{"id":17944,"date":"2013-09-26T07:28:46","date_gmt":"2013-09-26T05:28:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17944"},"modified":"2013-09-26T07:28:46","modified_gmt":"2013-09-26T05:28:46","slug":"e-tol-op-pad-na-zuma-wet-onderteken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17944","title":{"rendered":"E-tol op pad na Zuma wet onderteken"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_17945\" aria-describedby=\"caption-attachment-17945\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/e-toll.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-17945\" alt=\"E-tolpunt op 'n Gautengse snelweg\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/e-toll-300x212.jpg\" width=\"300\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/e-toll-300x212.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/e-toll.jpg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17945\" class=\"wp-caption-text\">E-tolpunt op &#8216;n Gautengse snelweg<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken &#8211; wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die president&#8230; het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die\u00a0Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken,&#8221; het die woordvoerder Mac Maharaj ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die uitwerking van die wet sal wees om voorsiening te maak vir die meer doeltreffende insameling van tolgeld, om die Oorgrenspadvervoeragentskap te bemagtig om tolgeld namens Sanral in te samel&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wet stel die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (bekend as Sanral) in staat om e-tol op Gauteng se snelwe\u00eb in werking te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondertekening kom op dieselfde dag as wat die App\u00e8lhof argumente sou aanhoor in &#8216;n poging deur die Opposisie Teenoor Stedelike Tol-Alliansie (bekende as Outa) om die e-tolstelsel in Gauteng te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is aan die hof ges\u00ea dat wetgewing Sanral toelaat om ander oplossings as tolgeld te verken om Gauteng se snelwe\u00eb te befonds.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hof het ook gehoor dat Sanral daarom &#8216;n oop gedagte rondom die kwessie behoort te behou, ongeag die kabinet se isntemming tot &#8216;n elektroniese tolstelsel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Selfs al word hulle deur die kabinetsbesluit gebind, behoort hulle steeds die prosedures van die wet te volg,&#8221; het Mike Maritz namens Outa ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het geargumenteer dat die Sanral-wet Sanral toelaat om ander befondsingsoplossings te ondersoek. Sanral behoort dit te oorweeg het en behoort nie deur die kabinet se besluit dat die projek met openbare geld deur e-tol befonds moes word, gebind te gewees het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ho\u00eb Hof in Pretoria het aan Outa verlof tot app\u00e8l toegestaan teen &#8216;n vorige uitspraak, wat in Desember afgekondig is en waarin die organisasie se poging om e-tol gestuit te kry, van die hand gewys is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Fritz Brand het gevra of Sanral die kabinet se besluit behoort te ignoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u00a0sy antwoord het Maritz verklaar dat Sanral &#8216;n oop gedagte behoort te behou het en alle opsies in ag behoort te geneem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week het die minister van vervoer, Dipuo Peters ges\u00ea dat die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek in 2013 in werking gestel sou word, maar dat die aanvangsdatum nog nie bepaal is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die e-tol is deur politieke partye en Cosatu teengestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In April 2012 het die Ho\u00eb Hof in Pretoria aan Outa &#8216;n interdik toegestaan wat &#8216;n volle regshersiening magtig alvorens die elektroniese tolstel in werking gestel mag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die interdik het Sanral verhoed om e-tolgeld te hef of te in, afhangend van die uitslag van &#8216;n hersiening. Sanral en die nasionale tesourie het teen die hofbevel geappelleer..<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In September verlede jaar het die Grondwethof die tussentydse bevel opgehef en in Desember het die Ho\u00eb Hof in Pretoria die aansoek van die hand gewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hof het op 25 Januarie vanjaar aan Outa verlof tot app\u00e8l toegestaan om die aak na die App\u00e8lhof in Bloemfontein te neem. &#8211; Sapa<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken &#8211; wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag ges\u00ea. &#8220;Die president&#8230; het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die\u00a0Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken,&#8221; het die woordvoerder Mac Maharaj ges\u00ea. &#8220;Die uitwerking van die wet sal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17944\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;E-tol op pad na Zuma wet onderteken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":17945,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[9467,4976,12985,5337,6723,12986,753,8922],"class_list":["post-17944","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-appelhof","tag-bloemfontein","tag-e-tol","tag-gauteng","tag-jacob-zuma","tag-outa","tag-pretoria","tag-sanral"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17944","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17944"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17944\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17945"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17944"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17944"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17944"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}