense is in die aanval dood en byna nog soveel mense word steeds vemis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle is vermoedelik in die puin van die winkelsentrum begrawe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het intussen aan die lig gekom dat <a href=\"http:\/\/canadianawareness.org\/2013\/09\/are-syrian-rebels-being-trained-in-rural-ontario-t\">Kanada <\/a>steun verskaf aan mense van Midde-Oosterse afkoms wat deelneem in die geweldsteater in en rondom Siri\u00eb waar die VSA al-Kaida steun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het &#8216;n beroep op die departement van staatsveiligheid gedoen om die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi te ontleed om Suid Afrika beter te beskerm. Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe s\u00ea die aanval het beklemtoon dat strenger immigrasiewette nodig is. \u201cDi\u00e9 aanval beklemtoon die behoefte aan strenger immigrasiewette &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18044\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC doen beroep op staatsveiligheid om Keniaanse aanval te ontleed&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18045,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5359,12854,13085,5885,10255,13084],"class_list":["post-18044","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-al-kaida","tag-al-shabaab","tag-falende-state","tag-kenia","tag-somalie","tag-westgate-winkelsentrum-in-nairobi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18044","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18044"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18044\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18045"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18044"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18044"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18044"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}