{"id":18005,"date":"2013-09-28T10:09:17","date_gmt":"2013-09-28T08:09:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=18005"},"modified":"2013-09-28T10:10:36","modified_gmt":"2013-09-28T08:10:36","slug":"sirie-se-chemiese-wapenafbouprogram-begin-volgende-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=18005","title":{"rendered":"Siri\u00eb se chemiese wapenafbouprogram begin volgende week"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/opcw.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-18007\" alt=\"opcw\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/opcw.jpg\" width=\"299\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/opcw.jpg 299w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/opcw-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 299px) 85vw, 299px\" \/><\/a>Die w\u00eareldwaghondliggaam wat chemiese wapens beheer, se kundiges sal waarskynlik Dinsdag begin om Siri\u00eb se voorraad chemiese wapens te inspekteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Ooreenkoms betreffende die wapenafbouprogram is Vrydagnag n\u00e1 middernag in Den Haag, Nederland, deur die uitvoerende raad van die Organisasie vir die Afskaffing van Chemiese Wapens (OPCW) bereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die organisasie het \u2019n beroep op lidlande gedoen om vir die vernietiging van Siri\u00eb se chemiese wapens te betaal. Die OPCW het nie self genoeg personeel om die taak te behartig nie en nog kundiges sal aangestel moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anglo-Amerikaanse intelligensiedienste beraam dat Siri\u00eb sowat 1 000 ton sarin-, mosterd- en VX-senugas het wat dekades lank versamel is en op tientalle plekke landwyd geberg word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kundiges meen dit gaan riskant en duur wees om die chemikali\u00eb op te spoor en te vernietig in di\u00e9 land, waar meer as 100 000 mense nou al in die burgeroorlog dood en miljoene haweloos gelaat is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Siri\u00eb se chemiese wapens moet binne nege maande vernietig word \u2013 \u2019n proses wat lande soos Rusland en die VSA meer as tien jaar geneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Siri\u00eb moet inspekteurs se veiligheid verseker en aan hulle \u201conmiddellike en onbeperkte toegang\u201d tot alle wapenopslagplekke gee. Die OPCW-inspekteurs het 30 dae om al die opslagplekke wat deur Siri\u00eb uitgewys is, te besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Siri\u00eb het nie sy eie inventaris van chemiese en ander wapens beskikbaar gestel nie en sekere bergings- en vervaardigingsaanlegte is nog nie bekend gemaak nie. Alle vervaardigingsaanlegte moet teen 1 November vanjaar vernietig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nog nie duidelik hoe en waar die chemikalie\u00eb vernietig gaan word nie. Di\u00e9 proses moet teen middel 2014 afgehandel wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad stem eerskomende Vrydag oor die plan. &#8211; Reuters<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die w\u00eareldwaghondliggaam wat chemiese wapens beheer, se kundiges sal waarskynlik Dinsdag begin om Siri\u00eb se voorraad chemiese wapens te inspekteer. \u2019n Ooreenkoms betreffende die wapenafbouprogram is Vrydagnag n\u00e1 middernag in Den Haag, Nederland, deur die uitvoerende raad van die Organisasie vir die Afskaffing van Chemiese Wapens (OPCW) bereik. Die organisasie het \u2019n beroep op lidlande &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=18005\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Siri\u00eb se chemiese wapenafbouprogram begin volgende week&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":18007,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[10642,13031,10641,13032],"class_list":["post-18005","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-chemiese-wapens","tag-opcw","tag-sirie","tag-wapenafbouprogram"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18005","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=18005"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/18005\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18007"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=18005"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=18005"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=18005"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}