{"id":17812,"date":"2013-09-20T14:09:50","date_gmt":"2013-09-20T12:09:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17812"},"modified":"2013-09-20T14:10:14","modified_gmt":"2013-09-20T12:10:14","slug":"duitsland-bekommer-oor-sa-se-obsessie-met-brics","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17812","title":{"rendered":"Duitsland bekommer oor SA se &#8216;obsessie&#8217; met BRICS"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/fahrne.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-17813\" alt=\"fahrne\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/fahrne.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/fahrne.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/fahrne-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Gemeet teen die agtergrond van Suid-Afrika se kil behandeling van die Europese Unie (EU), veral rakende die eensydige terugtrede uit bilaterale beleggingsverdrae, sal die Vryheidsfront Plus die beoogde nuwe Beleggingswet fyn monitor om seker te maak dit voldoen aan die vereistes van die land se EU-handelsvennote, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het die afgelope maande reeds duidelik geblyk dat die EU, en in besonder belangrike lidlande soos Duitsland, geen geheim daarvan maak dat hulle glad nie ingenome is met die behandeling wat hulle van Suid-Afrika kry nie. Duitsland is veral bekommerd oor wat die uitwerking vir beleggings in Suid-Afrika gaan wees indien die regering nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland hernieu nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die protes wat adv. Alberts aangeteken het teen die moontlikheid dat die ANC-regering moontlik nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland gaan hernieu nie, het so wyd weerklink dat Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, hom genooi het om oor die aangeleentheid te gesels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts sal hy die regering se o\u00ebnskynlike \u2018obsessie\u2019 met Brics met die ambassadeur bespreek om te verhinder dat Suid-Afrika sy tradisionele handelsvennote versaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Freitag het in \u2018n onlangse toespraak ges\u00ea dit is \u2018ononderhandelbaar\u2019 vir voornemende beleggers om in \u2018n omgewing te bel\u00ea waar daar nie onnodige risiko\u2019s is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met \u2018n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts is die verhoudinge tussen Suid-Afrika en sy handelsvennote van die EU reeds in sulke troebel water dat die land gewis beleggings sal verloor indien die beoogde Beleggingswet, wat alle bilaterale beleggingsverdrae gaan vervang, nie die regte seine aan die EU stuur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander kwessies wat adv. Alberts met dr. Freitag sal bespreek, gaan rondom probleme wat &#8216;n effek het op Suid-Afrika se makro-ekonomie, soos die ANC se obsessie oor grond sonder om die ekonomiese impak van blindelingse hervorming in ag te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die agenda sal ook wees plaasmoorde wat die landbousektor wesenlik be\u00efnvloed en die algemene ekonomiese rigting van die ANC wat deur rasgegronde ingrypings soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie die ekonomie verwring en dooddruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet hieroor gesels aangesien die land geweldige sosiaal-ekonomiese uitdagings het rakende armoedeverligting in die algemeen wat alle rasse, swart en wit, raak,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gemeet teen die agtergrond van Suid-Afrika se kil behandeling van die Europese Unie (EU), veral rakende die eensydige terugtrede uit bilaterale beleggingsverdrae, sal die Vryheidsfront Plus die beoogde nuwe Beleggingswet fyn monitor om seker te maak dit voldoen aan die vereistes van die land se EU-handelsvennote, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17812\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitsland bekommer oor SA se &#8216;obsessie&#8217; met BRICS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":17813,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[227,12835,12838,5227,12837,12836,12834,7576],"class_list":["post-17812","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-anc","tag-beleggingswet","tag-dr-horst-freitag","tag-duitsland","tag-duitsland-se-ambassadeur-in-suid-afrika","tag-eu-handelsvennote","tag-europese-unie-eu","tag-vf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17812","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17812"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17812\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17813"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17812"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17812"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17812"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}