{"id":1789,"date":"2008-05-27T12:24:00","date_gmt":"2008-05-27T12:24:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1789"},"modified":"2008-05-27T12:24:00","modified_gmt":"2008-05-27T12:24:00","slug":"skipbreuk-van-n-ideologie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1789","title":{"rendered":"Skipbreuk van &#8216;n  ideologie"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Onlangs het hier op die Praagwerf &#329; <a href=\"index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=1818&amp;Itemid=403\">artikel<\/a> deur Johann Wingard verskyn waarin die paradoks van die ANC se &ldquo;terugkeer na Afrika&rdquo; onder die loep gegeem word. Alles wat nie van Afrika is nie, moet uitgewerp word. Dis die kreet van Mugabe, maar ook die onderliggende filosofie van Panafrikanisme.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Panafrikanisme predik swart eenheid, ongeag stam, taal of geloof. Die ANC, as een van die oudste swart-nasionalistiese bewegings op die kontinent, onderskryf reeds dekades lank Panfrikanisme. Alles wat ons sedert Mandela se triomfantelike, vuis-in-die-lug-vrylating uit die mond van die ANC gehoor het, was deelagtig aan Panafrikanisme.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die gedagte dat almal suid van die Sahara broers in een groot familie is, onderl&ecirc; ook die Afrika-unie en die Panafrikaanse parlement oftewel PAP.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Panafrikanisme verteenwoordig &ndash; soos kommunisme, Katolisisme, die Britse Ryk en Hollywood &ndash; &#329; universele ideologie. Wat die kommuniste in hul bloeityd tussen die Oktoberrevolusie en die ineenstorting van die Berlynmuur &ldquo;internasionalisme&rdquo; genoem het, wil die Panafrikaniste op een vasteland, di&eacute; van Afrika, toepas.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Omtrent die hele swart elite in Suid-Afrika is een en almal vurige voorstanders van Panafrikanisme. Vandaar die ANC se immigrasiebeleid wat sonder enige wetlike omhaal eintlik ons landsgrense afgeskaf het. Daar word televisieprogramme gemaak waarin aangetoon word met watter gemak &#329; Zimbabwi&euml;r of &#329; Mosambieker die grens byna na willekeur kan oorsteek; en niemand &ndash; veral nie die ANC-regering nie &ndash; doen enigiets om di&eacute; toestand te stuit nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&#329; Jaar of twee gelede het &#329; meningsopname onder swart Suid-Afrikaners bevind dat slegs 11% goeie gevoelens teenoor swartes van elders op die kontinent koester of meen dat hulle &#329; &ldquo;ereskuld&rdquo; teenoor hulle moes betaal as gevolg van hul rol in die sogenaamde stryd teen apartheid.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Asof dit nie genoeg was nie, het die gebeure van die afgelope twee weke die doodsklok vir Panafrikanisme in Suid-Afrika gelui. Plaaslike swartes het met wapengeweld gewys dat hulle hoegenaamd nie te vinde is vir die gedagte van &#329; &ldquo;gedeelde Suid-Afrika&rdquo; waartoe die 600 miljoen suid van die Sahara toegang behoort te h&ecirc; nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Teenoor hierdie politieke werklikheid, die verwerping deur die plaaslike bevolking van universele Afrikaburgerskap of beweeglikheid oor landsgrense, het sowel die media as die regerende ANC gereageer met die moralistiese gedagte van &ldquo;vreemdelingehaat&rdquo;. Die werklikheid van enorme maatskaplike en politieke spanning wat deur ongebreidelde immigrasie geskep word, is gewoon ge&iuml;gnoreer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die gevolg is dat &#329; gaping tans in die Suid-Afrikaanse politiek bestaan wat so groot is soos die spreekwoordelike waenhuisdeur. Die ANC se immigrasiebeleid, of liewer die <em>laisser aller<\/em> wat dit verteenwoordig, het die potensiaal van &#329; swaai na regs geskep.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Selfs die Vryheidsfront Plus, wat waarskynlik die enigste semi-regse party in die parlement verteenwoordig, sou die volgende verkiesing kon wen indien die party bereid was om die risiko van verwerping deur die media en die universalistiese hoofstroom te loop.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In die onlangse tyd het immigrasie en veral onwettige immigrasie die hooftema van die Wes-Europese politiek geword. Anti-immigrasiepolitiek het sulke figure soos Pim Fortuyn in Nederland, Nicolas Sarkozy in Frankryk en Silvio Berlusconi in Itali&euml; opgelewer. Laasgenoemde twee politici is tans die staatshoofde van hul onderskeie lande, terwyl die intellektuele en ideologiese invloed van Pim Fortuyn &ndash; in weerwil van die sluipmoord op hom &ndash; so te s&ecirc; &#329; ideologiese revolusie ontketen het. Die eertyds linkse intellektueel en voormalige minister vir immigrasie en integrasie, Rita Verdonk, het die natuurlike erfgename van Fortuyn se idees oor Nederlandse eksklusiwiteit en nasionalisme geword en het na haar uitsetting as minister verlede jaar die nuwe party &ldquo;Trots Nederland&rdquo; gestig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Suid-Afrika is geen gewone Afrikaland nie; vandaar die toepaslikheid van Europese modelle op ons binnelandse politiek. Selfs die armste swartman in Suid-Afrika is, gemeet aan sy eweknie elders op die vasteland, &#329; middelklasverbruiker wat vrees dat hy deur die &ldquo;verworpenes van die aarde&rdquo; (groete aan Frantz Fanon) oorkant die Limpopo verdring mag word.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek verstout my om te s&ecirc; dat selfs &#329; blanke Afrikaner onder die huidige omstandighede tot die volgende president van Suid-Afrika verkies mag word, mits so &#329; persoon intelligent genoeg sou wees om die nuwe situasie korrek te lees en toepaslike strategie&euml; te ontplooi soos om die immigrasiekwessie tot die hoofitem van die volgende verkiesingstryd te verhef.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit is dringend noodsaaklik dat Afrikaners en hul politieke leiers moet besin oor hoe die veldbrand wat op 11 Mei in Alexandra begin en die Panafrikanistiese kaartehuis deur die hele land tot as verbrand het, &#329; verandering in ons situasie teweeg kan bring. Die tyd is nou daar vir alliansies en verbeeldingryke politieke skuiwe. Die land kan nie meer op hierdie trant voortgaan nie, met &#329; kwynende Eskom, riool in die damme en riviere, asook &#329; politieke heersersklas wat soos Marie Antoinette van ouds eenvoudig horende doof bly vir die krete van die gepeupel daarbuite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\">Die ANC het sy politiek op ras gebou en tot dusver het dit by die stembus alle verwagtinge oortref. Die nuwe, as&rsquo;t ware seismiese breuk wat daar tussen binnelanders en buitelanders in Suid-Afrika ontstaan het, mag egter die Panafrikanistiese rassesolidariteit in die gedrang bring. Solank as wat ons onthou dat ons uiteindelike doelwit Afrikanerbevryding en &ndash;outonomie moet wees, kan dit interessant wees om te sien watter politieke munt daar uit die swart kieser se klinkklare verwerping van universele swartheid en Panafrikanisme geslaan kan word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/big-bad-wolf\/\">bug bad wolf<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die uitbarsting van etniese geweld teen buitelanders is die belangrikste politieke gebeurtenis sedert 1994. Dit verteenwoordig niks minder as die skipbreuk van Panafrikanisme in Suid-Afrika nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,1694],"class_list":["post-1789","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-skipbreuk-van-i-ideologie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1789","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1789"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1789\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1789"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1789"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1789"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}